Jeug en familie

Druk
PDF

Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean

Geskryf deur Webmeester Communitas on . Posted in Jeug en familie - Algemeen

In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic Deism
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Nagmaal verduidelik aan kinders.

Geskryf deur Gielie Loubser on . Posted in Jeug en familie - Familiebediening

Hoe praat ek met my kind oor die nagmaal?

Verskeie kere vra jeugleiers raad en leiding oor hoe om ouers te help om met hulle kinders oor die nagmaal te praat. Onder die afdeling Familiebedining by die Jeug & Familie taakspan het ek gewerk aan n uitdeelstuk wat leiers vir ouers kon uitdeel. 

AddThis Social Bookmark Button
Attachments:
FileBeskrywingFile sizeLaas gewysig
Download this file (Geselsblad oor die nagmaal - 'n uitdeelstuk.doc)Geselsblad oor die nagmaal - 'n uitdeelstuk.docHoe praat ek met my kin oor die nagmaal?92 Kb03/14/12 11:58
Druk
PDF

Is Positiewe Ouerskap negatief?

Geskryf deur Gielie Loubser on . Posted in Jeug en familie - Algemeen

Kommentaar op 'n artikel in een van ons Christelike tydskrifte?

In een van die nuutste Christelike tydskrifte op die rak skryf een van die voorste ouerskap-kenners se man die volgende paar sinne en ek haal aan: “Ek en (sy vrou se naam) is nie mal oor “positiewe ouerskap” nie. Dit is nou die skool van kinderopvoeding wat aanbeveel dat kinders nie vir verkeerde gedrag gestraf moet word nie en nooit die woord “nee” moet beleef nie. Ek weet dit klink onsinnig maar baie Christen-ouers volg hierdie benadering. ’n Mens sou reken Christene weet dat ons kinders (net soos ons) in sonde gebore is en dat verkeerde gedrag konsekwent gestraf moet word, terwyl regte gedrag soms beloon kan word. Die woord nee het nog nooit iemand se gees geknak nie en ’n rebelse kind behoort hom of haar teen ferm grense en ernstige gevolge vas te loop. Dit is hoe God met sy kinders werk.”

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

KIX-KOM

Geskryf deur Webmeester Communitas on . Posted in Jeug en familie - KIX-KOM

KINDERBEDIENING

Jy ken dalk die naam Kinderkrans. Baie mense sal kan getuig hoe die Kinderkrans ’n bepalende rol in hulle lewe gespeel het. KIX  (Kinders in Christus) is ons nuwe naam en poog ons om die bediening uit die namiddag-in-die-kerksaal-vir-verbondskinders-byeenkoms te verbreed na skole en créches om ook kinders van ongelowige ouers te bereik.

Maar wat jou bediening se naam ookal is, alles wat ons hier in die Jeugkantoor het, is tot jou beskikking.

LES MATERIAAL:   

  • 'God se incredibles’. Dit gaan oor 5 geloofshelde van die Bybel, maar dis nie net die voor-die-hand-liggendes nie.  Die volledige pakket, wat ook ’n CD insluit, is teen R50 + Posgeld by die Jeugkantoor beskikbaar.
  • KIX-KOM: Bestel gerus ons kwartaalblad, voorheenTouleiertjie, nou KIX-KOM (Kieks-kom). Die tipe materiaal wat in die blaadjie verskyn, kan van professionele Kinderbedienaars wat reekse wil hou, tot vrywilligers wat nie langer as 30 minute voorbereidings tyd het nie, bedien.
  • Verskeie boeke: Saamgestelde lesmateriaal vir verskillende ouderdomme en seisoene van die Kerkjaar.
  • Plakkers: Welkom by KIX, verjaarsdag plakkers (verskeie beskikbaar) sowel as blanko plakkers
  • Kix Kreatief CD en boekie - ballon figure, klei en ander kreatiewe aktiwiteite om aan te bied. R50 plus posgeld.
  • Pre-Teen lesse vir 9-12 jariges: 6 lesse wat oor 12 geleenthede gebruik sou kon word sowel as 'n skattejag. R50 plus posgeld

Laai die pryslys hier af

Sharonby 021 808 9050 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien as jy belangstel om meer uit te vind.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Jeug en familie

Geskryf deur Gielie Loubser on . Posted in Jeug en familie - Algemeen

Jeugkantoor

Sharon en Gielie het die voorreg om in hierdie bediening te speel. Ja ons wil weer kinders en tieners en ouers help speel in die genade van die Here en so die blydskap van die Evangelie weer ervaar.  

 

Die Jeugkantoor: Stellenbosch

Kontakbesonderhede

Gielie Loubser: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Sharon Naude: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Tel: 021 808 90 50

Faks: 086 530 2439

Artikels

Is Belydenisaflegging gereformeerd?

Nou die dag het ek beleef dat ek ’n oomblik gehad het oor die NG Kerk se gebruik van Belydenisaflegging. Ek het gesels met ’n dominee-vriend wie se familie uit die kerk is en o.a ’n ander doop-beskouing het. Hy vertel toe hoe hy tydens ’n kuier net weer deurgeloop het ook die gebruik van spesifiek die NG Kerk se belydenisaflegging. Die familie se woorde was: Maak nie saak hoe spesiaal julle dit probeer maak nie, dit bly fake!”

Die ergste is, ek dink dis waar. Kyk net na die drop-out syfers. Dis toe wat ek my oomblik gehad het. Ek het besef ons is met die gebruik eintlik totaal in die evangelical-movement wat glo dat bekering gepaard gaan met “altars-calls” en “commitments”.

Ek onthou baie goed hoe ek as jong dominee baie moeite gedoen het om nie te praat van aanneem en voorstelling nie, maar van belydenisaflegging, geloof-belydenisaflegging! Dis egter in die altar-call-tradisie. Die aanneem en voorstelling is meer gereformeerd! Hoekom? Die spreek woordelike pennie het gedrop toe ek nadink oor wat soortgelyks ons in ons Joodse gebruike kry. Dis natuurlik die Bar Mitzvah. Die fees wat Joodse seuns kry as hulle 13 jaar oud is. Behalwe ’n rits ander gebruike is een van die groot redes vir die Bar Mitzvah, die bevestiging van die kind. Tydens die fees word die seun in die openbaar bevestig (validate) dat hy die familienaam kan dra en ’n sukses van sy lewe gaan maak.

’n Sielkundige het tydens een van die Positiewe Ouerskap sessies gesê dat die bevestiging van ’n kind die meeste vir ’n kind doen. Sy het gesê dat die een ding wat ’n kind die meeste motiveer om beter te wees en te doen, positiewe terugvoer is. Dis niks anders as publieke bevestiging nie.

Die kerk het dit juis nog al die jare gedoen! ’n Gemeente sou ’n proses gehad het van onderhoude en gesprekke en ja dalk selfs toetsing, maar dan sou hulle die kind aanvaar het (aanneming) en dit publiek bevestig het (voorstelling).

Die belydenisaflegging was dus iets wat die geloofs vriende en familie gedoen het oor die kind. Dis die skare geloofsgetuies (cloud of witnesses) wat getuienis af lê van die geloof wat hulle in die kind sien. Nou raak die belydenis ’n bevestiging en haal jy die “fake” uit die gebruik. Sien as ek oor myself moet getuig kan ek enigiets sê. Dis soos in ’n hof. Daar moet getuies ingeroep word.

Ek dink juis dit sal vir die kinders ’n onvergeetlike ervaring wees as hulle hoor hoe hulle ouers oor hulle dink en wat hulle bereid is om te bely. Of hoe ander betekenisvolle volwassenes oor hulle praat. Wat hulle raaksien die Gees als al reggekry het in die een wat voorgestel word. Of hoe jou vriende oor jou dink en wat hulle by jou raaksien.
Die kind moet daarom sy skare geloofsgetuies kan vergader vir die geleentheid. Dit sal die diepte gee. Dis soos ’n vriend van my hulle kinders se oorgangs mylpale vier saam met die betekenisvolle mense in die kind se lewe (die kind kies die mense).

Miskien sal ons dan so die valsheid kan wegneem en terugkom by ons gereformeerde teologie wat verstaan dat geloof iets is wat ons ontvang, ’n gawe van God en nie iets wat ek my voor “commit” of waaraan ek “submit”. Nee, dit bly ’n gawe en werking van God waarvan ons net kan bewus word en waaruit ons meer en meer kan leef.
Kom ons swaai daarom ons belydenis aflegging weer na “Aanneem en Voorstelling”, maar die keer betrek ons die hele skare geloofsgetuies van elke kind. Hulle het dit nodig!

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar