13-15 Okt: Christologie: wie is Jesus Christus vir ons vandag (VBO 22)
Christologie: wie is Jesus Christus vir ons vandag (VBO 22)
Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Laai inskrywingsvorm af
Aanbieders: Dirkie Smit, Francois Wessels en Coenie Burger
Datum: 13–15 Okt 2009
Plek: Stellenbosch
Tema en doel:
-
Jesus is meer gewild as die kerk. Selfs mense wat niks met die kerk te doen wil hê nie, is geïnteresseerd in die mens Jesus. Mense wat nooit kerk toe gaan nie, lees boeke oor Jesus. Maar is die Christus wat deur die kerk verkondig word, dieselfde as die historiese Jesus van Nasaret?
-
Was die vroeë kerk se verkondiging van Jesus as die Christus en Here in lyn met die “eenvoudige boodskap van Jesus”?
Inhoud:
-
Hoekom is die “historiese Jesus” nou weer van belang?
-
Wat is die verband tussen die historiese Jesus en die Christus wat in NT en die vroeë kerk verkondig is?
-
Wat is die verband tussen Jesus se bood¬skap en die kerk se boodskap vandag?
Uitkomste:
-
‘n Duideliker begrip van die nuwe debat oor die historiese Jesus en die vaardigheid en riglyne om die verskillende historiese konstruksies van Jesus te beoordeel
-
’n Beter verstaan van hoe die vroegste Christologie (leer van Jesus as die Christus) gevorm is
-
‘n Insig waarom die Christologiese vraag¬stukke van die vroeë kerk altyd weer aan die kerk gestel word – ook aan die kerk van vandag.
Soortgelyke artikels - volgens titel
- 13-15 Okt: Die prediking van die Nuwe Testament (VBO 21)
- 13–15 Okt: Hoe om gemeentes betrokke te kry by diens aan die gemeenskap (VBO 19)
- 1. Hoe gemeentes waarde- gedrewe bestuur kan implementeer om verhoudings voorop te stel en individuele potensiaal te ontsluit (1½ uur)
- Hoekom vier Christene Kersfees, terwyl die vroeë Christene dit nie gedoen het nie?
- Gathercole, Simon. The Pre-Existent Son: Recovering the Christologies of Matthew, Mark and John.
| < Vorige |
|---|




