Druk
PDF

Ferguson, S B. The Holy Spirit.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Ferguson, S B.  The Holy Spirit.Ferguson, S B.  The Holy Spirit.  IVP.  1996.

 

Hierdie boek van Ferguson is deel van IVP se behoudende dogmatiekreeks wat onder die reekstitel Contours of Christian Theology verskyn.  Ferguson is `n Gereformeerde teoloog wat vir baie jare by die wegbreek-seminarie Westminster Theological Seminary in Philadelphia klasgegee het. 

 

Hoewel Ferguson baie behoudend is, is hy `n gerespekteerde teoloog wat probeer om reg te laat geskied aan die Skrif en die geskiedenis van die teologie.  Hy sê in die voorwoord dat sy eie teologie – en by name sy denke oor die Heilige Gees – baie sterk gevorm is deur die Puritein, John Owen, destyds rektor van Oxford, Abraham Kuyper en H B Swete.

 

`n Mens kry in die boek alles wat jy sou verwag van `n behoudende Gereformeerde teoloog oa die sterk band met Christus, die klem op orde en `n bietjie huiwering vir die Charismatiese Beweging se kritiek op die sg Streep-teologie.  Tog is daar meer.  Ferguson doen baie moeite met die Skrif, en het mooi hoofstukke oor die Spiritus Recreator en die Gees van Heiligheid.  Hy het ook `n goeie hoofstuk oor die kosmiese werk van die Gees. 

 

Wat teleurstellend was, is die enkele hoofstuk oor die kerk – bykans die kortste in die boek.  Hy volg die ou patroon van vroeëre gereformeerdes wat veel meer aandag gee aan die werk van die Gees in die lewens van individue as aan die werk van die Gees in en deur die kerk. 

 

Nietemin `n goeie boek deur `n teoloog wat graag getrou wil bly aan die Skirf en die gereformeerde tradisie.

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar