For those less familiar to the background of this conversation, the retrieval of an integral relationship between Trinity and Mission in today’s missional ecclesiology goes back to the groundbreaking International Missionary Council at Willingen, Germany in 1952 where a trinitarian emphasis on missio Dei became the theological warrant for mission. Behind this conference stands the impressive figure of Karl Barth who – against the liberal theological impulses of his day rooted in the individual as autonomous subject – influenced theological discussion with a return to a primary focus on the action of God.
Tussen Swart Vrydag en Advent
Dit is ironies dat Swart Vrydag tussen Thanksgiving en die begin van die Adventseisoen val. Dit is asof dit ‘n bisarre teken is van hoe dankbaarheid gedefinieer word in ‘n verbruikeristiese kultuur… dankbaarheid gedefinieer deur die selfbevrediging van kommoditeite wat onmiddellik beskikbaar moet wees. Dit is asof Swart Vrydag letterlik in die pad staan van ‘n dankbaarheid wat gedefinieer word deur ‘n seisoen van afwagting op wat die Here gaan doen… ‘n Treffende beskrywing van die dilemma en uitdaging kom uit die pen van Walter Brueggemann in sy 2007 artikel (in Journal for Preachers) oor Advent: Departure and Homecoming. Hier is ‘n aanhaling uit die begin paragrawe van die artikel:
Dankbaarheid en Verwagting
Dit is vandag "Thanksgiving Day" in Amerika. Afgesien daarvan dat ek nou nie vreeslik mal is oor kalkoen nie, is dit nogeens 'n gesekulariseerde kommersialisering van 'n gebruik wat tradisioneel eeue gelede ontstaan het as 'n godsdienstige geleentheid van...
Wat is jou plan vir ons, dominee?
Ek het sedert my aankoms vier maande terug hier in die gemeente gereeld terug gedink aan ‘n moedswillige episode so twee jaar gelede toe ek gevra was om ‘n kursus in “Congregational Revitalization” aan te bied vir senior studente by Luther Seminary in St. Paul, Minnesota van wie omtrent almal die volgende jaar beroep sou word na hulle eerste gemeentes. Een van die opdragte tydens die kursus was dat hulle in klein groepies uitgestuur was na Lutheraanse gemeentes in die omgewing om navorsing te gaan doen oor die huidige stand van die betrokke gemeente, en vir elke groepie om dan terug te kom met ‘n aanbieding oor wat hulle sou doen indien hierdie betrokke gemeente hulle die volgende jaar sou beroep met die opdrag om die gemeente te “revitalize”.
Die aanbiedings was professioneel en vindingryk, maar gegewe ‘n sterk pragmatiese kultuur, het teologiese refleksie en ‘n fokus op verhoudinge tussen mense in meeste gevalle vinnig verdwyn agter indrukwekkende lyste “strategies, events, programs, and projects”. Nadat ek toe vir die soveelste keer na ‘n powerpoint aanbieding van instrumentele rasionaliteit (hierna wil ek graag later terugkeer in ‘n blog bydrae) moes kyk en luister, kon ek my moedswilligheid nie verder inhou nie. Ek vra toe ‘n vraag terwyl die laaste powerpoint skyfie nog op die skerm verskyn van ‘n pragtige foto van die betrokke groep se gemeente wat hulle besoek het met ‘n lieflike grasperk rondom ‘n groot, groen boom op die voorgrond.
Tussen Akademie en Gemeente
Dit het my 'n lang tyd gevat om weer aan die skryf te kom na die gejaag om my doktorale skripsie betyds klaar te kry vroeer vanjaar. Die post-skripsie sindroom het beslis sy tol geeis. Hoe meer 'n mens mos lees en skryf, hoe meer kom jy agter jy het...
Ons Godsbeeld tussen Vrydag en Sondag
Wanneer ek verder nadink oor die ongemaklike stilte tussen Vrydag en Sondag (sien http://www.communitas.co.za/index.php/blogs/300-tussen-in/1920-tussen-vrydag-en-sondag) kom daar vir my veral drie relevante temas na vore. Ek wil suggereer dat die manier waarop...
Tussen Vrydag en Sondag
Dis asof ek vanoggend (Paassondag) net nie gereed was vir die gelui van die Paasklokke en die sing van die halleluja kore nie. Ek kan net nie wegkom van die ongemaklike stilte tussen Vrydag en Sondag nie. Ek kan nou sien dat dit 'n stilte is wat al van voor Saterdag...
Florerende Gemeentes
Miroslav Volf het so amper twee maande gelede ‘n inspirerende praatjie gelewer by ‘n jaarlikse missional church konferensie van Luther Seminary wat ek hier in St. Paul (Minnesota) bygewoon het. Sy titel was God, Hope, and Human Flourishing. Eers begin hy in sy praatjie met Jurgen Moltmann se onderskeiding tussen optimisme en hoop. Moltmann se futurum (optimisme) is wanneer “we survey the past and the present, extrapolate about what is likely to happen in the future, and, if the prospects are good, become optimistic.” Maar, “hope, on the other hand, has to do with good things in the future that come to us from outside, from God; the future associated with hope – Moltmann calls it adventus – is a gift of something new. Hoop is die fokus op God wat belowe om nuwe dinge vanuit die toekoms in ons midde te doen.
Volf gaan dan voort om ‘n baie insiggewende beskrywing te gee van die hedendaagse Westernse verstaan van human flourishing. Hy toon veral aan hoedat hierdie verstaan sover gekom het om florering te definieer as satisfaksie of bevrediging: “that a flourishing human life is an experientially satisfying human life.” Dit beteken, “No satisfaction, no flourishing. Sources of satisfaction may vary, ranging from appreciation of classical music to the use of drugs, from the delights of haute cuisine to the pleasures of sadomasochistic sex, from sports to religion. What matters is not the source of satisfaction but the fact of it. What justifies an activity or a given life-style or activity is the satisfaction it generates. And when they experience satisfaction, people feel that they flourish.”
Die Luisterende Simfonie van Gestuurde Advent Gemeentes
Advent breek weer ons gejaagde lewens in. Skielik, onverwags, elke jaar hierdie tyd, uit die toekoms. Soos die bruidegom in die nag. Dan is dit tyd om die simfonieorkes tot bedaring te bring. Die gewone uitvoerings van die jaar te stop. Die musiek te verdoof. 'n...
Gemeentes te midde van Armoede en Materialisme
Die gesprek was diep, fasinerend, en uiteindelik ‘n teologiese besinning oor wat dit vir Christene beteken om vanuit bevoorregte omstandighede en te midde van ‘n materialistiese kultuur in verhouding te leef met diegene wat minder bevoorreg is en in armoede leef. Die worsteling in ons gesprek word goed opgesom in ‘n preek wat my vriend se vriendin (haar naam is Tamie) gelewer het kort nadat sy teruggekom het uit Suid-Afrika. Ek deel dit graag hier (al beteken dit ‘n langer blog bydrae as gewoonlik), want dit help my om weer te dink oor wat ons in gemeentes doen in die verband. Ek is veral getref deur die impak wat die mense van Khayelitsha en Langa op hierdie Amerikaanse vrou gemaak het met hulle gasvryheid, en veral die oenskynlike geluk wat hulle vind in ‘n eenvoudige lewenstyl. Ek het maar net weer besef dat om veel meer gaan as om bloot aan arm mense te dink as die objekte van ons welsynsprojekte, en hoe ons dikwels ons hulp aan ander as ‘n verskoning gebruik om nie verhoudings te bou waarin ons ook ‘n kans het om te verander nie. Kan ons dalk stories deel van gewoontes en praktyke wat gemeentes in die verband kweek?
Hier is Tamie se preek: