Druk
PDF

Evangelisasie-gesprekke Terugvoer

on . Posted in Nuus - Nuusberig

Evangelisasie-gesprekke Terugvoer

Op 25 Februarie is ’n gespreksoggend oor evangelisasie gehou. In die lig van ons tyd se snelle verandering is “Evangelisasie in ’n veranderende wêreld” as tema gekies. Die gesprek het in twee rondtes verloop, en elke rondte het bestaan uit ’n bydrae deur iemand wat ons samelewing se veranderinge skets, dit is telkens opgevolg deur ’n teologiese antwoord, en elke rondte is afgesluit met ruim tyd vir gesprek tussen die deelnemers. Braam Hanekom (GKS-kantoor) het as fasiliteerder opgetree en Daan le Roux (Inligtingswetenskap, Stellenbosch), Xolile Simon (Missiologie, Stellenbosch), Debbie Human (Bemarking, Stellenbosch) en Theo Geyser (Stellenbosch Gemeente) het elk vanuit hulp velde bydraes gelewer.  Die aanbiedinge kan per epos beskikbaar gestel word. Kontak gerus vir Jackie Swart by 021-9577202 of per epos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Onder andere die volgende perspektiewe het in die gesprek na vore getree:

• Informasietegnologie, in die besonder die internet, is een van ons tyd se belangrikste dryfvere vir sosiale verandering.
• Die internet affekteer nie bloot die “rykes” se lewens nie; tot 50% van Suid-Afrikaners wat met minder as R20 per dag leef, het selfone en teoreties toegang tot die internet.
• Nuwe informasietegnologie skep nuwe ruimtes vir tussen-menslike kommunikasie.
• Hierdie nuwe ruimtes bring ook nuwe uitdagings, soos die betekenis van waarheid te midde van massas inligting, die behoud van outentieke verhoudings.
• Die internet bring ook nuwe aanknopingspunte vir die evangelie, soos nuwe platforms vir gemeenskap en die kerk as middelaar tussen ontwikkelaar en gebruiker.
• Verder sien ons dat verbruikerskultuur aan die verander is.
• ’n Nuwe klem op diens, betrokkenheid en “random acts of kindness”, kreatiwiteit.
• Steeds bly individualiteit belangrik.
• Plig van kerk nie om reaktief op te tree nie, maar om wese van evangelie te herontdek.
• Impliseer moontlik die herdefinieer of verbreding van evangelisasie.
• Die belang van dialoog, veral ook tussen verskillende taal- en kultuurgroepe is onderstreep.
• Daar moet nie bloot gevra word hoe evangelisasie gedoen word nie, maar waarom.

Nog vrae wat gevra is :

• Glo die kerk regtig dat die boodskap van Jesus Christus uniek is?
• Verstaan ons mense se behoeftes (vs. Begeertes)
• Kan die kerk ‘n “whisper-brand” word?
• Moet die kerk nie dalk weer ge-evangeliseer word nie?
• Moet “Verantwoordelike Vernuwing” nie verander word in “Radikale Vernuwing” nie?

Artikel saamgestel deur Willem Fourie (dr.)

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.

Alle kommentaar