18 Augustus 2002

Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Jesaja 56.

Ander tekste: Psalm 67:2-8; Romeine 11:13-15, 29-32; Matteus 15:21-28.

INLEIDING

Hierdie uitbreiding op die basiese liturgie vir Koninkrykstyd probeer, in aansluiting by die fokusteks en die ander

tekste, om die aksent op die universaliteit van die geloofs- en aanbiddingsgemeenskap te plaas.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Ons betree in die geloof die teenwoordigheid van dié God wat die mense van die hele aarde oproep om Hom te

eer.

"Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop

sonder geld en sonder om te betaal ..." (Jes 55:1).

Votum

Psalm 67:1-8.

Liturg: Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, sodat sy dade oor die

hele aarde bekend mag word, sy reddende krag onder die nasies.

Gemeente: Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!

Liturg: Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei.

Gemeente: Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!

Liturg: God, ons God, het ons geseën. God het ons geseën.

Gemeente: Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Die mense op die hele aarde moet U eer.

Antwoord op seëngroet

Gesang 5:3/NSG 10:3, gevolg deur Gesang 12 (nie in NSG nie) of JSB 2 lied 3.

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Skriflesing 1

Romeine 11:13-15, 29-32.

Sang

Gesang 309:3/NSG 347:3.

Skriflesing 2

Jesaja 56:1-8.

DIENS VAN DIE TAFEL

Gereedmaak van die tafel

Gesang 264:5/NSG 216:5, gevolg deur Gesang 223:1, 2/NSG 190:1, 2.

Berig

Matteus 15:21-28.

Liturg: Lees Matteus 15:21-22.

Gemeente: Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!

Liturg: Lees Matteus 15:23-25.

Gemeente: Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof!

Liturg: Lees Matteus 15:26-28.

Gemeente: Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Die mense op die hele aarde moet U eer.

Kindertyd

Kindertyd kan deel wees van die berig. Beurtlesers, kinders of volwassenes, word vooraf aangewys vir die rolle van

地 verteller, die Kanaänitiese vrou en die dissipels. Die gemeente doen in 地 spreekkoor steeds die refrein uit Psalm

67 op die plekke soos hier bo aangedui.

Formulier

Lees uit die formulier die paragraaf: "Die nagmaal is in die derde plek die viering van die gemeenskap ..."

UITSENDING

Wet

Matteus 5:43-48.

Sang

Gesang 222:1, 3/NSG 186:1, 3.

Tema

Ons moet ons verantwoord oor ons houding teenoor en hantering van dié wat anders is as ons.

Teks

Die Leesrooster gee die hele hoofstuk as teks aan. Op die oog af het verse 1-8 niks met verse 9-12 te doen nie.

Hoe ons dus ons teksafbakening gaan doen, gaan bepaal watter perspektief ons op die teks gaan hê en watter

aksente in die preek gelê gaan word. Op histories-kritiese basis beskou Westermann (p 305) Jesaja 56:1-8 as

sekondêr en verbandloos met die res van Jesaja 56-66. Dit is moontlik om 56:1-8 bloot as "fitting link" tussen

Tweede en Derde Jesaja te sien (vgl Hanson, p 193). Teenoor die heilsbelofte-boodskappe van Jesaja 40-55 in die

ballingskapstyd, kom hierdie verse met 地 "tipiese" na-ballingskapsaksent op doen (56:1-2). Met hierdie aksent is

die inleiding dus "paradigmaties" van die na-ballingskapse geloofsaksente.

Tog is dit moontlik om 地 tematiese verband tussen Jesaja 56:1-8 en die volgende verse te sien. Jesaja 56:9-13 en

57:1-13 doen 地 striemende aanval op die volks- en geloofsleiers oor hulle goddeloosheid, laksheid en onreg.

Hierteenoor stel 56:1-8 dat selfs die tradisioneel uitgeworpenes voorrang by God, en selfs in die tempel, sal hê

indien hulle getrou is aan die verbond. Deur dus die hele hoofstuk 56 as teks te neem, word die aksent op die

toelating van die tradisioneel uitgeworpenes in skerper reliëf gestel, naamlik teenoor dié wat uit hoofde van hulle

posisie daarop aanspraak maak, maar sonder die nodige morele basis.

Vers 3 vorm die inleiding en vers 8 die slotsom van die aankondiging dat nie-Israeliete/nie-Jode en ontmandes nie

net deel van die geloofsgemeenskap kan word nie, maar selfs 地 besonderse plek in die tempel kan kry. Hierdie

aankondiging staan duidelik lynreg teenoor die bepalings van die wet in Deuteronomium 23:1-3.

PREEKSTUDIE - JESAJA 56

Die term vir ontmande wat hier gebruik word, is die algemene term vir "hofdienaar". Die hofdienaar Potifar was

byvoorbeeld getroud (Gen 37:36) en die Joodse seuns in die Babiloniese hof word met dié term aangedui (2 Kon

20:18), asook Israelitiese amptenare wat in die heiligdom kon ingaan (1 Sam 8:15). Ons teks is egter duidelik omdat

hier van "地 droë boom" sprake is.

In Ou Nabye Oosterse hofhoudings is ten minste die haremwagte waarskynlik om praktiese oorwegings ontman (vgl

Est 2:3). Dat daar by sekere nasies ook 地 godsdienstige motief vir ontmanning was, is moontlik. Dit is egter

waarskynlik nie die primêre rede vir Israel se afkeer van sulke persone nie. Manlikheid was in die Israelitiese

wêreldbeeld van besondere belang. Vergelyk byvoorbeeld prokreasie in die skeppings- en Abrahamverhaal. Vir die

voortsetting van die verbondslinie was 地 nageslag van besondere belang. Daarby was fisieke welgeskapenheid 地

voorvereiste vir toegang tot die heiligdom, en dit was in elk geval net mans wat daar toegelaat is. Wat die dimensies

van ontmanning alles vir die Ou-Testamentiese gemeenskap ingehou het, is moeilik om te peil. Vergelyk die feit dat

in Afrika-gemeenskappe wat besnydenis toepas, 地 onbesnedene, al is hy ook hoe oud, nie op dieselfde vlak as "die

manne" gereken word nie en nie 地 "manlike rol" in religieuse funksies kan vervul nie.

Die belofte wat aan ontmandes gemaak word (Jes 56:5) herinner aan die motief van God se ontferming oor

kinderloses in die lofsange van Hanna en Maria (vgl Jes 54:1). In kinders is jou voortbestaan ("naam") verseker (vgl

Abraham). Aan die ontmandes word nou 地 ewige naam belowe wat nie kan doodloop soos 地 nageslag wat uitgeroei

word nie. Dié naam word teen die mure van my huis aangebring dit bly dus ewig en onophoudelik voor God. Wat

地 belofte!

In haar vroeë geskiedenis was Israel oop ten opsigte van die opname van nie-Israeliete (vreemdelinge) in die

geloofsgemeenskap. Met die uittog uit Egipte en die intog is baie lede van ander nasies in Israel opgeneem (Eks

12:38; Ragab, Rut). In die koningstyd, soos afgodery al hoe meer 地 probleem geword het en Israel en Juda deur

ander nasies verdruk is, het weerstand teen die insluiting van vreemdelinge gegroei. Dit is uit dié tyd dat

Deuteronomium (23:3) dateer. Die positiewe houding teenoor "die nasies" by ballingskaps- en na-ballingskapse

profete weerspieël hoofsaaklik twee motiewe: die universele heerskappy van God, en die toekeer van nasies na

Sion as proseliete (ook in Sag 2).

Hierteenoor het daar veral in die na-ballingskapstyd in Levitiese/priesterlike kringe, dit wil sê diegene wat die sê oor

die tempel gehad het, 地 baie sterk afkeer gegroei van enige nie-rasegte Jood in die gemeenskap, en nie net in die

heiligdom nie (Esr 9:1 ev; Neh 9:1 ev). Ester (9:27) getuig dat nie-Jode baie later deel van die fees- (kultiese?)

gemeenskap kon wees, maar dit was in Persië.

Aan hierdie proseliete, wat net in die voorhof vir vreemdelinge (en vroue) toegelaat is, word in vers 7 volle toegang

belowe, ook wat die offerkultus betref. Met hulle toelating kom daar 地 aksentverskuiwing ten opsigte van die

tempelerediens, naamlik dat dit nou "地 huis van gebed vir al die volke" genoem word. Dit is (sover ons weet) eers

hier en net hier dat dié aksent gelê word.

Die beloftes aan albei groepe (Jes 56:5 en 7) word egter aan duidelike voorwaardes gekoppel (vv 4 en 6). Die

parallel tussen die verse en die inhoudelike en terminologiese verband daarvan met die inleiding in verse 1-2 is

opvallend. Vir die detail daarvan word die leser na kommentare verwys. Die kern daarvan is dat "my verbond" en

"(my) sabbat (heilig)" gehou moet word. Die sabbat het in die na-ballingskapstyd al meer die simbool van Joodse

identiteit geword. "Verbond" moet, volgens vers 1, verstaan word as die doen van die verbondsbepalings (mispsat

en sedakah). Dit vra 地 bewuste keuse vir 地 bepaalde leefwyse (bhr v 4b; lhm v 6).

Hoe belangrik die voorwaardes ook al is, is dit kennelik nie die punt van hierdie verse nie. Daarvan getuig die slot

in vers 8. Dié moeilike slotuitdrukking dui daarop dat náás die versameling van die verstrooide Joodse bannelinge,

ook ander dié wat in verse 3-7 genoem word, tot in die heiligdom versamel sal word. Daarin kom die redding (js)

en geregtigheid (sedekah) wat in vers 1b ter sprake is, tot uitdrukking (Von Rad).

Konteks

Dat die profeet hierdie uitsprake ten opsigte van vreemdelinge en ontmandes maak, is klaarblyklik in reaksie op

hulle ontevredenheid met hulle uitsluiting (vgl die formulering van v 3). Hierdie uitspraak moet egter nie gesien word

as bloot die afkondiging van nuwe reëls of praktyk teenoor dít wat in die wet in Deuteronomium 23 staan en wat

dan daarna sonder meer só toegepas is nie.

Profete het gewoonlik nie wette en ordereëlings aangekondig nie, allermins vir die erediens. Hulle uitsprake is

uitsprake in die spervuur, op die rand van die aanvaarde. Hulle breek perspektiewe oop wat nie deur ander gesien

is nie. Hulle wys menings, houdings en gedrag uit wat onbevraagteken voortbestaan, maar wat uit verkeerde

motiewe voortkom of wat tot afwykende gedrag lei. Dikwels kies hulle (die ongewilde) kant tussen konflikterende

partye (soos Jeremia) of verteenwoordig die stem van die benadeeldes teenoor diegene met mag (soos Amos).

Die uitspraak van Jesaja 56:1-8 moet verstaan word binne die konteks van die spanning tussen diegene wat toegang

tot die heiligdom versoek het (v 3), net soos op grond van vroeëre profetiese uitsprake in verband met die toekeer

van die nasies, en die groeiende klem op suiwerheid by die priesters (vgl die opmerkings hier bo). Die profeet

kies kant teen laasgenoemde (kyk hoe hy hulle beskryf in 56:9 ev!) ten gunste van hierdie mees uitgeworpenes,

hulle wat in terme van die wet (!) geen kans het op 地 plek in die heiligdom, die hart van die geloofsgemeenskap,

nie.

Hierdie uitspraak van Jesaja het waarskynlik geen hond haaraf gemaak nie. Dat dit as deel van die kanon oorleef

het, is 地 wonder. In die Jodedom het proseliete proseliete gebly (Matt 15:26-27). Uit die rabbynse literatuur blyk dit

dat die bepalings van die torah geldend gebly het ten opsigte van ontmandes.

Selfs Jesus se bediening was hoofsaaklik op die "verlore skape van die huis van Israel" gerig (Matt 10:5-6; 15:24).

Sy bediening het egter, soos Jesaja 56, in die teken van konflik met die bewakers van die suiwerheid van die tempel

gestaan. Maar, soos Jesaja 56:9 en die volgende verse, het Hy juis vir hulle uitgewys as dié wat van die "huis van

gebed" (Jes 56:7) 地 rowerspelonk gemaak het (Matt 21:12-14, let op v 14). In sy bediening het Jesus Hom geskaar

aan die kant van die uitgeworpenes, hulle wat te onrein was om in die tempel te kom, die vissers en belastinggaarders,

melaatses en prostitute. Aan dié van hulle wat hulle in geloof tot Hom gewend het, het Hy genesing en

vryspraak gegee. Ja, 地 plek in die paradys vir die moordenaar aan die kruis.

Wanneer God se musterion, dat in Christus nie-Jode voor God volkome gelyk is met Jode (Ef 3:6), in Handelinge

werklikheid begin word, ontstaan die konflik juis op die punt van ons teks: Kan onbesnede nie-Jode op gelyke vlak

in die boesem van die gemeente toegelaat word? Die antwoord van die vroeë kerk was duidelik. In Galasiërs 3:28

formuleer Paulus dit op sy duidelikste: Geen menslike kwalifikasie of fisieke kwaliteit gee aan enigiemand voor-rang

of agter-stand in die geloofsgemeenskap nie. Dit is opvallend dat die eerste nie-Joodse bekeerling uit Afrika 地

eunug was (Hand 8:27 ev).

Op baie plekke waar Europeërs met mense van ander kulture in aanraking gekom het, was "gesamentlike aanbidding"

in mindere of meerdere mate 地 probleem, maar nêrens meer as in ons land nie. Die besluite wat in 1881

en daarna tot die stigting van afsonderlike kerke vir verskillende bevolkingsgroepe binne die Nederduitse Gereformeerde

verband gelei het, was maar net die formalisering van 地 lang geskiedenis. Net so het die sinodebesluite

wat die NG Kerk weer "oop" gestel het, nie die probleem van vooroordeel en afkeur in die niet laat verdwyn nie.

Maar ook in die VGK, wat in sy wese 地 protes teen hierdie rasseskeiding is, is die gebrek aan volle aanvaarding

van mekaar op grondvlak waarskynlik die enkele grootste probleem van die kerk. Wat 地 ironie! Profete word maar

swaar gehoor!

Maar ons kan ook nie oor ons teks preek sonder om ernstige vrae aan onsself te vra oor ons houding teenoor mense

met MIV/vigs en in besonder teenoor homoseksuele persone binne die geloofsgemeenskap nie. Op die oog af gee

ons teks 地 maklike oplossing: Ons moet hulle aanvaar al het ons sinodes (die wet) in die verlede wat ook al gesê.

MAAR, sê ons teks, hulle moet hulle eers bekeer en die verbond en sabbat, ons godsdienstige spelreëls, aanvaar.

Natuurlik bly grondige bekering en 地 toegewyde Christelike lewenswandel vir almal, en nie net vir die ánder nie (vgl

Jes 56:9 ev), 地 voorvereiste vir deelgenootskap aan die geloofsgemeenskap. Maar wat beteken dit vandag vir

homoseksuele mense? Dat die kerk ten minste ernstig hiermee worstel, is positief. Die probleem is egter baie meer

ingewikkeld as die blote aanhaal van 地 paar tekste, ook ons teks, met óns semantiese lees, na watter kant toe ook

al.

Dit is duidelik op grond van ons teks (profeties) dat persone wat tradisioneel nie deel van die (ons) geloofsgemeenskap

was nie, volle toelating moet kry. Die vraag is op watter voorwaardes. Waarvan moet hulle bekeer word

en watter lewenspatroon word van hulle verwag? Met betrekking tot mense met vigs en homoseksuele persone is

die vraag van "skuld", van aanspreeklikheid van belang. In vigsgevalle is dit ook nog redelik duidelik: Al het die

persoon deur eie onverantwoordelikheid dié siekte opgedoen, beteken dit dat hy of sy daardie leefwyse moet laat

staan en, synde dan met die toestand, as verantwoordelike gelowige moet lewe.

In die geval van homoseksualiteit sal ons ernstig moet vra na die oorsake daarvan: Kan die persoon vir sy of haar

situasie aanspreeklik gehou word? Was daar 地 keuse, met ander woorde, kan daar nou anders gekies word? Is dit

inderdaad moontlik vir die persoon om anders (niehomoseksueel) te lewe? Natuurlik moet hier tussen sogenaamde

permissiewe en konstitutiewe homoseksualiteit onderskei word, met grade tussenin.

Hierdie teksgedeelte uit Jesaja 56 plaas die prediker onomwonde voor die uitdaging om oor hierdie uiters aktuele

maar netelige kwessies van vigs en homoseksualiteit te preek. Wat hierdie onderwerp so sensitief maak, is die feit

dat seksualiteit vir gelowiges so 地 private en heilige saak is, terwyl dit deur die moderne wêreld en media uitgebuit

word. Daar moet verseker gewaak word om klinkklare antwoorde en oplossings op al die vrae oor hierdie sake te

bied. Maar die teks roep daarom dat ons onsself, die "standaard-geloofsgemeenskap", sal verantwoord oor ons

houding teenoor en ons hantering van hulle wat anders is (dit wil sê anders as ons). En dit moet die prediker op

profetiese wyse doen.

Oopmaak was nog nooit maklik nie. Nie in Jesaja of Jesus se tyd nie, en ook nie vandag nie.

Harrington se sentrale gedagte in sy preek oor hierdie gedeelte is: "Isaiah痴 words challenged the status quo and

called upon his listeners to re-examine their beliefs and values" (p 208).

Preekvoorstel

Miskien moet 地 mens, soos Jesaja in 56:1-2, begin met 地 punt waarmee jou hoorders onomwonde sal saamstem.

En die beste bly nog om 地 storie te vertel wat mense sal aanspreek.

Begin byvoorbeeld met die storie van Soetlief en die Ondier. Vertel dit met die aksent op mense se vooroordele en

aversie van iemand wat anders, "vreemd" of watter woord ook al, as die ander is. Brei uit oor die eensaamheid van

Ondier en sy behoefte aan aanvaarding. Wys hoe Soetlief bereid was om teen die populêre gevoel in haarself te

gee om Ondier gelukkig te probeer maak. Sy kon dit regkry omdat sy die mens in Ondier raakgesien het en nie net

teen die skynbare ondier vasgekyk het nie.

Gee nou aandag aan die teks en wys hoe Jesaja met sy "so sê die Here" sy tydgenote 地 ander kyk gee op dié wat

volgens die "standaard" van die geloofsgemeenskap uitgesluit is. Beweeg aan na die Nuwe Testament en toon hoe

dít wat Jesaja aangekondig het, eers baie later daadwerklik ernstig geneem is en begin deurbreek het in Jesus en

Paulus se bediening, soos hier bo aangetoon.

Indien die aanvaarding van "nie-Jode" (hulle wat nie "natuurlik" deel van die dominante groep is nie) nog 地 kwessie

in die gemeente/gemeenskap is, behoort dit vanuit die teks aangespreek te word. Hier kan die kriteria vir insluiting

soos in die teks aan die woord kom (56:1-2, 4, 6), dat dit gaan om wat "My behaag, my sabbatte, my verbond". Waar

die kerk/gemeente 地 eie/ons saak word, daar word die "huis van gebed vir alle volke" tot rowerspelonk.

Afhangende van die vlak van bewusmaking ten opsigte van die kwessies van vigs en homoseksualiteit in die

gemeente, moet hierdie sake aan die orde kom. Vertel van die kerk en kerke se worsteling om God se stem oor

homoseksuele mense goed vir ons tyd te hoor. Hier kan gewys word dat in die tyd van Deuteronomium, sake oor

ontmandes en nie-Jode skynbaar duidelik en uitgesorteer was. Maar in latere tye en omstandighede was dit nie

meer so duidelik nie. Die probleem was, en dit is waaroor ons teks handel, dat waar daar onkrities en selfvoldaan

aan ou beslissings vasgehou word, die lewende stem van God doodgedruk mag word.

Wat meer is, die evangelie wat Jesus kom preek en doen het, kyk anders as dié wat weet: dit gee 地 oor aan dié

wat nie gehoor word nie (56:3). Soos Jesaja 56 en Jesus sê, dit beteken nie dat ons onkrities word en alles nou

maar oorboord gooi nie. Dit is juis hoekom daar so ernstig geworstel (moet) word. En as die kerk op 地 punt is waar

dit nie (voorlopig) klaar geworstel is nie, beteken dit hopelik dat die kerk se stem stil geword het sodat dit weer 地

slag na God se stem vir ons tyd kan luister. En daarvoor moet ons almal bid.

Wat van deurslaggewende belang is, is die manier waarop in die prediking oor hierdie sake gepraat word. Onthou

die opmerkings in die slotparagraaf van Konteks hier bo. En onthou deurgaans ons tema: Óns houding teenoor en

óns hantering van hulle wat anders is. Uiteindelik is dit net die Gees van God wat 地 mens by die (vir jou) skynbare

ondier in ander kan laat verbykyk en die mens met pyn en verlange na medemenslikheid en aanvaarding kan laat

raaksien om vir hom of haar 地 broer en 地 suster te word.

Bibliografie

Hanson, P D. Interpretation. Watts, J D W. Word Bible Commentary, Vol 25. Westermann, C Old Testament Library.

Harrington, P L1980. Ausburg Sermons, Old Testament lessons A. Sinodestukke oor vigs en oor homoseksualiteit.

Cilliers, Pieter 1999: 地 Kas is vir klere. Human en Rossouw.