Placher, W.C. Callings: Twenty Centuries of Christian Wisdom on Vocation.
Placher,
W.C. Callings: Twenty Centuries of
Christian Wisdom on Vocation.
Eerdmans. 2005.
Die belangrike tema van roeping is die laaste paar jaar weer voluit op die tafel. Die publikasies van Badcock, Stevens, Volf, Dewar, Fowler en Schuurman is goeie voorbeelde hiervan.
Die nuwe boek van Bill Placher sluit hierby aan. Dit is `n wonderlike bloemlesing van twintig eeue se wysheid oor roeping of vocation. Die bykans sestig lesings is saam met `n aantal belangrike tekste verdeel in vier groot historiese periodes: die Vroeë kerk (100-500nC ); die Middeleeue (500-1500 nC); Reformasie en daarna (1500-1800 nC) en die Post-Christelike wêreld (1800-vandag). Placher het ook `n goeie inleiding by elke afdeling geskryf.
Al die belangrike tekste oor roeping wat `n mens soek is hier. Van Ignatius en Justinus tot by Karl Barth. Met in die middel name soos Ausgustinus, Bernard van Clairvaux, Thomas Aquinas, Thomas a Kempis, Luther, Calvyn, Theresa Avila, Perkins, Law, Jonathan Edwards, Wesley, Newman, Bonhoeffer, Merton en vele ander.
`n Wonderlike boek om proe-proe te lees en diep te dink oor.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




