Vennootskap Kennisgewings

9-11 November 2009: 5 Jaar van Gestuurdheid

Helderberg Somerset-Wes/t

 

Vennote wat die konferensie help moontlik maak aanbied:

SAVGG, Helderberg gemeente, Die M Th program in Missionale Transformasie van Fakulteit Teologie Universiteit van Stellenbosch, CLF en die Nasionale Navorsingstigting befondsde navorsingsprojek oor rituele en sosiale kapitaal.

Lees meer...

Vennootskap Nuus

Navorsing oor Gestuurdheid in Suider Afrika

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika. Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n konferensie die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar, maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Indien jy belangstel om deel te neem aan die projek kontak Frederick Marais gerus by jfm@sun.ac.za daar is 'n verskeidenheid van maniere waarop gemeentes en navorsers kan deel neem aan die projek

Nuus

Druk
PDF

Leef die Gestuurde Roeping Konferensie - Stories van Gemeentes Vol. 3

Geskryf deur Gideon Kok on . Posted in SAVGG - Nuus

Tydens die Helderbergkonferensie van 09-11 November 2009 is daar geleentheid gebied vir Gemeentes om oor die Geestelike Deurbrake wat hul as gemeente ervaar het, te getuig. Hieronder volg 'n aantal van daardie stories van Gemeentes oor hoe hul geestelike deurbrake gemaak en ervaar het.  Dit word in drie volumes gepubliseer en hierdie is volume 3.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Leef die Gestuurde Roeping Konferensie - Stories van Gemeentes Vol. 2

Geskryf deur Gideon Kok on . Posted in SAVGG - Nuus

Tydens die Helderbergkonferensie van 09-11 November 2009 is daar geleentheid gebied vir Gemeentes om oor die Geestelike Deurbrake wat hul as gemeente ervaar het, te getuig. Hieronder volg 'n aantal van daardie stories van Gemeentes oor hoe hul geestelike deurbrake gemaak en ervaar het..  Dit word in drie volumes gepubliseer en hierdie is volume 2.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Leef die Gestuurde Roeping Konferensie - Stories van Gemeentes Vol. 1

Geskryf deur Gideon Kok on . Posted in SAVGG - Nuus

Tydens die Helderbergkonferensie van 09-11 November 2009 is daar geleentheid gebied vir Gemeentes om oor die Geestelike Deurbrake wat hul as gemeente ervaar het, te getuig. Hieronder volg 'n aantal van daardie stories van Gemeentes oor hoe hul geestelike deurbrake gemaak en ervaar het..  Dit sal in drie volumes gepubliseer word. Hierdie is volume 1.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Leef die Gestuurde Roeping/Living the Missional Calling

Geskryf deur Frederick Marais on . Posted in SAVGG - Nuus

Die SAVGG konferensie Leef die Gestuurde Roeping/ Living the Missional Calling begin Maandag 9 November by Helderberg gemeente.

Die inskrywing het alle verwagtings oortref en 150 konferensiegangers van oor die hele land word verwag. Die volgende nota is uitgestuur om konferensiegangers aan te moedig om voor te berei vir die konferensie:

Baie dankie dat u ingeskryf het vir die Konferensie by Helderberg Somerset-Wes volgende week, en by voorbaat baie welkom. Ons is baie dankbaar vir die meer as 150 inskrywings wat reeds ontvang is vanuit die verskillende streke in ons land oa Namibië, Zambië, Malawi en Zimbabwe. Prof Pat Keifert het reeds aangekom en sal die naweek in Gauteng wees.
Die konferensie is ‘n geloofsonderskeidende byeenkoms waar ons as groter familie van Gestuurde gemeentes  in afhanklikheid van die Here gaan besin oor hoe en waar die Here tans gemeentes in Suider-Afrika stuur.
Om jou voor te berei vir die konferensie die volgende voorstelle:
• Probeer om in die dae voor die konferensie tye van afsondering en gebed in te ruim om voorbidding te doen vir die konferensie. Lees ook gerus Lukas 24: 13-35 die verhaal van die Emmausgangers wat ons teks van die konferensie sal wees.
• Dink spesifiek na oor deurbraak-tye en oomblikke wat die Here aan julle as gemeente gegee het.
• Berei voor om te kom vertel van gestuurde innovasies (dit kan ʼn plan, ʼn preek, ʼn wandel in die woord, of enige vorm van bedieningsaanpassing wees) wat julle as gemeente ontwerp het en wat ʼn verskil gemaak het op julle reis.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------
We are so grateful for the more than 150 participants that have enrolled for the conference at Helderberg Somerset-West next week. The Missional family will gather from the different regions in Southern-Africa inter alia Namibië, Zambia, Malawi and Zimbabwe. Prof Keifert has already arrived and will spend the weekend in Gauteng.
The conference is a journey of discernment for the larger Southern-African Missional Family. Our discernment will focus on how and where God is spending congregations.
We would appreciate it if you can prepare for the conference in
• Find time for solitude and prayer. Read Luke 24:13-35.  We will dwell in this text during the Conference.
• Make a note of breakthrough events that helped your congregation to identify the missional opportunities in your community - it might be an excellent mistake that you reflect on and learned from.
• Any missional innovations ( a plan, a strategy, a sermon, etc) that you have develop in the congregation that made a difference on your journey

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Vennootskap aanbieders opgelei in Oos-Kaap

Geskryf deur Frederick on . Posted in SAVGG - Nuus

Daar is die afgelope week 7 nuwe aanbieders vir die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes opgelei in Port Elizabeth. Danie Mouton is die streeksleier van die Vennootskap in die Oos-Kaap. 

Die groep is vlnr Barnard Steyn, Felix Meylnad, Willie de Koker, Danie Mouton, Riaan Steyn, Frederick Marais, Armand Crous en Jannie Richter. Eugene Malan was afwesig toe die foto geneem is,

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar