Die binnetrede van ʼn nuwe onbekende gemeenskap
Die noodsaak en uitdaging om die gemeenskappe waarheen God ons stuur opbouend binne te tree

Die wyse waarop lidmate ʼn nuwe gemeenskap binnegaan, behoort die volgende te bevorder:
- Begrip vir en kennis oor die mense en hulle leefwêreld moet van die gemeenskap self verkry word.
- Verhoudinge moet gevestig en vertroue moet tussen die lidmate en gemeenskap geskep word
- Leiers moet geidentifiseer, erken, respekteer en direk deel van die getuienis en diens word
- Projekbeplanning moet van die eerste fases saam met mense van die gemeenskap gedoen word en leierskap moet gedeel word.
- Relevante organisatoriese prosedures , strukture en leierskap moet saam met die gemeenskap gevestig word
Die houding en gesindheid wat deure open by die binnetrede van ʼn nuwe onbekende gemeenskap (60 min)
Inhoud:
- Lidmate ontmoet die nuwe gemeenskap as leerders en diensknegte: Lidmate aanvaar dat die nuwe gemeenskap kundiges is oor hulleself, hulle omstandighede en hulle behoeftes en ook effektief kan funksioneer onder hulle eie leierskap. Enige sweem van beterweterigheid, hoogmoed, paternalisme of beheer oor die mense of die prosesse moet in die kiem gesmoor word.
Die proses om ʼn nuwe onbekende gemeenskap binne te gaan sluit die volgende aspekte in (Nie noodwendig presies in die chronologiese volgorde nie):
- Aanvanklike konkrete en fisiese blootstelling van lidmate aan die mense en die omstandighede van die onbekende mense/ gemeenskap waarheen God die gemeente stuur. Terselftertyd word gepoog om kontakpersone (vriendelike “gashere”) in die gemeenskap te identifiseer. (Gewoonlik ʼn klein groepie lidmate wat kontak met mense van die nuwe gemeenksap probeer maak)
- Verskeie ontmoetings van die kleingroep met die kontakpersone in die gemeenskap (vriendelike “gashere”) met die oog op die versterking van verhoudings en die vermeerdering van kennis oor en begrip vir die gemeenskap.
- Lidmate en gashere (bi-kulturele gemeenskap) fasiliteer (bi-kultureele brug) byeenkomste tussen lidmate, meningsvormers en ander leier figure van beide gemeenskappe met die oog op verhoudingbou, versterking van vertroue, die identifisering van die presiese behoeftes en die beplanning van projekte.
- Die leierskapsgroep bestaande uit mense van beide gemeenskappe (nog ʼn bi-kulturele brug) fasiliteer die voortgaande beplanning en uitvoering van projekte en aktiwiteite deur mense uit beide gemeenskappe.
Laai die volledige dokument hier af (Onthou - dit mag net met die toestemming van SAVGG gedupliseer word)