Ulanov , Ann en Alvin Dueck. The Living God and our living Psyche: What Christians can learn from Carl Jung.
Ulanov , Ann en Alvin
Dueck. The
Living God and our living Psyche: What Christians can learn from Carl
Jung. 2008. Eerdmans.
Soos die sub-titel aandui gaan hierdie
boekie oor wat Christene
Ann Ulanov en Alvin Dueck probeer nie voorgee dat Jung `n konvensionele Christen was of dat sy teoriee naatloos te versoen is met konfessionele Christendom nie, maar meen tog dat hy `n stem is waarna ons behoort te luister. Jung het in die eerste deel van die 20ste eeu veel gedoen om die deure na geloof, ook die Christelike geloof, oop te hou vir vele mense wat onder druk van modernistiese oortuiging eintlik reeds geloof afgeskryf het.
Hulle meen dat daar veral drie dele aspekte van Jung se werk was waarna weer gekyk moet word:
· Jung het deurentyd volgehou dat godsdiens `n wesenlike deel van `n gesonde selfverstaan is – selfs toe die stroom in die ander rigting baie sterk geloop het.
· Tweedens meen hulle dat Jung se konsep van `n plurale psige (di meervoudige elemente in die self) te rym is met hoe die Bybel praat oor mens-wees. Die menslike bestaan en psige het dieptes wat nie maklik te peil is nie. Baie dikwels dra ons diep spannings en dualismes in ons gees rond – meer as wat ons sal erken of selfs van weet. Ek moet erken dat Jung se verstaan van die plurale self op punte baie sin maak.
·
Derdens glo hulle dat Jung se
beklemtoning van andersheid (nie-ek)
in die self ruimte maak vir geloof en `n verhouding met God. Jung praat soms van die andersheid as die
Self (met `n hoofletter). Sommige meen
dat die Self `n naam vir God is, maar Ulanov is openlik daaroor dat dit nie so
verstaan
Benewens die uitstekende inleidende hoofstuk is daar ook drie artikels van Ulanov oor Jung se werk en ook `n waardering geskryf oor Ulanov se werk deur Dueck.
Ek
| < Vorige | Volgende > |
|---|




