EsegiŽl 37:1-14 (Annes Nel)

11 Junie 2000

Pinksterfees

 

Ander tekste: Johannes 15:26-27; Handelinge 2:1-21; 16:4-15; Psalm 104:24-34

 

Die Gees is meer en kan meer as ons ons kan voorstel of indink

Teks

Hierdie gedeelte word ook bespreek in Woord teen die Lig (II/1) Riglyne vir prediking oor die profete. Die plek waar hierdie profesie inpas binne die geheel van die boek word daar bespreek. Volgens die kommentatore is dit deel van die derde gedeelte van die boek (EsegiŽl 33-48) waarin God Homself op ín nuwe manier aan die volk openbaar. Hierdie toewending van die Here aan die volk sal vir hulle heil bring. Die gedeelte het nie baie groot eksegetiese probleme nie. Die volgende sake verdien egter aandag.

Hierdie gedeelte het parallelle in 1:1-3:15; 8:1-11:25 en hoofstukke 40 en verder. Die profeet word geroep om onder die mag van die Here te profeteer. Dit val uiteen in twee dele, naamlik ín beeld (37:1-10) en ín interpretasie daarvan (37:11-14). Die interpretasie bevat die werklike boodskap van die beeld vir die volk. In hierdie geval is dit die ďhuis van IsraelĒ.

Die beeld van die bene in die vlakte wat in 37:1-10 aangetref word, word in 37:11-14 vervang met die beeld van die grafte. Volgens Zimmerli moet dit ons nie daartoe verlei om te dink dat hierdie twee gedeeltes heeltemal geskei moet word nie. Albei beelde beklemtoon een saak, naamlik dat die toestand van die volk hopeloos is. Die volk bevind hulself in Ballingskap. Hulle eie klag beklemtoon hulle hopeloosheid en hooploosheid: Hulle sÍ: Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons (37:11). Ook die profeet is nie baie optimisties oor die toestand van die volk nie. Hy verklaar dat die bene ďbaieĒ droog was (37:2). Op die vraag van die Here of die bene weer lewendig kan word, antwoord die profeet volgens Coenie Burger baie dubbelsinnig: Nee, dit weet net U, Here my God (37:3). Burger sÍ: ďMeeste kommentatore interpreteer die antwoord dubbelsinnig: aan die een kant, op bloot menslike vlak, sien EsegiŽl geen hoop nie. Aan die ander kant ken hy God se almag wat lewe kan voortbring uit selfs die haglikste situasie. Daarom moet vers 3 verstaan word as 'n versigtige belydenis dat deur God se genade daar dalk tog weer heil kan kom vir die volk.Ē

Die onvoorwaardelike betrokkenheid van God by die volk kom baie sterk na vore in hierdie gedeelte. Ten spyte van die totale hopeloosheid van hulle toestand, openbaar God Homself as die een wat lewe gee. Hierdie lewe kom uit die hand van God en deur middel van die betrokkenheid van die ďgeesĒ (37:5-9). In hierdie gedeelte moet ons nie die Heilige Gees inlees waar ďgeesĒ staan nie.Die Here praat hier met EsegiŽl deur middel van ín beeld. Deel van hierdie beeld is die wind of ďgeesĒ. Dit is, soos Genesis 2:7, die begin van ín nuwe lewe. Daar is net een basiese verskil. In Genesis 2 is dit die Here self wat die lewensasem in die mens blaas. In EsegiŽl 37 is dit vier winde van die aarde wat in ďopdragĒ van die profeet die klomp dooie beendere lewe gee. Hoe dit ookal sy, een saak staan vas: die lewe kom van God en Hom alleen. Hierdie alleenwerksaamheid van God in die skepping van die nuwe lewe word verder beklemtoon deur die woorde in 37:12-14 waarin die Here die enigste persoon is wat handel: Ek sal julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, en Ek sal julle terugbring na die land Israel toe. 13 Wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, sal julle besef dat Ek die Here is. 14 Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesÍ en Ek sal dit doen,Ē sÍ die Here. Daarom verklaar Zimmerli: ďThere is no sign of a connection with any merit, which might seem to exist somewhere on the part of the people of God. From his free will God gives life to his own who are condemned to death.Ē

Konteks

Zimmerli wys daarop dat hierdie gedeelte in die geskiedenis dikwels in die Joodse tradisie as ín aanduiding van ín werklike opstanding van dooies gesien is. Daar word selfs deur mense uit hierdie tradisie beweer dat sommige van die opgewektes liedere gesing het en dadelik weer gesterf het en ander getrou en kinders gehad het. Die Palestynse Targum van Diez-Macho beweer dat hierdie mense die 30000 Efraimiete was wat veertig jaar voor die einde van die ballingskap teruggekeer het en deur die Filistyne doodgemaak is. Justinus, Ireneus, Tertullianus, Ciprianus en ander het hierdie gedeelte ook gesien as ín voorspelling van die opstanding uit die dood. Uiteraard het dit ook gelei tot prediking wat die betekenis van die Nuwe-Testamentiese opstanding uit die dood op die teks afgedwing het. Tereg sÍ Zimmerli dat hierdie verklarings nie die bedoelings van EsegiŽl weergee nie. Dit moet duidelik en ondubbelsinnig gesÍ word dat EsegiŽl 37:1-14 twee beelde (droŽ bene en grafte) gebruik om ďthe event of the restoration and the regathering of the politically defeated all-IsraelĒ te beskryf. Hieronymus en die eksegete van AntiogiŽ het dit reeds verstaan.

In die lig hiervan moet daar versigtig te werk gegaan word met Nuwe-Testamentiese gegewens om hierdie teks te verklaar. EsegiŽl het in ín bepaalde tyd en konteks opgetree. Natuurlik kan Nuwe-Testamentiese gelowiges vandag aspekte van sy boodskap in die lig van die Nuwe Testament anders verstaan. Ons kan egter nie woorde in sy mond plaas nie. Coenie Burger het in sy artikel in Woord teen die Lig (II/1) Riglyne vir prediking oor die profete, na verskillende preekmodelle in hierdie verband gekyk. Die prediking oor hierdie gedeelte het om verstaanbare redes hoofsaaklik tydens Opstandingsondag en Pinksterfees aandag gekry.

Gedurende die afgelope jare verskyn daar telkens artikels as reaksie op die sogenaamde pragmatisme in gereformeerde kringe.Dit hou veral verband met literatuur wat in gereformeerde ďgemeentebouĒ-kringe verskyn en wat vir die teenstanders daarvan te naby aan menslike inmenging lyk in die werking van die Woord van die Here in ín gemeente. Hierdie gedeelte laat ín mens nogal twee maal dink oor die besware uit hierdie kringe. Kan dit nie maklik gebeur dat ons dink dat die voortgang van die Here se kerk van menslike planne en strategieŽ afhang nie? Natuurlik is dit belangrik om te beplan, maar word die gedagte dat Christus self sy kerk in stand hou nie dalk deur ons planne en strategieŽ bevraagteken nie? Natuurlik is dit ook waar dat die kerk in totale passiwiteit kan verval. Die boodskap van die profeet is duidelik: God skep lewe uit die dood. Dis nie van mense afhanklik nie. Tog is dit ook waar dat die profeet hierdie boodskap moes gaan verkondig. God sluit ons dus in by sy plan, maar die uitkoms daarvan berus by Hom alleen.

God wek lewe uit die dood deur sy Woord. Uit die gedeelte is dit duidelik dat die woorde van die Here nie onsekerheid bevat nie, maar heil vir sy mense laat deurbreek. God het gespreek en dit sal gebeur. Die heilskarakter van die Woord in die gereformeerde tradisie is ín onverhandelbare gegewe. Uit Luther se mond word gehoor dat die mens by die woorde van Christus moet bly en die gedagte moet laat vaar dat God die sonde op 'n ander wyse as deur die mondelinge Woord vergewe het, of sal vergewe. Christus kom immers deur die prediking self na die mens, tot in sy hart. Die Woord is geadresseer pro me. Hierdie Woord wat gepreek word, is die pyp waardeur die Heilige Gees in die hart van die mens stroom en die heil aan die mens geskenk word. Calvyn, soos Luther, lÍ klem daarop dat die Here dit so bestem het om deur die verkondiging van die Woord die genade van God aan mense te skenk. Waar die evangelie gepreek word, is dit die uitspraak van God self, in die hoogste vierskaar afgekondig, in die boek van die lewe opgeskryf, in die hemel vas en seker bevestig. Deur die prediking van die evangelie reformeer Hy die mens na sy beeld, formeer Hy ín nuwe hemel en aarde, word die poort van die hemel geopen en kom Christus met al sy weldade na die mens as die Oorwinnaar oor die sonde en skuld. Deur die prediking versoen God Hom met die mens en druppel die bloed van Christus op die skare. Daarom is die prediking vir Calvyn noodsaaklik in die verkryging van die saligheid.

Die vryspraak van die goddelose, sondaar en vyand van God, is nog ín gereformeerde beginsel wat in hierdie teksgedeelte terug gevind kan word. Zimmerli haal ín gedeelte uit die ín Palestynse Targum aan waarin die ďredeĒ waarom een liggaam na die opwekking bly lÍ het: ďFor interest and surcharge he has lent (his money), therefore he is not honest (enough) to receive life along with his brothers."Volgens Zimmerli staan dit lynreg teenoor die basiese boodskap van EsegiŽl 37:1-14, waarin God se genade onvoorwaardelik toegesÍ word. Die opwekking tot die lewe in hierdie gedeelte het ín spesifieke agtergrond in die boek EsegiŽl. Allereers dui die begrip lewe die seŽn of bestemming vir die regverdige aan. Dit is duidelik dat die keuse wat die mens in EsegiŽl. 18 en 33 tussen die goddelose of regverdige pad gemaak het, 'n keuse om lewe en dood was. Bekering lei tot die lewe en volharding in goddelose dade lei tot die dood. Greenberg wys die gedagte van 'n Nuwe-Testamentiese ewige lewe in hierdie verband af en sÍ dat die lewe waarvan daar in EsegiŽl sprake is eerder sy agtergrond in die algemene opvatting van lewe deur die ou Israeliet, as "this wordly enjoyment of good things" het. Hy koppel hierdie gedagte aan Deuteronomium se siening van lewe. In Deuteronomium word lewe veral in verband met die nakoming van die wet, voorspoed en die verkryging van die beloofde land gebring.

Waar daar egter van Greenberg verskil moet word, is sy eng siening van lewe in EsegiŽl. In Deuteronomium het lewe met die rykdom van die verbondswerklikheid te doen. Hierdie lewe binne die verbondswerklikheid sluit ook die belofte van die land in. EsegiŽl praat egter met mense wat geen uitsig op 'n toekoms het nie. Daarom is dit belangrik om in te sien dat lewe in EsegiŽl 'n ietwat omvattender en ryker betekenis het.

Die begrip moet binne die konteks van EsegiŽl 18:5-9 gesien word as 'n belofte wat aan die persoon gegee word wat totaal op die weg van Jahwe wandel. Hierdie persoon is die een wat in terme van Psalm 15 en 24 en Jesaja 33:14 v.v. gemeenskap met Jahwe mag beoefen. Dit is daarom belangrik om die lewe wat aan die regverdige beloof word nie los van die kultus te sien nie: "It was in the sanctuary as the sphere of the divine presence that life was available and was bestowed on the pilgrims who came to seek Yahweh" (Mays).

Deelname aan die kultus was vir die Israeliet die beoefening van gemeenskap met Jahwe. Die belofte van lewe het dus ook met die gemeenskap met Jahwe verband gehou. In Amos 5:4 word hierdie gedagte versterk wanneer die volk opgeroep word om Jahwe te soek sodat hulle kan lewe. Jahwe, die bron van die lewe, moet in die heiligdom gesoek word. Ook hier word die verkryging van lewe vasgeknoop aan die nakoming van die goeie (Am 5:14) waardeur gemeenskap met Jahwe verkry word. Daar is dus drie elemente wat in die bespreking van die uitdrukking onlosmaaklik aan mekaar verbonde is, naamlik die kultus as gemeenskap met Jahwe, die nakoming van sekere bepalings en die belofte van lewe. Lewe kry, volgens Zimmerli, binne kultiese verband dus verdere fasette van verlossing en sekuriteit of beveiliging by. Dit het aan die aanbidder die versekering gegee het dat Jahwe verhoor het (Ps 6:10), gehelp het (Jes 41:10,14) en verlos het (Jes 43:1; 44:22). Dat Jahwe met die aanbidder is en hom van al hierdie gawes van verlossing verseker, staan in 'n direkte teenstelling met alle uiterlike seŽninge: "This does not arise from any indifference to the world and its gifts, marking a retreat into inwardness, but from the knowledge that in this affirmation about Yahweh all other gifts are included, however little they can be seen at present".

EsegiŽl bevind hom in 'n situasie waarin die realiteit van die heiligdom, die gepaardgaande seŽn en die belofte van lewe vir hom verdwyn het. Tog, sÍ Zimmerli, het EsegiŽl van 'n nuwe lewe geweet (Eseg 37:1 v.v.). Vir EsegiŽl het hierdie lewe 'n terugkeer na die land (37:12-14) en na die heilige berg van die Here met sy heiligdom beteken (20:40). Daar sou Jahwe weer teenwoordig wees en die lewe tot beskikking van die aanbidder wees (Eseg 40:48). Al wat Zimmerli hierdie lewensbelofte wil noem, is die "Ja" van God. Hierdie "ja" van God kan nie tot een of twee spesifieke sake gereduseer word nie: "This would be to say both too much and too little."

In die Nuwe Testament vind die lewe wat nog in die toekoms lÍ, sy hoogtepunt in die seŽn wat aan die gelowige beloof is, naamlik die ewige lewe. In die Nuwe Testament kry die begrip lewe sy volle betekenis. Lewe in die Nuwe Testament, soos dit ook in die Ou Testament die geval is, is lewe in gemeenskap met die lewende God. Dit is in gemeenskap met die lewende God dat die Ou-Testamentiese mens die lewe en al die seŽninge wat daarmee saamgaan, as 'n gawe van God gesien het. Die gawe kon dus nooit van die Gewer losgemaak word nie. Na die wederkoms van Christus sal georganiseerde kultiese samekomste, eredienste en kerke nie meer nodig wees nie, omdat God se woonplek dan by die mens sal wees (Op 21:3). Ewige gemeenskap, ewige kultiese gemeenskap sal dan die nuwe bestaanswyse van die gelowige kenmerk. Reeds in EsegiŽl 11:16 is Jahwe die heiligdom vir sy volk.Na die wederkoms van Christus sal die lewe wat in die kultiese samekomste van Israel en die eredienste van die gemeente geniet is, in sy hoogste vervulling gaan. Lewe in die Nuwe Testament is 'n lewe waarin God altyd by sy volk sal wees.

Preekvoorstel

Voltaire word dikwels aangehaal as sou hy gesÍ het dat daar oor 50 jaar nie meer van die Bybel gehoor sal word nie. Hy het geleef van 1694-1778. Dieselfde prognose word ook dikwels vir die kerk gegee. In baie gevalle word nie eens meer 'n prognose gegee nie. Die diagnose is klaar: Die kerk is dood. Daar is geen lewe of hoop meer nie. Die kerk is op pad uit. Die kerk is terminaal siek. Die prediker sou heelwat hieroor kon uitwei en nalees om die meriete van hierdie diagnose te beklemtoon. Dalende lidmaatgetalle, erediensbywoning, bidure, bydraes, afvalligheid, onenigheid, verwagtingloosheid en belangeloosheid is deel van die kerk se storie. Coenie Burger het in sy boek, Gemeentes in transito (Burger 1994, 14) heelwat hieroor te sÍ.

ďDaar is rede om te dink dat hierdie langer en ingrypender as verwagte oorgangstyd veral baie ontwrigtend kan wees vir kerke soos die NG Kerk, wie se lidmate uit die tradisioneel bevoorregte deel van die bevolking kom. Probleme wat direk en indirek saamhang met die oorgangstyd, kan dalk binne die volgende paar jaar tegelyk op die kerk se tafel kom:

Lidmaatgetalle kan krimp. In ín meer pessimistiese scenario kan getalle tot 25% en meer afneem. Een van die lastige probleme, wat ons reeds in studentegemeentes begin sien, is dat ons toenemend sukkel om die jeug vir die kerk te behou.

FinansiŽle druk op die kerk kan verder vergroot.Dit is alreeds 'n feit dat die kerk meer sukkel om finansieel sy verpligtinge na te kom as vyf of tien jaar gelede. Diť druk kan in die volgende klompie jare selfs nog verder vergroot, en gemeentes verplig om Šl meer in terme van "besnoeiing" en "inkorting" te dink - 'n baie gevaarlike manier van leef vir 'n kerk, met sekondÍre implikasies na baie kante.

Die NG Kerk gaan 'n minder belangrik instansie wees as vroeŽr.In die vorige bedeling was seker meer as die helfte van die regerende politici lidmate van die NG Kerk. Dit het uiteraard aan die kerk besondere status en mag gegee. Nagenoeg alles wat die NG Kerk gesÍ en gedoen het, was nuus. As kerkmanne gepraat het, was baie mense gereed om te luister. Op talle plekke het die kerk direk en indirek inspraak gehad. Diť prentjie kan in die volgende tien jaar ingrypend verander. By 'n baie groot deel van die regeringspolitici sal daar weinig van 'n oor wees w die NG Kerk se mening. Om die waarheid te se: vanweŽ die NG Kerk se rol in die formulering en legitimering van apartheid kan daar eerder 'n weersin jeens die kerk wees. Ongetwyfeld mag dit veroorsaak dat die NG Kerk meer op die rand van die Suid-Afrikaanse toneel gaan beweeg en 'n baie groot deel van sy tradisionele mag en inspraak sal verloor.

Die kerk sal heelwat vrae moet beantwoord oor sy aandeel aan die apartheidsbeleid.Die kanse dat mense die kerk se aandeel aan die apartheidsbeleid gaan vergeet, is nie goed nie. Van die vrae sal sekerlik van ons broers en susters van ander kerke se kant kom, maar toenemend gaan die vrae ook vanuit NG Kerk-geledere self gevra word - veral van die jong geslag! En as ons nie die moed het om diť vrae eerlik te beantwoord en in die reine te kom met die verlede nie; as mense die gevoel kry dat ons nie bereid is om reg te maak wat verkeerd was nie, gaan die kerk se geloofwaardigheid 'n fatale knou kry. As ons nie die uitdagings van die nuwe Suid-Afrika met integriteit opneem nie, mag meer lidmate as wat ons verwag het stil-stil wegraak en hulle smaak vir die kerk heeltemal verloor.

Sekularisasie gaan toeneem.Daar is 'n paar faktore wat nie direk te doen het met die politieke oorgang nie, maar op 'n sekondÍre vlak tog daarmee saamhang. Lankal is dit nie meer 'n skande vir Afrikaanse mense om nie te glo of nie aan 'n kerk te behoort nie. Die Afrikaanse gemeenskap wat tot 'n 20 jaar gelede nog baie homogeen was, raak dus toenemend heterogeen en gesekulariseer. Die kerk is nie regtig gerat vir hierdie groeiende heterogeniteit nie en op 'n bedieningsvlak gaan dit ons nog heelwat kopsere gee.

Al hierdie ontwrigtende sake gaan binne die volgende tien jaar by die kerk die gevoel laat dat hy aan die gly is, dat hy agteruit boer, dat hy besig is om meer en meer veld te verloor. Hierdie "sinkende skip"- ervaring by ons lidmate gaan waarskynlik een van die heel moeilikste probleme wees om te hanteer.Ē

Hierdie diagnose en prognose klink soos die wanhoop wat daar oor die toestand van Israel bestaan. Die taal van die profeet en die klag van die volk oor hulle toestand is ín duidelike aanduiding daarvan. Dis asof die profeet saam met die volk met skeptisisme sÍ: net die Here weet of hier nog iets van kan kom! Die oorsaak van hierdie hopeloosheid lÍ waarskynlik daarin dat die mense gedink het dat daar ín verandering in hulle lot sou kom. In EsegiŽl 33:21 kom die berig egter: die stad is ingeneem. EsegiŽl sien hierdie moedeloosheid en gebrokenheid 37:1-10. Die dood is ín volslae feit. Hulle is in hulle graf en hulle bene is reeds baie droog.

Is daar hoop te midde van soveel doodsheid, gebreke, tradisie, onentoesiastiese leraars, kerkraadslede en lidmate? As ons die boodskap van ons teksgedeelte ernstig neem, sal ons moet sÍ: Ja, beslis. Die wonder van hierdie plan van God is dat dit nie van mense afhang nie. Dit is op twee vlakke waar. Allereers soek God nie eers gestalte waarin daar lewensmoontlikhede is nie. God wonder nie eers of bene regtig verstaan dat hulle dood is nie. Die bene moet nie eers kreun oor hulle droogheid voordat God die lewe wek nie. Die bene hoef nie eers te bid of te bely nie! God spreek die goddeloses vry! Natuurlik wil ons graag hÍ dat God se genade aan meriete gekoppel moet wees. Hier kan daar na die Targum verwys word. Maar God skep uit die stof die lewe (Gen 2:7) en uit die dood die lewe (Ef 2:1-10).

Hoe doen God dit? Dit is die tweede vlak waarop God se heil nie van mense afhanklik is nie. God doen dit deur sy lewende en kragtige woord (Eseg 37:4,12) van vergifnis (36:25). Deur sy Gees herskep hy mense tot die lewe en ín nuwe gehoorsaamheid (36:26,27). Hy maak van lyke lewende mense wat sy kunswerke word (Ef 2:10). By hierdie gedeelte kan oor die aard van die nuwe lewe gepraat word.

Wat kan en moet die kerk doen? Kyk wat moet die profeet doen. Hy moet aan dooies die lewe verkondig! Nie ons diagnoses, prognoses, aksies, programme gee die deurslag nie, maar dit wat God wil. God werk met sy Woord en boodskappers in hierdie wÍreld met die boodskap van die lewe: die mens wat die evangelie verkondig, sÍ nooit iemand die dood aan nie - net die lewe.

Hoekom doen die Here dit? Wanneer die kerk dood is, sien die wÍreld dit (Eseg 36:20). Wanneer die kerk nie hoop het nie, lyk dit of hulle nie 'n God het nie. Dit gaan oor die eer van sy Naam. Wanneer God red sal hulle erken dat Hy die Here is (13,14). Maar so ook die nasies. Die nasies sal erken dat Hy die Here is (36:23)