Jol 2:23-32 (Ernst Conradie)

28 Oktober 2001

Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Ander tekste: Psalm 65, 2 Timoteus 4: 6-8 en 16-18 en Lukas 18:9-14

Teks

Literre konteks

Daar bestaan konsensus onder geleerdes dat die boek Jol n literre eenheid vorm. Daar is egter nie eenstemmigheid oor die aard van hierdie eenheid nie. Vir n goeie bespreking van die wyse waarop Jol 2:23-32 in die groter geheel inpas, kan die bydrae van Prinsloo (1987) geraadpleeg word. Twee verdere opmerkings is hier van belang: a) Dit is teologies en tematies beswaarlik moontlik om oor een deel van die boek te preek sonder om die geheel ter sprake te bring. b) Die indeling volgens die leesrooster is minder bevredigend. Na die oproep tot berou in hoofstuk 2:12-17 (deel 4) volg Jahwe se antwoord 2:18-27 (deel 5). Die bekende 2:28-32 bou op hierdie belofte van heil voort met spesifieke verwysing na die Dag van die Here wat hier, in teenstelling met 2:1-11, as n dag van heil voorgestel word. Die preekvoorstel hieronder fokus op 2:28-32 en lees daarvandaan terug en vooruit beide literr en histories.

Historiese konteks

Daar bestaan geen konsensus onder geleerdes oor die historiese agtergrond van die boek Jol nie. Voorstelle wissel van die regeringstyd van Joas (870 v.C.), die regeringstyd van Sedekia voor die val van Jerusalem in 587 (dus iewers na 597 v.C.), die tyd van Haggai en Sagaria (rondom 520), en die periode na die herbou van die mure van Jerusalem (na 435 v.C.), tot die laat-Hellenistiese periode (2de eeu v.C.). Miskien kan n mens met Calvyn saamstem dat die historiese konteks vir die prediking nie so deurslaggewend is nie aangesien die boodskap van Jol nietemin duidelik is.

Die Dag van die Here

Jol 2:28-32 moet verstaan word as n beskrywing van die Dag van Jahwe. Geen sistematiese beskrywing van die betekenis van die Dag van Jahwe in die Ou Testament is moontlik nie. Dit kom deurgaans in die profetiese literatuur van die na-ballingskap periode voor, maar dit word telkens op n verskillende wyse gebruik. In Obadja dui dit op n dag van nasionale herstel; in Maleagi gaan dit om reiniging deur die oordeel heen; in Jesaja 24 word die verwoesting beskryf wat die bose op die dag van oordeel sal tref; in Jesaja 65 gaan dit om nuwe lewe na die oordeel; soms gaan dit oor n geweldige konflik tussen Jahwe en die teenstanders (Esegil 38-39, Jol 3, Sagaria 14).

In Jol 1:15 en 2:11 word na die Dag van Jahwe verwys as n dag van oordeel oor Israel self wat met groot verwoesting vir Israel gepaard sal gaan en wat van die Allerhoogste self afkomstig is. In Jol 2:31 word die Dag van oordeel nog steeds as n vreeslike dag geteken, maar dit word in hoofstuk 3 omgebuig tot n dag van oordeel oor die vyande van Israel. Terwyl die oordeel op die vyande gewreek word, sal daar by die Here in Sion uitkoms wees, n veilige vesting. Drdie dag sal daar heil vir Israel aanbreek (3:18f). Prinsloo (1987:238) vat die betekenis van die boek Jol binne hierdie konteks netjies saam:

Die boek Jol is primr n heilsboodskap vir die troostelose na-eksiliese Judese gemeenskap. Dit wil s Jahwe regeer nog steeds, daar is nog hoop, en Jahwe sal straf bring oor die nasies wat Juda tot skande gebring het tydens die ballingskap. Vir die moedelose en toekomslose na-eksiliese gemeenskap was dit n bemoedigende boodskap.

Die klaaglied oor die dag van oordeel word dus omgebuig tot die belofte van n dag van heil wat sal aanbreek deur die oordeel oor die vyande heen. Dit is belangrik om daarop te let dat die klaaglied en die heilsbelofte ewe ver strek. In beide gevalle raak dit 1) die land self (plante, bome, veld, vee), 2) die mense (voedsel, water, militre veiligheid, kultus, nasionale eer) en 3) die eer van die Naam van Jahwe. Daar is in hierdie verband n opvallende tematiese parallel tussen Jol en Esegil 36. Daar het oordeel en heil eweneens implikasies vir die land, vir mense en vir die Naam van Jahwe. In beide gevalle wend Jahwe die oordeel af, maar dan nie soseer ter wille van mense nie, maar ter wille van die land en veral ter wille van sy Naam wat oneer aangedoen word. In beide gevalle hang die belofte van heil saam met die Gees van Jahwe wat in mense se lewens posvat.

Jol 2:28-32 en Handelinge2:16-21

In die Christelike kerk kan ons Jol 2:28-32 nie lees anders as deur die bril van Handelinge 2 nie. Dit is egter belangrik om Jol binne sy eie konteks te verstaan en so tot sy eie reg te laat kom. Dit gaan in Handelinge om die uitstorting van die Heilige Gees en om wat alles op daardie dag gebeur het. In Jol 2 gaan dit oor die komende Dag van die Here wat n nuwe heilstyd sal inlui. Die gees van Jahwe is binne hierdie konteks die nuwe lewewekkende krag wat die Here se teenwoordigheid meebring. Die Gees van Jahwe help mense om met nuwe hoop en moed, met n nuwe visie, n droom vir die toekoms te leef.

Apokaliptiese trekke in Jol 2:28-31?

Die oordeel van die Dag van Jahwe word in Jol 2:30-31 (ook 2:10) in kosmiese terme beskryf. Daar sal tekens in die hemel en op aarde wees; die son sal donker word en die maan bloedrooi. Hierdie beelde is nie soseer n apokaliptiese beskrywing van die einde van die wreld nie, maar eerder n dramatiese aanduiding van die omvang van die oordeel wanneer die Dag van Jahwe in die geskiedenis aanbreek. Prinsloo (1987:236) meen tereg dat Jol op die drumpel tussen eskatologie en apokaliptiek staan.

Teologiese dimensies

In n bondige maar uitstekende bespreking van Jol 2:18-32 lig Michael Welker (1991: 147-151) die volgende teologiese momente uit:

Die belofte van Jol bied versekering van God se reddende teenwoordigheid te midde van die monumentale katastrofes. Die Gees word uitgestort in n daad van oorvloedige genade. Die metafoor dui op n pluriforme gebeure wat in alle rigtings spat en op verskillende maniere n uitwerking in die samelewing het. Die Gees se werking verbreek die eenvormigheid van magstrukture.

Die Gees word op alle vlees uitgestort. Dit dui op die brose, kwesbare, begrensde en sterflike liggaamlikheid van die mens. Die broosheid en sterflikheid van die mens word nie opgehef nie, maar word n draer van die werking van die Gees. Die Gees kom nie net op di wat sterk is, op die wat aansien geniet en in magsposisies is nie. Die gewelddadige skaal van die kosmiese gebeurtenisse maak almal bewus van hulle nietigheid en broosheid ook die magtiges en die heersers.

Mans en vroue, jonk en oud, selfs slawe en slavinne Gelyke status word hier op n merkwaardige aan alle mense gegee in n kultuur waar volledige gehoorsaamheid verwag is van volwasse seuns aan hulle vaders, vroue aan hulle mans en slawe aan hulle eienaars. Die barmhartigheid wat volgens die profete aan die hulpeloses gebied moet word, word hier uitgebrei om gelyke status aan alle mense te verleen. Dit gaan egter nie net om n abstrakte vorm van gelykheid nie. Dit is n gemeenskap waarin elkeen n eiesoortige bydrae kan lewer vanuit hulle spesifieke ervarings met God. Die vermo om die werklikheid, en die toekoms wat God in gedagte het, te ontsluit word aan elke mens gegee deur die profetiese gawes wat hulle ontvang.

Konteks

Daar is talle moontlike hermeneutiese invalshoeke wat in die prediking benut kan word. In die preekskets hieronder word een voorstel aan die hand gedoen, naamlik die moedeloosheid van die na-eksiliese gemeenskap en die behoefte aan n rigtinggewende visie vir die toekoms. Die drome en visioene van Jol 2:28 bied n moontlike vertrekpunt in so n geval.

Die vraag wat met goeie reg vanuit die boek Jol gestel kan word, is watter visie ons vir die toekoms het. Watter drome droom ons ouer mense nog en watter visioene sien ons jong mense? Het ons verval in moedeloosheid of droom ons nog van n beter wreld? Hierdie vraag is van besondere belang in die lig van die moedeloosheid waarin baie mense, ook in Afrika, verval het. Hierdie gees van moedeloosheid kom veral tot uitdrukking in die vrese van mense oor die ekonomiese en ekologiese probleme wat ons en ons kleinkinders in hierdie eeu in die gesig sal staar. Baie vind ontvlugting in f vooruitgangsoptimisme f in spekulasie oor kosmiese katastrofes ('n sieklike behae in rampe en ellendes). Die boek Jol wys egter op n ander moontlikheid, naamlik die belofte van heil. Wanneer die gees van Jahwe oor mense vaardig word, open dit hulle visie vir n nuwe toekoms.

Watter beelde en drome (of nagmerries) het mense vandag ten opsigte van die toekoms? Dit is nie moontlik om n algemene antwoord op hierdie vraag te bied nie. In die prediking sal die plaaslike konteks wel deeglik in ag geneem moet word. Die uittreksel hieronder gee nietemin n aanduiding van die byna kosmiese omvang wat negatiewe beelde van die toekoms reeds aangeneem het.

Die volgende is n uittreksel uit hoofstuk 1 van A Rainbow over the Land: A South African guide on the church and environmental justice deur EM Conradie & DN Field (Western Cape Provincial Council of Churches, 2000). Dit bevat interessante aanhalings en bepaalde perspepsies in verband met die toekoms:

We are often confronted by ominous environmental statistics and troubling future projections. The message from the mounting data has become increasingly clear to everyone in slogans such as: "The future isn't what it used to be." Or: "If current trends continue, we will not!" Prophets and poets from all over the world add their voices to a deeply seated concern about the well-being of our planet and all its people. These poets and prophets function as the antennae of society because they seem to be able to register and express the pain impulses of the world in which we live.

Media reports often remain rather distant, not really affecting our daily lives directly. Yet, they reinforce our silent fears for the future. Deep down we are not very confident that these issues will be adequately addressed. We feel powerless to change the direction of the world in which we live on our own. This is born from the realisation that other forces seem to control the destiny of the earth and all its creatures. We fear that some things may be spiralling out of control. We thus remain deeply concerned about the world which our children and grandchildren will inherit from us. We fear over-population, crime, poverty, rampant diseases, chaos, economic deficits, and increasing environmental hazards.

In popular culture, these fears and anxieties are often expressed in apocalyptic images, horror movies, cartoons, science fiction literature, or heavy metal rock music. These are full of images of cosmic horrors, featuring, for example, vengeful insects or rats or machines taking over the world, frequently in the aftermath of a nuclear catastrophe. In these latter-day apocalyptic portrayals of cosmic battles, the forces of the Light often save the day, but provide only temporary reprieve from the daily fears, cosmic despair and spiritual emptiness that pervade much of contemporary culture (Paul Santmire in Ted Peters, The cosmos as creation, 1989:266).

These images of the future express the repulsive ugliness of the world in which many of us live. They also express a sense of a looming global crisis. However, they hardly provide us with a stimulating and encompassing vision for the new century.

What kind of world will our children inherit from us?

Have you thought about the world that your grandchildren will inherit? Some prophets of doom are very quick to announce the end of the world. Many people think that this will come about sooner rather than later, probably within this century. Sallie McFague, the American feminist theologian, gives a much more sober picture of what life could be like for future generations on this planet (e.g. by the end of the twenty-first century):

It will, I suspect, generate a different, far more mundane, kind of horror: the struggle for food and water, the stench of pollution in the sky and ocean, the battle for decreasing parcels of arable land, the search for basic medical care and education. Succeeding generations will set their sights lower: they will not expect shade trees in the cities or forests in the country any more than they will expect a better future for their children. They will, among other things, learn to live with "much beauty irrevocably lost," but by then they may not even miss it. They will have grown used to a hotter, drier planet with many more people and many fewer trees, flowers and other animals (The body of God, 1993:8).

One may perhaps add that pockets of wealth, probably extreme will continue to exist. Since this wealth will be based on ever scarcer resources, it will have to be protected by more than high walls, sophisticated alarm systems and barbed wire fences.

To quote Sallie McFague again:

As more of the earth becomes desert, water scarcer, air more polluted, food less plentiful, the lines between the "haves" and the "have-nots" will become even more sharply drawn. Justice for the oppressed will recede from view when resources become scarce. If the human population doubles in forty or fifty years, as seems likely, and the pressure on the planet for the basics of existence intensifies, those with power will do what is necessary to insure their own piece of the disappearing pie (1993:9).

Herman Daly, an economist, and John Cobb, a Christian theologian, paint a similar picture:

On a hotter planet, with lost deltas and shrunken coastlines, under a more dangerous sun, with less arable land, more people, fewer species of living things, a legacy of poisonous wastes, and much beauty irrevocably lost, there is still the possibility that our children's children will learn at last to live as a community among communities. Perhaps they will learn also to forgive this generation its blind commitment to ever greater consumption. (For the common Good, 1994:400).

Preekvoorstel

1. Wat is jou droom in die lewe? Om n goeie man of vrou te trou? Om as n gelukkige gesin saam te lewe? Om beroepsbevrediging te ervaar? Om bevordering te kry? Of miskien om net weer n werk te kan h? Om baie geld te maak? Om n huis in n beter omgewing te kan bekostig? Of om net n huis van jou eie te kan h? Om in sport te presteer? Om die jackpot te slaan? Om of een of ander eksotiese plek te gaan vakansie hou? Om daardie mooi vinnige kar of motorfiets te kan koop? Om eendag beroemd te wees? Om op n veilige plekkie af te tree? Om volledig te herstel na n ongeluk of operasie? Om goeie gesondheid te behou?

Nog belangriker: Wat is jou visie vir die toekoms? Hoe sien jy die toekoms, kom ons s oor 50 jaar wanneer jou kleinkinders min of meer so oud sal wees soos wat jy nou is? Vergelyk die bespreking onder Konteks hierbo. Daarin word iets uitgedruk van baie mense se vrees vir die toekoms op n bedreigde planeet.

Drome en visioene speel ook in die Bybel n belangrike rol. Dink aan die drome van Josef, die visie vir vrede, reg en geregtigheid by talle profete, die toekomsvisie van die geloofshelde volgens Hebrers 11 en die visie op n nuwe hemel en n nuwe aarde in Jesaja 65 en Openbaring 21. Kom ons kyk hier na die nuwe visie vir die toekoms wat die boek Jol vir ons oopmaak.

2. Die prentjie wat ons van Israel in die boek Jol kry, is allesbehalwe rooskleurig. Dit is moeilik om die historiese omstandighede waarbinne die boek Jol geskryf het, vas te stel. Nietemin lees ons van sprinkane, droogtes, hongersnood, ellendes, konflik en militre bedreigings vir mense. Dit lyk asof die hele aarde besig is om weg te kwyn van droogte: diere, die bome, die plante en die veld is besig om te ly. Die gevolg hiervan is dat die Naam van Jahwe deur die modder gesleep is. Nog erger: n vreesaanjaende dag van oordeel vir Israel was op pad. Die ergste was dat die verwoesting wat Israel getref het van God self afkomstig was (1:15). Die God wat vir Israel moes beskerm is die oorsaak van die rampe wat hulle tref. Watter hoop bly daar dan nog oor? Wat kan n mens in s n situasie doen.

3. Die antwoord hierop is eenvoudig: n mens kan niks anders doen nie as om bang te wees. Dan word jy deur jou vrese lamgel. Die hele aarde word met skrik oorval (2:10). Dit is egter nie waar die boek Jol eindig nie. Ons lees in hoofstuk 2:12 dat die volk daaraan herinner word dat Jahwe hulle God genadig en barmhartig is, lankmoedig en vol liefde. Jahwe is begaan oor sy Naam wat deur die modder gesleep word onder die nasies (2:17). Dit is wanneer Jahwe ingryp dat die hele prentjie verander. Dan is daar is genoeg kos om te eet, die veld groei welig, die bome dra vrugte, Israel se eer word herstel, die Naam van Jahwe word geprys (2:26). Die ou verbintenis tussen God en Israel is herstel. Die woorde van die verbond in Levitikus 26:3-5 word daarom opgeroep:

As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle ren gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte dra Julle sal oorgenoeg kos h en sonder sorge in julle land woon.

4. Hiermee is die probleem wat Israel geteister het egter nog nie opgelos nie. Israel het wel berou getoon. Hulle het teruggekeer na God. Maar wie s dit was nie maar net omdat hulle die straf van Jahwe wou afwend nie? Dalk dien hulle die Here eintlik maar net ter wille van hulle eie voorspoed (2:14). Wie s hulle berou is opreg? Hoe weet mens dat dieselfde ou probleme nie binnekort maar weer gaan kop uitsteek nie? Die een goeie teken is dat Israel se skuldbelydenis nie net rondom hulleself wentel nie. Dit gaan uiteindelik om die Naam van Jahwe wat bespot word. Dit gaan nie in die eerste plek uit die voordeel wat Israel daaruit kan trek nie. Dit gaan primr om die eer van Jahwe se Naam. Maar wie s hierdie goeie teologiese insig is nie ook maar tydelik en oppervlakkig nie?

5. Dit is hier waar die teksgedeelte in Jol 2:28-31 so belangrik is. Die belofte van heil en oorvloed wat in Jol 2:18-27 beskryf word, word hier n paar stappe verder geneem. Alleen op hierdie wyse kan n blywende oplossing gevind word. Kom ons kyk na hierdie verse in meer besonderhede:

n Eerste vereiste vir n blywende verandering is dat almal met n nuwe visie vervul moet word. Die seuns en die dogters moet leer om soos profete krities te kyk na die samelewing en met n visie vir die toekoms vervul word. Selfs die ouer geslag wat dalk al in moedeloosheid verval het, moet nuwe drome begin droom vir die wyse waarop die samelewing ingerig moet word. Sonder hoop sal alles maar weer ten gronde gaan.

Die merkwaardige is dat hierdie visie deur alle mense gedeel word. Die Gees word vryelik uitgegiet op die ouer en die jonger geslag, op mans en vroue, op slawe, selfs slavinne en hulle eienaars. Dit gebeur in n samelewing waar jong mense, vroue en slawe eintlik geen seggenskap gehad het nie. Die slawe was boonop waarskynlik buitelanders en dus heidene. Hulle word opgeneem in die nuwe bedeling waarvoor Israel hulle moet voorberei. Die oeroue verlange van Moses word so bewaarheid: "Ek sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was en dat Hy se Gees op almal mag l (Numeri 11:29)." Die hele mensdom klein en groot moet hierby ingesluit word (Jer 31:34). Die Gees juis word uitgestort op alle vlees, dit wil s op dit wat broos, kwesbaar en sterflik is. In hierdie liggaamlike kwesbaarheid is almal, ook die heersers, gelyk

Maar hoe kry n mens dit reg om n gees van moedeloosheid om te skakel in n nuwe visie vir die toekoms? Waar moet die energie daarvoor vandaan kom? Hoe is dit moontlik? Volgens hoofstuk 2:28-29 is dit n stuk genade van God af. Dit is eers wanneer die Here se Gees oor die mense kom dat s n visie moontlik word. Jy kan nie daarvoor beplan of dit organiseer nie. Jy kan nie besluit om n nuwe visie te ontwikkel nie net so min as wat jy kan besluit om verlief te raak. Dit is eerder iets wat met jou gebeur van buite af. Die inisiatief kom van God af. Dit is nie mense se visie wat op die ou end die deurslag gee nie, maar die teenwoordigheid van die Gees.

Dit alles vind plaas te midde van die naderende tekens dat dinge besig is om na n punt toe te beweeg. Die dag van afrekening is op hande. Die oordeel is nodig ter wille daarvan dat die aarde van onheil en onreg gesuiwer moet word. Niemand sal dit kan ontsnap nie. Trouens, die hele kosmos, die son en die maan word betrek by die dag van afrekening. Die redding van God se uitverkorenes is alleen moontlik as hulle onderdrukkers op hulle plek gesit word.

Die dag van beslissing bring ook, miskien vir die eerste keer, duidelikheid oor die wyse waarop blywende heil verseker kan word. Die wat die naderende krisis sal oorleef, sal dit nie op grond van hulle eie krag, vaardigheid, of vermons doen nie. Dit is di wat deur die Here geroep is wat gered sal word (2:32c). Die redding kom van God af. Dit is net genade. Die enigste skuilplek is by God. Meer konkreet: by God op die berg Sion in Jerusalem is daar uitkoms te midde van die naderende bedreiging (2:32b). Die Naam van die Here maak die verskil tussen lewe en dood. Die wat hierdie Naam herken en dit aanroep, wat die Here se naam bo alles stel (bo hulle eie veiligheid en voorspoed), hulle sal gered word (2:32a)

6. Dit alles mag baie mooi klink, maar dit neem vir ons nog die onsekerheid weg nie. Immers, die toekoms bly in baie opsigte donker. Ook vir ons is die toekoms duister en onseker. As ons enigsins realisties wil wees, sal ons moet erken dat die groot probleme wat die wreld in die volgende vyftig jaar in die gesig staar waarskynlik sal vererger: armoede, werkloosheid, hongersnood, konflik, VIGS, en die vernietiging van ekosisteme. Sommige van ons mag daaruit aflei dat die Dag van oordeel waarvan Jol praat nou eers op hande is. Hulle predik graag oordeel en ondergang. Party dink selfs dat die einde van die aarde en die einde van die tyd binnekort sal aanbreek.

Die dag van oordeel waarvan Jol praat is egter juis n dag van heil, nie bloot n dag van verwoesting nie. Meer nog: dit is dag van heil vir die aarde self, vir die ploegland, die vee in die veld, die vrugtebome en wingerde (2:21-22). Dit spel n tyd van goeie ren en oorvloed. Ons moet net leer om die tekens raak te lees. Die tekens van heil is konkreet en sigbaar. Die rens kom op die regte tyd. Die weivelde is groen. Die bome dra vrugte, die dorsvloer l vol koring. Die parskuipe loop oor. Die tekens van oordeel is selfs nog duideliker. Dit is aan die hemel geskryf (die son word donker en die maan bloedrooi): almal kan immers sien waarnatoe dinge op pad is.

7. Die reaksie wat Jol 2 van ons vra, is daarom nie een van vrees, onsekerheid of mismoedigheid nie. n Mens se angste en vrese kan jou heeltemal laml. Dan is jy nie meer daartoe in staat om te doen wat jou hand vind om te doen nie. Dan fokus jy later net op jouself en op jou eie onsekerheid oor die toekoms. Dan verloor jy perspektief. Dan sien jy nie meer die God raak wat in die middel van die krisis vir jou n skuilplek bied nie (2:32).

Die oproep van hoofstuk 2:21 is hierteenoor: "Moenie bang wees nie, ploegland": Wees eerder bly en juig. En in vers 23 word die inwoners van Sion in dieselfde trant opgeroep: "Julle moet bly wees en juig tot eer van die Here julle God." Die verbasende van die oproep van Jol is dat ons juis te midde van die naderende dag van oordeel bly moet wees. Dit gaan immers teen al ons natuurlike neigings in. Ons natuurlike neiging wanneer n krisis dreig is om bang te wees, om vas te val in ons eie onsekerheid. Maar miskien is blydskap juis die enigste sinvolle manier om n donker toekoms tegemoet te gaan. Miskien is die moed om bly te wees die belangrikste deug wat n mens nodig het in s n tyd.

Maar hoe is dit enigsins moontlik? Hoe kan n gees van blydskap en vreugde ons diepste vrese vir die toekoms na buite dryf? Dit is alleen moontlik as n mens leer om die tekens wat oral aanwesig is reg te lees. As ons eers tot die regte insig kom. As ons besef dat die Here ons God genadig en barmhartig is, lankmoedig en vol liefde (2:13), as ons besef dat die Here by ons staan, by ons woon, by ons is (2:27a), as ons besef daar buiten Jahwe geen ander god is nie. Dan sal ons, juis te midde van die naderende oordeel, oorgenoeg h om te eet en bo alles die Naam van die Here ons God prys, die Naam waarom alles uiteindelik gaan.

 

Bibliografie

Prinsloo, WS 1987. Die boek Jol. In: Burden, JJ & Prinsloo, WS: Tweegesprek met God. Die literatuur van die Ou Testament Deel 3, 231-238. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. Welker, M 1991. God the Spirit. Minneapolis: Fortress Press.