
PASE – HEMELVAART 2013
God het Jesus uit die dood opgewek en ons met Hom! Hierdie week fokus ons op Jesus se Hemelvaart. Ons Nuwe Lewe word ‘uit die hemel’ met Jesus se Hemelvaart ‘hemels’ bevestig. Dis jammer dat gelowiges hierdie verlossingsdaad van God omtrent heeltemal vergeet het.
ONS LUISTER
Handelinge 1:1-11 Psalm 47 of Psalm 93; Efesiërs 1:15-23; Lukas 24:44-53 Fokus: Ons Here se Hemelvaart in Lukas se storie in Hand 1:1-11. Luister asseblief ook na die ander God-verhale vir ons vir die week. Lukas se tweede verhaal skuif die fokus van die Jesus-verhaal [Die Evangelie van Lukas] na die Opgewekte Jesus-verhaal wat in en deur die Gees in ons leef en werk [Handelinge]. Van nou af werk God sy verlossing in en deur ons, Sy Bruid [die verhale uit Openbaring in Pase-tyd]. Dit is oorweldigend om net daaraan te mag dink. Is dit regtig ook vir jou ‘amazing’? Hoe doen God dit in en deur ons?
Lees meer... Lewer kommentaar Trefslae: 160
Karlien Geldenhuis oor Weeklikse Riglyne
“Karlien Geldenhuis in Livingstone draai nie doekies om as mens met haar gesels nie. Só het ek haar leer ken. Sy is ‘n regte jongmens van ons tyd. Sy is vir seker ‘n gelowige. Die lewe maak vir haar saak. In haar werk het sy met media-goed; fotografie ens. te doen. Sy kyk dus bietjie skerper as ons gemiddeldes na dinge en sy geniet haar werk.
Ek wil graag by haar weet hoe werk die Weeklikse Riglyne wat bedoel is om ons te help om saam na God se Woorde vir ons te luister. Hulle kleingroep kry dit ook. Sy huiwer nie: “Die kleingroep werk nie regtig nie en die Riglyne werk ook nie eintlik vir my nie, maar ons sal weer in die groep praat”. Klaar hieroor gepraat en dis duidelik! Dis lekker om met so ‘n mens te doen te hê!
Lees meer... Lewer kommentaar Trefslae: 74
Die Here hoor nie my gebed nie!
Soms, sal mense vir my vra
"Dit voel vir my of die Here my nie hoor nie Dit voel of ek teen die dak vas bid! Soms voel dit vir ons of die Here ons nie hoor as ons bid nie. Ons bid en ons vra die Here om te help, maar dit voel net vir ons asof niks gebeur nie. Dan word ons moedeloos.
Miskien is die antwoord daarin geleë - nie omdat die Here ons nie hoor nie, maar dalk omdat ons nie vir die Here hoor nie. Gebed is nie maar net ʼn eenrigting kommunikasie middel waar ons versoeke kan insit en wag dat ons dit ontvang nie. Gebed is ʼn kommunikasiemedium tussen ons en God. Vir gebed om effektief te wees, moet daar ʼn opregte verhouding tussen ons en God wees.
Lees meer... Lewer kommentaar Trefslae: 3723
Gebed is om God, weer God te maak in jou lewe!
In die besige, gejaagde en doelgerigte lewe kan ons so vasgevang raak in ons eie beplanning en selfs besige geestelike lewe, dat ons later nie meer God se stem hoor nie, maar net ons eie doelwitgedrewe stem. Hierdie lewenstyl kan so ‘n invloed op ons gebedslewe hê, dat ons net ingestel is om vir ons eie doelwitte te bid, in plaas daarvan om God se wil te soek. Soms moet ons net leer om af te skakel en God se stem probeer hoor.
Ek het die verwoording van bogenoemde saak ook by Phlip Yancey raakgelees. In sy uitstekende boek “Prayer: Does it make a difference” vertel hy hoe Ps. 46:11 ( “ Bedaar en erken dat Ek God is “) op twee maniere hierdie waarheid van gebed onder ons aandag bring.
Lees meer... Kommentaar (5) Trefslae: 4359
Is ons gebede vir God belangrik?
Ek het al dikwels van my knieë opgestaan en gewonder of my voorbidding werklik ʼn verskil maak. Dit gebeur soms dat ons kragtig bid vir ʼn saak of persoon en nooit weet wat die uiteinde daarvan is nie.
Openbaring 8 het my weer herinner hoe kosbaar ons gebede in God se oë is. In die teks word vertel dat daar met die eindoordeel ʼn halfuur stilte in die hemel sal wees. Tradisioneel word daar twee verklarings vir die gedeelte gegee. Albei het met gebed te make en sluit baie nou bymekaar aan.
Lees meer... Lewer kommentaar Trefslae: 4165
Met die oog op ‘n tyd soos hierdie – hoor die evangelie, die hoop vir ons tyd - Winterskool 2013
Die tweede Winterskool vir predikante, akademiese personeel, studente en die breë publiek word vanjaar vanaf 4-6 Junie op Stellenbosch gehou met die tema: Met die oog op ‘n tyd soos hierdie – hoor die evangelie, die hoop vir ons tyd. In hierdie woorde uit Ester 4 is daar ‘n diepe bewustheid dat God teenwoordig kan wees in die moeilikste tye van ons individuele en gemeenskaplike lewens. Met die Winterskool wil ons die boodskap oordra van hoop en geloof in ‘n God wat kan verras met sy reddende teenwoordigheid in die mees onverwagte plekke en tye.
Die drie hoofsprekers is dr Rhoda Kadalie, dr Mvume Dandala, en prof Piet Naudé. Daar sal ook talle parallelle sessies wees wat by die tema aansluit. Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.
Die program en registrasievorm is aangeheg.
Lewer kommentaar Trefslae: 150
Gemeente-pakket
Kommentaar (4) Trefslae: 616









