Vennootskap Kennisgewings

9-11 November 2009: 5 Jaar van Gestuurdheid

Helderberg Somerset-Wes/t

 

Vennote wat die konferensie help moontlik maak aanbied:

SAVGG, Helderberg gemeente, Die M Th program in Missionale Transformasie van Fakulteit Teologie Universiteit van Stellenbosch, CLF en die Nasionale Navorsingstigting befondsde navorsingsprojek oor rituele en sosiale kapitaal.

Lees meer...

Vennootskap Nuus

Beliggaming van die Gestuurde visie in Suider Afrika

Embodiment of the Missional Vision in Southern Africa
Beliggaming van die Gestuurde visie in Suider Afrika

 

9-13 November 2009
Communitas
Stellenbosch

Sien volledige PROGRAM en INSKRYWINGSVORMaangeheg

Konferensie aankondiging:

Lees meer...
Druk
PDF

SAVGG/SAPMC NUUSBRIEF 02

Geskryf deur Gideon Kok on . Posted in SAVGG - Nuus

UITGAWE 2 - 2009-06-02

1. Boland Clusterbyeenkoms vir Predikante en Taakspanleiers.

Die nuwe Boland cluster beplan ʼn finale voor-afskop byeenkoms vir predikante en taakspanleiers (LW ander taakspanlede is ook welkom).

  • Wanneer? 20 Junie 2009
  • Waar? Worcester-Noord NG gemeente
  • Tyd? 09h00 - 12h00.

Daar het reeds 6 gemeentes besluit om deel te neem aan die cluster en ander oorweeg dit nog. Indien julle die byeenkoms gaan bywoon stuur asseblief die getalle aan Phanus Bester by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien.  Meer inligting oor die program kan by GP Kellerman gekry word by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

2. Patrone van Gestuurdheid.

Daar is op die webblad vir die Vennootskap ʼn afdeling geskep vir die Gestuurde patrone.  Ons is besig om bronne en programme wat gemeentes kan gebruik ten opsigte van die patrone op te laai.

  • Indien julle gemeente programme of bronne ontwikkel het om ʼn spesifieke patroon in die gemeente te vestig, stuur dit asb. aan vir Gideon Kok by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien sodat hy dit kan plaas.
  • Daar is reeds kort opsommings van die patrone en ʼn preekreeks van Somerstrand gemeente.

Ons sien uit daarna om op hierdie manier mekaar se vennote te wees.

3. GESPREK - Die bewegings van die Gees.

Daar is tans op www.communitas.co.za ʼn gesprek aan die gang oor die bewegings van die Gees soos wat gemeentes dit hierdie Pinkster beleef het.  Die eerste 5 bewegings is geplaas.

Jannie Swart is ook besig om op sy blog “Tussen-in” op www.communitas.co.za interessante boeke te bespreek oor die werk van die Heilige Gees.

4. KONFERENSIE : 9-11 Nov 2009 : “Beliggaming van die Gestuurde Visie.”

Die Vennootskap se leesspanne is besig om die leesverslae op te stel van 20 gemeentes wat reeds 5 jaar met die reis besig is.  By die konferensie in November gaan ons na die verhale van gestuurde transformasie luister en saam onderskei oor die wyse waarop die gestuurde visie gestalte vind in Suider Afrika.

Stuur asseblief hierdie nuus aan na soveel moontlik belangstellendes.

Frederick Marais
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
SAVGG Projekleier
Communitas Stellenbosch
(0)21 808 3265 of 0833801657

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar