Miga 5:2-5a (Johan Rossouw)

24 Desember 2000

Vierdie Sondag van Advent

Ander tekste: Jesaja 9:2-7, Lukas 2:1-20, Lukas 1:39-45, Lukas 1:47-55, Psalm 80:1-7, Hebrers 10:5-10

 

God bemoei hom met die kleinstes. Sy redding kom vanuit die onwaarskynlikste hoek. Daarom bly ons hoop.

Teks

Oor die indruk wat die profete op nie-ingeligte lesers maak, sou Martin Luther opgemerk het: They have a queer way of talking, like people who, instead of proceeding in an orderly manner, ramble off from one thing to the next, so that you cannot make head or tail of them or see what they are getting at. (Soos aangehaal deur Von Rad(1979:33)). Die boek Miga is volgens Allen(1976:257) n uitgesproke illustrasie van hierdie opmerking.

Hillers(1984:8) gaan so ver om te s dat daar geen oorhoofse plan of struktuur in die boek te vinde is nie. Hy haal Lindblom aan wat daarop gewys het dat die profetiese boeke van die Ou Testament eerder versamelings is en in beginsel daarom geen aanspraak kan maak op chronologiese of ander ordening nie. .

So erg is dit seker nie. Limburg (1988:159) gee n bruikbare indeling vir die verstaan van die uitleg van die boek. Na aanleiding van die gebruik van die meervoudsimperatief van smac in 1:2, 3:1 en 6:1 stel hy n driedeling voor: 1-2; 3-5; en 6-7. Binne hierdie groter dele onderskei hy uitsprake wat wissel tussen hoop en oordeel, dus:

1-2 Luister

1ste Boodskap van oordeel: 1:2 2:11

1ste Boodskap van hoop: 2:12 13

 

3-5 Luister

2de Boodskap van oordeel: 3:1 - 12

2de Boodskap van hoop: 4:1 5:14

 

6-7 Luister

3de Boodskap van oordeel: 6:1 7:7

3de Boodskap van hoop: 7:8 - 20

 

Met sy konsentriese voorstel vir die opbou van die boek ondersteun Allen(1976:260) hierdie uiteensetting. Hy beskou die belofte van die daarstelling van n ideale teokrasie onder God se Dawidiese verteenwoordiger in 5:1-6 as die centre and pinnacle van die hele boek.

Soek n mens na leidrade vir teksafbakening dan val die gebruik van bat-siyyn (dogter van Sion) en die woordspel tussen `att (jy) en catt (nou) in 4:8, 9, 10, 11, 14 en 5:1 op the you and now of chaps 4 and 5 seem to have been decisive in the placing together of materials in those chapters moet Hillers(1984:8) tog eindelik toegee. Lees n mens nog wyer, dan spring die wehyh (plus subjek) (en dit/hy sal wees) van 4:1 en 5:4 as inclusio ook dadelik in die oog.

 

Struktureel soos volg:

4:1 (wehyh) En dit sal wees aan die einde van die dae

4:8: En jy dogter van Sion

4:9: Nou, hoekom skree

4:10: dogter van Sion (Want nou)

4:11 En nou

4:13 dogter van Sion

4:14 Nou sal jy

5:1 En jy, Bethlehem Efrata

5:4 (wehyh) En hy sal vrede wees

 

Die voorstel vir hierdie studie is dan dat die Ou-Testamentiese Skriflesing sal strek van 4:8 tot 5:4a. (Let daarop dat die NAV die Masoretiese teksindeling volg en dat die RCL dit nie doen nie.)

Die gedeelte bevat dus vier uitsprake wat sentreer rondom dogter van Sion as motief. Die eerste (4:8) is n bondige belofte dat die vorige heerskappy herstel sal word. Die volgende drie begin elkeen telkens met nou en beskryf die huidige beproewinge/oordele. Die uitsprake beskryf verder telkens die wyse waarop Jahweh die oordeel gaan aanwend om sy ryk te laat kom. Die laaste drie uitsprake is saam n kumulatiewe profesie van hoe die belofte van 4:8 vervul sal word.

Die lydende hulpelose bevolking van Sion sal gered word soos Israel uit Egipte verlos is. (Oor die anachronistiese Babel in die tyd van Jotam, Agas en Hiskia kan die kommentare geraadpleeg word.) Die tweede uitspraak beskryf die ellende van die nou-tyd in terme van die omringende nasies en belowe dan dat hulle oorweldig sal word in n oorwinning waarin dit sal blyk Wie die Koning van die wreld is. Die vernedering van Israel se koning sal gevolg word deur die inwyding van n koning wat deur Jahwe bekragtig sal word om sy volk te lei.

In 4:14 is die verwysing na die nooddruf bondig terwyl die verlossing (5:1-4) volledig beskryf word. In vers 14 word twee aspekte van die ellende belig. Die stad is onder beleg en die koning is verneder. Die inwoners van die stad word dogters van kastyers genoem (teenoor dogter van Sion) en opgeroep om hulleself te kasty. Dit verwys na n Kananitiese praktyk van selfpyniging waardeur die aandag van die afgode gekry sou word (1Kon 18:28). Hierdie oproep is n ironiese verwyt aan n volk wat teruggekeer het na heidense praktyke en hulle na ander gode wend in hulle uur van beproewing. Die koning word spt (rigter) genoem wat n woordspel met sbet (kierie, staf) is. Die koning van Juda word in skrille kontras met die Rigters geskets. Waar die Rigters telkens tot die redding van die volk gekom het, het die koning die speelbal van die oorwinnaar se arrogansie geword. (Om op die wang geslaan te word is as erge vernedering beskou: 1Kon 22:24, Job 16:10, Ps 3:7 en Klaagl 3:30.) Die redder is nie instaat om sy volk te red nie, hyself moet nou gered word.

In kontras met die beskrywing van n belerde volk en n vernederde leier staan die beskrywing van een wat oor n volk regeer wat in vrede leef. Die fokus val nou op Betlehem-Efrata. Die dubbelnaam word gebruik om die verbinding met Dawid te beklemtoon. Isai, Dawid se vader, was n boorling van Betlehem (1Sam 16:1, 18) en n Efratiet van Betlehem van Juda (1Sam 17:12). Efrata word soms as plek/provinsie hanteer wat onderskeibaar is van Betlehem. Die naam kan ook op familigroepe dui wie se geskiedenids nou met Betlehem verweef is. Betlehem-Efrata word geteken as die voortbrenger/ouer van die een wat sal kom. In kontras met Jerusalem wat in die tyd n paar keer vergroot is om die bannelinge uit die noorde te akkommodeer is Betlehem-Efrata die kleinste onder die families (`elep) in Juda. God kies telkens die kleinste en minste: Gideon protesteer dat hy nie die volk kan red nie omdat sy `elep die kleinste in Manasse is; Saul is n Benjamiet uit die kleinste stam met die kleinste familiegroep; Dawid is die kleinste en minderwaardigste van Isai se seuns. Die wonder van die God van Abraham, Isak en Jakob is dat Hy hom telkens met die geringstes bemoei en dat sy ingrype telkens vanuit die onwaarskynlikste hoek kom.

Die redder sal sy mense n kort rukkie prysgee. Dit sal n beperkte tyd wees: die eerste beperking word beskryf aan die hand van n swangerskapstermyn; die tweede aan die hand van die terugkeer van die oorblyfsel. Vers 2 word allerwe as post-eksilliese redaksie beskou.

Die heerser sal opstaan en n herder wees. Sy heerskappy sal tot aan die einde van die aarde wees. En daar sal vrede wees.

Die belofte van die heerser uit Betlehem-Efrata l ingebed in n reeks uitsprake. Die eerste belowe dat God sy volk uit ballingskap sal verlos. Die tweede verklaar dat God n plan het Hy werk in die geskiedenis, Hy gebruik ander nasies al sou hulle nie self daarvan bewus wees nie. Die derde belowe dat daar n heerser sal kom wat vrede sal bring.

Konteks

Die tyd waarin ons profeet optree is n tyd waarin sosiale en ekonomiese ongeregtigheid hoogty vier. Ryk landeienaars l snags wakker en bedink nuwe planne om hulle mag en rykdom uit te brei (2:1-2). Vroue en jong kinders behorende tot die groep waarmee Miga hom assosieer word hulle huise ontneem (2:9). Die politieke leiers is daarop uit om hulle onderdane te misbruik en mishandel (3:1-3). Arbeiders word uitgebuit en menslike lewe nie ontsien nie in die bouprojekte in Jerusalem (3:10). In die howe is omkopery aan die orde van die dag (3:11).

Op godsdienstige gebied is die posisie ewe benard. Miga veroordeel afgodery (1:6-7). Die profete verlei die volk en pas hulle profesie aan om by hulle betaling te pas (3:5, 11). Godsdienstige leiers is met n paai-teologie besig en stel die wederstrewige volk gerus.

Matteus (2:6) se gebruik van n gedeelte van Miga 5:1 en die veranderinge en byvoegings wat hy daarby aanbring, het tot baie spekulasie aanleiding gegee. Betlehem-Efrata word Betlehem, gebied van Juda. Volgens Carson (1984:87) moet daar nie te veel in die verandering gelees word nie. Efrata is volgens hom n argasme en word selfs in die masoretiese teks net in potiese gedeeltes soos Miga 5:1 gebruik. Om na Betlehem in terme van Juda te verwys is in die Septuaginta die normale praktyk.

Die sterk negatief, oudamos, weerspreek skynbaar Miga 5:1. Carson(1984:88) wys daarop dat die masoretiese teks van Miga 5:1 tog ook Betlehem se grootheid impliseer. Die woorde jy is klein onder die families stel die kontras vir die grootheid wat nou volg. Though the second line of Micah 5:1 formally contradicts the second line of Matthew 2:6, a wholistic reading of the verses shows the contradiction to be merely formal.

Matteus voeg die herder-taal van 2 Samuel 5:2 by en dui daardeur onteenseglik aan dat die heerser van Miga 5:1 die een is wat die beloftes aan Dawid vervul.

Dit is duidelik dat Matteus n paar kontraste wil aandui. Eerstens kontrasteer hy die valse herders van Israel (wat die regte antwoorde gee, maar nie leiers is nie 23:2-7) met Jesus wat die Goeie Herder van sy volk is. Tweedens kontrasteer hy die despotiese Herodes met die Nuwe Koning van die Jode. Die woorde vir my volk Israel word ingesluit en daardeur is Matteus getrou aan die Joodse verwagting dat die beloftes van die Ou Testament ook universeel genterpreteer kan word. Jesus is nie net die Dawidiese koning nie, maar inderdaad die beloofde gesalfde van God vir die hele mensdom. Dit is dan ook ironies dat die heidense sterrekykers na Betlehem reis, maar die uitleggers van die Skrifte hulleself skynbaar nie glo nie.

Preekvoorstel

As eerste rondte en inleiding tot die preek kan die vraag gevra word of ons vanoggend, een dag voor Kersfees werklik hierdie Ou-Testamentiese teks hoor? Hoor ons werklik wat Miga vir ons wil s, of weergalm die Nuwe-Testamentiese gebruik so in ons ore, dat dit Miga eintlik stom laat word? Hierby kan ook gevra word of dit werklik al is wat Miga vir ons wou s. Ons weet Jesus is in Betlehem gebore, trouens hierdie tyd van die jaar, word ons in feitlik elke winkelvenster, op kerskaartjies en by die kinders se skoolkonserte daaraan herinner. Wou Miga net s dat Jesus in Betlehem gebore sou word? As dit al was wat hy wou s, het ons eintlik nie die Ou Testament nodig nie, want die Nuwe vertel dit reeds vir ons. Goedskiks kan Matteus 2:6 hier gelees word.

Die antwoord op hierdie vrae is natuurlik, nee. As tweede rondte kan die heil-oordeel patroon van die boek Miga geskets word.

Miga maak afwisselend van oordeel en heil uitsprake gebruik. Wat die oordeel betref is hy besonder skerp in God se oordeel oor menslike religieuse selfgenoegsaamheid; oor n eensydige alleen maar ontvangende Sionsteologie; oor mense wat kan s Die Here is by ons, onheil sal ons nie tref nie. Hy oordeel ook skerp oor die feit dat God voorgestel word as alleen maar n eensydige liefdadige weldoener wat immer senend optree op n vaderkrismisagtige manier. Hy het dit ook teen die feit dat sondaars op hulle gemak gestel (2:6-9) word en dat die goeie Eksodusteologie gulsig opgeslurp word as beloftes van verlossing van politieke misstappe en onheil. Geloof word in sy dag verskraal en geperverteer tot n selfingenome verwaande leun op God (3:11), f word dit gemeng met flirtasies met vreemde filosofie, f word dit verruil vir self-help programme wat op materile en ander welvaart steun.

Daarom moet die Here ingryp en sy volk tot hulle sinne ruk. Telkens. Dalk vandag ook?

Miga is geen glanstydskrifteoloog nie. Sy boek pendel tussen oordeel en heil. Daardeur wil hy s dat God se teenwoordigheid is soos n tweesnydende swaard. Alles wat as magtig en veilig in Jerusalem voorkom (die stad, mense se sosiale status, die regering) word deur die profeet veroordeel. Daarom as God gaan optree, is dit om die valse sekuriteite te ontmasker. God se oordeel wil o oopmaak, wil mense red en daarom is sy oordele heilsaam.

Miga is nie n glanstydskrifteoloog nie omdat God se redding nie glanstydskrifteologie is nie. God se redding kom uit n plek waar mense dit die minste verwag. Nie vanuit die vooruitstrewende Jerusalem nie, maar vanuit die kleine Betlehem, nie met duisende red Hy nie, maar met n Gideonsbende, nie met die belangrike broers hou Hy hom op nie, maar met die een wat nie eens belangrik genoeg geag is om by die huis te wees nie. Die wonder van die God van Abraham, Isak en Jakob is dat Hy hom telkens met die geringstes bemoei en dat sy ingrype telkens vanuit die onwaarskynlikste hoek kom.

Miga se boek is n boek vol kontraste. Trouens Matteus sien dit raak. Carson se insigte hierbo kan nou aan die gemeente deurgegee word: Matteus kontrasteer n skynbaar veilige Herodes in Jerusalem met n bedreigde Jesuskindjie in Betlehem. Matteus gaan verder. Miga 5:1 en verder is n hoopvolle uitspraak dat daar n redder oppad is juis toe alles nie daarop gedui het nie, juis toe hulle in n staat van beleg was en al die tekens daarop gedui het dat daar nie redding is nie, selfs nie van die koning wat rigter/redder moes wees, maar guwelik faal en verneder word. Op soortgelyke manier plaas Matteus Jesus se geboorte in n staat van beleg waar Herodes die Assirirs vervang in sy plan om die Jesuskind te vermoor.

Die gedeelte wil dus baie meer s as om bloot die geboorteplek van Jesus aan te dui. Die gedeelte wil aan moontlike siniese en mismoedige mense s dat God nog steeds met ons besig is. En met ons geskiedenis. Die gedeelte wil ook s dat God meesal (altyd?) anders opereer as wat ons dink en wil. Dat ons tragedies sy triomfe kan word. Die gedeelte wil ook s dat ons God kontrasterend kan beleef. Dat ons hom soms as oordelend kan ervaar. Dat die Deus revelatus soms as die Deus absconditus ervaar word. Een wat teister in plaas van troos, een wat aanval in plaas van red. Hy is immers nie net Redder nie, Hy is ook Regter. Die gedeelte s dat God nie noodwendig altyd die goeie oor ons bring nie, mr dat Hy in die slegte tye nie verander nie.

Die gedeelte wil ons aanpsoor om aan hierdie Een God vas te hou. As die lewe vir ons n enigma word, kan ons weet dit is tog n enigma met hoop, want daar is vir ons Een gebore, en H is vir ons prysgegee, en Hy sal vrede bring.

As ons vanoggend vir Miga gehoor het, moet ons hoopvol hier uitgaan dit is wat Miga, Matteus en Kersfees wil s.

 

Bibliografie

Allen, L C 1976. The books of Joel, Obadiah, Jonah and Micah. NICOT. Carson, D A 1984. Matthew. The Expositors Bible Commentary, Vol 8. Hillers, D R 1984. Micah. Hermeneia. Limburg, J 1988. Hosea Micah. Interpretation. Von Rad, G 1979. Old Testament Theology, Vol 2.