Gemeenteprosesse

  • Prosesbegeleiding(1 Artikel)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Meetinstrumente(3 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Keuse van gemeenteproses(1 Artikel)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Fasiliteringspan(1 Artikel)

    Die fasiliteringspan is as volg:

    AddThis Social Bookmark Button
  • Gemeentestories(12 Artikels)

    Ons glo gemeentes is God se geskenk vir die wêreld.

    Op hierdie blad wil ons vir mekaar die stories van gemeentes vertel, sodat ons saam kan leer hoe God daardeur die wêreld verander.  Baie keer sal dit natuurlik verhale wees van hoe ons self verander is ...

    Neem dus deel en stuur vir ons stories vir plasing.  Jy kan ook aan die onderkant van die bladsy, in die kommentaar blokkie, korter stories direk plaas op die blad.

    AddThis Social Bookmark Button
  • Hulpmiddels(18 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Verandering(9 Artikels)
    As jy belangstel in hoe gemeentes verander, is hier 'n paar hulp middels.
    AddThis Social Bookmark Button
  • Kerkraadskoling(4 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Advent(29 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Bewegings van die Gees(14 Artikels)

    Met Advent het ons Avent verhale van Hoop met mekaar gedeel op die webblad.  Met Pinkster sal dit goed wees indien ons verhale van die Bewegings van die Gees met mekaar kan deel.  Jannie Swart skryf in sy laaste bydrae oor Coenie Burger wat gemeentes soos volg beskryf as 'n dinamiese beweging binne die kragveld van die Gees:

    Die gemeente... is 'n dinamiese beweging wat nie twee dae lank presies dieselfde bly nie, wat altyd aan die skommel en die beweeg bly en nooit stilstaan nie".  Dit lyk asof so 'n benadering tot leierskap nie-objektiverend en minder beheer-georienteerd behoort te wees.  Dit stel die uitdaging om deel te neem aan, en meegevoer te word deur, 'n vloei en energie wat nie in die eerste plek deur leierskap geskep of geinisieer is nie.  Hoe lyk so 'n leierskappostuur?

    Ook in hierdie Pinkstertyd sal die Gees gemeentes en gelowiges beweeg, en dit sal anders wees as verlede jaar. Stuur gerus die verhale deur of te epos aan Frederick Marais by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sienHierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien hoe meer ons die verhale gaan vertel hoe beter sal ons in 'n posisie wees om, soos Jannie dit stel, meegevoer te word...deur die beweging van die Gees.

    AddThis Social Bookmark Button
  • Verhale van Hoop uit die Platteland(1 Artikel)

    Ons het by Cedarberg 2009 verskeie gesprekke gehad oor plattelandse gemeentes en die unieke gawes van hierdie gemeentes wat gevier moet word. Te dikwels word daar net negatief oor plattelandse gemeentes gepraat. Dit skep 'n onnodige negatiewe selfbeeld en perspesie van hierdie gemeentes. In baie opsigte moes hulle die meeste aanpas in die transformasie wat ons land die afgelope 15 jaar deurgaan.  Hulle moes aanpas by baie uitdagende demografiese veranderinge. Van die armste en mees kwesbare mense in ons land leef in die platteland en word deur hierdie gemeentes bedien. Terselfdertyd moes sommige van hierdie gemeentes leer om sonder 'n voltydse leraar gemeente te wees, en het hulle dit reggekry.  Ons kan almal baie by hulle leer.

    Dalk het jy grootgeword in 'n plattelandse gemeente en jou eerste geloofstree daar gegee. Dalk is jy 'n leier in 'n gemeente in die platteland of het jy as dominee in die platteland gedien.  Dalk het jy net 'n verhaal oor wat gemeentes in die platteland doen wat jy met ons wil deel?

    Stuur asb jou bydrae van 'n paragraaf of twee aan Frederick Marais by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .  Ons plaas dit graag op die webblad,

    AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar