Vrouelidmate

Lees die artikel oor die simboliek van Advent en laai 'n paar pragtige foto's af vir gebruik in PowerPoints of as riglyn vir 'n eie adventskrans en adventsboom.  Lees hier verder ...
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Vrouelidmate

on . Posted in Netwerklede - Vrouelidmate

Vrouelidmate is ‘n sinodale kommissie wat saamgestel is uit ‘n verteenwoordiger uit elke ring van die Wes-en Suid-Kaap wat die belange van vrouelidmate en vrouebedieninge op die hart dra.

WAT GLO ONS?

Ons glo dat vroue ‘n spesiale geskenk aan gemeentes is, met ‘n ryke verskeidenheid genadegawes, uniek geskep met ‘n fyn aanvoeling vir die behoeftes van mense en die gemeenskap. Ons glo dat vroue met die Here se hulp daarin slaag om geloof prakties uit te leef. Die sinodale kommissie wil ‘n instrument wees wat vroue se potensiaal ontsluit om hul roeping en gawes tot eer van God uit te leef.

WAT DOEN ONS?

  1. ‘n Verskeidenheid dienste word aan alle gemeentes gebied tov die spesifieke behoeftes van vroue en bystand aan gemeentes met ‘n georganiseerde vrouebediening.
  2. Ons bied ‘n wye verskeidenheid toerustingsgeleenthede om vroue te bemagtig vir hulle verskillende rolle en die ontsluiting van hulle gawes. Dit sluit in: opleiding, werkswinkels, konferensies, vrouekampe en leierskapsoriëntering. Kundigheid van buite en binne gemeentes word gebruik.
  3. ‘n Begeleidingsdiens vir gemeentes en vrouebedieninge word voorsien deur fasilitering.
  4. Produkte relevant vir vroue en vrouebedieninge word identifiseer, ontwikkel waar nodig(in samewerking met kundiges) en bekend gestel (bv. Bybelstudiemateriaal wat die behoeftes van vroue aanspreek).
  5. ‘n Tydskrif (Interaksie) word kwartaalliks uitgegee. Dit fokus op aktuele sake vir christenvroue, inligting oor werksaamhede van die kerk waarby vroue belang het en gee ook vir vrouebedieninge ruimte om hulle bedieninge aan mekaar bekend te stel.
  6. Daar word gepoog om vrouebedieninge ingelig te hou oor wat op die diensterreine van die kerk plaasvind – inligting en behoeftes word gekommunikeer.

Personeel

Madelein Gerber

Madelein Gerber

Koördineerder

(t) 021-9577191

(f)0866683871

(Sel) 082 558 3871

(e-pos) Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

Esther Blackaller

Administratiewe beampte

(t)021-9577190

(f)0865247155

(e-pos)Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

 

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar