ORDENING EN BEVESTIGING VAN MEV MUBWANDARIKWA

dominee) in die RCZ gemeente Harare, was 'n besondere geleentheid.
Hier van Morgenster het 5 voertuie 4-uur die oggend vertrek. Dit was nie sommer s× 'n vertrek nie - vir letterlik weke lank is hoog en laag gesoek na genoeg brandstof om die 40 stuks van ons in Harare en terug te kry. Die vyfde voertuig se brandstof was eers die dag voor ons vertrek in die tenk!
Daar was baie mense en die reuse-saal was baie mooi versier. Haar man, dr Mbwandarikwa, 'n internis, was heeltyd aan haar sy met sy rooi RCZ Mannebond-band om. Die see van vrouelidmate in hulle wit Vrouebond- bloese en wit hoede was 'n treffende gesig.
In Afrikatradisie is so 'n diens en seremonie van ses ure nie vreemd nie.
Soos
gewoonlik was dit dus 'n lang storie - boodskappe, ordeningsrede met handoplegging deur 23 predikante teenwoordig, haar antwoord, speeches en speeches, gelukwense en oorhandiging van geskenke met die gepaardgaande danspassies en sang en ratels wat die ritme aangee, drie kore, feestelike ete, ens. ens. In pas met die belangrikheid van die geleentheid was die kragtige luidsprekers op volle volume.....!!
Een van die hoogtepunte vir onsself was dat ons aan haar die toga van wyle Oom Johan Bell kon oorhandig. Hy was getroud met tant Hannah, my vader se ousus wat self hier op Morgenster gebore is en etlike jare sendingdiens hier op Morgenster verrig het as onderwyseres. Oom Johan was in Februarie 1941 georden en 65 jaar later, kan die eerste vrouedominee in die RCZ, weer sy toga (wat nog in uitstekende toestand is) gebruik! Oom Johan se bediening en nagedagtenis leef voort!
Terwyl die gelukwense aan die gang was, het 'n oorverdowende bui reen uitgesak - so asof dit die strome van seen vir die Kerk en haar nuwe dominee simboliseer! Ons glo dat ds Mubwandarikwa 'n spesiale inset sal kan maak en 'n positiewe bydrae sal lewer in die RCZ kerk in Zimbabwe.
Daardie Saterdagaand laterig was ons almal weer veilig terug op Morgenster met leê brandstoftenks en harte vol van dankbaarheid. Met die volgende oggend se erediens was daar maar 'n paar leperige gesigte in die erediens. Ek skat 'n paar was heeltemal nie daar nie.....!
Nou soek ons weer brandstof!
Henry & Susan
| < Vorige | Volgende > |
|---|





