Schakel, Peter. The Way into Narnia.
Schakel, Peter. The
Way into Narnia.
2005. Eerdmans. 202p
Vir almal wat die Lewis-film geniet het of oor die jare sy boeke waardeer het is hierdie `n baie lekker behulpsame gids by die lees van sy fiksie boeke. Daar is mense – soos ek – wat makliker nie-fiksie as fiksie lees en by wie van die dieper simboliek van Lewis se feëverhale soms verbygaan. Die boek wil hiermee help.
Schakel is `n Engels-professor – soos Lewis was! – en het al heelwat oor hom gepubliseer. In die boek skryf hy spesifiek oor die Narnia-verhale. Daar is `n opstel oor elkeen van die feëverhale, aanvullende geannoteerde notas vir die lees en `n interessante inleidende deel oor Lewis self.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




