EsegiŽl 34:11-15, 20-24 (Robert Vosloo)

21 November 1999

Vyf en twintigste Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Ps 100 of Ps 95:1-7a;Efes 1:15-23;Matt 25:31-46

 

Te midde van ervarings van verlies en verlatenheid kan ons weet dat die Here ons soos 'n goeie herder versorg en rus en geborgenheid laat beleef.

Teks

Die teksverse vir hierdie week moet binne die geheel van EsegiŽl 34 beskou word.Eseg 34, 'n hoofstuk waarin die beeld van die verhouding tussen herders en kleinvee sentraal funksioneer, val in drie dele uiteen:

- Die oordeel oor die vorige herders (verse 1-10)

- God as Herder by uitnemendheid (verse 11-24)

- Die kosmiese implikasies van God se versorging van die kleinvee (verse 25-31).

 

Die eerste 10 verse is 'n harde oordeelswoord wat aan die herders van Israel gerig word, omdat hulle nie hulle herderstaak na behore uitvoer nie.Die swakkes en siekes word versaak en die afgedwaaldes word nie teruggebring nie.In plaas daarvan dat die herders die skape behoorlik versorg, buit hulle die skape uit.Gín wonder dat die kleinvee rigtingloos en verward is nie.Zimmerli wys daarop dat die herders van Israel op twee maniere hulle mag misbruik het:†† hulle het nie omgegee vir die swakkes, siekes of afgedwaaldes nie en hulle het bedwelmd geraak met hulle eie magslus. Die herders sorg dus vir hulleself en nie vir die vee nie.Daarom gaan die Here die herders straf en self die herder vir die kleinvee wees.Verse 11-24 vertel van die toegewyde en deernisvolle manier waarop die Here vir die volk 'n herder sal wees, terwyl verse 24-31 weer wys op die verreikende kosmiese implikasie van God se sorg.

 

Die boek EsegiŽl is bekend vir sy oordeelsuitsprake.Die teks vir hierdie week is egter een van die aantal uitsprake (soos Eseg 36:1-15; 37:1-14) wat 'n boodskap van hoop bring.†† Die hart van hierdie boodskap van hoop vind 'n mens in vers 11 waar die Here sÍ: ďEk sal self my kleinvee soek en na hulle omsien.Ē

 

Die toegewyde versorging van die herder aan sy kleinvee dien as beeld vir God se verbintenis aan die volk te midde van hulle ervaring van verlies.Die agtergrond vir hierdie woorde hang duidelik met die ballingskap saam.Vir die verstrooide volk is dit 'n donker tyd.Hulle land is hulle ontneem en hulle stad is geruÔneer.In die vreemde land het hulle daagliks met die realiteite van wanhoop en onderdrukking te make.In sů 'n situasie is die gevaar dreigend dat die identiteit en roeping van die volk verswelg kan word deur dit wat hulle elke dag beleef.In hierdie moeilike tyd is daar vir die volk egter nie 'n gebrek aan leiers nie, maar wel 'n gebrek aan verantwoordelike leierskap.Dit is diť agtergrond waarteen 'n mens EsegiŽl se boodskap van hernuwing, soos wat 'n mens dit in sy hoopvolle uitsprake vind, moet interpreteer.Vir EsegiŽl moet daar 'n nuwe Israel gebore word uit diegene wat so jammerlik na BabiloniŽ as ballinge weggevoer is.In die proses is goeie leierskap uiteraard baie belangrik.Leierskap of koningskap (in spesifiek die tipe koningskap wat met die Dawid-dinastie geassosieer is) was nog altyd vir die volk belangrik vir hulle gevoel van identiteit en roeping.Die gedagte dat Dawid en sy afstammelinge oor Israel heers, het vir die volk die gevoel gegee dat hulle uitverkore is en dat die Here hulle seŽn.In die tyd van EsegiŽl is diť gedagte bedreig: die laaste aantal konings in die lyn van Dawid was nie baie gewild nie en hulle het afbreuk gedoen aan die manier waarop mense die gedagte van grootsheid met die koningskap in verband gebring het.Sedekia, die laaste koning wat op die troon in Jerusalem gesit het, het sy laaste dae in skande en vernedering deurgebring.Sulke herinneringe, tesame met die volk se huidige ervaring van swak leierskap, het die volk se wanhoop en visieloosheid versterk.In hierdie situasie bring EsegiŽl 'n boodskap van hoop.Die profeet is dus bereid om te bly hoop, te midde van die seer en teleurstellings van die verlede.Brueggemann noem dit 'n ďresponsible alternative tot the memory of hurt to the failed monarchyĒ (Israelís Praise, 73).

 

Skifverklaarders wys daarop dat geen beeld oor leierskap meer ingeprent in die populÍre verbeelding was as die beeld van 'n herder met sy kudde nie.Sommige voer dit terug na MesopotamiŽ in die vroeŽ jare van die tweede millennium voor Christus toe Babiloniese konings die beeld gebruik het om hulle leierskap te legitimeer (Clements).Ander (bv Blenkinsopp) wys daarop dat die herderbeeld reeds in die 3de millennium v.C. deur die SumeriŽrs op konings en gode van toepassing gemaak is (vgl die herder-god Dumuzi).††† Hoe dit ook al sy, EsegiŽl sluit aan by die bekende beeld van leiers as herders en wys daarop dat Israel slegte herders gehad het (eksegete soos Allen en Blenkinsopp meen dat Jeremia 23:1-2 hiervoor as bron dien).Naas EsegiŽl se oordeel oor die slegte herder, wys hy ookheen na die toekoms wanneer die leiers op betroubare en regverdige wyse sal regeer.In verse 23 en 24 is daar die duidelike verwysing na die dienaar Dawid as die een herder wat deur die Here aangestel sal word.Dit wys iets van die versugting van 'n leier wat weer met die grootsheid van die Dawid-dinastie verbind kan word.

 

In verse 11-16 (wat die sentrale deel van die lesing vir hierdie week uitmaak) sien 'n mens hoe die Here beloof om self vir sy mense te sorg.God is dus nie 'n anargis of 'n rewolusionÍr (Zimmerli) wat net oordeel, wegneem en afbreek nie.Die redding kom nie bloot deur die wegneem van die kwaad nie.God wys sy geregtigheid deur vir hulle te sorg.In hierdie verse sien ons hoekom EsegiŽl hoop kan bring: hy ďsienĒvir God. Hy het 'n visie van 'n God wat swakke mense nie los nie, maar juis toewyding en deernis teenoor hulle toon - diť Herder is anders as die volk se herders.Die deernisvolle versorging van die goddelike Herder is opvallend.Daar is 'n sekere intimiteit en sagtheid in hierdie verse.Iets hiervan word deur die herhaling van eerste persoon voornaamwoorde teweeggebring:

 

ďEk sal self my kleinvee soek ...Ē (vers 11)

ď... so sal Ek omsien na my kleinvee...Ē (vers 12)

ďEk sal hulle tussen die ander volke uitbring ... Ek sal hulle versorg op die berge ...Ē (vers 13)

ďEk sal vir hulle sorg vir goeie weiding... (vers 14)

ďEk sal self my kleinvee se herder wees... (vers 15)

ďEk sal die soek wat weggeraak het... (vers 16).

 

Duidelik hoor 'n mens die toewyding van die Herder om self vir sy kudde te sorg.Hy red sy kudde nie net van uitbuiting nie, maar ook van tuisteloosheid en ongeborgenheid.Die verstrooide skape sal teruggebring word na hulle land waar hulle in vrede en veiligheid sal wei. Die taal van verse 11-16 herinner sterk aan Psalm 23.In diť psalm gaan dit ook oor die geborgenheid wat ten spyte van donker omstandighede beleef word, aangesien die goeie Herder teenwoordig is (vgl Ps 23 vers 4: ďSelfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my.In u hande is ek veilig).

 

Van die kudde wat met soveel deernis en toewyding versorg word, word egter ook geregtigheid verwag (vgl verse 17-22).Die ďonderdaneĒ moet ook waak teen 'n miniatuurvorm van magslus - binne die kudde is daar ook weer sterkeres wat swakkeres kan uitbuit.God se oordeel rus ook op onderdruktes wat ander onderdruk. Die Here se geregtigheid is dus konsekwent - almal moet regverdigheid uitleef.Die oordeel rus op hulle wat die swakkes uitbuit en hulle pastorale taak teenoor hulle versaak (die verband met die profetiese rede oor die laaste oordeel in Matt 25:31-46 - een van die ander leesrooster-tekste vir die week - is duidelik herkenbaar).

 

In verse 23 en 24 (soos reeds genoem) word die hunkering na 'n leier soos Dawid verwoord.Interessant genoeg word hierdie nuwe leier nie koning genoem nie (die profeet noem hom vors/ prins - nasií).Wat die rede hiervoor is, is nie seker nie.Dalk was dit bloot polities, uit sensitiwiteit vir die Babiloniese maghebbers.Sommige meen weer dat daar 'n dieper teologiese rede is: hy sal nie heers soos die tipiese Nabye-oosterse monarg nie, maar as God se kneg.Dit gaan dus nie oor 'n misbruik van mag nie, maar oor ondergeskiktheid en verantwoordelikheid aan die Here.As die Here se kneg en verteenwoordiger sal die nuwe herder-koning die genadige dade van die Here verrig.

Konteks

Die situasie waarin die eerste hoorders van Eseg 34 hulle bevind het, is van so aard dat baie mense vandag daarmee sal kan identifiseer.Die ballingskap-ervaring was een van ontnugtering, wanhoop en verlies aan identiteit en roeping.Dit kan tereg beskryf word as 'n ervaring van verlies.Hoewel dit gevaarlik sou wees om 'n te direkte verband te trek tussen die situasie van die hoorders vandag en die van die volk destyds, is dit tog so dat baie van ons vandag met so 'n ervaring van verlies kan identifiseer.Die prediker kan hier aansluit by die konkrete situasie in die gemeente vir voorbeelde ('n mens dink byvoorbeeld aan verlies as gevolg van ekonomiese veranderinge; verlies aan sekuriteit; verlies van iemand naby jou; verlies van jou gevoel van identiteit, roeping en lewensin).Hoewel die hedendaagse hoorders se situasie verskillend is as die van die volk, is dit dieselfde God wat vandag deur die woorde van Eseg 34 mense wat verlies of ongeregtigheid beleef van sy toewyding en deernisvolle sorg vir hulle wil verseker.Saam met die troosvolle versekering dat die Here self na sy kudde sal omsien, moet ook die waarskuwing dat die verdruktes moet waak om nie self onregverdig te leef nie, gehoor word.

 

Die laaste Sondag van die kerklike jaar is 'n feesgeleentheid waarin Christus se koningskap gevier word.Hiermee word ďkoninkrykstydĒ afgesluit en dien dit as 'n oorgang na Advent.By hierdie geleentheid is EsegiŽl 34 'n gepaste teks.In diť teks sien ons die versugting na 'n herder-koning wat regverdig sal regeer en deernis met die swakkes en weerloses het.As Christene glo ons dat die God wat hierdie woorde van hoop tot die volk in hulle wanhopige situasie gerig het ook ons God is en dat Hy in 'n besondere wyse sy verbintenis aan ons gewys het deur mens te word in Jesus Christus.In Jesus Christus sien ons die Herder-koning by uitnemendheid.Duidelik sluit teksgedeeltes soos Joh 10: 1-18 aan by Eseg 34.In Joh 10 sien ons Jesus as die goeie Herder - die Een wat bereid is om alles op te offer vir sy skape.Die intimiteit tussen diť Herder en die skape word ook beklemtoon.Hierdie gedagtes vorm 'n gepaste aansluiting by die laaste Sondag van die kerklike jaar.Dit dien vir ons as 'n herinnering aan die vreemde koningskapstyl van Christus - 'n herder-koning wat deernis met sy weerlose kudde het en oor hulle heers deur sy lewe vir hulle te gee.Deur sy koms het vrede en rus vir skape 'n werklikheid geword en deur sy tweede koms (waaraan ons onsself ook in die volgende dae van Advent herinner) sal dit finaal in vervulling kom.

 

Die herderbeeld is op vele maniere in byvoorbeeld die skilderkuns en musiek ontgin.Op 'n ander vlak help dit vir ons om iets van die ryk betekenis van tekste soos Psalm 23, Eseg 34 en Joh 10 te beleef.Om twee voorbeelde te noem:

-          In die Christelike tradisie is daar 'n ou muurskildery wat Jesus uitbeeld as die goeie Herder.Dit kom uit 'n familiegraf in 'n Romeinse katakombe.In diť uitbeelding sien 'n mens Jesus by twee skape (sy kerk).†† Sy klere is die eenvoudige klere van 'n gewone herder, sodat hy maklik die skape kan volg en versorg.Op die klere is daar egter pers strepe (pers is die kleur vir persone met mag).Die goeie Herder se regterhand is verder oopgestrek in 'n uitnodigende gebaar.Oor sy skouer hang 'n leersak met voorrade in wat hy vir die skape kan uitdeel.Op sy skouer dra hy nog 'n skaap - as beeld van die toewyding aan die swak of afgedwaalde skape.Aan die linker- en regterkant van die goeie Herder is daar die buitelyne van bome waarin duiwe sit met olyfblare in hulle bekkies.Dit dui op die vrede, rus en hoop wat die goeie Herder bring.

-          Die uitbeelding is omsirkel en dit suggereer dat hierdie sorg en toewyding van die Herder ewigdurende betekenis het (vir 'n afdruk van die uitbeelding, sien Lawrence, K T (red), Imaging the Word.An Arts and Lectionary Resource, p197).††

-          Die herdermotief word ook treffend weerspieŽl in J S Bach se Schafe kŲnnen uit Kantate nr 208.

Die woorde lui:

Schafe kŲnnen sicher weiden,

Wo ein guter Hirte wacht.

Wo Regenten wohl regieren,

Kann man Ruhí und Frieden spŁren

Und was Lšnder glŁcklich macht.

 

Schafe kŲnnen sicher weiden

Wo ein guter Hirte wacht.

 

(Die skape kan in veiligheid wei

waar 'n goeie herder waghou.

Waar heersers goed regeer

kan'n mens rus en vrede bespeur

en dit wat volke gelukkig maak

 

Die skape kan in veiligheid wei

waar 'n goeie herder waghou.)

Preekvoorstel

In Eseg 34 vers 11 lees ons dat die Here sÍ: ďEk sal self my kleinvee soek en na hulle omsien.ĒDiť woorde kom tot 'n gestrooide groepie mense - die volk in ballingskap.†† Hulle stad en hulle land is verwoes. Hulle bevind hulle in 'n vreemde land.Waarskynlik is hulle gemoedstoestand baie broos.Wanhoop dreig om hulle te oorweldig en die vreemde situasie lyk of dit hulle gevoel van identiteit en selfwaarde verswelg.Om alles te kroon het hulle slegte leiers.Hulle leiers buit hulle uit.Vir diť mense, wat in die verlede goeie konings soos Dawid gehad het, was die ervaring pynlik.

 

Dit is in hierdie situasie wat EsegiŽl 'n woord van oordeel en hoop bring.Hy kondig die Here se oordeel oor die slegte leiers aan.Maar die Here gaan nie net die slegte leiers straf nie.Hy gaan self intree.Hy sal hulle in liefde opsoek en geregtigheid teenoor hulle laat geskied. Hy sal hulle vrede en rus laat beleef.

 

Baie mense kan vandag identifiseer met die situasie identifiseer waarin die volk hulle bevind het.Ons sou baie voorbeelde kom opnoem uit ons eie lewens of diť van ander wat getuig van ervarings van verlies of uitbuiting (hier kan die prediker aansluit by die leefwÍreld van die betrokke hoorders).In sulke tye is persone en groepe dikwels onseker oor wie hulle is en wat hulle in so 'n situasie te doen staan.Daar is 'n behoefte aan rigting en sterk leiding.Wanneer dit ontbreek, voel mense inderdaad herderloos en ontnugter.

 

In sulke situasies waarin ons weerloosheid beleef, is die versoeking groot om te dink dat God afwesig is.Die gevolg kan wees dat 'n mens deur die verpletterende gevoel van die onsekerheid en hopeloosheid van die situasie lam gelÍ kan word. 'n Ander moontlike reaksie is om te meen dat ons nou moet leer om by wyse van spreke sonder 'n herder te leef - om horings te ontwikkel sodat ons self kan reg kom.†† Om voortaan nie meer 'n weerlose slagoffer te wees nie, gaan ons eerder ander uitbuit as wat ons toelaat dat hulle ons uitbuit.Al wat oorbly is die wet van die oerwoud.

 

EsegiŽl 34 herinner ons dat ons in weerlose tye kan weet:Ons is nie aan onsself oorgelaat te midde van ons ervarings van verlies of broosheid nie.Al voel dit vir ons dat ons horings wil hÍ om die gevoel van weerloosheid tee te werk, kan ons weet dat ons iets beters het - ons het 'n Herder. Ons het nie 'n Herder wat afwesig is en ons aan ons eie lot oorlaat nie.Nee, ons goddelike Herder sien ons te midde van ons ervarings van verlies en swakheid in deernis aan.Hy laat ons nie rigtingloos en herderloos nie.Hy gryp self in.Hy laat ons vrede, geborgenheid, rus en geregtigheid beleef.Hierdie herder is toegewyd aan sy kleinvee.'n Mens hoor dit in die baie voornaamwoorde wat in die verse wat ons saamgelees het gebruik word.Dink maar aan verse soos vers 11: ďEk sal self my kleinvee soek..Ē en vers 15: ďEk sal self my kleinvee se herder wees...ĒIn hierdie woorde hoor 'n mens die herder se toewyding aan sy kleinvee.Ons kan weet dat die God wat hierdie hoopvolle woorde aan die volk in die ballingskap gerig het, ook ons God is.Daarom kan ons hoor dat Hy vandag vir ons te midde van situasie waarin ons verlies en verlatenheid beleef, sÍ: Ek sal self julle opsoek en na julle omsien.DŪt is die belofte wat ons kan toeŽien.

 

Kom ons keer terug vir 'n oomblik terug na die volk wat die beloftewoord van God se geborgenheid en sorgende teenwoordigheid ontvang het.Hulle was nie vir ewig in ballingskap nie. Hulle het teruggekeer na hulle land en begin met herbouing.Tog was daar nie nou volledig rus en vrede nie.Daar was maar weer vorme van uitbuiting en ongelykheid.So het die behoefte bly voortleef na 'n herder-koning wat regverdig sal regeer. As christene glo ons dat God ag gegee het op die versugting na 'n herder-koning wat in heerlikheid en met regverdigheid sal regeer.Uit die geslag van Dawid is Jesus Christus gebore - die Herder-koning by uitnemendheid.In Joh 10 lees ons hoe Jesus as die goeie Herder hom aan sy skape verbind.Soveel so dat hy bereid was om vir hulle te sterf. Hierdie herder is egter 'n vreemde herder.Die een wat ons moet beskerm en versorg, kan homself nie beskerm teen die onderdrukking van die mense wat hom onskuldig kruisig nie.Die herder lyk weerloos.Hy word 'n geslagte lam. Hy word self swak en weerloos ter wille van sy skape.

 

As ons met geloofsoŽ kyk dan sien ons egter dat dit juis deur hierdie weerloosheid is dat Christus sy heerskappy wys.Hierdie geslagte Lam is ook die een wat opgestaan het en sit op die troon aan die regterhand van God.Hierdeur het dit vir ons moontlik geword om te midde van die realiteit van verlies en verlatenheid die dieper realiteit van God se versorging en geborgenheid te beleef.Daarom kan ons weet: ons het nie horings nodig nie, ons het 'n Herder wat ons versorg en voed.Van tyd tot tyd eet ons as gelowiges saam die brood en drink ons die wyn wat ons herinner: Die herder se liggaam is gebreek en sy bloed het gevloei ... vir ons.Daarom kan ons bely: Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie ... Vanaf volgende Sondag vier ons Advent: Kom ons maak gereed vir diť vreemde Herder-koning wat gekom het en weer kom!

 
Literatuur

Kommentare: Allen, L C (WBC); Blenkinsopp, J (Interpretation);Clements (Westminster Bible Company);Eichrodt, W (OTL);†† Vawter, B en Hoppe, L J (ITC);Zimmerli, W (Hermeneia).

Aanvullend: Augsburg Sermons (OT Lessons - Series A), 251-255;Bohren, R, Trost, 83-91;Brueggemann, W et al, Texts for Preaching: A Lectionary Commentary Based on the NRSV - Year A, 571-573; Brueggemann, W, Israelís Praise, 73-74; Burger, CW, MŁller, BA en Smit, DJ, Woord teen die lig 111/1: Riglyne vir prediking oor vrede, 133-152.