Tödt, H E Authentic Faith: Bonhoeffer’s Theological Ethics in Context.

Die boek bevat `n veertiental artikels van die etikus Heinz Tödt oor die werk van Bonhoeffer. Tödt was die redakteur van Bonhoeffer se versamelde werk en word allerweë beskou as een van die beste interpreteerders van die beroemde teoloog.
Die meeste van die artikel gaan in op spesifieke aspekte van Bonhoeffer se teologie of lewe. So bv is daar twee artikel oor Bonhoeffer se sg godsdienslose interpretasie van die Christendom en `n artikel wat sy deelname aan die aanslag op Hitler se lewe probeer verstaan. Daar is ook artikels oor sy siening van menseregte, die rol van die gewete, die skuldvraag, sy etiek van vrede.
Dalk nog meer waardevol is die artikels (die eerste twee en die laaste een) waarin Tödt `n oorsig probeer gee van Bonhoeffer se teologie en sy bydrae tot verantwoordelike denke en lewe in die Christelike kerk.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




