Burke, T.R. Adopted into God’s Family: Exploring a Pauline metaphor
Burke,
T.R. Adopted into God’s Family: Exploring a Pauline metaphor. Apollos. 2006.
Hierdie studie van Burke - `n verkorte weergawe van sy doktorale werk – is die twee en twintigste volume in die IVP-reeks New Studies in Biblical Theology. Dat D A Carson die eindredakteur van die reeks is, sê reeds vir ons dat hier met redelik behoudende navorsing te doen het.
Burke se studie het te doen met die Pauliniese uitdrukking “aanneming tot kinders”. In die verlossingsleer speel die term kindskap `n redelike groot rol. Paulus bring die verdere kwalifikasie by dat ons nie van nature kinders van God is nie, maar op grond van die soenverdienste van Christus as kinders aangeneem is deur God.
Burke het gaan kyk na die detail van die vyf tekste by Paulus waarin ons die metafoor aantref. Deur nuwe interpretasies van aanneming in die kultuur van destyds na te gaan, maar veral deur die teologiese verband tussen aanneming en elk van die Drie Persone in die Triniteit na te gaan, kom Burke tot die konklusie dat vele studies van die betekenis van die metafoor nie die rykdom daarvan besef het nie.
`n Baie goeie boek met `n sterk pastorale boodskap.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




