Nuusbrief 15 Oktober 2005
Beste Vriende,
Besoek gerus CII se webruimte (www.churchinnovations.org). Julle mag dalk net 'n bekende Afrika-gesig/te daar sien. Ons vennootskap strek nou oor oseane!
Baie dankie vir julle almal se harde werk die afgelope jaar en enkele maande. Een ding staan by ons Suider-Afrikaners uit, in die woorde van Pat Ellison: 'the energy I see at your cluster meetings …' Ons is mos harde werkers!! Dit is vir ons 'n groot vreugde om met gemeentes wat innoverend oppad is na 'n missionale gemeente of in afrikaanse gestel, 'n gestuurde gemeente.
Ons besef dat ons gemeentes tans nie almal gevorder het, soos wat julle verwag het nie. Skep moed, hierdie is 'n geloofsonderskeidende proses, en nie 'n suksesgedrewe strategiese proses wat vir ons menslik-bepaalde uitkomste bied nie. Ons luister mos gedurig na wat God se wil vir ons is!
Vanuit die kantoor kan ons al tekens of patterns in ons SAVGGemeentes sien, van missional innovasies. Dis op hierdie soms fyn patterns in ons gemeentes, waarop ons kan reageer om dit sterker fokus te gee.
Onthou asseblief ook om julle jaarlikse fooie aan ons oor te betaal. Let asseblief daarop om vir ons 'n faks te stuur van die depositostrokie, of om ons verwysingsnommer duidelik op die depositostrokie aan te bring. Andersins betaal die Universiteit nie die geld aan SAVGG nie. Ons moet presies kan weet van wie die geld kom!!
Ons gaan hierdie jaar vele ontwikkelinge rondom die vennootskap sien:
1. Ons ontwerpspan gaan vir ons aanskoulike handleidings en vele materiaal ontwerpe skryf
2. Ons gaan nuwe aanbieders in julle streke oplei (Meimaand en Septembermaand - met Pat Kiefert)
3. Ons gaan meer gereeld met al ons cluster kommunikeer en julle met ander clusters en gemeentes, sodat ons leerpotensiaal verhoog kan word, en ons van die totale vennootskap ingelig kan wees
4. Ons is besig om 'n fantastiese e-kommunikasie sisteem die lig te laat sien - bid vir ons dat dit suksesvol sal wees
5. Ek en 'n paar mense (enige iemand is welkom) gaan vanaf 15-23 Oktober 2005 na CII in St.Paul om by hulle Cultivating Missional Systems konferensie, ons storie te vertel. Dit gaan ongeveer R 12 000,00 kos - vir julle wat wil saamgaan. Verblyf ingesluit, sal so $10/15 per dag wees.
6. Ons hoop om binnekort 'n nuusbrief te begin. Stuur vir my enige nuus, vrae, aanbevelings en mededelings.
Vriende ek groep julle met Sy Vrede eers
Dr Gordon Dames
Manager
Southern-African Partnership for Missional Congregations
Tel: 021-808 2914 P.O. Box 3322
Fax: 021-886 5701 7602, Matieland
E-mail: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien South-Africa
Web: www.sun.ac.za/buvton
Ministry is a communal and mutual experience. We are being sent out two by two. We cannot bring good news on our own. We are called to proclaim the Gospel together, in community. Henri J.M. Nouwen
| < Vorige | Volgende > |
|---|




