Jesaja 61:10-62:3-17 (Ockert Meyer)

26 Desember 1999

Eerste Sondag na Kersfees

 

Ander tekste: Psalm 148; Lukas 2:22-40; Galasirs 4:4-7

Die goeie nuus is nou bekend!

Teks

Jesaja 61 en 62 maak 'n deel uit van Trito-Jesaja, die derde groot deel van die profetiese boek. Die meeste uitleggers stem daaroor saam dat hoofstukke 60 62 die kern uitmaak van hierdie laaste deel van Jesaja.

Die politieke situasie kan waarskynlik geplaas word kort (so min of meer 20 jaar) na die ballingskap met die terugkeer van die eerste groepe van ballinge na Jerusalem.

In 538 vC het die uitvaardiging van die bevel gekom dat die ballinge na die beloofde land mag teruggaan en dat die tempel herbou mag word. In die eerste twintig jaar nadat hierdie bevel uitgevaardig is en die eerste ballinge teruggegaan het, het daar egter weinig gekom van die ho verwagtinge wat die volk gekoester het. Vir sekerlik die groot meerderheid van die volk is die situasie uiters teleurstellend. Van die herbou van die tempel het daar nog niks gekom nie. Die mense wat na jare van ballingskap terugkeer vind dat alles gedurende hulle afwesigheid verander het. Hulle moet opnuut hulle plek in die veranderde situasie vind.

Van der Woude vat die situasie hier as volg saam: "Misoeste, ho kostes, onveiligheid, selfsugtige onderdrukking van die armes, godsdienstige veelgodedom en sinkretisme en veral 'n stryd om die besitreg van grond."

Te midde van die onsekerheid en verwarring kom die klag dat God sy volk in die steek gelaat het. Jesaja 61 en 62 is die antwoord op hierdie klag van die volk.

Dis belangrik om te verstaan dat die profeet nie hier vir hulle vertel van die heil wat gaan aanbreek met die einde van die ballingskap nie. (Dit weet hulle immers uit eerstehandse ervaring dat dit nie met hulle terugkeer gerealiseer het nie.) Hy is besig om met hulle te praat oor die implikasies van die vrede van God; maar hy is tegelykertyd ook die enigste een wat die geloofsmoed het om dit te waag om as 't ware oor sy eie tyd heen te kyk na die vervulling van God se beloftes. Met ander woorde, die terugkeer uit die ballingskap was soos die eerste paaiement wat begin uitbetaal. Daar is nog veel meer wat op God se volk wag. Maar meer as dit, Jesaja verkondig ook dat die beweging van God mr insluit as net Israel.

Anders gestel, die vrede van God het nie alleen vir Israel in die oog nie. Die vrede van God gaan deur God self uitgebrei word oor al die volke van die wreld.

Westermann meen dat vers 11 die gedagte van vers 9 verder ontwikkel en dat dit dus eintlik op vers 9 moes gevolg het. Dit gaan dan hier oor die sen van die Here wat lei daartoe dat die redding soos plante uitspruit, groei en gedy. Volgens hom is vers 10 'n eenheid op sigself, wat 'n ooreenkoms met die lofliedere toon.

Vers 10 begin met die woorde "Ek is baie bly...." In Afrikaans word die feit dat dit 'n besondere sterk uitdrukking is, nie baie goed deur die vertaling weergegee nie. Brueggemann vertaal dit in sy kommentaar met die woorde "I will greatly rejoice..." Die spreker is gevul met die vreugde van 'n bruidegom, die blye verwagting van 'n bruid. Dit is opvallend dat die liturgiese taal hier die beeld van militre drag (59:17) laat vaar ter wille van huweliksdrag.

Hierdie visie wil die volk, wat voortdurend in die versoeking kom om in desperaatheid te verval, van hierdie versoeking verlos. Dit gaan oor die visie van 'n herstelde gemeenskap wat iets besonders sal wees; iets wat 'n indruk op die nasies sal maak. Anders gestel, dit gaan hierin daaroor dat die ewigdurende verbond sy konkrete gestalte in 'n nuwe sigbare en herstelde gemeenskap kry.

Uit die begin van Hoofstuk 62 is dit duidelik dat dit Jahwe is wat besluit het om die stilte te verbreek. Hy maak Homself hoorbaar ten behoewe van sy volk.

Hierdie nuwe toewending van die Here na sy volk mond uit in 'n naamsverandering wat oor hulle voltrek word. (vers 2) Dit is geweldig betekenisvol omdat 'n naamsverandering gedui het op 'n nuwe identiteit, 'n nuwe geleentheid en op nuwe lewe in die wreld. Israel se "ou" identiteit het ingehou dat hulle 'n verstote volk was, 'n volk wat deur die nasies gesmaad en deur Jahwe verlaat is (37:4; 54:6-8. Vergelyk ook Ps 22:1, Jer 30:17, Klaag 5:20). Dit gaan alles verander. Nou gaan hulle 'n naam kry wat die Here self vir hulle gekies het. 'n Nuwe identiteit waarvoor die Here self borg staan.

Konteks

Dit is waarskynlik so dat die RCL se keuse vir di teks op die eerste Sondag na Kersfees gemotiveer is deur veral die gedagte dat die vreugde voortduur, dat die kerk van Christus in en deur sy geboorte 'n nuwe identiteit ontvang het en dat hierdie verlossing iets is wat die nasies betrek, dat die nasies by hierdie vreugde ingetrek is.

Die aard van die Kersvierings (anders as wat die geval met Paasfees is) is dikwels soos 'n groot partytjie waaraan feitlik almal deel het, en dikwels het 'n mens die ervaring dat die vreugde nie veel diepgang bereik nie. Op Kersdag sit die kerke gewoonlik vol mense, mense wat 'n jaar later dalk weer hulle verskyning daar sal maak. Voorts is Kersfees so gelaai met ander sentimente, byvoorbeeld die versterking van gesins- en familiebande, die simbool van vakansie, geskenke ensovoorts dat die ware Kersvreugde maklik vermeng word met allerhande ander motiewe.

Die eerste Sondag na Kersfees is die ervaring van die meeste kerkgangers meestal nie die van 'n fees wat voortduur nie, veel eerder van 'n fees wat verby is en 'n mens net armer gelaat het. Binne so 'n konteks is hierdie teks egter uiters geskik, aangesien iets van die ambivalensie van die Kerservaring ook in die teks sit. Die teruggekeerde ballinge het waarskynlik ook meer verwag as wat gekry het. Die profeet praat ook met 'n volk wat die realisering van God se belofte deelagtig word, maar 'n volk wat steeds, ten spyte van die terugkeer, nog met misoeste, wetteloosheid en 'n grondstryd opgeskeep sit.

Daar is skynbaar nie veel preke wat oor hierdie perikoopindeling gaan, beskikbaar nie. Die een waarop ek wel die hande kon l, is een van Joyce Sandberg uit die Augburg Sermons reeks. Dit is geskryf met die oog op die tweede Sondag na Kersfees.

Sy begin die postille met 'n storie oor 'n diefstal wat gefaal het as gevolg van klere. Die twee diewe het 'n slim plan beraam waarvolgens een van hulle soos 'n polisieman sou aantrek, wat met die diefstal 'n "mislukte poging" sou aanwend om sy makker te vang. Alles het vlot verloop, behalwe vir een probleem. Die sogenaamde polisieman het so outentiek gelyk dat almal by hom vir hulp kom aanklop het. Nadat hy die hele dag soos 'n eerlike polisieman opgetree het, het hy, waarskynlik uit (goeie) gewoonte, sy makker gearresteer toe hy, soos afgespreek, van die misdaadtoneel probeer ontvlug het!

Aspoestertjie is min of meer dieselfde storie. Deur 'n toorwoord ontvang sy 'n pragtige rok en uiteindelik daarmee saam, die man van haar drome. Alles net as gevolg van haar klere.

Sandberg sluit hierby aan en s dat God ook vir Israel so getooi het met 'n bruidsuitrusting. God het die verslete en verwaarloosde Israel soos 'n bruid aangetrek!

Na die sing van die Kersliedere, na die viering van die geboorte van geregtigheid, wat sal ons aantrek om voor God te verskyn? Ons selfgemaakte kleed van goeie werke of van selfgeregtigheid? Sonder God se klere sal ons egter maar steeds in vodde gekleed gaan. As ons God se geskenk aanvaar, sy klere (om die metafoor voort te sit), word ons versierings wat God dra om sy eie krag en skoonheid te vergroot.

Maar, gaan Sandberg voort, hierdie mooi klere van God is nie alleen partytjieklere nie, maar ook werksklere. Dit is sterk klere, wat bedoel is vir elke dag se harde werk in God se akker. "Christ is born...righteousness is now here to cover your nakedness. The time to be clothed is now. Life begins now. God is ready to wash you up and help you put on new clothes...clothes he made for your day......When you get up...every morning ... throw your soiled, old clothes into God's hands. There's a new outfit God has sewn for you. Put on God's righteousness...."

Dalk is dit soms ook goed om 'n voorbeeld te gee van hoe 'n mens nie behoort te preek nie.

Preekstudie

Daar is 'n bekende Joodse legende oor twee rabbi's wat sit en debatteer oor die feit of die Messias nie dalk al na die aarde toe gekom het nie. Hulle het die Skrifte en die wyses aangehaal, mekaar behoorlik gestook met argumente na albei kante toe. Uiteindelik het een van hulle om die argument te besleg na die venster toe gestap en die ander een beveel om uit te kyk: "kyk buitentoe, en kyk hoe lyk die wreld. As die Messias reeds hier was sou dit nie so gelyk het nie."

Die Sondag na Kersfees is sekerlik nog veronderstel om in die teken te staan van die voortgang van die Kersvreugde. Maar soms beleef 'n mens op hierdie oggend juis die teendeel hiervan. Dit is veel eerder soos die oggend nadat ons 'n groot partytjie by die huis gehad het ter viering van die een of ander groot geleentheid. Die herinneringe van die fees l nog vlak en oral is die tekens van die fees nog te siene. Maar in plaas van die opgewondenheid wat die partytjie voorafgaan, is daar nou alleen 'n soort le gevoel; die leegte van iets wat gekom en toe verby gegaan het. Sonder dat iets werklik verander het.

Miskien is dit gepas dat ons as die gemeenskap van die gelowiges op die Sondag bestek opneem en kyk na dit wat met Kersfees gebeur het. Dat ons met die nugterheid wat die terugskouing verleen vir onsself rekenskap gee van die wyse waarop Kersfees ons lewens aanraak en hoe dit ons perspektief op die realiteite wat ons in die nuwe jaar in die o moet kyk, moet bepaal.

Hierin is die mees belangrike vraag wat ons moet beantwoord dt: Wat is dit wat ons ten diepste met Kersfees vier en hoe verander dit ons lewens?

Om die eerste vraag te beantwoord sal vir die meeste van u waarskynlik baie voor die handliggend lyk. Ons vier tog uiteraard die koms van Jesus Christus, die Seun van God na die aarde.

Die probleem is egter: Dis wat ons alte maklik antwoord, maar hoe sou ons dan onsself verantwoord teenoor die rabbi wat ons aan die begin oor gepraat het. Wat sal ons aan 'n wreld s wat ook hierdie vraag vra: Wat het verander? Gaan kyk maar gerus by die venster uit, gaan kyk maar gerus na die nuus, gaan lees maar net so nou en dan 'n koerant. Die effek van Kersfees blyk veel duideliker uit die omset van besighede oor hierdie tyd van die jaar as wat dit blyk in die teenwoordigheid van vrede en geregtigheid oor die wreld heen.

Jesaja 61 en 62 maak volgens baie kommentatore die belangrikste deel of die kern uit van die sogenaamde derde deel van die profetiese boek. Die bevel dat die Jode na hulle eie land mag terugkeer en dat hulle mag begin met die herbou van die tempel het in 538 vC gekom. Die mense met wie hier gepraat word, is na alle waarskynlikheid die eerste van die ballinge wat na hulle eie land en na Jerusalem teruggekeer het..

Daar het nou reeds so min of meer twintig jaar verloop sedert die eerste van die ballinge in Jerusalem aangekom het. Gedurende hierdie tyd het daar egter weinig gekom van die ho verwagtinge wat die volk gekoester het. Van die herbou van die tempel het daar nog niks gekom nie. Die mense wat na jare van ballingskap terugkeer, het gevind dat alles gedurende hulle afwesigheid verander het. Met hulle eerste oeste het dit nie goedgegaan nie, hulle het hulleself onveilig gevoel, het 'n stryd gevoer om hulle grond terug te kry waarop ander mense hulleself intussen tuisgemaak het. Boonop was ook gekonfronteer met 'n situasie waarin daar 'n verskeidenheid van gode in die land aanbid is. Hulle moet hulleself weer aanpas in 'n situasie en in omstandighede wat aan hulle totaal vreemd is.

Soos wat 'n mens kan verwag het die mense na hierdie situasie gekyk en onmiddellik een gevolgtrekking gemaak: Die Here het hulle in die steek gelaat. In hierdie perikoop probeer Jesaja 'n antwoord gee op hierdie klagtes van die volk. Met sy antwoord probeer hy vir hulle help om as 't ware oor en verby die onmiddellike probleme te kyk, om vir hulle daarvan te verseker dat die terugkeer uit die ballingskap bloot die begin van herstel van God se volk beteken.

Dit sal vir die meeste van ons nie moeilik wees om te identifiseer met die vrese en die frustrasies van Israel nie. Gewoon omdat dit ook deel van die werklikheid van hierdie wreld is wat ons rondom ons sien. Ons sien die stryd, die vrees en die verwarring wat onder die mense heers. Maar ons sien baie min, ook gedurende die Kerstyd, van die vrede van God, van die nuwe wreld wat God self aan die bou is. Ons sien baie min daarvan omdat ons ook net soos Israel na die geskiedenis kyk. En omdat ons net soos Israel na die geskiedenis kyk, het ons net soos hulle die profetiese geloofsmoed en geloofsvisie nodig.

Alhoewel ons weet dat ons situasie hemelsbreed van Israel verskil, nie alleen in die sin dat ons millennia van mekaar verwyder leef nie, maar veral in die sin dat ons terugkyk op die gebeure waarop Jesaja nog net gehoop het, naamlik die koms van die Kneg van God, weet ons ook dat dit waarna die Ou-Testamentiese volk uitgesien het nie 'n einde gemaak het aan die geweld en die stryd in die wreld nie. Soos die rabbi tereg opgemerk het: Gaan kyk maar net by die venster uit. Met die koms van Christus het daar nie universele vrede oor die wreld uitgebreek nie. Allesbehalwe.

Maar iets het tog verander. Iets geweldigs het verander. Ek wil hierdie verandering wat ons so selde verstaan met behulp van die volgende vertelling probeer duidelik maak.

The color of water is 'n boek wat geskryf is deur 'n swart Amerikaner as 'n huldeblyk aan sy wit Joodse moeder. In die boek word die verhaal van sy moeder parallel aan die van sy eie geskryf. Sy ma, Rachel, of Ruth soos wat sy haarself later genoem het, het grootgeword as die oudste dogter van 'n soort lekeprediker-rabbi. Haar verhaal is een van onvoorstelbare swaarkry onder 'n pa wat haar nie alleen gemolesteer het nie, maar wat die lewe vir haar en die res van die gesin 'n soort lewende hel gemaak het. Die resultaat hiervan was dat sy nie alleen in vrees vir haar pa geleef het nie, maar dat sy as gevolg van die manier waarop hy haar behandel het ook geen selfbeeld gehad het nie.

Dit is aangrypend om te lees hoe haar ontmoeting met James se pa, maar veral hoe haar weergeboorte in Jesus Christus, haar lewe verander het. Sy s van haar swart man: "Hy het my lewe verander. Hy het vir my geleer van 'n God wat my opgetel het en my vergewe het en my nuutgemaak het. Ek was gelukkig om hom te ontmoet anders was ek waarskynlik 'n prostituut of dood gewees. Wie weet wat van my sou geword het? Ek is weergebore in Christus. Moes ook seker wr-gebore word na wat ek alles deur is."

Ruth se weergeboorte was nie alleen 'n onderbreking van haar lewe nie, dit was in die volle sin van die woord die einde van een lewe, die einde van 'n lewe van vernedering en vrees en die begin van 'n nuwe lewe, 'n lewe van aanvaarding, van vergiffenis en onvoorwaardelike liefde. Haar geboorte in Christus was die einde van 'n lewe wat eintlik niks anders was as 'n stadige en 'n wrede sterwensproses nie en die begin van iets wat te midde van al die swaarkry en ontbering en vernedering deur ander mense vir haar betekenis gegee het en haar die krag gebied het om twaalf kinders groot te maak wat almal deur haar eie sinvolle lewe genspireer is om self betekenisvolle lewens te gaan lei.

Met Jesus se koms het dit wat in die lewe van een mens gebeur het, met die geskiedenis gebeur. Met Jesus se koms het dit wat in die lewe van iemand soos Ruth gebeur het, met die tyd gebeur. Die geskiedenis van die mensdom, die tyd is weer gebore. God het die horlosie van die geskiedenis wat soos 'n uurglas byna leeggeloop het, weer gestel, die tyd weer laat begin.

Net soos wat Ruth se lewe niks anders as 'n stadige sterwe beteken het nie, so was die geskiedenis van die mensheid ook niks anders as 'n verhaal van voortdurende mislukking en stadige sterwe nie. Gesien vanuit die perspektief van God, was die mensdom 'n mislukte projek. 'n Mens kan as 't ware s dat God net een opsie oor gehad het en dat dit was om die projek te beindig.

In 'n sekere sin is dit presies wat toe gebeur het. God het die geskiedenis, die tyd laat uitloop. Maar nie uitloop in die sin van vernietiging nie, maar uitloop in die sin van voltooiing. God het die geskiedenis laat uitloop in Jesus Christus.

God het die era van menslike mislukking en ontrou afgesluit. En Hy het 'n nuwe geskiedenis begin. Sy eie geskiedenis.

Die verskil tussen die eerste en die tweede era l hierin: in die tyd voor Christus het die mensdom klaaglik gefaal daarin om hom aan God te bind.

In die tyd van Christus het God Homself aan die mens verbind. In Christus het God Self kom doen wat die mens 'n ewigheid gegun was om te doen.

As ons s dat die tyd in Jesus weer-gebore is, beteken dit nie dat die mensdom 'n nuwe verlede ontvang nie, maar dat die mensheid in Jesus 'n nuwe toekoms ontvang. Boonop is Jesus se koms nie net 'n nuwe geboorte van die tyd nie, dit verander die uitsig van die mensdom. Ons hoef nie meer te hunker na die verlore paradys nie, maar ons kan vooruit kyk na die nuwe stad.

'n Mens kan by die venster gaan uitkyk. Solank as wat jy net na die verlede kan kyk, is dit ook al wat jy sal raaksien. Net soos wat 'n mens na Ruth sou kon kyk en steeds dieselfde vrou sou raaksien. Maar dit en dis dieselfde geheim van die geskiedenis is 'n leuen. Ruth is dieselfde vrou, maar sy het 'n nuwe lewe ontvang.

Dit is dieselfde met die geskiedenis. En hierdie geskiedenis, hierdie tyd, ons tyd het 'n nuwe uiteinde, 'n nuwe bestemming ontvang. Dit is weer gebore. God het Homself onherroeplik aan ons verbind. Dit gaan nie soseer daaroor dat die kalender weer op nul gesit is nie, maar dit gaan daaroor dat God deel van die tyd, deel van ons tyd en ons geskiedenis kom word het. Ons geskiedenis het ook God se geskiedenis geword. Waarheen God op pad is, daarheen is ons ook op pad. Wat God ook al vir die einde van die tye voorsien, dit is ook ons einde.

Daar is ook 'n ander manier van kyk na dit wat die rabbi's en dit wat ons vandag nog buite die vensters sien. En dan s die verhaal van Jesus se koms na die wreld: God het hierdie wreld, met sy stryd, met sy geveg om oorlewing, net soos wat hy is, aan sy bors kom druk in Jesus Christus. Ons kan vandag nog na buite gaan kyk en weet: God het in hierdie wreld kom woon. Te midde van alles waarvoor ons nie kans sien nie, te midde van dit waarvoor ons terugdeins.

Jesaja leer ons en help ons om vandag nog te verstaan: sien is nie glo nie. Veral nie as dit by God kom nie. Ons o kan ons bedrieg. Want die een ding wat Jesaja juis doen is om God se volk te help om verder te kyk as hulle eie mislukte geskiedenis en om dan iets van God se geskiedenis raak te sien.

Die God van Jesaja is ook ons God. Die toekoms wat Jesaja sien is ook ons toekoms. Die lied van Jerusalem sal die lied van die wreld word. Die fakkel wat in Israel brand, is die lig van die wreld.

 

Bibliografie

Brueggemann, W: Isaiah 40-66 (WBC),