Jona 3:1-5, 10 (Daan Cloete)

23 Januarie 2000

Derde sondag na Epifanie

†††††††††††

Ander tekste: Psalm 62:5-12; 1 KorintiŽrs. 7:29-31; Markus 1:14-20

God se genade en oordeel is vir alle mense. Wie dit besef en sy skuld bely, is verseker van God se vergiffenis.

Teks

Die boek, Jona, is dalk nie so eenvoudig om te verstaan nie, maar dit is so 'n pragtige verhaal vol verrassende elemente dat dit 'n mens boei byna soos geen ander Ou-Testamentiese verhaal nie.

Daar is baie vraagtekens rondom die historiese en ander aspekte van die boek soos, wie die skrywer werklik is, wanneer die gebeurtenis afgespeel het, of dit moontlik is dat iemand in 'n vis se buik kon gebly het en dan nog vir drie dae, ensovoorts. Calvyn het alreeds gesÍ dat hy die verhaal (van die vis) nie sou geglo het nie as dit nie was dat dit in die Bybel gestaan het nie. Daar is 'n groeiende ooreenstemming onder Bybelwetenskaplikes dat dit dalk beter is om hier te praat van 'n soort gelykenis. Daarmee word nie gesÍ dat die verhaal onhistories is nie maar eerder dat dit meer is as maar net 'n fiktiewe storie, want dit wil God se heilsaanbod aan alle nasies uitbeeld.

Sommige wonder ook waarom dit ingesluit is onder die Profete want dit bevat nie eintlik profesie in die sin van toekomsgerigte voorspellings nie. Andere meen dat dit dalk so ingedeel is omdat Jona, as ons Hom die eerste keer ontmoet in 2 Konings, as profeet bekend gestel word. Of is dit dat die boek in sy geheel 'n profetiese boodskap oor God se universele aanbod van die heil soos dit in die toekoms openbaar sal word, dra? In elk geval is Jona God se profeet wat Hy gestuur het na Nineve om 'n oordeelsboodskap te verkondig en dus bevat die Boek God se profetiese Woord. Daarby is dit tog opvallend dat daar in die Nuwe Testament na Jona verwys word en deur Jesus self aangehaal word.

Die verfrissende aspek van die boek is dat dit, net soos Job, byna teen die algemene strekking en gees van die Ou Testament ingaan. Die oorheersende kenmerk in die Ou Testament is God se bemoeienis met die een volk, Israel, en hulle onvermoŽ om God se bedoelings met hulle te begryp. Jona wyk hiervan af in dat dit byna uitsluitlik fokus op God se bemoeienis met die nie-Joodse volke en met name die stad, Nineve. Israel is hier eintlik nie in die prentjie nie, behalwe vir die Israelitiese profeet, Jona.

Wanneer daar op Hoofstuk 3 gekonsentreer word, moet dit in samehang met Hoofstuk 1 gelees word, want daar is baie ooreenkomste in struktuur en inhoud. In beide gevalle kom dieselfde opdrag. In beide gevalle maak Jona hom klaar om te gaan alhoewel na verskillende plekke. In beide gevalle volg daar dramatiese gebeure wat insluit die dreiging en ervaring van oordeel maar wat dan met goeie gevolg eindig, ensovoorts. Daarom sal 'n mens Hoofstuk 3 nie kan lees sonder om ook elke keer na Hoofstuk 1 te verwys nie.

Die eerste verrassende kenmerk is dat hier van 'n Joodse profeet gevra word om buite die bekende bedieningsveld te gaan optree. Die profeet Jona kom ons die eerste keer teŽ in 2 Konings 14:25 toe hy geprofeteer het gedurende die regering van Jerobeam II. In die tyd was hy waarskynlik baie populÍr onder Israel omdat hy die herwinning van Israel se grondgebied aangekondig het en dit 'n tyd van besondere voorspoed vir Israel ingelui het. Wat dus nou van hom gevra word, is byna teenstrydig met sy vroeŽre werksbeskrywing as profeet. Sy onwilligheid het waarskynlik te doen met sy ingeburgerde nasionalistiese lewenservaring en lewenshouding. En as hy dit nou tog die tweede maal doen, dan geskied dit onder protes want hy het uit die eerste ervaring geleer dat hy die opdrag van God nie kan ontvlug nie. En so word Jona 'n profeet vir die heidene.

Hierop volg 'n verdere groot verrassing, naamlik, die dramatiese bekering van die groot stad op die waarskynlik eenmalige prediking van 'n hardkoppige profeet.Alhoewel die grote van die stad beklemtoon word in terme van die geografiese oppervlakte van drie dae se loop te voet, wil dit seker ook daarmee die erns van die sonde toestand aandui waarin die stad verkeer. Die omvang van die bevolking, 120 duisend mense, wil die boosheid van die stad moontlik verder onderstreep. Die algemene beeld van "die groot stad" is dat dit die plek is waar baie mense op die verkeerde weg beland, in sedeloosheid verval en aan wie se hande baie keer onreg en korrupsie kleef, en waar misdadige en strukturele geweld dikwels hoogty vier. In die boek van die profeet, Nahum, word 'n donkerprentjie van Nineve geskilder, dit word selfs 'n bloedstad genoem. En tog kom hierdie Sodom en Gomorra van die ballingskapsperiode tot bekering.

Die verdere verrassing is dat dit geskied op grond van die prediking van 'n baie onwillige profeet. Reg van die begin af toe hy die eerste maal die opdrag gekry het, het hy vasgesteek. Hy probeer die eerste maal vlug om die verantwoordelikheid te ontvlug. Hy was selfs bereid om te sterf deur hom, die eerste maal, in die see te laat gooi. Jy kan byna sÍ hy het "gesterf" want om drie dae in die duisternis van die buik van 'n vis te wees,wat in die diepte van die see rond swem, sonder om te kan sien en te hoor en te eet, is om in die versmaadhede van die hel te wees, is om dood te wees. Sy onwilligheid kom die tweede maal tot uitdrukking daarin dat hy na slegs een dag se reis die stad in, reeds sy preek hou, sy boodskap bring. Dit geskied so in die gees van om dit afgehandel en agter die rug te kry. Jona se gesindheid en houding teenoor die heidene het eintlik niks verander nie, ten spyt van sy vorige ondervindinge enten spyte daarvan dat hy God om uitkoms gebid het en God dit ook aan hom geskenk het. Al wat hy geleer het, is dat dit onmoontlik is om vir God te probeer ontvlug as jy 'n opdrag gekry het. En so kom die stad, Nineve tot bekering, ondanks Jona.

Maar die verrassings hou nie op nie, want die bekering is hoofsaaklik in reaksie op oordeelsprediking. Die inhoud van Jona se verkondiging is kort en kragtig: binne 40 dae sou die stad verwoes word. Dit was die oorspronklike boodskap en dit bly die boodskap. So 'n ellendige omstandigheid verdien eintlik maar een boodskap: oordeel.Wat die verrassing so snaaks maak, is waarom Jona so onwillig was om die preek te hou, aangesien die inhoud van die boodskap eintlik sy houding teenoor die heidene, sou gepas heten ook die van Israel, sy volk. En om dit te verkondig, sousy aansien alleen maar kon verhoog.Dit is hier waar ons Jona die profeet en die nasionalis ten diepste leer ken. Jona, die profeet, het geweet dat prediking van watter aard ook al, genadeprediking of oordeelsprediking kan tot bekering lei. En Jona, die nasionalis, het geantisipeer dat hier bekering sou plaasvind en hy wou dit nie hÍ nie.

En dan gebeur inderdaad die grootste verrassende van die verhaal, naamlik dat die stad tot bekering kom en God berou kry en nie doen wat Hy aanvanklik belowe het nie. Die oordeel slaan om in genade. God reageer op die reaksies van die inwoners van Nineve wat weer gereageer het op die oordeelspredking van Jona. Hulle reaksie was dat hulle allerlei simboliese dade verrig wat dui op hulle berou en bekering. Die beweging was van geweldige omvang, dit het die koning en diere ingesluit. Die handelinge die dra van 'n rougewaad het ingesluit, sit in as, vas en bid. Hierop volg die klimaks van die verhaal, naamlik die groot ommekeer van die hele stad en Jona word, teen sy sin in, een van die mees suksesvolle sendelinge van die geskiedenis.

Die verhaal is 'n soort intermezzo in die basiese gang van die sentrale boodskap van die Ou Testament. Dit is bedoel is om te sinspeel op Israel se versuim en onwilligheid om juis sy verantwoordelikheid ten opsigte van die ander nasies uit te voer. Dit word verpersoonlik in en weerspieŽl deur Jona wat probeer wegvlug voor die aangesig van die Here. Hierin lÍ dalk uiteindelik Israel se eie ondergang, naamlik hulle fikseerdheid op eie belang en die selfsugtigheid en eksklusiwiteit waarmee hulle God se genade en heil vir hulleself toegeŽien het. Die breŽr historiese konteks van die gebeurtenis sou wel die na-eksiliese periode kon wees toe daar by Israel meer sprake was van 'n groter openheid teenoor die ander volke en 'n groeiende bereidheid tot 'n universele aanbod van die heil. Die verhaal kon dus gedien het om die verandering van houding te help bewerkstellig.

Die subjek van die gelykenis is deurgaans God. Die opdrag aan Jona aangaande Nineve kom van God. Dit is God wat ook Jona se ontvlugting dwarsboom, alhoewel Jona dalk genoeg argumente gehad het om dit nie te doen nie, soos dat hy as 'n profeet uit Israel, nie gesag onder die AssiriŽrs sou gehad het nie. Hulle was ook Israel se tradisionele vyande. God stuur Jona ook vir 'n tweede maal en laat hom preek teen sy sin in, soos dit later blyk. Hy handel ook met Jona as laasgenoemde ongelukkig is oor die bekering van die nie-Israeliete. Maar dit is veral God wat die oordeel oor die stad aankondig en wat dan ook weer berou het daaroor as die volk hulle verootmoedig in die hoop dat God Hom die gloed van sy toorn sal afwend.

Vanuit die gesigspunt van die mens is die boodskap waarskynlik dat gebed God kan beweeg om sy besluite te verander. Eers bid Jona, volgens Hoofstuk 2, van uit die ingewande van die vis. Interessant is dat sy gebed nie 'n skuldbelydenis bevat waarin hy skuld erken dat hy ongehoorsaam en onverstandig opgetree het nie en waarin hy belowe om volgende keer wel in nederige gehoorsaamheid op te tree nie.. Dit is eerder 'n gebed om hulp uit benoudheid en 'n appŤl tot God as die een wat uit sulke doodsituasies kan red, en om weer in die tempel te kan kom. En tog verhoor God sy gebed en hy word gered uit die buik van die vis. Die tweede gebed is van die koning en die volk nadat hulle gehoor het van die komende oordeel. Hulle verootmoediging is daarop gerig om God se gesindheid van oordeel oor hulle te verander en hulle slaag ook daarin. As die Nineviete wegdraai van hulle sonde, dan swaai God om van sy besluit van oordeel. Dit is die tradisionele patroon van sonde wat lei tot oordeel tensy daar bekering is waarop dan vergiffenis. (L Schmidt sÍ: Dit is "erzšhlte Dogmatik"). En dit het ook al by Israel ontbreek.

Die verhaal wil God se genadige handelinge met alle mense beklemtoon. Daarin is geen beperkinge nie, dit sluit alle nasies in, selfs Israel se vyande soos die AssiriŽrs. Dit is die geheim van God se genade en van sy soewereiniteit. Dit is geleŽ in die woorde van die matrose" "U Here, het gedoen na u welbehae."(1:14) Dit wil inderdaad ook sÍ dat ander nie-Jode, soos die Nineviete, en ander mense soos die matrose, God se bedoelings Ė ook die van oordeel Ė soms beter verstaan as byvoorbeeld Israel. Maar dit gaan selfs verder en sluit ook diere, dit wil sÍ die natuur, in, want hulle sou immers ook onder die oordeel geval het. Dit wil ook beklemtoon dat God in beheer bly van sy Woord, selfs al moet Hy met 'n onwillige profeet werk. Die profeet kan nie die Woord so manipuleer dat dit hom uiteindelik pas en hy sy eie doelstellings daarmee kan bereik nie. Wie dit nie verstaan nie is baie eng en nougeset.

Teen hierdie agtergrond word Jona in sy optrede 'n dwase figuur en so ook Israel in hulle houding teenoor die nie-Jode. Jona ken ook genoeg van God en hy weet uit sy ervaring met God dat Hy ook genadig kan en sal wees. Daarvoor is Jona bang. Hy wil nie dat God dit sal wees nie. Daarom wil hy liewer van God wegvlug as om sy profeet te wees en sy opdrag uit te voer. 'n Wonderlike geleentheid om God se boodskapper te wees Ė maar sy menslike vooroordele maak hom onwillig en hardkoppig. Hy vlug liewer met heidene weg van God af as wat hy vir heidene wil preek namens God. Hy sien nie dat Nineve se bekering tot die God van Israel, uiteindelik tot sy en sy volk se voordeel kon wees as hulle dieselfde God aanbid nie. Hy preek onder protes en met 'n beswaarde hart.En selfs nadat dit alles gebeur het protesteer hy teen sy beterwete in. So diepgewortel is syvooroordeel dat selfs die wonder van Nineve se bekering aan hom niks doen nie.

Dit is eintlik twee bekeringsverhale of ook sendingverhale in een. Die eerste verhaal handel oor die bekering van die heidense matrose. Die oordeel oor hulle word 'n eksistensiŽle ervaring in die storm op see as gevolg van Jona se teenwoordigheid. Wanneer die gebede tot hulle gode nie help nie word Jona oor sy onverskilligheid aangespreek. Wanneer die lot op hom val, beveel hy self aan dat hy in die see gegooi word. Maar kry wel die geleentheid om sy God aan die matrose voor te stel: die God van die hemele wat die land en die see gemaak het. Hy is bereid om te sterf om ander se lewe te red. Dan bid die matrose vir die eerste keer tot die God van Jona. Nadat hulle Jona teen hulle sin in die see gegooi het met goeie gevolge vir hulleself, bring hulle ook lofoffers aan die Here. Met ander woorde hulle het tot erkenning van die ware God gekom. Die tweede is die verhaal van Nineve wat reageer op die Woordverkondiging van Jona. Beidedie matrose en die inwoners van Nineve weerspieŽl die kinderlike geloof wat by beide Jona en Israel ontbreek, want anders as laasgenoemdes het hulle in God geglo terwyl hulle so min van Hom geweet het.

Preekvoorstel

Die evangelie is die verrassende nuus, die goeie en die blye nuus. Jona se boodskap is die evangelie. Die nuus wat ons elke dag hoor, ook in die kerk hoor, is dikwels so stereotiep. Dit bevestig dikwels ons vooroordele, onderskryf ons houdinge en verlam ons handelinge. Dit stel geen werklike uitdagings aan ons nie. Dit soek nie na ander moontlikhede nie maar handhaaf die doodgewone en vertroude patrone.

Ook ons as predikers wil dikwels nie die vreugde en die genadewat die evangelieboodskap eintlik is, verwoord nie. Ons word dikwels deur ons eie vooroordele geÔnhibeer om dit te doen, en ons persoonlike standpunte en vrees vir die konsekwensies vir onsself, van dit wat ons moet verkondig. Of dalk gun ons ook nie werklik die goeie nuus van die evangelie vir ander nie.

Dit kom alles neer op kleingeloof. Ons glo ook dikwels nie dat God sal doen wat Hy beloof het nie, of dat Hy ook berou kan hÍ en die gang van sake kan omkeer nie. Ons glo nie dat gebed sake kan verander nie en kan doen wat God kan doen nie, soos ons dikwels sÍ. So dwaas is ons soms in ons optrede dat ons dit nie wil waag om God te vra om sy oordeel nie uit te voer nie. Ons volg ons sogenaamde gesonde verstand.

Ook moet ons ernstig begin glo dat God die hele wÍreld lief het, die hele skepping, al die mense van die wÍreld, en dat dit presies is wat die evangelie vir ons wil sÍ en wat ons deur die verkondiging van die evangelie vir die wÍreld moet sÍ.Dit sal vrede en geregtigheid bring in die wÍreld deur te begin in Suid-Afrika en in ons eie omgewing, ons dorp en gemeente.

God se genade is dus vir almal. Dit is die primÍre boodskap wat uitgedra moet word tot aan die uiterste van die aarde. Dit is ook die eerste nuus aan diegene wat my kwaad aangedoen het, hoe diep my haat en wraakgevoelens vir hulle mag wees, en al wil ek ook dat dit nie so sal wees nie.Hoe waar is dit nie in ons huidige konteks van ons onmiddellike verlede in Suid-Afrika nie. Maar dit is nie al nuus nie, alhoewel nie die hoofnuus nie. Om genade te verkry, moet jy skuld bely soos Nineve gedoen het. Dit is die enigste manier om andersins die oordeel van God te ontkom. Want dit staan ook seker en vas.