Druk
PDF

Robert, Dana. Converting Colonialism: Visions and Realities in Mission History 1706 – 1914.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Robert, Dana. Converting Colonialism: Visions and Realities in Mission History 1706 – 1914.Robert, Dana. Converting Colonialism: Visions and Realities in Mission History 1706 – 1914. 2008.  Eerdmans.

Na `n tydperk van twee of drie dekades waarin baie negatief geoordeel is oor die werk van sendelinge in die Derde Wêreld, is daar tekens van `n kentering.  Hierdie bundel met sy negetal opstelle is deel van die poging. Die outeurs is almal van mening dat die prentjie `n bietjie komplekser is as wat `n tyd gelede gemeen is.  Dit is nie so maklik om die werk van die sendelinge eenvoudig te sien as deel van die kolonialistiese pogings van die Europese lande nie. 

Hulle is van mening dat hier ten minste twee ander prosesse is waarmee rekening gehou  moet word.  Die meeste sendelinge was deurentyd krities oor bepaalde elemente van die kolonisasie-pogings van die politici – vandaar die titel van die boek “converting colonialism”.  Die tweede interessante proses is dat die werk met die plaaslike kerke die sendende kerke meer beïnvloed het as wat aanvanklik gemeen. 

In die artikels word aandag gegee aan die werk in Tranquebar, Oos-Afrika, Suid-Afrika, Wes-Afrika, Indië en China.  Die redakteur van die bundel is Prof Dana Robert, wat getroud is met Inus Daneel.

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar