Vennootskap Kennisgewings

9-11 November 2009: 5 Jaar van Gestuurdheid

Helderberg Somerset-Wes/t

 

Vennote wat die konferensie help moontlik maak aanbied:

SAVGG, Helderberg gemeente, Die M Th program in Missionale Transformasie van Fakulteit Teologie Universiteit van Stellenbosch, CLF en die Nasionale Navorsingstigting befondsde navorsingsprojek oor rituele en sosiale kapitaal.

Lees meer...

Vennootskap Nuus

Vennootskap vir gestuurde gemeentes Nuwe clusters in 2009

Daar word vanjaar in verskeie streke nuwe clusters vir die Vennootskap beplan. Gemeentes wat belangstel kan die onderstaande persone kontak. Kontak gerus die Cluster leiers vir meer besonderhede of vir Frederick Marais by of by 021-8083265

Lees meer...
Druk
PDF

SAVGG/SAPMC NUUSBRIEF 01

Geskryf deur Gideon Kok on . Posted in SAVGG - Nuus

Uitgawe 1 - 2009-08-25

thumb_frederick1. GEBOORTE VAN ’N NUWE E-NUUSBRIEF

Vriende van die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes,
Ek beplan om in die toekoms meer gereeld aan julle nuus van die Vennootskap aan te stuur. Indien jy dit nie wil ontvang nie laat weet asb. Dit sal ook van die Web afgelaai kan word.
Groete,
Frederick.

2. NUWE CLUSTERS

2.1.  Hier volg kort nuus rakende nuwe clusters in die land:

  • Danie Mouton het 'n bekendstelling in KZN gedoen hierdie week en ons hou duim vas dat daar ook in hierdie streek 'n cluster sal begin
  • Gauteng 3 (Johannesburg) se cluster skop volgende naweek af.  Gideon Kok, Willem Strauss en Corneil du Plessis is die aanbieders.
  • In die Noord-Kaap woel dit ook.  Louwtjie laat weet dat daar 'n moontlikheid is van 'n nuwe cluster op Kathu. Hy en Andre de Villiers neem die leiding daar.
  • Die Boland cluster hou op 20 Junie 'n laaste inligtingsessie en hoop om in die derde kwartaal af te skop.  GP Kellerman is aanbieder.  Daar het reeds vyf gemeentes ingekoop en ons hoop daar is nog oppad!
  • In die Vrystaat oorweeg die Ring van Sasolburg om as Ring met 'n cluster te begin en sal in die 3de kwartaal verder hieroor praat.
  • In die Bosveld agter die Waterberge het gemeenteleiers verlede week vir 'n eerste informele sessie bymekaar gekom en daar is baie entoesiasme onder die gemeentes van die omgewing om te begin.  Hannes Peens is clusterleier en Chris Harris van Potgietersrus sal as aanbieder optree.
  • In Pretoriapraat hulle ook van nuwe clusters maar hierdie week kan hulle nie dink nie- hulle breine is blou – dus hoor ons later van hulle ...

3. HANDELINGE KONFERENSIE
Die Handelinge konferensie van verlede week het 'n groot inpak gemaak op ons almal wat gestuurde teologie probeer bedink. Dankie aan 'n klomp van julle wat hier was en bydraes gemaak het! Die referate is op www.communitas.co.za beskikbaar. Gaan  lees en luister gerus. Dit is werklik baie goeie missionale stof om met taakspanne, ensovoorts,  te behandel
Gemeentes wat wil “Wandel in Handelinge” kan gerus met Johann du Plessis van Kenridge gemeente kontak. Meer detail is op www.communitas.co.za

4. NOVEMBER 2009 KONFERENSIE
Die Vennootskap is vanjaar 5 jaar aktief in Suider Afrika en ons hou 9-11 November 'n konferensie met die tema: “Beliggaming van die Gestuurde Visie.”
NG Helderberg gaan as gasgemeente optree.
Prof. Pat Keifert en ander internasionale vennote sal ook die konferensie bywoon. Volgende keer meer detail hieroor.
Stuur asseblief die nuus aan na soveel moontlik belangstellendes

Dr. Frederick Marais
SAVGG Projekleier
Noordwal-Wes Kweekskool Stellenbosch
(k) 00-27-(0)21 808 3265
(f) 00-27-(0)86 530 4106
(s) 00-27-(0)83 380 1657
e-Pos : Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Blog : www.communitas.co.za/Padlangs
Webwerf : www.communitas.co.za

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar