Druk
PDF

Fitzmyer, Joseph, A. The One who is to come.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Fitzmyer, Joseph, A. The One who is to come. Fitzmyer, Joseph, A. The One who is to come.  2007.  Eerdmans.

Die term “Messias” het in die Christelike teologie en kerk `n veel meer gelade en uitgebreide betekenis gekry as wat dit oorsproknlik in die Ou Testament gehad het.  Dit het `n “rubber band comprehension” gekry en word gebruik as `n koepel term om ook bv die “Seun van die Mens”- en “Kneg van die Here”-uitsprake van OT (waar die term Messias nie gebruik word nie) te inkorporeer.

Sonder om die teologiese geldigheid hiervan te ontken meen Fitzmyer dat dit almal kan help as die Ou Testament tekste wat gebruik word as stawing van die wyer Messiase teologie net weer bekyk word.  `n Groot deel van die waarde van die boek lê waarskynlik in Fitzmyer se helder uitleg van die klassiek-messiaanse tekste, asook van die ander tekste wat messiaans verstaan sou kon word.  Hy het ook aparte hoofstukke oor die Septuagint, latere Joodse geskrifte en oor die NT se gebruik van die term “messias”.

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar