Vennootskap Kennisgewings

9-11 November 2009: 5 Jaar van Gestuurdheid

Helderberg Somerset-Wes/t

 

Vennote wat die konferensie help moontlik maak aanbied:

SAVGG, Helderberg gemeente, Die M Th program in Missionale Transformasie van Fakulteit Teologie Universiteit van Stellenbosch, CLF en die Nasionale Navorsingstigting befondsde navorsingsprojek oor rituele en sosiale kapitaal.

Lees meer...

Vennootskap Nuus

Navorsing oor Gestuurdheid in Suider Afrika

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika. Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n konferensie die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar, maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Indien jy belangstel om deel te neem aan die projek kontak Frederick Marais gerus by  daar is 'n verskeidenheid van maniere waarop gemeentes en navorsers kan deel neem aan die projek
Druk
PDF

Leef die Gestuurde Roeping Konferensie - Stories van Gemeentes Vol. 2

Geskryf deur Gideon Kok on . Posted in SAVGG - Nuus

Tydens die Helderbergkonferensie van 09-11 November 2009 is daar geleentheid gebied vir Gemeentes om oor die Geestelike Deurbrake wat hul as gemeente ervaar het, te getuig. Hieronder volg 'n aantal van daardie stories van Gemeentes oor hoe hul geestelike deurbrake gemaak en ervaar het..  Dit word in drie volumes gepubliseer en hierdie is volume 2.

  • U moet asseblief net verstaan dat dit slegs kern-aantekeninge is wat deur die sprekers self gemaak is.
  • DVD's kan bestel word van die Lewe die Gestuurde Roeping konferensie by Helderberg. Die volle pakket kos R150,00 posgeld ingesluit. Bestellings kan geplaas word by Sharon Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of 021-8083381 Die DVD's sal teen einde van November gepos word..
  • Hier volg volume 2 van 3

 

6.  TANNIE MUSIEK-ONDERWYSERES ...
BARNARD STEYN VERTEL

Haar man het ’n verhouding met ’n Xhosavrou aangeknoop – 2 kinders uit hierdie verhouding gebore.
Nadat die man oorlede is, het die musiekonderwyseres, ten spyte van die feit dat sy self baie konserwatief is, die twee kinders wat haar man verwek het, aangeneem.
By die begrafnis van die seun van die vrou – was alle partye teenwoordig en betrokke!

 

7.  JONG VOLWASSENES – HOPEVILLE

Ring van Roodepoort:

  • 30% is in die ouderdom van 17-29 jaar oud.
  • Tog is die Jeuggroepe in die kerk “non-existant”
  • Stranddienskampe is gesien as ontspanningsgroepe en lekker “pret” en daarom was dit geen probleem om dienswerkers te kry vir elke jaar se stranddienskampe nie.

Hierdie jaar is daar aan die hand van Nehemia besluit dat daar op op Hopeville gekonsentreer sal word.

1)  Woensdae – Nehemia Bybelstudie

  • Jongmense gaan na padkafee met Bybelstudie rondom Nehemia.
  • Hul ontdek iets – tog niks gebeur nie;

2) Later begin hul sê “Daar móét iets gebeur!”

  • Hulle het nie geweet hoe en wat nie?
  • Het nie geweet hoe God hul roep nie?

3)  Hulle besluit – ons kan na die Plakkerskamp toe gaan en werk gaan soek ...

  • Maar weereens - hulle weet nie hoe en is nie opgelei nie
  • Hulle bly egter oortuig daarvan dat hulle kan iets doen in terme van hul vaardighede en met hulpbronne tot hul beskikking

4)  Hulle dink toe aan die 6 Rekenaars in die “Basement” van die Kerk en begin praat oor "hoe kan ons mense in die gemeenskap help om rekenaarvaardig te raak?"

  • Hulle besluit toe om Rekenaarvaardigheidsklasse aan te pak.
  • By die eerste klas was 4 mense, toe 5 mense en nou by die derde groep is hulle besig met 9 mense!
  • Hulle besef toe dat hierdie poging gaan groei en begin om Laptops te leen!

GEVOLG:

  • Mense wat nooit Kerk toe gekom het nie, kom nou terug Kerk toe.
  • Jongmense bedien ou mense deur hul te leer om Rekenaarvaardig te raak.
  • Mense betaal nie vir die opleiding nie, maar aan einde van kursus moet hulle weer iets doen vir gemeenskap (Gemeenskapsdiens lewer)
    • Byvoorbeeld - moet straatlopers inroep, kos gee, ensovoorts.
    • Dan moet hulle vir daardie persoon ’n CV tik
    • As daar nie ’n ID is nie, moet hulle vir daardie persoon aansoek doen en hom/haar help om ID te kry.

VERDERE GEVOLGE:

  • Meer en meer jongmense is gewillig om te kom help en betrokke te wees.
  • 18 rekenaars is bekom vanaf ABSA wat betrokke geraak het by die projek deur middel van CMR en ander persone wat hulp verleen.
  • ’n 32-jarige dame wat voorheen nooit met iemand kon praat of na iemand kon uitreik nie, skakel om betrokke te raak – sy is nou aktief betrokke!

Ons het besef: “Jesus/God turns us around when we start to serve by reaching out.

8.  “GEBROKENHEID”
Gys van Schoor - Durbanville - Storie van gebrokenheid in die Gemeente.

Gys wou 4 dinge met ons deel:

  1. Sy gesin het in 'n situasie beland waarin alles vir hom en rondom hom in mekaar getuimel het. Alles waarin hy geglo het, het hy 10 jaar gelede verloor. Daarby was sy kind ernstig siek.
  2. Hy ervaar dat dit God is wat alles aan hom gedoen het.  In Sy worsteling hiermee gaan hy na sy mening deur 'n aantal ontwikkelingsfases, naamlik:
  • Fase 1 – kwaad vir God!
  • Fase 2 – Stilte en op die rand van wegloop uit die geloof;
  • Fase 3 – Onbekende terrein en kry “spiritual director” (SD);   SD sê “Wees geduldig en wag vir inisiatief van die anderkant (...is God)
  • Fase4 – Honger en dors na ’n God wat verantwoordelikheid kan neem
    • Gelowiges in Kerk in Suid-Afrika is lui!
    • Baie is bewus van God se afwesigheid.
    • In terugskouing, was dit ’n baie geseënde tyd.
    • Ontdek dat God se “afwesigheid” is dikwels ’n teken van sy teenwoordigheid!
  • Fase 5 – VSA Toe en God sê 2 dinge:
    • Hart van die Christelike geloof teruggaan;
    • Met minder mense “dieper”gaan.

3.   Leer anders omgaan met die Bybel – Lectio Divina

4.  Bly in één teks minstens ’n week lank.

LESSE:

  • Bogenoemde woestyntyd het sy merk gelaat, maar is tegelyk ook my grootste seën.
  • Ek het my vasgeloop teen ’n muur – maar God was getrou.
  • Leer lidmate om eerstehands met God te leef
  • Verandering kom deur jou gebrokenheid te omhels.
  • Help predikante om “valse self” te ontmasker

 

9 AMOS
From Maintenance to Missional

  1. Manage Theological Shift (Change Theological Paradigm)
  2. Effect Structural Change
  3. Change the focus of :
    • your Messages
    • your prayer life
    • your encouragement of your people.

 

10 TORINGS VAN HOOP
De la Harpe Le Roux

Die Tweetoringkerk in Bloemfontein is die 3de Oudste NG Kerk in die OVS.

  • Baie tradisieryk.
  • Baie konserwatief.
  • Diep historiese betekenis.

DIe Gemeente het begin vra "Wat wil God van ons hê?"

  • Hulle het begin uitreik na Straatmense en die beginsel was "Eers kerk dan kos!"
  • Straatmense het egter die terrein van die kerk en die stad self bemors .

Ek lees toe die boek "History of the expansions of the Church"en besef ons fout was dat die Kerkraad wil ten alle koste beheer behou.

In Oktober 2008 het ons weer die situasie bekyk. Ons ontdek toe dat in die laaste 2 jaar :.

  • Was daar 'n grootskaalse ontrekking van mense;
  • 70 boere het in die tyd na die middestad gekom

Ons het ervaar dat God sê vir ons:

  • “uitreik red nie”
  • Fokus op stukkende mense
  • Bou verhoudings met die bedelaars
  • Gee kos.
  • Verwelkom hulle in die Kerk – al sit hulle net daar– dit is vir God aanvaarbaar.

Op 22 November 2009

  • Neem afskeid van die ou bediening en gaan oor na die nuwe bediening op kleiner skaal
  • Ander Gemeentes help met die bediening!
AddThis Social Bookmark Button


Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris



priligy online

modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy