Druk
PDF

Brown, C. Christianity and Western Thought: A History of Philosophers, Ideas & Movements

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Brown - Christianity and Western ThoughtBrown, C.  Christianity and Western Thought: A History of Philosophers, Ideas & Movements, Vol 1. IVP. 2000.

Wilkins, S and Padgett, A.G. Christianity and Western Thought: A History of Philosophers, Ideas & Movements, Vol 2. IVP. 2000.

Die bedoeling van hierdie tweebandreeks is om die eeuelange gesprek tussen die Christendom en Westerse filosofiese bewegings na te spoor.  Almal met `n bietjie kennis van die teologie weet dat hierdie gesprek `n wesenlike rol gespeel het nie in die Christelike teologie nie maar ook inbepaalde keuse wat die kerk gemaak en rigtings wat deur die kerk ingeslaan is. 

 

Terwyl daar `n oorvloed van boeke is wat vir  ons die twee verhale van Christelike denke aan die eenkant en filosofiese strominge aan die anderkant vertel, is daar nie so veel publikasies wat die verhaal van die interaksie tussen die twee strominge vertel nie.  Die redakteurs het ons `n groot guns gedoen met die publikasie. 

 

Die eerste volume is geskryf deur die bekende Colin Brown wat vir baie jare Sistematiese Teologie by Fuller gegee het.  Hy begin die verhaal by die filosowe van die antieke wêreld (Sokrates, Plato, Aristoteles ea) en eindig sy deel by Kant.  Na die deel oor die antieke filosowe handel die tweede deel oor die Kerkvaders en die Middeleeuse Skolastiek (met goeie aandag aan Augustinus, Boetius en Aquinas) en die derde deel oor die Reformasie en Verligting.  Hier kry al die groot name aandag: Descartes, Spinoza, Liebnitz, Hobbes, Pascal, Locke, Berkeley, Hume, Reid, Voltaire, Rousseau, Lessing en Kant. 

 

Die tweede volume, geskryf deur Wilkens en Padgett, fokus op die negentiende eeuse geloof en rede gesprek.  Hy begin met die Amerikaanse Transendentaliste soos Emerson, kyk dan na die Romantiek, die Idealiste.  Hulle gee heelwat aandag aan die reaksie op Hegel – deur teoloe soos Strauss, Baur ea en ook Marx.  Daarna kom die Positiwisme (Comte ea), die Amerikaanse Pragmatisme.  Hulle gee ook aandag aan die deurwerking van hierdie gedagtes in die teologie van sekere konfessionaliste en die liberale teologie.  Aan die einde kom hulle ook by Darwin en ontwikkeling in die sosiale wetenskappe uit.

 

`n Mens sal seker meer betroubare en vollediger behandelings van bg filofowe se denke kry, maar die wins van die twee volumes is dat daar sterk gefokus word op die verhouding van die denkers se idees met die kerk, godsdiens en die Christelike geloof spesifiek. 

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar