Beliggaming van die Gestuurde visie in Suider Afrika
| Artikel Indeks |
|---|
| Beliggaming van die Gestuurde visie in Suider Afrika |
| Page 2 |
| Alle bladsye |
Embodiment of the Missional Vision in Southern Africa
Beliggaming van die Gestuurde visie in Suider Afrika

9-13 November 2009
Communitas
Stellenbosch
Sien volledige PROGRAM en INSKRYWINGSVORMaangeheg
Konferensie aankondiging:
David Bosch het byna 20 jaar gelede met sy bekroonde werk Transforming Mission die weg gebaan vir ‘n nuwe visie vir gemeentes. Uit die werk van Bosch en ook Lesslie Newbigin is daar in die neëntiger jare ‘n Missionale of Gestuurde visie gebore. Hierdie visie het die verbeelding van gemeente wêreldwyd aangegryp. Sedert 2003 het die Gestuurde Visie ‘n aantal gemeentes in Suider Afrika só geinspireer dat hulle vennootkappe begin vorm het en saam met Church Innovations mekaar begin ondersteun in die beliggaming van hierdie visie. Die Suider Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG) tot stand gekom. Ongeveer 200 gemeentes van ‘n verskeidenheid van denominasies en kontekste het sederdien aan die reis begin deelneem.
Na 5 jaar het die tyd nou aangebreek om na te dink en te onderskei oor die pad wat die Here met ons gekom het. By hierdie konferensie gaan daar gefokus word op die beliggaming van hierdie visie: Hoe lyk dit as die gestuurde visie geleef word in gemeentes in ons konteks? Die gesprekke gaan “bottom-up” wees. Ons gaan leer van en by gemeentes wat op hulle eie of in vennootskap met ander deurbrake gemaak het in hulle poging om gehoorsaam te wees aan die gestuurde visie vir die kerk. Navorsers gaan ter voorbereiding van die konferensie uit hierdie verhale vir die eerste keer poog om die patrone vir Gestuurde Gehoorsaamheid in Suider Afrika te identifiseer. Ons gaan poog om so raak te sien hoe die Gees besig is om gemeentes te transformeer in ons konteks.
Die konferensie word gehou in erkentenis van prof Patrick Keifert wat intrumenteel was in die vorming van die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes in Suider Afrika. Prof Keifert en ander internasionale navorsers en kenners van Gestuurdheid sal die konferensie bywoon.
Uitnodiging
Ons nooi graag gemeenteleiers, predikante en navorsers in gemeentesudies uit na hierdie unieke geleentheid van Wandel in die Woord, refleksie, geloofsonderskeiding en viering. Ons glo die Drie-enige God is besig om in ons konteks unieke dinge te doen en dat dit hoog tyd is dat ons aandag gee aan wat God besig is om te doen sodat ons kan deelneem aan wat God reeds besig is om te doen.
Kontak gerus vir Frederick Marais 021-8083265 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien vir verdere inligting.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




