Skryfsels

Jesus en Jahwe
Wie is Jesus in die Bybel?

Ek dink in die laaste tyd baie na oor Wie Jesus in terme van die Bybelse boodskap is. Wat is die prentjie wat die Bybel self gee van Jesus?  En hoe beïnvloed dié prentjie van Jesus my lewe?

Die rede daarvoor is aan die een kant omdat die navorsing van die afgelope paar eeue oor die historiese Jesus my ernstig frustreer.  Die poging van die historiese Jesus navorsers om agter die teks van die NT en OT in te kom en met historiese metodes ‘n rekonstruksie van die sogenaamde historiese Jesus te gee, het tot soveel diverse prentjies van Jesus aanleiding gegee, wat nie net onder navorsers tot ernstige konflik van opinies lei nie, maar ook in groot konflik is met die teks van die Bybel self.  Om daarvan sin te maak, is moeilik genoeg.  Om daarvan te leef, is onmoontlik.

Aan die ander kant word my belangstelling in die Bybelse boodskap geprikkel deur die resultate van die narratiewe – en lesers-perspektief benadering.  Die erns wat in dié benaderings met die teks van die Bybel self gemaak word, spreek net baie meer tot my.  Elke nuanse van die Bybelteks, elke beeld wat gebruik word, elke verbintenis wat in die teks gemaak word, en die betekenis daarvan in terme van die konteks beide van daardie tyd en vandag, word op só ‘n kreatiewe wyse in spel gebring dat dit vir my lei tot ‘n inspirerende besig-wees met die teks.  Die poging om sin te maak van die teks self, open vir my deure van luister en leef wat nie met historiese metodes moontlik is nie.

God tree in Jesus, die Kurios van die NT, op soos Jahwe, die Kurios van die OT

Wat my op die oomblik veral besig hou van die Bybelse boodskap oor Jesus, is die feit dat Hy in die NT nie net as mens en as God geteken word nie, maar ook as die Here (Kurios):

Hy is nie net Jesus, die afstammeling van Dawid uit die stam van Juda, die Een wat mens geword het en onder ons kom woon het nie.

Hy is nie net die Messias (Gesalfde, Christus), die Een wat vir ons die Verlosser geword het en die weg en die waarheid en die lewe is nie.

Hy is nie net die Seun of Woord van God, waarmee Sy goddelikheid onomwonde uitgedruk word nie.

Hy is ook die Here (Kurios), die Een wat Koning is en die koninkryk van God kom vestig het en steeds besig is om dit te doen.

Dit is hierdie laaste beskrywing van Jesus wat my fassineer. Dat Jesus Here (Kurios) genoem word – ‘n naam wat in die Griekse vertaling van die OT (LXX) vir JHWH (Jahwe), God, gereserveer is – beteken dat in Jesus God as Here optree, op dieselfde wyse as wat JHWH, God, dit in die OT gedoen het. Soos Werner Foerster oor Jesus sê: “In him God acts as the kýrios does in the OT” (Kittel, G & G Bromiley, G Friedrich 1976 Theological Dictionary of the New Testament. Eerdmans: Grand Rapids).

Anders gestel:

Jesus van die NT tree as die Jahwe (Kurios) van die OT op.

Hoewel daar uiteraard verskille is – Jahwe word bv. nie met ‘n menslike natuur in die OT geteken nie – is die betekenis hiervan vêrreikend.

Dit verruim ons beeld van Jesus dat Hy aktief betrokke is in hierdie wêreld, veral in terme van Sy mag en heerskappy, nie net in die lewe van die kerk nie, maar in gang van die wêreld en die geskiedenis.

Dit skep in ons die verwagting dat Jesus op dieselfde wyse as wat Jahwe ingegryp en Homself laat geld het in die lewe van sy volk en die wêreld in die OT, dit ook in ons eie lewe sal doen.

Vir meer inligting oor dié identifikasie van Jesus as Jahwe kan die resente boek van Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus: A Theography) geraadpleeg word. Hulle verwys ook na ander teoloë wat dieselfde gedagtes ondersteun: onder andere NT Wright (The Challenge of Jesus – “the Old Testament portrait of YHWH fits Jesus like a glove”), Dietrich Bonnhoeffer (Creation and Fall), Scot McKnight (The King Jesus), en Richard Baukham (God Crucified).

Dink net bv. hieroor na:

“Jahwe (die Here) is my herder, ek kom niks kort nie” – Ps 23:1

“Ek (Jesus) is die goeie herder … Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” – Joh 10:14,10.

Jeremia belowe ‘n regverdige spruit/koning wie se naam sal wees: (letterlik) “Jahwe ons geregtigheid” – Jer 23:5-6 (“Die Here regeer regverdig oor ons”).

Jesus as Vervuller hiervan dra dus dié Naam: “Jahwe ons geregtigheid”.

’n Paar perspektiewe uit die Bybel

Ter ondersteuning hiervan die volgende:

In die OT word die persoonsnaam van God met die Hebreeuse konsonante JHWH aangedui wat meesal gevokaliseer word as Jahwe en as Here in die verskillende Afrikaanse vertalings en Lord in die verskillende Engelse vertalings weergegee word (bv Eks 3:15).

Die Griekse vertaling van die OT (LXX) het deurgaans die Hebreeuse JHWH met die Griekse Kurios vertaal, wat ook die eerste keer is dat die woord Kurios vir God gebruik is in die Griekse taal. Kurios is in Grieks gewoonlik gebruik om eienaarskap of voogdyskap uit te druk, maar in die OT is dit die woord wat gekies is om as vertaling van JHWH (Jahwe) te gebruik.

In die NT word die Griekse woord Kurios veral met Jesus verbind. Dit is merkwaardig omdat die LXX die amptelike Bybel ook van die NT gelowiges was en dat hulle met die gebruik van Kurios vir Jesus dus ongetwyfeld Hom met Jahwe geïdentifiseer het.

Soms word die term Kurios vir Jesus waarskynlik as beleefdheidsterm gebruik, veral wanneer mense of skares Hom so aanspreek (Matt 8:2,6,8; 9:28; 21:9; Joh 4:49).

In die oorgrote meerderheid gevalle word die naam Kurios (Here) egter as titel vir Jesus gebruik op dieselfde wyse as wat Kurios (Jahwe) in die OT as titel vir God gebruik is.

Voorbeelde:

Die engel van die Here verbind die werk van Johannes die Doper aan die bediening van die OT Kurios (Here – Jahwe) – Luk. 1:15-17

Dit word geëggo in die loflied van Sagaria – Luk. 1:76.

Elisabet noem Jesus Kurios wat waarskynlik dieselfde bedoel – Luk. 1:43.

Johannes die Doper kondig Hom daarom dan ook as die OT Kurios (Here – Jahwe)  aan – Mark. 1:3 (Jes. 40:3); Joh. 1:23.

Jesus maak die naam Kurios (Here) op Homself van toepassing, waarskynlik in dieselfde betekenis as OT Jahwe – Matt. 7:21-22; 12:8; 21:3; 24:42, Luk. 4:18-21; 6:5; Joh. 13:13.

Die Kanaänitiese vrou verbind interessant genoeg die naam Here aan ‘n ander titel vir Jesus, die Messias, Seun van Dawid, waarmee die term ook waarskynlik ook met Jahwe verbind kan word – Matt. 15:22.

Sy dissipels spreek Hom met die titel Kurios (Here) aan, hoewel dit sommige gevalle ook net as beleefdheidsterm gebruik sou kon wees – Matt. 8:21,25; 14:28; 16:22

In Marta se belydenis word Jesus beide Kurios (Here) en Christus genoem, waarmee ook waarskynlik na Jahwe verwys word – Joh. 11:27.

Na sy dood en opstanding begin die dissipels met meer insig die naam Jesus en Kurios (Here) met mekaar verbind en word dit nie net as beleefdheidsterm gebruik nie, maar as aanduiding van sy Heerskappy – Mark. 16:19; Luk. 24:3,34; Hand 1:21-22.

Tomas verbind baie spesifiek ook beide die naam Kurios (Here) en God aan Jesus, waarmee Jesus se Goddelikheid sowel as sy Heerskappy aangedui word – Joh. 20:28.

Die evangelieskrywer Lukas veral gebruik die naam Here in sy evangelie as hy Jesus se gesprekke weergee – Luk. 10:39; 12:42; 13:15.

Johannes praat selfs in Openbaring daarvan dat die Kurios (Here) gekruisig is – Open. 11:8.

Die belangrikste is egter dat ná die Hemelvaart en Pinkster die titel Kurios (Here) baie spesifiek aan Jesus toegeken word en dit aan Jode wat van kindsbeen af geweet het dat Jahwe die Kurios (Here) is: “Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” – Hand. 2:36.

Dit verklaar ook hoedat Jesus se voortgaande werk van nou af veral as die werk van die Kurios (Here) aangedui word, soms in kombinasie met die naam Jesus, en/of Christus, en ander kere daarsonder – Hand. 2:39, 47; 4:33; 11:21.

Paulus sluit hierby aan – Rom. 1:4,7.

Trouens dit is een van die fundamentele dinge wat ‘n mens moet glo om gered te word, dat Jesus die Kurios (Here) is – Rom. 10:9.

Jesus se hele bediening mond volgens Paulus uit in sy Heerskap – Rom. 14:9.

Daar is ook ‘n paar gevalle in die NT waar die titel Kurios vir God in onderskeid van Jesus gebruik word, wat ‘n mens laat besef dat die identifikasie van Jesus van die NT met Jahwe van die OT nie presies is nie.

Die engel in sy boodskap aan Maria maak ‘n onderskeid tussen Jesus en die Kurios (Here) – Luk. 1:32.

Die engel van die Here verskyn aan die skaapwagters met die heerlikheid van die Kurios (Here) wat om hulle skyn – terwyl Jesus intussen gebore is in Bethlehem – maar praat dan tog ook van Jesus as Christus die Kurios (Here) – Luk. 2:8-12.

Simeon maak egter weer ‘n onderskeiding tussen Christus (Gesalfde) en die Kurios (Here) – Luk. 2:26.

Jesus self, spreek God sy Vader aan as Kurios (Here) – Matt. 11:25.

Petrus en Johannes in hulle toespraak voor die Joodse Raad handhaaf ook ‘n onderskeid tussen Jesus en die Kurios (Here) – Hand. 4:20.

Die gelowiges bid tot ook God, die Kurios (Here), in onderskeid van Jesus – Hand. 4:23-31.

Paulus maak ook ‘n onderskeid tussen God en Jesus as Kurios (Here) – Rom. 4:24.

Geen wonder dat die kerk in sy nadenke hieroor uiteindelik die Triniteit as belydenis geformuleer het om die gesamentlike prentjie wat die OT en NT van God skets onder woorde te bring, om die drie persone van God te definieer wat al die terme wat vir God gebruik word onder drie noemers bring: Vader, Seun en Heilige Gees.

Maar dat daar ’n integrale verband bestaan tussen Jesus en Jahwe soos in die gebruik van Kurios in die OT en die NT blyk, ly geen twyfel nie.  God tree in Jesus (NT) op net soos Hy in Jahwe (OT) opgetree het.

Mymeringe oor die Psalms: Gemeenskap en Geregtigheid gaan saam
Die Psalms leer ons dat gesprek met God nooit losgemaak kan word van ons lewensomstandighede nie. Wanneer dit goed gaan, is daar dankbaarheid en standvastigheid en kleur dit ons gesprek met God – uitgedruk in lofpsalms. Wanneer ons gekonfronteer word met die donkerte in onsself en in die lewe, is daar worsteling en weerstand en kleur dit ook ons gesprek met God – uitgedruk in klaagpsalms.

Nog dieper as dit, die Psalms leer ons dat dit nie net ons persoonlike ervarings is wat deel is van ons gesprek met God nie, maar ook die verskeidenheid van ervarings in die wyer gemeenskap. Ons gesprek met God word, trouens móét onontwykbaar gekleur word deur ons ervarings – goed of sleg – binne die geloofsgemeenskap sowel as in die publieke gemeenskap.

Dit beteken dan ook dat die Psalms ons leer dat die angs oor en opstand teen ’n gebrek aan geregtigheid en billikheid in die wyer gemeenskap telkens ingetrek moet en kan word in ons gesprek en worsteling met God in die verwagting dat Hy sal optree en verandering bring.

Soos Brueggemann sê:

“communion with God cannot be celebrated without attention to the nature of the community, both among human persons and with God … Indeed, it is through the question of justice that communion is mediated.” (The Message of the Psalms, 1984:169).

Dit is immers wat Jesus ook in die Bergrede illustreer deur ons te waarsku dat ons nie kan dink om met God in gemeenskap te kan tree – met ‘n offer by die altaar – sonder om eers jouself te versoen met jou medegelowige wat iets teen jou het nie (Matt. 5:23-24). Gemeenskap en geregtigheid gaan saam … altyd!

Om die Psalms op dié manier te lees, laat hulle ’n omvattende lewe vir ons kry. Dit gee lewe aan ons gesprek met God. Dit laat ons gebed verander van ‘n abstrakte teoretiese gepraat na ’n praktiese persoonlike gesprek wat volledig gevoed word uit ons werklike ervarings in die lewe, die positiewe en die negatiewe ervarings daarvan. En dit geld nie net ons eie ervarings nie, maar veral ook die ervarings van almal rondom ons.

Wat veroorsaak introversie-ekstroversie?
Die debat oor introversie-ekstroversie word baie keer aan die hand van die kategorieë van Nature of Nurture gevoer.

Sommige navorsers beklemtoon die oorgeërfde karakter van ons temperament wat in ons persoonlikheid herken kan word.

Sommige beklemtoon die effek van die omgewingsfaktore soos opvoeding en lewenservarings (Susan Cain, Quiet, 2012:99 vv).

Jerome Kagan (Harvard) se navorsing hieroor het sedert 1989 die temperament en persoonlikheid van 500 vier maand oue babas gevolg. Sy aanspraak was dat hy reeds op 4 maande ouderdom introversie en ekstroversie sou kon voorspel. Die babas is aan verskillende nuwe stimuli blootgestel (stemme op bandopnames, barsende ballonne, kleurvolle “mobiles”, die reuk van alkohol op watte).

So 20% het besonder sterk daarop gereageer, gehuil, arms en bene beweeg – ‘n groep wat hy “high-reactive” genoem het.

So 40% het stil en kalm daarop gereageer. Hierdie groep wat gee drama getoon het nie, het hy “low-reactive” genoem.

Die ander 40% was tussen hierdie ekstreme geleë.

Nou, anders as wat ons sou verwag het, het hy voorspel dat die “high-reactives” ‘n introverte persoonlikheid sou ontwikkel, en die “low-reactives” ‘n ekstroverte persoonlikheid.

En dit is presies wat gebeur het. Die kinders is op 2,4,7, en 11 jaar oud weereens getoets met blootstelling aan nuwe mense en gebeure. Die “high-reactives” was meer geneig om introverte persoonlikhede te ontwikkel, en die “low-reactives” meer geneig om ekstroverte persoonlikhede te ontwikkel. Jung se beskrywings van introversie en ekstroversie: “apply with uncanny accuracy to a proportion of our high- and low-reactive adolescents.” (Galen’s Prophecy van Jerome Kagan, 1998).

Die rede vir Kagan se kontra-intuïtiewe akkuraatheid lê in sy meting van die fisiologiese reaksies van die babas, veral in hulle amigdala, die emosionele brein. “High-reactives” het meer reaksie op nuwe stimilu getoon, omdat hulle senuweestelsel so skerp gereageer het. Die teenoorgestelde was die geval by die “low-reactives”.

Hiervolgens is daar ‘n fisiologiese verklaring vir introversie en ekstroversie, iets wat kinders oorgeërf het.

Die bevindinge word versterk deur ander navorsing wat fokus op “reward sensitivity” (Janice Dorn, Daniel Nettle). ‘n “Reward-sensitive” persoon word veral gemotiveer deur belonings wat fisiologies verbind word aan die sensitiwiteit vir die neuron-oordragstof dopamien.

“Extroverts’ dopamine pathways appear to be more active than those of introverts,”

soos bv in navorsing van Richard Dupue aangetoon is (Susan Cain, Quiet, 2012:160).

Dit wil voorkom asof:

“reward-sensitivity is not only an interesting feature of extroversion; it is what makes an extrovert an extrovert.” (p 159).

Hoewel dié navorsing nog in sy kinderskoene is, en dopamien-sensitiwiteit uiteraard nie uitsluitlik op alle ekstroverte van toepassing gemaak kan word nie, kan dit die wyse waarop ons in organisasies met ekstroverte saamwerk, veral in die effek wat dit het op risiko- bestuur, ten goede beïnvloed.

Die wêreldwyse ekonomiese krisis van 2008 word onder andere toegeskryf aan onverantwoordelike risiko-bestuur. Hoewel dié gedrag natuurlik nie net aan ekstroversie toegeskryf kan word – hoewel daar sommige waarnemers is wat dit doen! – klop só ‘n gedagte met die navorsing van Camelia Kuhnen wat ‘n assosiasie tussen ‘n dopamien-regulerende geen en “a particularly thrill-seeking version of extroversion” aangetoon het. Dit kan verbind word met “financial risktaking” (Susan Cain, 162).

Fisiologiese predisposisie is egter nie die enigste verklaring vir introversie en ekstroversie nie. Daar is ook baie navorsing wat die effek van opvoeding en lewenservarings op persoonlikheid aantoon. In ‘n opvolg navorsing van Kagan se werk deur Carl Schwartz waar met dieselfde aanvanklike 500 kinders, nou volwassenes, gewerk is, het dit aangetoon:

“the foot-print of a high- or low-reactive temperament never disappeared in adulthood.” (Susan Cain, Quiet, 2012:117).

Die krag en uitwerking van fisiologie op introversie en ekstroversie is fundamenteel en langdurig.

John Brebner en Chris Cooper vat dit mooi saam:

introverte is “geared to inspect” en

ekstroverte “geared to respond” (Susan Cain, 166).

Maar, die omgekeerde is ook al deur dieselfde navorsing uitgewys, dat sommige van die “high-reactive” persone tekens toon dat hulle ook self aan hulle persoonlikheid gevorm het. Daar is ‘n soort elastisiteit in temperament wat soos ‘n rek gestrek kan word, maar net tot op ‘n sekere punt. Dit kan byvoorbeeld neurologies aangetoon word dat waar jy ‘n positiewe selfgesprek voer met jouself  om jouself te kalmeer in ‘n uitdagende situasie, die aktiwiteit in jou frontale neokorteks toeneem, en die aktiwiteit in jou amigdala op ‘n ooreenstemmende wyse daal. En dit kan jou met meer kalmte laat optree, hoewel die basiese vrees eintlik onveranderd bly en weer geaktiveer kan word.

Maar, soos Kagan self sê:

“To ask whether it’s nature or nurture … is like asking whether a blizzard is caused by temparature or humidity. It’s the intricate interaction between the two that makes us who we are.” (p 109).

En dit is iets waarby ouers in hulle opvoeding kan aansluit, en instansies in hulle begeleiding van mense.

Introverte leiers skep proaktiewe ruimtes
“Introverted leaders create a virtuous circle of proactivity!”

Susan Cain verwys in haar nuwe boek: Quiet – The power of Introverts in a World that can’t stop talking (Crown Publishers: New York, 2012) na Adam Grant (Wharton Management), Francesca Gino (Harvard Business School) en David Hofman (Kenan-Flagler Business School) se navorsing oor introversie en ekstroversie in spanverband.

Die navorsing is nog in hulle kinderskoene, maar van die bevindinge is al reeds besonder interessant. Twee van hulle bevindinge is as volg:

Introvert bestuurders is meer effektief met groepe van proaktiewe inisiatief-nemende lede.

Ekstrovert bestuurders is meer effektief met groepe wat passief is en nie inisiatief neem nie.

Grant, self ‘n ekstrovert, sê:

“it makes sense that introverts are uniquely good at leading initiative-takers. Because of their inclination to listen to others and lack of interest in dominating social situations, introverts are more likely to hear and implement suggestions. Having benefited from the talents of their followers, they are then likely to motivate them to be even more proactive. Introverted leaders create a virtuous circle of proactivity, in other words.”

Ekstroverte sukkel daarmee, maar dit beteken nie dat hulle in ander situasies nie effektief is nie:

“with their natural ability to inspire, extroverted leaders are better at getting results from more passive workers.”

Die skuif van karakter na persoonlikheid
Susan Cain (Quiet, 2012) wys daarop dat daar in die 20ste eeu ‘n skuif weg van ‘n kultuur van Karakter na ‘n kultuur van Persoonlikheid gekom het, aldus kultuurhistorikus Warren Susman. Dit gaan vandag dus nie soseer in die eerste plek meer oor wie jy is, wat jy doen nie, en hoe jou karakter is nie, maar oor jou beeld, hoe jy jouself kan verkoop, en wat die indruk is wat jy in die publiek maak.

Dit beteken dat ekstroversie die ideaal geword het en dat selfs introverte aan die ideaal gemeet word. Sy haal vir Peter Drucker aan wat wys dat die geledere van effektiewe CEO’s vol is van introverte (Bill Gates bv) wat min of geen persoonlike charisma gehad het. Soos Jim Collins (Good to Great) aantoon, uitsonderlike CEO’s was bekend vir hulle:

“extreme humility coupled with intense professional will.”

Ons het dus nie reuse persoonlikhede nodig om dinge te laat gebeur in die wêreld nie, maar mense van karakter wat nie hulle eie egos bou nie, maar die instansies wat hulle lei.

Dít is my droom vir hierdie land van ons: mense van karakter wat vasberade en met nederigheid ‘n beter toekoms vir ons almal bou.

Die sleutel tot kreatiwiteit
“Introverts prefer to work independently, and solitude can be a catalyst to innovation.”

Om die waarheid te sê, as onafhanklike werk in afsondering (solitude = alleen maar nie eensaam nie) die sleutel tot kreatiwiteit is, het ons almal dit nodig!  Anders Ericsson het reeds gewys in ‘n eksperiment met drie groepe vioolspelers by die Musiek Akademie in Berlyn dat “practicing in solitude” die uitstaande verskil tussen hulle was. Hy beskryf dit as Deliberate Practice – persoonlike, gefokusde, intense en afgesonderde oefening sonder enige ander afleiding. Dit laat ‘n vioolspeler uitstyg bo die ander (Susan Cain, Quiet, 2012).

Ons het daarom nodig om ruimtes te skep waar interaksie kan plaasvind, wat veral vir die inkoop vir gesamentlike doelwitte belangrik is.  Maar ons almal het ook ruimtes nodig waar onafhanklike en afgesonderde werk kan plaasvind.  Daarsonder vervlak ons gedagtes te maklik tot die konsensus en middelmatigheid van ‘n groep, en bereik ons nie die hoogtes wat ons individuele vermoëns kan loslaat op ‘n gemeenskap nie.

Werk Brainstorming enigsins?
Ek is al deur baie Brainstorming sessies in my lewe, sommige met goeie en ander met minder goeie resultate. En ek het nog altyd gewonder wat laat dit werk, of laat dit juis nie werk nie!

Susan Cain (Quite, 2012) wys daarop dat die idee van Brainstorming (Alex Osborne) eintlik net vir een ding goed is: dit laat mense inkoop in die groep, dit laat hulle voel hulle behoort. En dit is waar die liggie vir my aangaan het!

Enige aktiwiteit wat mense laat inkoop in die groep is ‘n goeie uitkoms, en daarom sal Brainstorming daarvoor gebruik kan word.

Maar wat ek by haar leer, is dat dit nie noodwendig in terme van die idees self ‘n goeie uitkoms is nie.

Sy wys uit hoe verskeie studies sedert die sestiger jare van die vorige eeu (bv die studie van Marvin Dunnette) gewys het daarop dat die idees wat onafhanklik en in afsondering gegenereer is, nie net meer in getal is nie, maar ook beter in gehalte. Uit 24 groepe wat afsonderlik en in groepsverband idees moes genereer, het 23 beter alleen gewerk as in groepsverband. En dit geld ekstroverte en introverte!

Om die waarheid te sê, hoe groter die groep wat idees moet genereer, hoe swakker is die resultate (Adrian Furnham)! Die een uitsondering is waar mense “online brainstorming” doen. Maar elkeen sit natuurlik by hulle rekenaars in afsondering en werk onafhanklik …

Laat ‘n mens dink nê?!

Verander groepsdruk jou persepsie?
Solomon Asch, die Gestalt sielkundige, het navorsing gedoen oor die gevare van groepsdruk. Studente vrywilligers moes vrae beantwoord oor ‘n prentjie van drie lyne van verskillende lengtes, hoe hulle vergelyk, en ook watter een dieselfde lengte as ‘n vierde lyn gehad het.

Die antwoorde was eenvoudig en 95% van die studente het altyd reg geantwoord. Maar, wanneer ‘n aantal akteurs in die groepe geplant is wat telkens dieselfde verkeerde antwoord gegee het, het net 25% van die studente elke antwoord reg gehad. 75% van die studente het die groep se verkeerde antwoord op ten minste een antwoord gevolg.

Die eksperiment het die krag van groepsdruk geïllustreer. Mense wil konformeer aan die groep.

Maar hoekom is dit so?

Het die studente die verkeerde antwoord gegee, al het hulle geweet wat die regte een is?

Of het hulle persepsie van die prentjie verander onder groepsdruk?

Niemand kon nog regtig ‘n beslissende antwoord daarop gee nie.

Gregory Berns (Emory Universiteit) het egter in 2005 met breinscan tegnologie, gekoppel aan Asch se eksperiment, aangevoer dat die groep inderdaad ‘n individu se persepsie kan verander. Die brein aktiwiteit wanneer die verkeerde antwoorde gegee is, was hoofsaaklik in die visuele en ruimtelike oriëntasie gedeelte van die brein, nie in die besluitnemende frontale neokorteks nie.

“Peer pressure, in other words, is not only unpleasant, but can actually change your view of a problem.” (Susan Cain, Quiet, 2012:92).

Dit is ‘n uiters verrassende en ontstellende bevinding, omdat dit so gevaarlik kan wees. In gesprekke het die studente gerapporteer dat hulle die “verkeerde” antwoorde gegee het, omdat:

“they thought that they had arrived serendipitously at the same correct answer.”

Hulle was dus heeltemal blind vir die effek van groepsdruk op hulle keuses. Hulle het letterlik gedink dat dit hulle eie onafhanklike besluit was!

Nog dieper, sommige studente het, ten spyte van die groepsdruk, nie gekonformeer nie, en die groepskeuse weerstaan. Met die breinscans is by hulle ‘n verhoogde aktiwiteit in die amigdala getoon, die klein orgaan in die breinstam wat met die emosionele brein verbind word. Berns noem dit “the pain of independence”, die bekende veg-of-vlug reaksie. Die keuse om nie te konformeer nie, kos dus beduidende emosionele energie, iets wat nie normaalweg genoeg waardeer word in die stemme van mense wat verskil in ons sisteme nie.

Dit is hierdie onafhanklike nie-konformerende stemme in ons sisteme wat ons moet koester, sê Susan Cain, want dit kos ongelooflik baie om só ‘n stem te wees. En dit is een van die maniere waarop sisteme in staat gestel word om die effek van groepsdruk te oorkom.

Wat die oorspronklike toetse van Asch ook gewys het, dat as een van die akteurs wat hulle in die groep geplant het, wel die korrekte antwoorde gegee het, die studente die groepsdruk kon weerstaan en baie meer die korrekte antwoorde gegee het. Die oomblik as daar iemand wat wat óók dinge soos jy gesien het, kon jy jou onafhanklike besluitnemingsfunksie beter handhaaf.

Die kerslied
Die kerslied is geskryf vir ‘n kerssandiens. Tussen die verskillende paragrawe kan liedere gesing word, relevante skrifgedeeltes gelees word, of dit kan saam gelees word deur verskillende voorlesers, soos ipv preek. in ons eie gemeente was dit positief ontvang. Mag ons kerslied vanwee sy diepte en opregtheid hierdie kersfees harte verander. Groete

Heel aan die begin:

Die Skepping

afgehandel, klaar en goed, baie goed

nog net die kroon

deur wie God op die aarde sou woon

liefde, seën en respek

die begin van ‘n  ewige gesprek

gesprinkel deur liefde, vreugde, lof

die Teenwoordigheid, woorde, oorgawe

het minute en sekondes

in die ewigheid laat verdof

harmonieus het vredevolle riviere gevloei

maar versluier het die teenstem begin groei

subtiel is grootsheid gesuggereer

julle verdien dieselfde eer

julle verdien kennis, selfstandigheid

het die stem gestreel

en uiteindelik hul vermoë om God te hoor, gesteel

die gesprek het eensklaps verstil

woorde is vasgevang in sekondes en tyd

eeue, mense, koud en kil

verswelg deur ewige stryd

die kroon het versteen, gefossileer

slegs vae dowwe herinnering

sou die loflied ooit weer terugkeer

sou die sonde-skemering

oorgaan tot uiterste duister

sou ons ooit weer na God luister

Die nuwe begin:

Die nag word skielik versteur

deur ŉ liefde wat die duisternis verteer

dis nie ŉ stem waarin die woede knars

en ook nie ŉ oordeel wat oor mense losbars

die lig word gevul met nuwe harmonieë

klanke van die hemelstemme groei

riviere van liefde begin weer vloei

in die koue stilte van die nag

kom God se liefde verbasend sag

sou ons die hemelkoor

hierdie keer hoor

óf sou die afsydigheid van ons siel

keer dat ons weer aan God se voete kniel

sou die boodskap ons nou binne dring

wat die geskeurde hemel aan ons bring

Die vreemde begin:

Die lied het op vreemde plekke ŉ tuiste gevind

in die harte van vrouens

in die stem van ŉ kind

dit was in die herders se voetval

in ŉ dofverligte, stinkende stal

heidense wyse manne het die ster gesien

en verstaan watter lof hierdie kind verdien

van alle hoogmoed en pretensie gestroop

was hulle ook nou vir hierdie gesprek oop

soos hierdie harmonieë groei

begin die woorde weer vloei

Sy liefde keer deur die lied terug

Sy hart bars oop soos ŉ ryp vrug

wat saad in alle rigtings skiet

die rokende lamppit, die geknakte riet

word herstel en begin weer sing

die wat dors het, kan hul kruike bring

die lied dring deur elke dowe oor

vir almal om die boodskap te hoor

melaatses word rein

en mag weer in dorpe verskyn

die feit dat kreupeles loop

gee ook die blindes hoop

en sonder dat iemand dit verdien

begin ons God se genade sien

hortend, huiwerend

breek ons die bande wat ons verstom

want God het na ons toe gekom

Die genesing  begin:

Nuwe harte begin nou blom

mense sien skielik mense

hulle reik uit oor alle grense

die lied weerklink uit die snaaksste oorde

nog vreemder is die nuwe woorde

geseënd is die armes, treurendes, sagmoediges

ja, hulle wat honger en dors na geregtigheid

én die wat barmhartigheid is,

geseënd is die reines en vredemakers

én die wat ter wille van sy Naam vervolg word

oor húlle sal God uiteindelik sy liefde stort

Die nimmereindigende lied:

Selfs in die donkerste nag

behou die loflied nou sy krag

selfs in die skrilste koue

weerklink die lied van kinders en vroue,

en as die donker skadu’s om my groei

en my weer aan my stil verlede wil boei

dán weerklink die lied van die Engelekoor

hiérdie keer kan ek ook my stem daarin hoor

Ere aan God, in die hoogste hemel  …

Sélfs my stem, bereik nou sy oor,

in die koue stilte van die nag

kom God se liefde, steeds, verbasend sag

Nagmaal Toewyding
By die onlangse Calvyn Konferensie was daar ‘n besondere aanbieding en gesprek oor liturgie/sakramente en daaruit voortvloeiende etiek. Ek het aanvanklik die Nagmaalgebed geskryf, maar in voorbereiding vir ‘n Nagmaal die responsoriese gedeelte bygesit. Veral met die oog op 25 Oktober 2009, probeer ek hierin iets na vore bring van die Gereormeerde spiritualiteit wat nie net myself/gemeente moet verander nie, maar ook die samelewing waarin ons woon. Dalk beteken dit vir iemand iets. Dit is so geskryf dat dit maklik op Power Point gesit kan word. Sterkte.

Nagmaal Toewyding

In die donker wêreld  waarin ons woon,

gee dit my hoop

dat u lig sedert my doop steeds op my skyn

en dat in hierdie doolhof van verwarring

u stem my steeds lei en stuur

Respons:

Laat u lig so helder op my skyn

Dat dit ook deur my

in die donker  wêreld sal inskyn.

In die bitterheid en geweld waarin ons ons daagliks vasloop,

kan ons rondom u tafel in u teenwoordigheid sit

en ervaar hoe U ons met liefde toevou

en  daar u gawes van  genesing geniet.

Respons:

Waar daar haat is, laat ek liefde bring

Waar daar bitterheid is, vergiffenis

Waar daar lyding is, verligting.

In die liefdeloosheid en verskeurdheid van die kerk,

staan U, ons Verlosser, en met u deurboorde hande

neem U ons hande, bind ons aanmekaar

en dwing ons om met nuwe oë na mekaar te kyk

Respons:

Vul ons met u liefde,

gee ons sagte, versorgende hande

En laat ons met nuwe liefde na mekaar

en die wêreld kyk.

Al die korrupsie en inhaligheid in die raadsale van die wêreld

kon nie keer dat U u hemeltroon verlaat nie

U het  onder ons u kruis  kom dra het

sodat ons ŉ kruis-kwaliteit lewe kan lei.

Respons:

Vul ons met u vergiffenis

Reinig ons van hoogmoed en selfsug

En gee ons knieë wat kan kniel.

In ŉ wêreld waar woorde hol simbole geword het

het dié Woord vlees en bloed geword,

vul die Gees elke woord met waarheid en ewigheid

en roep u mense terug na u veranderende teenwoordigheid.

Respons:

O Gees, vul ons woorde met redding en krag

En laat ons lewens mense nooi

In u helende teenwoordigheid in.

Dankie dat u lig steeds skyn, al begin my geloof kwyn

dankie dat ek met leë en bewende hande

steeds van U die brood en wyn kan ontvang

Realiteit  van geloof, hoop en liefde!

Respons:

Laat u lig tot in ewigheid in my skyn

Lewensbrood, voed my op my lewenspad asb.

En vul my met verwagting vir die Feesmaal van die Lam.   Amen