Mouw, Richard Praying at Burger King.
Mouw, Richard. Praying
at Burger King. 2007.
Eerdmans. 134p.
Die boekie bevat `n dertig-plus kort, stimulerende gedagtes of boodskappies van Richard Mouw, `n merkwaardige gereformeerde etikus wat sedert 1993 President van Fuller Theological Seminary is. Van die stukke het oor die jare in Reformed Journal en Christianity Today verskyn, terwyl ander kort toesprakies is wat hy as President moes lewer.
Die meeste van stukke is juweeltjies. Meesal vertel Mouw van een van ander lewensinsident waarvan hy gelees het of waarby hy self betrokke was. Hy reflekteer dan oor die insident of na aanleiding van die insident oor die betekenis van die Evangelie vir ons lewens. Van die interesssante stukkie is “Reading Machiavelli”, “Greed”, “Eye contact at McDonald`s”, “Living with Spiritual Awareness”, “Thinking about Work”, “Patriotism”, “Our ‘Post’ World”.
Wonderlike ligte leesstof – die stukkies is
kort – wat altyd stof tot nadenke bied.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




