Druk
PDF

Goetz, Stewart and Charles Taliaferro. Naturalism.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Goetz, Stewart and Charles Taliaferro. Naturalism.Goetz, Stewart and Charles Taliaferro. Naturalism.  2008.  Eerdmans.

Hierdie publikasie is deel van `n reeks onder die naam Interventions en is `n produk van die Center of Theology and Philosophy aan die Universiteit van Nottingham.  Die direkteur van die sentrum is die bekende John Milbank, leier van die Radical Orthodoxy Beweging, en een van die skerpste apologete van die Christelike geloof tans. Die reeks Interventions wil die nihilistiese denke van ons tyd met sy reduktionistiese en anti-teïstiese trekke op rasionele vlak probeer aanvat.

In hierdie publikasie word krities gekyk na die denkrigting wat algemeen bekend staan as Naturalisme – volgens die outeurs waarskynlik die mees wyd-verbreide filosofiese denkrigting van ons tyd. `n Kort definisie van Naturalisme lui dat “alles wat bestaan deel is van die natuur en dat daar geen werklikheid bestaan naas of buite die natuur nie”.

Hulle kyk eers na wat hulle noem “strict naturalism” en kyk daarna na `n hele paar aangepaste vorms daarvan.

Hulle manier van werk is dat hulle swakhede en inkonsekwenthede in die denkpatrone van hierdie filofowe probeer uitwys. Hulle gaan veral in op die antiteïstiese trekke van hulle denke en wys op die onhoudbaarheid daarvan.

`n Belangrike boek.  

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar