Druk
PDF

Brownson, J.V. The Promise of Baptism: An Introduction to Baptism in Scripture and the Reformed Tradition.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Brownson, J.V. The Promise of Baptism: An Introduction to Baptism in Scripture and the Reformed Tradition.Brownson, J.V. The Promise of Baptism: An Introduction to Baptism in Scripture and the Reformed Tradition.  Eerdmans.  2007.

In `n tyd waarin ons weer baie gesprekke en woelinge rondom die Christelike Doop het is ek oneindig dankbaar vir die verskyning van hierdie uitstekende boek en wil ek dit met groot vrymoedigheid aanbeveel vir studie en gesprek in gemeentes.

 

James Brownson in `n gerespekteer Nuwe Testamentikus van gereformeerde belydenis (hy gee klas by die RCA Seminarie in Holland, Michigan).  Maar Brownson is meer: hy is ook `n teoloog en gelowige wat met patos en oortuiging oor die evangelie en die bediening kan skryf.  Hy is deel van die GOCN-werkgroep en het al verskeie bydrae vir van hulle publikasie gelewer – altyd van hoogstaande gehalte.

 

In die boek probeer Brownson op `n Bybels en teologies-verantwoorde wyse (vgl die subtitel) al die groot vrae oor die doop aansny en beantwoord hy dit so goed en verstaan as wat ek al teëgekom het.  Die direkte vraag en antwoord metode is letterlik die formaat wat Brownson hier kies om in te werk.  In die loop van die 200 + paginas van die boek stel hy dertig vrae oor die Doop aan die orde probeer hulle dan een na die ander beantwoord. 

 

Die vrae en antwoorde is ingedeel in ses afdelings:

·         Basiese, eerste vrae (wat uitklaring gee oor begrippe soos Christenwees, kerk, lidmaatskap, sakrament, ens)

·         Die kernbetekenisse van die Doop (aan die hand van die belangrikste NT tekste)

·         Vrae oor die verband tussen doop, geloof en redding;

·         Hoekom ons in ons kerk kinders doop – die basies argument

·         Verdere vrae rondom die kinderdoop

·         Pastorale besluit rondom die Doop

 

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar