Patzia, A. The Emergence of the Church: Context, Growth, Leadership & Worship.
Patzia,
A. The Emergence of the Church: Context,
Growth, Leadership & Worship. IVP. 2001
Hierdie uitstekende en goedgedokumenteerde boek wil die verhaal van die Nuwe Testamentiese kerk in die eerste eeu van sy bestaan vertel. Patzia is `n Nuwe Testamentikus wat die verhaal uit die hoek vertel: hy werk met die basies NT verhale wat hy probeer verstaan en uitlê teen die geografiese, godsdienstige en kulturele agtergrond van daardie tyd.
Patzia is `n behoudende teoloog wat met die historiese verhaal en met die sosiale werklikhede van die tyd wil werk maar wat ook diep glo dat die kerk `n skepping van God is wat telkens die begrippemateriaal van ons wetenskap oorstyg. Die krag van die boek lê waarskynlik in die sensitiwiteit en oorleg waarmee hy die sosiale en teologiese werklikhede van die kerk se storie probeer inweef in een verhaal.
Ek het die groot temas waarmee Patzia gekies het om te werk interessant en veelseggend gevind. Na `n inleidende hoofstuk oor die agtergrondsituasie en tyd en `n korterige hoofstuk oor Jesus en die kerk, kies hy drie temas om verder meet e werk. Hy beskryf eerstens die geografiese uitbreiding, getallegroei en diversiteit van die vroeë kerk. Daarna kyk hy na die patrone van bediening, leierskap en kerkordelike reelings in die vroeë kerk en laastens na die erediens en liturgie.
`n Goeie boek wat heelwat stof tot nadenke bied.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




