Alle artikels

Dinsdag 14 Mei 2013

Verder Geluister: Rom 8:12-17 ~ Pinkster is ʼn Tuin of ʼn tronk PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Chrisna van der Merwe
Dinsdag, 14 Mei 2013 09:29
Preekstudies / Verder geluister

19 Mei 2013 ~ Pinksterfees ~ Rom 8:12-17 ~ PINKSTER is ʼn TUIN of ʼn TRONK

Pinkster is die hoogtepunt van Paasfees, die afronding van God se koms na ons, die rolspel van die wederkoms!

Romeine 8 in die Leesrooster se eksegese is uitstekend. Jy lees daar hoe Paulus die triomf van die evangelie uitjubel. Hoofstuk 8 is vol juigkrete oor die implikasies van wat God in Christus gedoen het. Die dans van die Triniteit is so ooglopend verruklik: die Vader se trou, die vervulling van die verbond, die Seun se offer en die Gees van Christus se voltooiing van die versoening en die bevryding uit die mag van die dood. Let op, hierdie temas vind jy oral in die Bybel. Die eerste verduideliking daarvan is in Genesis.

Dit gaan om die keuse waar jy wil lewe: tuin of tronk. Gaan jy aanvaar wat God gratis gee? Verstaan jy dat genade nie los van gehoorsaamheid is nie maar ook dat gehoorsaamheid nooit los is van die Pinksterwonder, van die werk van die Gees nie?

Dink oor die twee stories in die leesrooster oor twee gebroke mense se ervaring in twee eredienste. Daar sal in elke gemeenskap in SA en in die hele wêreld dergelike voorbeelde wees.

Nou hier is die punt: God gee vir ons ʼn skepping, die aarde en alles daarop ... Hy seën ons. Hy sê vir Abraham die doel van sy roeping en reis is om ʼn seën te wees ... Hy gee vir sy nageslag ʼn land sodat hulle tot ʼn seën kan wees. Hy gee vir ons sy Seun en die Vader en die Seun gee vir ons die Gees ... om ʼn seën te wees. Dis Pinkster sodat ons ʼn seën kan wees vir die wêreld. Hoe jy die seën uitleef, kan met baie Skrifgedeeltes verduidelik word - Matt 28:16-20 is ʼn gewilde een. Maar, let tog op dat dit om publieke teologie gaan, die Pinksterseën moet elke duimbreedte van die lewe verander en verryk!

Pinkster is soos Rom 8 dit hier uitjubel ʼn bevrydingsfees. Wie ʼn seën word, ontdek sy ware erfenis en as jy dit besef, kyk jy na God en roep oorstelp “Pappa!”

Die onbegryplike is dat ons die seëning vir onsself vat en dit nie wil weggee nie (kyk hoe goed het Moses dit in Deut 8 verduidelik). Dis wat Gen 3 verduidelik. Adam en Eva se tuin word ʼn tronk. Hulle sê nie “Pappa!” toe hulle God sien nie, hulle is net vol verwyte oor wie se skuld dit nou eintlik is. Kindskap se geheim is weggee, jouself gee, omgee, die dronkie gaan help. Pinkster is om in die krag van die Gees ʼn seën te wees, jouself te gaan weggee in navolging van Christus.

Rom 8:9 gee Paulus se verduideliking van Adam en Eva se foutjie. Hy noem dit ons sondige natuur. Ons sondige natuur is al daai mure wat ons om onsself bou om ons teen die wêreld te beskerm, dis alles wat verhoed dat ons tot ʼn seën kan wees (Sag 2:1-13 verduidelik dit ook). Soos met apartheid. Soos om mense wat anders as ons gerat is in hulle seksualiteit of kleur, of geloof, of wat ook al te vermy. Die ANC is fluks op dieselfde pad. Die President bou vir hom sy eie tuintjie, Nkandla.

Pinksterfees is die getuienis wat kan gebeur as die Gees van God uitgestort word en ons vrymaak van ons selfsug sodat ons die oneindig groter erfenis van die Koninkryk van God kan ontdek. Dis eers dan dat jy jou Vader kan sien en oorstelp “Pappa!” vol verbystering en vreugde roep.
 
Jurgens Hendriks

Preekriglyn in Argief: Geen riglyn in Argief

Seisoen van Luister Powerpoint: http://www.seisoenvanluister.co.za/produkte/powerpoint-en-word/kerkjaar-volgorde/kerkjaar-2012-13/files-download/757_8587c0394dd85b57aa1316fe387f0319

Read more


Dinsdag 07 Mei 2013

Verder gelsuiter: Openbaring 22:16 ~ Ons wag op die môre PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Chrisna van der Merwe
Dinsdag, 07 Mei 2013 15:45
Preekstudies / Verder geluister

Sondag 12 Mei 2013 ~ Sewende Sondag van Paastyd: Ons wag op die Môrester ~ Openbaring 22:16

 Ek het eendag ‘n slegte boek gelees. Dit was ‘n slegte boek, gewoon omdat dit sleg geskryf was. Eintlik het ‘n mens gewonder waarom die boek ooit gepubliseer is. Maar toe spring daar skielik ‘n pragtige storie uit die boek. Die storie was so mooi, dat nie eers ‘n slegte skrywer ‘n gemors daarvan kon maak nie. Dit was ‘n storie, ‘n ware verhaal, van ‘n vrou wie se man ‘n bywoner was, en ook nie eintlik ‘n goeie een nie. So het hulle maar van plaas tot plaas aangetrek, tot hulle maar weer weggejaag is. En elke keer moes sy maar weer vir hulle ‘n nuwe tuiste skep tussen watter vier mure ookal vir hulle gegee is.

Maar elke keer, waar sy ookal was, het die vrou haar bed getrek sodat sy die môrester kon sien opkom. Dit is wat haar aan die lewe gehou het. Dit is wat haar laat opstaan het. Dit is wat haar woordeloos deur die dag gekry het. Die koms van die môrester.

Sy het so min beheer oor haar lot gehad. Maar elke dag het sy saam met die môrester opgestaan. Niemand kon dit van haar wegvat nie.

En hier in Johannes se laaste, grootse visioen, noem Christus homself die Môrester. “Ek is die helder Môrester” (Openbaring 22:16).

‘n Mens sou hier iets kon sê oor Jesus se “Ek is…”-uitsprake in die Bybel. Dis veral Johannes wat ons daarvan vertel. In die Evangelie van Johannes sê Jesus sewe keer: Ek is… Ek is die brood wat lewe gee. Ek is die lig vir die wêreld. Ek die ingang, die goeie herder, die opstanding en die lewe, die weg en die waarheid, die ware wingerdstok. En dis elke keer wanneer Jesus in uiters moeilike omstandighede is, wanneer sy lewe en sy leer bedreig word, dat hy sê: Ek is… En homself name gee wat heelmaak en laat opstaan.

En ook hier in Openbaring 22 gee Jesus vir homself luistteryke name, name waarmee hy ‘n kontra-kultuur vestig, om dit nou maar so grênd te noem. Vir mense wat vervolg en gemartel word, wat moedeloos sou kon word en sonder hoop, sê hy: Ek is… die alfa en die omega, die nakomeling van Dawid. Die helder môrester.

‘n Mens sou hier ook kon praat oor wat ‘n môrester alles vir die gelowiges van daardie tyd beteken het. Lucifer is mos eintlik die “ligdraer”. Maar hy het geval. Sy lig het dof geword. So sal die vervolgers en die afvalliges ook hulle lig verloor. Die ware Môrester is Jesus Christus, die helder Môrester.

Maar wat sou die feit dat daar ‘n Môrester in ons lewens is, vandag vir ons beteken? Kom ons dink sommer aan drie dinge:

Een. Die Môrester herinner ons aan ons kreatiwiteit. Die Môrester laat ons ontwaak. Ons is nie maar mense wat net deur die dag strompel omdat daar niks anders is om te doen nie. Ons kan elke dag met die hoop begin dat ons iets van die dag kan maak. Menswees is vir Jesus Christus belangrik. En boonop staan hy vir hoopvolle menswees. Ons lewe met hoop, omdat hy ons kreatief gemaak het. Omdat hy ons met kreatiwiteit geseën het, en die mag om dinge te laat gebeur aan ons gegee het.

Twee. Die Môrester verbind ons aan die skepping. Die Môrester herinner ons gedurig aan God se skepping, en dat ons deel daarvan is, en daarna moet omsien. Eerder, dit herinner ons aan daardie heerlike feit dat ons deel is van iets groots en pragtigs, iets wat ‘n ritme van sy eie het, iets wat ons nie in die steek sal laat nie. Soos die tannie wat geweet het: watookal met haar sal gebeur, waarnatoe sy ookal geskop en verstoot sal word, die môrester sal elke dag opkom.

Drie. Die Môrester bring genesing. Waar daar donkerte is, sal daar lig kom. En eintlik is dit maar net uit ons eie pyn, wat ons leer hoe die lig lyk. Iemand het eenkeer gesê vandag se jong dokters verstaan nie die pyn van hulle pasiënte nie, omdat hulleself die kinders van die antibiotika is en nooit self regtig siek was of word nie. Dis lyding wat jou die lig laat soek, en vir jou die gesig van die Môrester wys.

En dit is Johannes se boodskap aan ons. Die Môrester is daar. Hy kom elke dag. En hy is helder lig. Die donker is nie teen hom bestand nie.

Christina Landman

Preekriglyn in Argief: http://www.communitas.co.za/leesrooster/nt/66-Openbaring/Openbaring%2022_12-21.doc

Seisoen van Luister powerPoint:  http://www.seisoenvanluister.co.za/produkte/powerpoint-en-word/kerkjaar-volgorde/kerkjaar-2012-13/files-download/754_2539eb5c79906fcdcb8bee3119d89ac1

Read more

Verder Geluister - Hemelvaart ~ Hand 1:1-11 PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Chrisna van der Merwe
Dinsdag, 07 Mei 2013 15:29
Preekstudies / Verder geluister

9 Mei 2013 ~ Hemelvaart ~ Hand 1:1-11

Dit is so sewe uur die aand en ek is op pad na een van die voorstedelike gemeentes.  Die verkeer  vloei, maar stadig.  Al die bane is vol motors.
Hoekom is al die mense op die paaie en nie by hulle huise nie?  Dan besef ek, hulle is op pad na hulle huise!  Vanoggend donker daar weg en al weer donker en nou eers weer op pad terug.  Na alle waarskynlikheid moeg na ‘n lang dag se werk. 
 
Die gedagte kom by my op, hoe kan die kerk/gemeente vanaand iets van hulle verwag. En na vyf – ses sulke dae hoe kan die kerk/gemeente Sondag iets van hulle verwag? Moeë mense soek rus en vrede.  Immigreer na binne om net asem te skep.  Om te herlaai vir die aanslag van môre. Dan besef ek net, ons sal aan ‘n ander manier moet dink om gemeente en kerk te wees!

Nie net vir die stad en sy mense nie, maar ook vir die mense in die afgeleë dele van die land.  Alleenheid, eensaamheid, moeilik bekombaarheid, droogte, verlange na kinders in koshuise op ver plekke – dit alles maak jou op ‘n ander manier moeg en laat jou soek na ‘n uitkoms.

By die gemeente gekom (die opgeroeptes is tog daar!) wandel ons in die Woord. Wat vir my uitspring is vers 8:  “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom …”
Ek wonder oor die krag.  Om te kan konsentreer en nie ‘n ongeluk te maak nie.  Om by die huis te kom en kos te maak.  Kinders te help met skoolwerk. Vergadering by te woon.  Reg te maak vir môre se werkdag?  Dankie Heilige Gees vir die krag vir elke dag!

Maar dan val my oog op die res van die sin: “   en julle sal my getuies wees in …”

Wat ‘n verrassing.  Nie (net) krag vir die daaglikse katastrofes nie, maar om getuie te wees.  Sommer hier waar ek is – in my motor, by die huis en tussen die mense waar ek my bevind en tot in die verste hoekie waar ek nog sal kom.   ‘n Getuie dat God mens geword het.  Dat Jesus aan die kruis gesterf het en opgestaan en opgevaar het.   Sodat ons in die krag en uit die krag en van die krag van die Heilige Gees kan leef en kan getuig van sy onbeskryflike liefde vir ons.

Dit is waarin die eintlike betekenis van ons lewens lê.  Die diepste doel van ons menswees.   Bemagtig deur die hemelvaart van Christus en bekragtig deur die Heilige Gees kan ons Sy kragtige getuies wees.

Hy die God vir ons.  Hy Immanuel.

Pierre Goosen

Preekriglyn in Argief _1: http://www.communitas.co.za/leesrooster/nt/44-Handelinge/Handelinge%2001_1-11%20eerste%20weergawe.htm

Preekriglyn in Argief _2: http://www.communitas.co.za/leesrooster/nt/44-Handelinge/Handelinge%2001_1-11%20tweede%20weergawe.htm

Seisoen van Luister PowerPoint: http://www.seisoenvanluister.co.za/images/stories/powerpoints/Handelinge1_1-11.jpg 

Read more


Maandag 06 Mei 2013

PASE – HEMELVAART 2013 PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Webmeester Communitas
Maandag, 06 Mei 2013 14:32
Padlangs met gemeentes / Geloofsvorming

God  het Jesus uit die dood opgewek en ons met Hom!  Hierdie week fokus ons op Jesus se Hemelvaart. Ons Nuwe Lewe word ‘uit die hemel’ met Jesus se Hemelvaart ‘hemels’ bevestig.  Dis jammer dat gelowiges hierdie verlossingsdaad van God omtrent heeltemal vergeet het.

ONS LUISTER

Handelinge 1:1-11 Psalm 47 of Psalm 93; Efesiërs 1:15-23; Lukas 24:44-53  Fokus: Ons Here se Hemelvaart in Lukas se storie in Hand 1:1-11. Luister asseblief ook na die ander God-verhale vir ons vir die week. Lukas se tweede verhaal skuif die fokus van die Jesus-verhaal [Die Evangelie van Lukas] na die Opgewekte Jesus-verhaal wat in en deur die Gees in ons leef en werk [Handelinge]. Van nou af werk God sy verlossing in en deur  ons, Sy Bruid [die verhale uit Openbaring in Pase-tyd]. Dit is oorweldigend om net daaraan te mag dink. Is dit regtig ook vir jou ‘amazing’?  Hoe doen God dit in en deur ons? Read more

Laas Opdateer ( Maandag, 06 Mei 2013 22:49 )

Karlien Geldenhuis oor Weeklikse Riglyne PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Webmeester Communitas
Maandag, 06 Mei 2013 14:30
Padlangs met gemeentes / Geloofsvorming

“Karlien Geldenhuis in Livingstone draai nie doekies om as mens met haar gesels nie. Só het ek haar leer ken. Sy is ‘n regte jongmens van ons tyd. Sy is vir seker ‘n gelowige. Die lewe maak vir haar saak. In haar werk het sy met media-goed; fotografie ens. te doen. Sy kyk dus bietjie skerper as ons gemiddeldes na dinge en sy geniet haar werk.

    Ek wil graag by haar weet hoe werk die Weeklikse Riglyne wat bedoel is om ons te help om saam na God se Woorde vir ons te luister. Hulle kleingroep kry dit ook. Sy huiwer nie: “Die kleingroep werk nie regtig nie en die Riglyne werk ook nie eintlik vir my nie, maar ons sal weer in die groep praat”. Klaar hieroor gepraat en dis duidelik! Dis lekker om met so ‘n mens te doen te hê!

Read more
Laas Opdateer ( Maandag, 06 Mei 2013 22:51 )

Karlien Geldenhuis on Weekly Guidelines PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Webmeester Communitas
Maandag, 06 Mei 2013 14:26
English / Articles

 “Karlien Geldenhuis in Livingstone is a straight forward person. I learn to know her this way. She is a modern young woman. She is for sure a follower of Christ. Life matters to her. She is in the media world; photography etc. And she has a sharper view on things than the average and enjoys her work. 

     I want to know if the Weekly Guidelines sent out every week to help all of us to hear God’s voice from His Word perhaps more clearly, is helpful or not. Without hesitation she said: “Our small-group is not functioning well. We will talk about it again and see what we can do. But as for me the Guidelines, are not really helpful”.  Her answer is short and sweet. It is good and helpful to have parishioners like Karlien! Read more


EASTER – ASCENSION 2013 PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Webmeester Communitas
Maandag, 06 Mei 2013 14:21
English / Articles

God raised Jesus from the dead and we are raised with Him into a New Life. This week we focus on our Lord’s Ascension. Our New life is heavenly confirmed in Jesus’ ascension. It’s a pity that we almost forgot God’s saving act on our behalf, taking His Son, Jesus back into heaven.

 WE LISTEN

Acts 1:1-11; Ps 47 or Ps 93; Eph 1:15-23; Luke 24:44-53   Focus:  Our Lord’s Ascension in the story of Luke in Acts 1:1-11. Please listen also to the other texts for the week. Luke’s second story shifts from the Jesus-story [Gospel of Luke] to the risen Jesus-story, through the Holy Spirit, within us [Acts].  From now on God is acting/working salvation/ New Life [His Kingdom] within and through us – His Bride [The Revelations-stories in Easter]. It is overwhelming -- amazing!  Does it really amaze you?  And how is He doing it?

Read more
Laas Opdateer ( Maandag, 06 Mei 2013 12:30 )


Vrydag 03 Mei 2013

Mission shaped ministry course PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Webmeester Communitas
Vrydag, 03 Mei 2013 15:07
Nuus / Nuusberig

Advert-Introduction-weekend-MSM-600px

Read more
Laas Opdateer ( Vrydag, 03 Mei 2013 13:10 )


Donderdag 02 Mei 2013

Gebed is om God, weer God te maak in jou lewe! PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Webmeester Communitas
Donderdag, 02 Mei 2013 00:00
Gebed / Gebed en Spiritualiteit
In die besige, gejaagde en doelgerigte lewe kan ons so vasgevang raak in ons eie beplanning en selfs besige geestelike lewe, dat ons later nie meer God se stem hoor nie, maar net ons eie doelwitgedrewe stem. Hierdie lewenstyl kan so ‘n invloed op ons gebedslewe hê, dat ons net ingestel is om vir ons eie doelwitte te bid, in plaas daarvan om God se wil te soek.  Soms moet ons net leer om af te skakel en God se stem probeer hoor.

Ek het die verwoording van bogenoemde saak ook by Phlip Yancey raakgelees.  In sy uitstekende boek “Prayer: Does it make a difference” vertel hy hoe Ps. 46:11 ( “ Bedaar en erken dat Ek God is “) op twee maniere hierdie waarheid van gebed onder ons aandag bring. Read more

Laas Opdateer ( Maandag, 06 Mei 2013 12:58 )

Is ons gebede vir God belangrik? PDF Druk Write e-mail
Geskryf deur Quintus Heine
Donderdag, 02 Mei 2013 00:00
Gebed / Gebed en Spiritualiteit
Ek het al dikwels van my knieë opgestaan en gewonder of my voorbidding werklik ʼn verskil maak. Dit gebeur soms dat ons kragtig bid vir ʼn saak of persoon en nooit weet wat die uiteinde daarvan is nie. 

Openbaring 8 het my weer herinner hoe kosbaar ons gebede  in God se oë is. In die teks word vertel dat daar met die eindoordeel ʼn halfuur stilte in die hemel sal wees. Tradisioneel word daar twee verklarings vir die gedeelte gegee. Albei het met gebed te make en sluit baie nou bymekaar aan.  Read more

Laas Opdateer ( Maandag, 06 Mei 2013 12:56 )

Bladsy 1 van 236


priligy online

tadalafil

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
Levitramodafinilhttp://ircdsa.org/india/ambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy