KIX-KOM
KINDERBEDIENING
Jy ken dalk die naam Kinderkrans. Baie mense sal kan getuig hoe die Kinderkrans ’n bepalende rol in hulle lewe gespeel het. KIX (Kinders in Christus) is ons nuwe naam en poog ons om die bediening uit die namiddag-in-die-kerksaal-vir-verbondskinders-byeenkoms te verbreed na skole en créches om ook kinders van ongelowige ouers te bereik.
Maar wat jou bediening se naam ookal is, alles wat ons hier in die Jeugkantoor het, is tot jou beskikking.
LES MATERIAAL:
- 'God se incredibles’. Dit gaan oor 5 geloofshelde van die Bybel, maar dis nie net die voor-die-hand-liggendes nie. Die volledige pakket, wat ook ’n CD insluit, is teen R50 + Posgeld by die Jeugkantoor beskikbaar.
- KIX-KOM: Bestel gerus ons kwartaalblad, voorheenTouleiertjie, nou KIX-KOM (Kieks-kom). Die tipe materiaal wat in die blaadjie verskyn, kan van professionele Kinderbedienaars wat reekse wil hou, tot vrywilligers wat nie langer as 30 minute voorbereidings tyd het nie, bedien.
- Verskeie boeke: Saamgestelde lesmateriaal vir verskillende ouderdomme en seisoene van die Kerkjaar.
- Plakkers: Welkom by KIX, verjaarsdag plakkers (verskeie beskikbaar) sowel as blanko plakkers
- Kix Kreatief CD en boekie - ballon figure, klei en ander kreatiewe aktiwiteite om aan te bied. R50 plus posgeld.
- Pre-Teen lesse vir 9-12 jariges: 6 lesse wat oor 12 geleenthede gebruik sou kon word sowel as 'n skattejag. R50 plus posgeld
Kontak Sharon by 021 808 9050 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien as jy belangstel om meer uit te vind.
Soortgelyke artikels - volgens titel
- STUKKIES VAN DIE HEMEL OP AARDE - DIRKIE SMIT
- GEESTELIKE LEIERS...leef met AKSIOMAS
- GLANS PASTOOR EN SKITTER KOMMUNIS IS KOP IN EEN MUS
- CONSULTATION ON MISSIONAL SYSTEMS A CONSULTATION OF EXECUTIVE LEADERS OF DENOMINATIONS AND CHUCRH SYSTEMS 20-22 October 2005
- CONSULTATION ON MISSIONAL SYSTEMS A CONSULTATION OF EXECUTIVE LEADERS OF DENOMINATIONS AND CHUCRH SYSTEMS 20-22 October 2005
| < Vorige |
|---|




