Cedarberg Konferensie 9 & 10 Junie
Cedarberg Konferensie - Gemeentes met geloof, hoop & liefde - 9 & 10 Junie 2009
Die Cedarberg konferensie vir plattelandse gemeentes vind weer vanjaar in Citrusdal plaas. Die plaaslike gemeentes van die VGK en NGK bied die konferensie in samewerking met Communitas aan. Soos verlede jaar sal die konferensie fokus op bediening in die platteland. Die tema is: God is ons Hoop! Sprekers en werkswinkel-aanbieders met ervaring van plattelandse bediening deel hulle insigte. Verlede jaar was konferensiegangers entoesiasties oor die nuwe energie wat hulle ontvang het vir hulle bediening in die gesellige atmosfeer en gasvryheid van die Citrusdal!
Cedarberg is meer as 'n konferensie, dit is 'n heerlike tot stilstandkom en gesellige saamkuier. Ons sal binnekort die program detail bekendstel - hou solank die datum oop. Vir meer inligting, kontak ons gerus: Ds. Johan Witbooi (0229212602/ 0836295067/ Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien); Ds. Danielle van Zyl (0229212300/ 0832617650/ Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien)
| < Vorige | Volgende > |
|---|




