Cooper, Stephen. Augustine for Armchair Theologians.
Cooper, Stephen. Augustine
for Armchair Theologians.
2002. WJKB.
Hierdie volume oor Augustinus is deel van `n reeks populêre boekies wat Westminster John Knox uitgee oor die groot teoloë van die Christelike kerk. Die bedoeling is om die lesse uit die lewe, werk en denke van die teoloë toeganklik te maak vir `n wyer gehoor.
Dit is eenvoudig geskryf en toegelig met humoristiese sketse.
In hierdie volume het Cooper gekies om Augustinus se lewensverhaal te vertel en dit toe te lig met lang, pragtige toepaslike aanhalings uit die Confessiones. Persoonlik het ek gedink dat die keuse geslaag is – die kombinasie van die lewensverhaal met persoonlike toeligting uit die mond van Augustinus self is besonder treffend.
`n Baie goeie inleiding vir iemand wat meer van die gevierde kerkvader wil weet.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




