Cavanaugh, William, T. Being Consumed: Economics en Christian Desire.
Cavanaugh, William, T. Being
Consumed: Economics en Christian Desire. 2008. Eerdmans.
Daar verskyn alhoemeer boeke wat krities kyk na die manier waarop die Westerse Kerk en Christene ingekoop het in die Weste se vryemark-denke en verbruikersingesteldheid. Hierdie boek bevat vier opstelle waarin Cavanaugh kyk na vier temas rondom die Westerse ekonomiese denke nl vryemark-denke, die verbruikersingesteldheid, globalisasie en die idée van skaarste.
In elke hoofstuk verduidelik hy eers konsep en die gangbare ekonomiese denke daaroor. Daarna kyk hy na probleme en kompleksiteite wat deur die praktyk veroorsaak word en uiteindelik stel hy `n paar kritiese vrae vanuit die Christelike tradisie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




