3 Februarie 2002

Vierde Sondag ná Epifanie

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Miga 6:1-8.

Ander tekste: Psalm 15; Matteus 5:1-12; 1 Korintiërs 1:18-31.

Tema: God sê baie duidelik wat Hy van ons verlang: dat ons ons lewe ten volle aan Hom sal oorgee en

begin raaksien waar ons liefde en reg kan bewys teenoor die mense wat ons pad kruis.

INLEIDING

Dit is ook die tema wat in die voorgestelde basisliturgie vir die Sondae ná Epifanie aangegee word. Miga 6:1-8 bied

地 sterk verhaallyn vir hierdie week se liturgie. Epifanie is die tyd van die kerklike jaar waarin ons vier dat God in

Jesus Christus sigbaar geword het in die wêreld en die profeet spel baie duidelik uit wat God op grond daarvan

regtig van ons verwag. Hy sê God se dade van verlossing en redding het Israel opgeroep en gelei tot 地 lewe van

volle oorgawe aan Hom. Die groot dade van verlossing wat Hy in Jesus Christus gedoen het en dít wat Hy deur sy

Gees nog elke dag in ons lewe doen, vra soveel te meer dat ons as gelowiges en ons as gemeente fyn ingestel sal

wees op God, dat ons sy stem sal hoor en sy wil sal gaan doen. So 地 geloof is nie maar net gefokus op bepaalde

geloofswaarhede wat verstaan en oorgedra moet word nie, maar kom in aksie en begin raaksien waar ons liefde en

reg kan bewys teenoor die mense wat ons pad kruis.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Seëngroet

Daar is genade en vrede vir julle deur julle kennis

van God die Vader wat julle lei tot volle oorgawe aan Hom

en die Here Jesus Christus wat reg laat geskied teenoor almal

en die Heilige Gees wat julle oë oopmaak vir die mense wat julle pad kruis.

Antwoord op seëngroet

Gesang 307:3, 1 (eers v 3 en daarna v 1).

Skuldbelydenis

Ek wil in u woonplek kom, o Here,

en op u heilige berg vertoef.

Maar ek moet erken

ek wandel nie onberispelik

en doen nie wat reg is nie.

My hart praat nie die waarheid nie,

ek sien my medemens se nood raak nie

(na Ps 15:1-3).

Tema

Ons kan God se guns nie wen deur besittings wat ons aanbied nie, selfs al sou dit geweldig baie van ons eis. God

vra eintlik min en tog alles. Uiteindelik is dit na ons self dat Hy op soek is, dat ons ons hele lewe in volle oorgawe

aan Hom sal gee. Dan begin ons ook raaksien waar ons liefde en reg kan bewys aan die mense wat ons pad kruis.

PREEKSTUDIE - MIGA 6:1-8

Teks

Die profeteboek Miga stel nogal uitdagings aan die prediker maar, soos die stofomslag van Van der Woude (1977)

se kommentaar dit stel, "het vormt tevens een van de meest interessante en voor de prediking meest relevante

geschriften van het Oude Testament".

Miga 6:6-8 is al in die Woord teen die Lig-reeks bespreek en wel deur A C Goliath (1991:174-183) in die bundel Riglyne

vir prediking oor die wandel met God. In hierdie preekstudie kom uiters waardevolle insigte na vore wat met

groot vrug in die preekvoorbereiding aangewend kan word.

Hierdie perikoop vorm deel van die tweede helfte van die boek (hfst 6-7), 地 deel wat só dramaties van die eerste

deel verskil dat geleerdes soos Van der Woude (1977:195) dit selfs aan 地 ander skrywer toeskryf en daarvan as

"Deutero-Miga" praat. Hierdie skrywer stam volgens Van der Woude (1977:195) uit die Noordryk. Sy taal en styl is

gedrenk in die proto-deuteronomistiese prediking en hy het waarskynlik 地 tiental jare voor die Miga van hoofstukke

1-5 as profeet opgetree. Moontlik was sy naam ook Miga, vandaar die koppeling aan die ander profeet.

Hierdie profeet ly swaar onder die morele en godsdienstige verval van sy volk. Tog klou hy vas aan die hoop op die

behoud van Israel en die ondergang van die Assiriërs. Die gerigtheid van Miga se boodskap op die omstandighede

van sy tyd word goed weergegee deur Alfaro (1989:7):

Although there is a plurality of hands in Micah, the message of the book as it now stands is one of uncompromising

doom and total condemnation of the complacency of a nation blindly anchored in a feeling of

false security. But Micah looks forward to a hope that history will continue and that God will make a new

beginning with his people (my kursivering).

Ons perikoop plaas hierdie situasie onmiddellik op die tafel wanneer 地 regsgeding teen die volk geopen word.

Alhoewel dit lyk asof daar 地 breuk tussen verse 1-5 en verse 6-8 is, kan die eenheid van die perikoop tog gehandhaaf

word. In die eerste deel kry ons die aanklag van Jahwe teen sy verbondsvolk en in verse 6-8 volg die reaksie

van die volk op die aanspraak van Jahwe.

Verse 1-5: In plaas daarvan om die volk direk aan te kla vra die Here in hierdie verse watter aanklag die volk teen

Hom wil inbring. Goliath (1991:175) wys op die besonderse woordspeling wat in die Hebreeus voorkom tussen

"vermoei" (hel弾tika) en "uitlei" (he弾litika). Die Verbondsgod het sy volk nie moeg gemaak nie, maar hulle bevry uit

die slawerny van Egipte.

Verse 6-7: Die fokus verskuif van die regsomgewing na die kultiese lewe van die volk. Hoe sou die breuk tussen

God en sy volk herstel kon word? Die volk reageer met al die moontlikhede wat die offerstelsel binne die kultus aan

hulle gebied het. Hoeveel sou hulle moes offer om weer God se guns te wen, om Hom tevrede te stel?

Die volk is bereid om alles vir God op te offer om weer in die regte verhouding met Hom te staan. Goliath (1991:175-

176) onderstreep die volledige oorgawe wat sigbaar is in die werkwoorde "offer" en "saamvat". Hulle wou die brandoffers

en selfs hulle eersgeborenes gee as kompensasie vir dít wat hulle teen die Here gesondig het.

Vers 8: Die oproep wat tot die mens gerig word, is verrassend eenvoudig. Doen wat reg is. Tog is dit wat hier gevra

word allesbehalwe vanselfsprekend. Wolff (1978:117) meen dat hier 地 verwisseling van regering in die lewe van die

mens moet plaasvind. Dit gebeur volgens hom "wenn das Alte neu gehört wird: sein Handeln nicht am eigenen

Vorteil orientieren, nicht an der eigenen Bequemlichkeit, nicht an seinen Herrschaftsgelüsten, sondern an Gottes

Willen, wie er etwa im Dekalog bekundet ist" (1978:117).

Konteks

Hierdie Skrifgedeelte is in gemeentes nie te onbekend nie, omdat liturge dit redelik gereeld in die erediens gebruik

as 地 samevatting van die wet. Goliath (1991:182) wys ook juis op die twee kante van die perikoop: "Sentraal in die

prediking van Miga 6:6-8 staan die waarheid dat ware godsdiens gekenmerk word deur omgang met God, omgang

met die naaste en die regte verhouding tussen die twee."

Miga is een van die profete wat nogal dikwels deur teoloë van die bevrydingsteologie nader gehark word, juis weens

sy sterk klem op reg en geregtigheid in die gemeenskap en sy direkte teenstand teen enige stelsel wat die

magteloses verdruk. Juan Alfaro (1989:1), 地 teoloog wat betrokke is by die Mexican American Cultural Center,

onderstreep dit wanneer hy skryf: "The book of Micah has a special appeal for those who study the powerlessness

of the poor, as well as for some groups within the present-day Liberation Theology movement."

Die Sitz im Leben van hierdie perikoop word heel uiteenlopend beskryf, maar Goliath (1991:174) se omskrywing,

wat hy by Van der Woude en Wolff leen, maak baie sin: "Die Sitz im Leben van hierdie perikoop sou gesoek moet

word in 地 boetedag waarop die volk skuld erken en opgeroep word om terug te keer tot die eise van die verbond."

Die offeraanbiedinge van die volk in verse 6-7 strek verby dít wat in Israel gebruiklik was (die offer van kinders).

Waarskynlik wys dit op die verhaal van Abraham wat bereid was om Isak te offer (Gen 22) as die hoogste toets wat

daar kan wees vir trou aan Jahwe (vgl Mays 1976:140). Die vrae word gerig soos aan die priester wie se rol dit was

om die offer te evalueer en te verklaar wie se offer aanneemlik was vir God, met ander woorde, of dit aanvaarbaar

was vir die doel waarvoor dit gebring is.

Preekvoorstel

"Die magna charta van die profetiese boodskap." Só noem die bekende Amsterdamse teoloog en prediker Karel

Deurloo (1983:9) hierdie gedeelte in die boek Miga. Om die reg lief te hê is die boodskap waaroor die profeet Miga

dit het, veral in verse 6-8.

In 地 tyd waarin daar baie vrae oor God gevra word, is die mens van vandag waarskynlik eerder geneig om God aan

te vat as om deur God aangevat te word. God land maklik in die beskuldigdebank. Waar is Hy wanneer 地 krisis ons

tref? Hoekom laat Hy soveel lyding in die wêreld toe? Is Hy regtig in beheer van sake, en indien wel, hoekom doen

Hy dan nie iets aan die chaos nie? God moet behoorlik bontstaan om sy bona fides te verduidelik wanneer ons Hom

eers in 地 hoek begin kry.

Maar nou kom die profeet Miga en hy verhang die bordjies. In hierdie paar verse beland die volk skielik in die

beskuldigdebank. In vers 2 lees ons: "Julle moet luister na die saak wat die Here het. Die Here het 地 saak teen sy

volk, Hy het Israel aangekla."

Wat 地 punt om te bereik in die familie van God! Dit klink amper so erg soos 地 familie wat mekaar voor die hof daag

om te stry en te kibbel oor 地 oorlede oupa se testament. God se volk, sy verbondskinders, staan in die

beskuldigdebank. Dié perikoop is in die vorm van 地 hofsaak, waar selfs die berge en heuwels as getuies geroep

word om te hoor wat God vir sy verbondsvolk te sê het.

God se ontsteltenis kom duidelik tot uiting in vers 3 waar ons lees: "My volk, wat het Ek jou aangedoen? Hoe het

Ek jou moeg gemaak?" En dan die absoluut moedelose kreet: "Antwoord My!" Dan haal die Here sy baanrekord uit

en herinner die volk aan die manier waarop Hy hulle uit Egipte gelei het, aan die manier waarop Hy soveel keer op

kritieke oomblikke vir hulle ingegryp het.

地 Mens kry die gevoel van 地 moedelose ouer wanneer jy hierdie verse lees, 地 ouer wat alles vir sy of haar kind

gedoen het, wat soveel opgeoffer het, net om uiteindelik deur dieselfde kind met die grootste minagting verwerp te

word. Ons verwag ook gereeld van die Here om Homself opnuut te "bewys", asof dit Hy is wat aan die verkeerde

kant staan. Maar dan hoor ons hier dat dit óns is wat aanhoudend bly wegbeur.

Die volk het, net soos ons baiekeer, gedink dat hulle met uiterlike dinge die Here se guns sou kon terugwen. Bruce

Waltke (1988:194) verwoord hierdie probleem wanneer hy sê: "Instead of responding to such a wonderful Lord with

loving and obedient hearts, Micah痴 generation transformed the covenant into a contract." Hulle aanbiedinge groei

in intensiteit. Hulle is uiteindelik bereid om selfs meer te offer as wat in Israel gebruiklik was: die eersgebore kind!

Dít behoort darem verseker God se gedagte te verander. Die afwagting is amper voelbaar. Watter offer gaan vir God

aanvaarbaar wees?

En dan ... die teleurstelling! God ignoreer sowel die inhoud as die desperaatheid van die offeraanbiedinge. Dit is

asof God die versugtinge van hulle kant nie gehoor het nie. Maar die angstige onsekerheid oor watter offer aanvaarbaar

is, word vervang met 地 kalm sekerheid oor wat die Here verwag.

God soek nie dinge nie, Hy soek die volk self. Hy soek hulle harte, hulle lewe, nie die lewe van hulle diere of selfs

hulle kinders nie. Die opskrif van die Amerikaanse teoloog James Mays by hierdie verse vat dit uitstekend saam:

It痴 you, not something, God wants!

Paulus sou later hierdie selfde gedagtes eggo in Romeine 12:1: "En nou doen ek 地 beroep op julle, broers, op grond

van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.

Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."

Uiteindelik kom die Here met 地 interessante stel eise vorendag. Eintlik heel eenvoudig. Vir party van ons se gevoel

dalk selfs té eenvoudig. Hoe kan die totale geloofslewe in een vers saamgevat word? Doen reg, liefde, trou,

bedaagsaamheid, dien die Here. Net dít?!

Maar hierdie eenvoudige vers help ons om heel prakties te raak in ons geloofslewe. Carl Beyer, 地 Amerikaanse

Lutheraan, breek hierdie reeds praktiese riglyne nog verder af wanneer hy skryf:

"God has shown us what is good. To deal justly is laid not only upon jurists, but upon the laborers, the

students, the parents, and the children. To love mercy is surely no simple sentiment that leaves us fainthearted

and exposed to a tough world. To walk humbly with God is certainly no pious gesture that we are

asked to parade before those who have drifted away from the Lord痴 house. It is a call to show the glory of

God where we live, and how we live. If this is the agenda for the church, there is much work to be done"

(1980:67; my kursivering).

Ons moet besef dat die kultus nie in hierdie verse as onbelangrik afgemaak word nie. Dit is nie dat die Here nié ons

aanbidding in die erediens met gebed en sang en offergawes wil hê nie. Inteendeel. Daarvoor is sowel die Ou as

die Nuwe Testament darem net te vol oproepe om aanbidding en offergawes aan God.

Nee, die probleem kom in wanneer kerk en wêreld niks met mekaar te doen het nie, wanneer ons dink dat ons die

Here Sondag 地 uur of miskien twee in die erediens kan aanbid en elke maand 地 bydrae vir die werk van die kerk

gee, sonder dat dit ons lewe hoef te raak. En wanneer daar dan 地 oproep van die kansel af kom wat ons hart of

gewete aanspreek, probeer ons net nóg meer van hierdie kerklike dinge doen. Ons woon die eredienste meer

getrou by, raak miskien as kerkraadslede betrokke of verhoog ons dankofferbydrae, in die hoop dat dít die Here se

guns sal wen. Maar nêrens raak dit ons optrede na buite nie.

Dít kán nie, hoor ons by Miga. As die godsdiens nie iewers grondvat nie, word dit heel gou eintlik nutteloos. Ons

moet by hierdie kerkgebou uitstap en die erediens van die wêreld betree. In vers 8 lees ons dat die Here aan die

mens bekendgemaak het wat goed is. God se Woord is nêrens hieroor onduidelik nie. Van altyd af was God maar

met sy volk hieroor besig. In al die wette van Ou Israel moes die diens aan die Here uitmond in die diens aan die

naaste. Veral die randfigure van die samelewing moes deur God se wet beskerm word. Daarom ook dat Miga, wanneer

hy 地 samevatting wil gee van die geloofsinhoud, die fokus laat val op reg en geregtigheid en onderlinge liefde.

Die God van die Bybel ontferm Hom oor die weerlose, oor dié wat in die wêreld geen regte het nie. Eers wanneer

地 gelowige en 地 gemeente hierdie barmhartige Vader van naderby leer ken het, begin hulle 地 oog en 地 oor en 地

hart ontwikkel vir die nood van die wêreld. A C Goliath (1991:183) vat dit uitstekend saam: "Sy deernis wat in konkrete

dade van genade, barmhartigheid, liefde en trou neerslag gevind het, bevat die buitelyne vir ons optrede

teenoor ons naaste."

Ons kry 地 interessante aanwysing in vers 8d, die heel laaste frase van ons perikoop: "dat jy bedagsaam sal lewe

voor jou God". Die Ou Afrikaanse Vertaling het hier gepraat van "ootmoedig te wandel met jou God". Hoe doen 地

mens dit? Bethel Müller (1979:156) se beskrywing kan hier verhelderend wees:

"Die liefde moes die meesleurende dryfkrag van hulle lewe word waardeur hulle op 地 weg saam met God in

hierdie wêreld geplaas word. Soos 地 fyn instrument of kompasnaald moes hulle gevoelig ingestel wees op

God se saak in hierdie wêreld."

Só 地 lewe beteken dan dat ek as gelowige en ons as gemeente fyn ingestel sal wees op God, dat ons sy stem sal

hoor en sy wil sal gaan doen. So 地 geloof is dan nie maar net gefokus op bepaalde geloofswaarhede wat verstaan

en oorgedra moet word nie, maar kom in aksie, neem die gapings wat God deur sy Gees in die wêreld slaan.

Epifanie is juis die tyd van die kerklike jaar waarin ons dit vier dat God in Jesus Christus sigbaar geword het in die

wêreld. As God se dade van verlossing en redding Israel kon oproep tot 地 lewe van volle oorgawe aan Hom,

hoeveel te meer nie die groot dade van verlossing wat Hy in Jesus Christus gedoen het en dit wat Hy deur sy Gees

nog elke dag in ons lewe doen nie?

Dus, vir die kerk van die 21ste eeu, vir hierdie gemeente, vir elke huisgesin, vir my as gelowige individu, wag daar

inderdaad 地 groot taak. 地 Taak so bedrieglik eenvoudig, en tog so allesomvattend as jy eers wil wegspring.

Bibliografie

Alfaro, J I 1989. Justice and loyalty: A commentary on the book of Micha. Grand Rapids: Eerdmans (ITC). Ben Zvi,

E 2000. Micah. Grand Rapids: Eerdmans (FOTL21B). Beyer , C W, 1980. Fourth Sunday after the Epiphany: Micah

6:1-8, in Augsburg Sermons: Old Testament lessons. Series A, pp 64-68. Minneapolis: Augsburg. Deurloo, K 1983.

Om het recht lief te hebben: Verhalen over de boerenprofeet. Baarn: Ten Have. Goliath, A C 1991. Miga 6:6-8, in

Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds). Woord teen die Lig III/2: Riglyne vir prediking oor die wandel met God,

pp 174-183. Wellington: Lux Verbi. BM. Laetsch, T 1956. Bible Commentary: The minor prophets. St Louis:

Concordia. Mays, J L1976. Micah: A commentary. Philadelphia: Westminster (OTL). Müller, B A 1979. Die aard van

die profetiese prediking van Miga: riglyne vir vandag, in Odendaal, D H, Müller, B A & Combrink, H J B (reds). Die

Ou Testament vandag: Huldigingsbundel opgedra aan prof P A Verhoef, pp 150-160. Kaapstad: NGKU. Odendaal,

D H 1985. Die Ou-Testamentiese profete in die prediking, in Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds). Woord teen

die Lig II/1: Riglyne vir prediking oor die profete, pp 7-20. Kaapstad: NGKU. Shaw, C S 1993. The speeches of

Micah: A rhetorical-historical analysis. Sheffield: JSOT (JSOTSup 145). Van der Woude, A S 1977. Micha. Tweede

uitgawe. Nijkerk: Callenbach (POT). Waltke, B K 1988. Micah: An introduction and commentary. Leicester: IVP

(TOTC). Wolff, H W 1978. Mit Micha reden: Prophetie einst und heute. München: Chr. Kaiser.