Denison, C. The Artist’s Way of Preaching
Denison,
C. The Artist’s Way of Preaching. WJK. 2006
Charles Denison is `n rare soort
Presbiteriaan. Ek het hom drie jaar
gelede ontmoet in
Die boekie oor die prediking was `n verrassing in die sin dat ek nie van die belangstelling geweet het nie. Tog is dit heeltemal in lyn met Denison se werk en benadering. Jy sal moeilik `n sterk gemeente kan plant as jy nie aandag gee en dink oor jou prediking nie – en die boek dra dieselfde onkonvensionele stempel as die res van Denison se werk.
Die krag van die boekie is dat dit eintlik net een punt wil uitlig en dit is wat Denison noem “the artist’s way”. Daarmee bedoel hy dat ons nie net aandag moet gee aan die rasionele elemente van die teks en kommunikasieproses nie, maar meer bewus moet wees van mense, hulle stories en hulle emosies. Hy meen dat verbeelding (imagination) `n belangrike sleutel is wat ons toegang gee tot hierdie wêreld.
Denison het nie `n groot nuwe homiletiese teorie nie en `n mens sal wat hy bied skaars `n homiletiek kan noem `n Groot deel van die boek wil predikante eintlik net help om hulle eie verbeelding te begin gebruik. Hy gee aandag aan verskillende kante van verbeelding en gee ook aan die einde van elke hoofstukkie oefeninge om lesers prakties te help met die ontwikkeling van hul verbeelding.
Die meeste van ons dominees sal heelwat
leer uit die boek. Ons is ook sterker
geskool in rasionele kommunikasie en verstaan nie altyd die taal van die hart
en die gemoed goed nie. Die lees van die
boekie
| < Vorige | Volgende > |
|---|




