1 februarie 2004

Vierde sondag na epifanie

Liturgiese voorstel

Hierdie liturgiese voorstel behoort in samehang met die basisliturgie vir die Sondae na Epifanie gebruik te word

Fokusteks: Jeremia 1:4-10

Ander tekste: Psalm 71:1-17; 1 Korintiërs 13:1-13; Lukas 4:21-30

Tema: Deur God aangeraak in 創 tyd waar alles deurmekaar lyk.

Hierdie en volgende Sondag het vanjaar elk 地 teks uit die Ou-Testamentiese profete. Die twee tekste het te doene met die opdrag(roeping) van Jeremia en Jesaja wat dus baie goed by epifanie en die herontdekking van ons eie opdrag(roeping) aansluit.

Jeremia 4:I-10 verhaal die opdrag (roeping, commissio) van Jeremia. God begin deur hom daarop te wys dat hy reeds in sy moederskoot deur God afgesonder is vir die opdrag van profeet wees. Jeremia se enigste woorde in die gedeelte is: "... ek kan nie goed praat nie, ek is nog jonk." Onmiddellik na die woorde neem God die gesprek oor. Eers sê Hy Jeremia mag nie sê hy is te jonk nie. God volg hierdie woorde op met Jeremia se opdrag (7b), gevolg deur 地 versekering (8) en 地 teken (9). Dat die Here vir Jeremia sê hy moet stilbly, bevestig dat Jeremia nie 地 keuse het om die opdrag te aanvaar of nie. Terloops, onthou, Jeremia se loopbaan speel in een van die mees chaotiese tye van Israel se geskiedenis af. Dis 地 tyd waar die bekende politieke strukture rondom Israel in duie stort en Juda se geloof (vertroue) en sosiale gewete, uitgedaag word. In die konteksgedeelte van sy preekstudie vir hierdie Sondag stel Ockert Meyer die hele gebeure baie duidelik in perspektief. Hy skryf onder andere so daaroor: "Dit gaan ... nie daarom, dat roeping volgens die profeet `n bepaalde soort struktuur het wat ons moet probeer naspeur en probeer naboots nie. Dit gaan daaroor dat die God wat Jeremia tot sy diens geroep het, vandag nog mense met sy teenwoordigheid aanraak. Dit gaan daaroor dat daar in hierdie aanraking iets gebeur wat ons lewens struktuur gee, iets wat ons op-roep en oorweldig, om ons lewens in iets te verloor wat ons nie vir onsself sou kies nie. Dit is iets wat niks anders is nie as `n soort refleks, `n ant-woord of weer-woord op die Woord wat ons gehoor het."

Hierdie perspektief saam met die ander tekste vir hierdie Sondag kan ons help om 地 verhaallyn vir die liturgie te skep.

Iets oor die ander tekste.

Psalm 71:1-17 is 地 gebed van vertroue. Die skrywer soek in die heiligdom by God skuiling in die vertroue dat God hom kan verlos. Vers 1-3 is die smeekroep en vers 4-6 地 lofprysing. Die skrywer vertrou op God en loof Hom omdat God Hom reeds van voor sy geboorte af beskerm. Hierdie beeld lê 地 sterk band tussen die psalmteks en die opdrag van Jeremia. Hierdie beeld tesame met die roep na God en die openbaring van vertroue in God verleng die opdrag van Jeremia na gelowiges wat kom aanbid.

Psalm 71 kan na die geloofsbelydenis, wat op die preek volg, gesing word as lied van vertroue. Die lied van vertroue gaan op natuurlike manier, oor in 地 loflied. Sien Psalm 71 vers 2 en 3 in die Liedboek (ook ander verse). Die melodie is bekend. Sing dit as lied van vertroue op die Here in wie ons glo en wat ons opdrag gee om uit te gaan. Die vertroue bevestig ook die teenwoordigheid van die Here soos dit in die preek na vore kom.

Die eintlike opdrag en God se teenwoordigheid vra van ons om liefde te doen. 1 Korintiërs 13:1-13 is Paulus se bekende oordenking oor die liefde. Die gemeente was op hierdie stadium besig om met hulle geestelike gawes te spog terwyl elkeen meen sy gawe is beter as die ander een s地. Paulus sê dat hulle met hulle onderlinge wedywering moet end kry en liewer die krag van die Heilige Gees meer moet waardeer. Hy roep die gemeente op tot diens en wys in hierdie verse die gemeente op die mees uitnemende manier om diens te lewer die liefde. Die liefde het bekend geword in Christus en word nou in die lewe van die gelowiges geleef. Die liefde is die brug na ons opdrag maar ook die essensie daarvan. Die opdrag vloei voort in die nagmaal. Indien die nagmaal nie gevier word nie, herinner die gemeente ten minste daaraan dat God se liefde soos in dit in die nagmaal bevestig word van ons 地 ant-woord liefde vra.

Lukas 4:21-30 gaan voort om Jesus se lewe en werk, sy opdrag, te beskryf. Hier word Hy in Nasaret met lof ontvang en uiteindelik verwerp vir dit wat Hy sê, wanneer Hy die gemeente se beroep op hulle eie bevoorregte status bevraagteken. Die mense in Nasaret het aanvaar dat die goeie nuus vir hulle bedoel is en nie vir mense buite hulle kring nie. Die twee voorbeelde, waar Elia juis na die weduwee van Sarfat gestuur is en Elisa Naäman die Siriër genees en nie iemand uit Israel self nie, was vir hulle genoeg rede om Jesus te verwerp. 地 Profeet is nie geëer in sy eie land nie. Die teks kan by die uitsending gelees word, om die gemeente opnuut bewus te maak van hulle opdrag om met liefde na die ander te gaan.

Die opdrag kan ook in die seën aan die einde van die erediens ingewerk word. Die seën is tog nie 創 presentjie van vrede of liefde wat God ons saamgee nie. Die liturg se handpalms wys na onder met die uitspreek van die seën. Dit beteken dat God ons eintlik die hande oplê om Hom voor ander te gaan leef.

Met die uitsending kan die volgende gebed gebid word. Dit kan ook verwerk word om as seën aan die einde van die erediens te dien. Dis 地 ou gebed wat in 1549 op hierdie Sondag in die Book of Common Prayer verskyn. Vry vertaal klink dit so: "Here, U het ons geleer dat wat ons ook al doen, niks werd is nie, as ons dit sonder liefde doen: stuur u Gees en giet u grootste gawe aan ons in ons harte uit, die liefde. Hemelse Vader, gee dat ons nie sonder liefde sal leef nie, want daarsonder word ons as dooies voor U gereken. Skenk dit aan ons ter wille van u Seun Jesus Christus, wat met U en die Heilige Gees leef en regeer, een God, nou en vir altyd. Amen

Preekstudie JEREMIA 1: 4-10

Teks

Jeremia is een van die Bybelfigure van wie ons relatief baie weet (sien ook Preekvoorstel). Hy was die seun van `n priester en het op 24-jarige leeftyd self ook `n priester geword. Op grond van die gegewens oor hom kan afgelei word dat Jeremia waarskynlik ook `n redelik welgestelde man was. Ook van die historiese omstandighede waarin hy opgetree het, weet ons redelik baie. Ons weet dat hy sy roeping in 625 v.C. (sommige kommentare 626 of 627 v.C.) ontvang en gedurende die heerskappy van die laaste konings van Juda as profeet opgetree het: hy het sy preke tot die inwoners van Juda gerig, in die regeringstyd van Josia, Joahas, Jojakim, Jojagin en Sedekia.

Op internasionale politieke terrein het die drie groot magsblokke van Egipte, Assirië en Babilon gedurende sy tyd elk `n mindere of meerdere rol gespeel. Jeremia is tydens die laaste dae van die Assiriese ryk gebore. In sy roepingsjaar het Nabopolassar die Assiriese juk afgegooi. Omtrent 20 jaar later word die Egiptenare by Karkemis verslaan. Dit het die tyd van Babiloniese wêreldoorheersing ingelui.

Die meeste van die sentrale temas in Jeremia se prediking is vir die doel van `n preek oor Jeremia 1 nie werklik ter sake nie. Daarom word hier nie verder ingegaan op die teologie van Jeremia en al die verskillende kwessies daaromtrent nie. Wat hier belangriker is, is om vir `n oomblik by die lewe van Jeremia stil te staan, omdat verskillende kwessies rondom sy roeping, waaroor dit in hoofstuk 1 gaan, in perspektief stel. Hy is uniek onder die profete van Israel, omdat ons waarskynlik veel meer van hom weet as van enige ander profeet van Israel.

Waar ander profete dikwels bloot hulle boodskappe gebring het, sonder om iets van hulle eie krisisse mee te deel, word baie van Jeremia se eie innerlike konflik geopenbaar. Hy het waarskynlik beide fisiek en emosioneel swaarder gehad as enige van die ander profete. Daar was `n aanslag op sy lewe deur die mense van sy eie dorp. Hy het by verskillende geleenthede tye in verskillende tronke deurgebring. Hy is deur priesters, profete, regeringslui en gewone mense uitgesluit en gehoon: "Jeremiah was forever torn between God and Israel, Israel and other nations, big powers and smaller powers, between his lost childhood and his unbearable old age. His is perplexing and intriguing; he arouses every passion from extreme hatred to infinite fidelity; he is an outsider and, as such, is misunderstood. He is, in short, a survivor, a witness. Of all the prophets, he alone predicts the catastrophe, experienced it, and lived to tell the tale. He alone sounded the alarm before the fire, and after being singed by its flames went on to retell it to any who would listen. Whenever we are struck by misfortune, we turn to him and follow in his footsteps; we use his words to describe our struggles" (Elie Wiesel).

Vers 4 begin met die woorde: "Die woord van die Here het tot my gekom". Dit is belangrik om te onthou dat die Hebreeuse woord dābār beide `n objek en `n daad beskryf: "Die eenheid van roep, oordeel, en genesing kan ons die skeppende woord noem" (Miskotte). In die taal van die Bybel taal is dābār `n gebeure, `n volkome spreek van Hart tot hart.

`n Tweede belangrike werkwoord is yāda` (5). As die Here hier sê dat Hy vir Jeremia "geken" het, is dit veel meer as `n intellektuele soort eiening. Dit gaan hier, soos meestal elders in die OT, oor die soort kennis wat `n persoonlike verbintenis impliseer. Daarom word dieselfde woord vir die intieme gemeenskap tussen man en vrou (Gen. 4:1) gebruik, asook vir die Here se toewyding aan Israel (Am. 3:2).

`n Verdere insiggewende woordkeuse is die Hebreeuse woord ntn, wat hier met "aangestel" vertaal word. Die verwagte keuse sou pqd wees, maar ntn word op `n aantal plekke gebruik om `n spesiale soort aanstelling aan te dui (vgl. Gen. 1:17, Eks. 7:1, Jes. 49:6). Dit is voorts belangrik om daarop te let dat Jeremia se aanstelling `n aanstelling vir die nasies is, en nie vir Juda alleen was nie.

Die antropomorfisme van vers 9 (Jahwe se hand) herinner aan die belofte van Deuteronomium 18:18: "Ek sal `n profeet vir hulle na vore laat kom Ek sal my woorde in sy mond lê " Dieselfde motief kom ook by Jesaja (6:6-7) en Esegiël (2:9-3:3) voor. Dat die Here sy hand op Jeremia se mond lê, is `n kragtige manier om te sê dat die Here persoonlik betrokke is by wat Jeremia doen en dat Hy Homself met die woorde van Jeremia identifiseer.

Konteks

Die meeste preke oor Jeremia 1, sluit gewoonlik by die kwessie van roeping aan. Die prediker moet bedag wees daarop dat daar nie probleemloos by die roeping van Jeremia aangesluit kan word en dit gewoon met dieselfde soort aksente kan toepas op wat ons meen ons eie roeping vandag behoort te wees nie.

Eugene Peterson (in sy studie oor Jeremia, Run with the horses The quest for life at its best) wy die grootste gedeelte van sy bespreking van Jeremia 1 aan die roeping op sy naam, aan die verkiesing van Jeremia voor sy geboorte (5) en aan die jeugdigheid van die profeet tydens sy roeping. Uiteindelik kom dit by hom neer op `n lewe waarin `n mens jou nie laat ontmoedig deur jou eie tekortkominge nie, maar waar jy die lewe aanvaar as iets wat rus in `n keuse van God. Dit is nie `n keuse wat mens oproep om iets of iemand te probeer wees nie, maar wat oproep tot getrouheid aan dit wat ons gesien en gehoor het, aan dit wat ons inderdaad is.

Smelik kyk in sy postille na hierdie teks vanuit vier perspektiewe wat in die perikoop vir hom opval. Dit is roeping, opdrag, besware en bekragtiging. Soos Peterson doen Smelik baie moeite om aan te toon dat die God wat roep, terselfdertyd die God is wat self die gehoorsaamheid aan die roeping realiseer.

Miskotte het 地 uiters diepsinnige meditasie oor dié perikoop in Als de goden zwijgen. Hy begin met die woorde: "Die oorgang van `n profetiese roeping na `n gewone een is baie moeilik. Die moeilikheid lê daarin dat ons gewone lewe en ons gewone werk gewoonlik nie meer in die teken van `n roeping staan nie." Hy gaan voort om te sê dat dit inderdaad `n geldige vraag is of hierdie verstaan van roeping nog hoegenaamd moontlik is in die samelewing waarin ons leef. Hy meen dat `n mens nie moet probeer om die homiletiese brug na `n teenwoordige charismatiese soort geroepenheid of na die "apostoliese" aspek van ons daaglikse werk te slaan nie: "De focus van de pericoop kan alleen dán een teenwoordig licht uitzenden, als ze wordt erkend; het gaat hier toch om het spreken en handelen Gods, van deze God, in de geschiedenis, in de zó bepaalde geschiedenis, door een kritisch oordeel, een zó gekwalificeerd oordeel; door een mensenwoord, een op déze wijze voortgebracht mensenwoord. De 喪oeping is de reflex van een Nabijheid en een Bedoeling, een weerschijn van wat God is, een neerslag, een echo van wat Israëls God met de wereld tijdens de Godsverduistering vóórheeft, waarin juist begonnen is wat wij wereldgeschiedenis noemen."

Dit gaan met ander woorde nie daarom dat roeping volgens die profeet `n bepaalde soort struktuur het wat ons moet probeer naspeur en probeer naboots nie. Dit gaan daaroor dat die God wat Jeremia tot sy diens geroep het, vandag nog mense met sy teenwoordigheid aanraak. Dit gaan daaroor dat daar in hierdie aanraking iets gebeur wat ons lewens struktuur gee, iets wat ons op-roep en oorweldig, om ons lewens in iets te verloor wat ons nie vir onsself sou kies nie. Dit is iets wat niks anders is nie as `n soort refleks, `n ant-woord of weer-woord op die Woord wat ons gehoor het.

In die prediking is dit ook belangrik om in gedagte te hou dat ons in `n tyd leef waarin nie alleen die aard of die inhoud van die Openbaring onder verdenking is nie, maar inderdaad die Openbaring self. Adrio König maak die opmerking dat ons meestal uit die Bybel preek, maar selde of ooit oor die Bybel. Die saamhang van roeping en openbaring gee `n mens `n gulde geleentheid om as 稚 ware dieper in die roeping in te kom. Aangesien die teks deel van die Epifaniesiklus is, is Jeremia 1 uiters geskik om, veral as mens die Openbaring soos wat dit hier beskryf word, opgeneem en oordink te word.

Die preek wat volg, kom op uit 地 baie bepaalde konteks. As agtergrond hiervan moet die gesprekke in die pers gelees word waarin die geldigheid en selfs die waarheid en waarde van die Skrif telkens onder verdenking geplaas word.

Preekvoorstel

In feitlik al die Afrikaanse dagblaaie is daar die afgelope jaar of wat talle debatte waarin die gesag en die betroubaarheid van die Skrif onder skoot kom. Baie van die deelnemers aan die debat bevraagteken die aktuele waarde van die Bybel en meen dit het tyd geword het om die Bybel te hersien. Iets wat veral vir Gereformeerde ore byna lasterlik klink.

Nou kan `n mens tereg vra: Kan dit gedoen word? Daar is tog baie gedeeltes in die Bybel wat selfs gelowiges nooit lees nie en wat selfs die mees toegewyde gelowiges nooit sal droom om te doen nie. Die dieper vraag wat egter hierin sit, gaan oor die betroubaarheid van die Openbaring. Hoe weet ons dat dit God is wat in sy Woord aan die woord is?

Dit is onmoontlik om hier `n volledige antwoord op so `n vraag te gee, aangesien ons maar net met die teks van Jeremia 1 besig is. As ons wel hierdie vraag op Jeremia toespits, kan ons ook vra: Hoe weet ons dat dit Jeremia is wat namens God praat? Daar was tog baie ander profete ook, mense wat ander ervarings van God gehad het. Wat maak dat ons kan sê dat Jeremia se uitsprake eg en betroubaar is? Wat gee ons die reg om die ander profete as valse profete te beskou? Veral aangesien die valse profete nie noodwendig slegte of valse mense was nie?

Ons is half gewoond om aan die valse profete te dink as wolwe in skaapsklere. `n Klomp valse bedrieërs. Dit was hoegenaamd nie so nie. Die tyd waarin Jeremia geleef het, was `n tyd van politieke onstabiliteit en onsekerheid. Israel was as 稚 ware vasgevang in die web van internasionale politiek. Hulle buitelandse sake was in chaos. In dié tyd was daar talle profete werksaam. Die profete het mense se onsekerheid en vrees gesien, en hulle probeer troos. Hulle het die mense probeer bystaan in die wêreld wat vir hulle groot bedreiging ingehou het.

Dit is interessant om te sien dat Jeremia eintlik nie die opregtheid van die valse profete betwyfel het nie. Hy veroordeel hulle nie vir hulle valsheid nie, maar wel omdat hulle hul drome vir `n boodskap van God aangesien het. Hy veroordeel hulle omdat hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink (Jer. 23). Die vraag is nou: Wat sou hom die reg gee om so iets te doen? Ons moet onthou dat die profete nie met `n naïewe, primitiewe klomp mense gepraat het nie. Die wêreld waarin Israel geleef het, was die wêreld van Pytagoras, prins Siddharta en Saphos; dit was `n tyd waarin merkwaardige beskawings en kultuur in die buurstate van Egipte en Babilon geblom het. Die Jode sou nie enigiets vir soetkoek opeet nie. Om die waarheid te sê, hulle het ook feitlik nooit vir Jeremia geglo nie, maar verkies om na die ander profete te luister.

Waarom sal ons kan volhou dat Jeremia die ware profeet was? Wat weet ons immers van hom?

Hy is in die jaar 645 v.C. gebore. Hy was `n priester uit Anatot in Benjamin. Van die 12 stamme het dié van Benjamin die slegste met die verdeling van die land gevaar. Hulle het `n deel gekry waarin die droë woestynwinde geheers het; `n droë, arm en droewige deel. Jeremia was omtrent 22 jaar oud toe hy vir die eerste keer by die openbare lewe betrokke geraak het. Hy was vir langer as 10 jaar in die tronk. Hy het meer vyande as vriende gehad. Hy is deur baie mense daarvan beskuldig dat hy onpatrioties is en selfs dat hy mal is. Hy het nooit getrou of enige kinders gehad nie en het op 60-jarige ouderdom as banneling in Egipte gesterf.

Wat op aarde sou die kerk daartoe bring om te sê en vir meer as 2 000 jaar daaraan vas te hou, dat ons in hierdie man se woorde, die Woord van God hoor? Die antwoord op dié vraag lê in groot mate reeds in die eerste hoofstuk van Jeremia opgesluit. Ons lees in vers 4 dat die woord van die Here tot Jeremia gekom het met die nuus dat Hy hom gekies het tot profeet. Waarop Jeremia onmiddellik antwoord dat hy nie welsprekend is nie, maar veral dat hy nog te jonk is.

Iemand het hierop die opmerking gemaak dat net in hierdie kort stukkie dialoog reeds iets merkwaardigs sit. As ons aan die openbaring van God dink, dan dink ons aan die woorde van God. Openbaring is God se woorde alleen. Dit geskied in `n monoloog. Die merkwaardige van die Bybelse openbaring is dat dit in dialoog plaasvind. God praat en mense antwoord. Maar nog meer merkwaardig, God roep en mense weier.

As Jeremia hier sê dat hy nie goed kan praat nie, bedoel hy waarskynlik nie dat hy nie welsprekend is nie, maar dat hy waarskynlik nie durf praat nie. Wat weet hy as 22-jarige immers van wêreldpolitiek? Wat hy dus sê, is: "Here, Ek is te jonk vir dit waartoe U my roep; hierdie opdrag is buite my vermoë." Daarop antwoord die Here: "`n Profeet is nóg jonk, nóg oud; hy is tydloos. Hy sê nie wat hy dink hy moet sê nie; hy sê wat Ek hom beveel om te sê" (Elie Wiesel). Sonder dat die Here vir Jeremia dan `n kans gee om weer te antwoord, steek Hy sy hand uit, raak Jeremia se mond aan en sê: "Ek het nou my woorde in jou mond gelê " Met dié gebaar beëindig die Here Jeremia se persoonlike lewe, en word hy ingelyf in `n sending, `n opdrag, wat vir hom alleen die vervreemding en verwerping van mense op die hals sou haal.

Weer die vraag: Wat gee dié man wat in sy eie woorde nie wysheid of kennis of ervaring het nie en daarmee saam al die ander Bybelse profete, die reg om daarop aanspraak te maak dat hulle `n woord van God het en dat hulle nie besig is met een of ander verbeeldingsvlug nie? Dit is duidelik dat die waarmerk vir die egtheid van Goddelike openbaring in geen sigbare teken of gebeurtenis geleë was nie. Openbaring aan die profete is nie vergesel van `n hoorbare stem, of `n sigbare lig nie. Daar was feitlik nooit donderweer of weerlig uit die blou hemel nie. Selfs al was al die natuurwonders daar, sou mense dit as besondere natuurverskynsels sien, en nie as God nie.

Die egtheid van die profetiese openbaring lê dus nie in enige sigbare teken of uiterlike gebeurtenis nie. Die egtheid van die profetiese openbaring lê nie eens daarin dat die profeet `n ervaring van God gehad het nie. Presies die omgekeerde is waar: Dit lê daarin dat dit God is wat `n mens deel van sy ervaring gemaak het. Daarin dat God iemand geroep, oorweldig en in besit geneem het. Die merkwaardige en egtheid van die profete lê nie daarin dat hulle gesê het wat hulle geglo en gedink het nie, maar daarin dat hulle gesê het wat hulle nie gedink en geglo het nie. Hulle het gesê teen alle menslike kennis en oordeel in wat God gedink het.

Oor hoe en in watter vorm hierdie openbaring en die gesprek met God plaasgevind het, weet ons nie. Ons kan dit probeer meet aan ons verstaan van openbaring en van ons ervaring van God, maar ons verstaan van God en openbaring word grotendeels gevorm en gekleur deur die tyd waarin ons self leef; `n tyd wat nie raad het met openbaring nie, waarin mense die gordyn voor die hemel toegetrek en van God afgesluit het.

Maar die "hoe" van die openbaring is ook nie die beslissende hier nie. Hoe besonders die storie van Jeremia en sy roeping ook al is, ons glo dit nie alleen omdat Jeremia so gesê het nie. Soos wat ons nie vir Moses, of Jona, of Lukas, of Paulus glo, bloot omdat hulle dit gesê het nie. Die betroubaarheid van die Bybel lê nie in die laaste plek in die betroubaarheid van Jeremia, Moses of Paulus se getuienis nie.

Ek kan dit ook anders stel. Daar is `n vraag wat nog belangriker is as die vraag of die Bybel van God kom. Belangriker as die oorsprong van die Bybel in God is die teenwoordigheid van God in die Bybel. Dit is deur die herkenning van die teenwoordigheid van God in die Bybel, deur die ervaring dat hierdie woorde in die Bybel as iets van Buite, van anderkant my verstaan en begrip, op my beslag lê, my lewe aangryp, my iets, nee, Iemand laat hoor en sien, wat ek met my ore nooit kan hoor en met my oë nooit kan sien nie. Dit is deur die herkenning van die teenwoordigheid van God in die Bybel wat ek die oorsprong van die Bybel by God kan vind.

Om dieselfde van `n ander hoek te verduidelik. Daar is geen objektiewe getuienis, geen manier hoe ons vandag in `n hof hoe objektief dit ook al mag wees sou kon vasstel of Lukas die waarheid vertel as hy sê dat Jesus opgestaan het nie. Die opgestane Jesus moet Homself eers in ons lewens openbaar voordat ons die egtheid van Lukas se verhaal sal kan verstaan.

In `n onderhoud met Steve Hofmeyr sê dié kunstenaar dat ons moet erken dat die Bybel `n sterk menslike invloed het. Hy痴 nie reg as hy dit sê nie. Die Bybel het nie `n sterk menslike invloed nie. Die Bybel is volledig menslik. Dis volledig menslik daarin dat dit deur mense geskryf is. Net soos wat die Bybel volledig Goddelik is, daarin dat die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Jesus Christus, in hierdie menslike spreke ingegaan en Homself daarin geopenbaar het, en daarin met ons praat.

Daarom wil ek afsluit. As ons sê dat ons die Bybel herken as God se woord, beteken dit nie dat ons gaan soek om elke uitspraak aan my of die wetenskap se verstaan van logika of betroubaarheid te onderwerp nie. Dan beteken dit dat ons iets hoor wat in ons tyd dalk vreemd of aanstootlik mag klink, maar wat in `n ander tyd, in ander omstandighede en vir ander mense, anders geklink en veel beteken het, maar iets wat nietemin `n mens se lewe op `n bepaalde moment kan oorspoel met hoop en sin en verwagting.

Juis die dele in die Bybel wat in ons tyd aanstoot gee en vreemd klink, kon in `n vorige geslag en dalk vir 地 volgende geslag, die woord wees wat lig en uitkoms bring. Soos wat in die verlede inderdaad al dikwels gebeur het. Die Bybel soos ons dit vandag het, is nie `n klomp verse wat deur `n bepaalde klomp mense bymekaar gegooi is wat onder die indruk was dat hulle die magtiging van God daartoe gehad het nie. Die Bybel soos ons dit vandag ken, het sy oorsprong oor `n tydperk van amper 1 000 jaar gehad. Daar was meer as 70 skrywers. Dit is eers mondeling oorgedra en later op skrif vasgelê. Dit is deur honderde geslagte geweeg en getoets en swaar genoeg bevind.

Die Bybel vertel nie van wette nie, maar van `n geskiedenis, `n egte geskiedenis van God met `n egte volk. `n Geskiedenis van ontrou en pyn, van ondergang en opstanding. `n Geskiedenis van oordeel en van genade. Daarom kan ons vandag nog in ons eie vreemde geskiedenis ontdek dat ondergang en oordeel deel is van die manier waarop ons mekaar behandel, vandag nog. Maar dat daar iets gebeur het, dat God deur mense gespreek het, en dat ondergang en oordeel daarom nie die finale woord is oor die mensdom nie.

Die laaste woord behoort aan God. Dit is `n woord van opstanding en genade.