Druk
PDF

Parsons, Mikeal. Luke: Storyteller, Interpreter, Evangelist.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Parsons, Mikeal. Luke: Storyteller, Interpreter, Evangelist.Parsons, Mikeal. Luke: Storyteller, Interpreter, Evangelist.  2007.  Hendrickson.

Die publikasie is deel van `n kort inleidende reeks van Hendrickson oor die vier Evangeliste.  Soos wat `n mens aan die lengte van die boek kan sien, bied Parsons nie `n volle kommentaar op Lukas se boeke nie, maar gee vir ons `n kykie na die skrywer vanuit drie hoeke.  Lukas was nog altyd gesien as `n uitnemende storieverteller.  Parsons probeer wys dat Lukas Hellenistiese retoriese tegnieke krities.  In die drie hoofstukke oor Lukas as interpreteerder kyk hy na Lukas se herinterpretasie van onderskeidelik die heidense, Joodse en Christelike tradisies in sy werk.  In die laaste hoofstuk oor Lukas as evangelis fokus hy op “die herkonstituering van die kerk deur die inbring van heidene in die volk van God”.  Hy gaan uit van Luk 2:32 waar van Christus gesê word dat Hy beide “`n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel” is.

Die boek bied interessante indigte en gedagtes, maar is in die geheel dalk `n bietjie tegnies vir die gewone gemeentepredikant.

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar