Leierskap met poëtiese passie
Op skool het ek te veel gekonsentreer hoe om gedigte te analiseer en verstaan met die oog op verpligte toetse en eksamens. Miskien sou dit help as iemand met meer passie die hart van die gedig vir my ontsluit het. (Dalk het hulle en was ek net nie gereed nie!) Die enigste gedigte wat my aangegryp het, was liefdesgedigte – afhangend in watter seisoen van verliefdheid ek was.
Nou lees ek gedigte anders. Die bril van my eie goeie en slegte tye, wonde en verwondering, help my om in ander se woorde my eie lewensin te ontdek. Ander se poësie gee my ‘n lens om te probeer verstaan wat leef in mense se harte.
Leiers moenie hulle poëtiese passie verloor nie. Poëtiese woorde is die seismograaf van die emosionele demografie. Dit sny diep in die menslike siel, en is die grype van die menslike gees na die Gees van ons Skepper. Woorde en Logos is die laserpunt wat die vlam van leierskap fokus.
Elizabeth Alexander was een jaar oud toe haar ouers haar geneem het na die Lincoln Memorial waar Martin Luther King jnr dié dag sy bekende “I have a dream” toespraak gehou het. Op 20 Januarie 2009 gaan sy haar poësie voorlees by die historiese inhuldiging van president Barack Obama.
“I am obviously profoundly honored and thrilled,” she said. “Not only to have a chance to have some small part of this extraordinary moment in American history. . . . This incoming president of ours has shown in every act that words matter, that words carry meaning, that words carry power, that words are the medium with which we communicate across difference and that words have tremendous possibilities, and those possibilities are not empty.”
http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2008/12/17/AR2008121702027.html?hpid=topnews
24 Mei 1994 met die opening van die eerste demokratiese parlement in Suid-Afrika, het president Nelson Mandela in sy toespraak ons bekende digter Ingrid Jonker se “Die Kind” voorgelees:
Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga
Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots
Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop
Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele wêreld
Sonder ‘n pas
Maart 1960
http://dustymuffin.wordpress.com/2007/10/13/die-kind-ingrid-jonker/
Ons lees vandag steeds een van die grootste leiers se poësie om ons te troos, te begelei, te inspireer.
Die psalms van Leier Dawid…
Sonder poëtiese passie is leierskap harteloos.
February 13th, 2009 at 10:22 pm
Ek lees onlangs in ‘n boekie wat ek vir stiltetyd lees iets raak wat my nogal bybly:
Dit gaan oor Leiers met BALANS. Die skrywer verwys dan na opsomming wat ons gewoonlik as ‘n samevatting van die “WET” gebruik: Jy moet die Here jou God liefhe met jou ….en die tweede wat hieraan gelykstaan, jy moet jou naaste liefhe soos jouself
Sy opmerking wat my bybly: BALANS beteken om so te leef dat jy God respekteer, ander mense respekteer, en jouself respekteer deur die wyse waarop jy jou gawes, tyd en bronne aanwend.
Die gevaar dus vir die leier om een aspek ten koste van die ander te beklemtoon, terwyl God ons wil verseker daar is genoeg tyd vir aandag aan al die aspekte waartoe Hy ons roep. Ook Jesus met al sy gawes en mag het ‘n klomp dinge onaangeraak gelaat, en tog ook voltooi waartoe God Hom geroep het.
Die gedagtes laat my met nuwe oe kyk na die opsomming van die “wet” en wat dit van ons vra – in 3 gelyke dele, of dan, ten volle op al 3 terreine…
Groete