4 Augustus 2002

Tiende Sondag in Koninkrykstyd

PREEKSTUDIE - JESAJA 55:1-5

Tema

Deur sy ewige genadeverbond nooi God sy kinders wat in nood is om na Hom toe te kom sodat Hy hulle in eer kan

herstel en tot getuie kan maak.

Teks

Daar word algemeen aanvaar dat die boek Jesaja uit drie hoofdele (1-39; 40-55; 56-66) bestaan. In die tweede

hoofdeel (waarbinne ons teksgedeelte val) gaan dit enersyds oor die opbou van Jerusalem en andersyds oor die

kneg van die Here.

Jesaja 55:1-5 is 地 geloofsoproep aan alle Jode in die Babiloniese ballingskap om weer hulle vertroue op die Here

te stel dat Hy hulle sal uitred. Hulle moet nie hoop opgee nie, maar bly uitsien na die dag van terugkeer.

Hoofstukke 54 en 55 fokus op die blywende seën van God. Daarom moet dit as 地 eenheid gesien word. Dit het 地

bepaalde betekenis vir die verstaan van verse 1-5.

Verse 1-3 vorm in sekere sin die inleiding tot die hele hoofstuk. Dit is redelik seker dat Jesaja 55 aansluit by die

bekende figuur van die waterverkoper in Jerusalem wat 地 kruik met water op sy rug dra en die mense wat dors is,

oproep om daarvan te kom koop. Dié beeld word aangevul deurdat daar ook iets te ete ter sprake kom

(brood/koring?) en deurdat wat te drinke is ook wyn en melk insluit. Hy vul die beeld van geestelike water aan met

melk en wyn, wat meer wil wees as net lafenis vir die dors.

Dit is duidelik dat dit maar net 地 beeld is van die uitnodiging wat God aan sy volk maak om die heil, wat geld nie

kan koop nie en daarom verniet is, te aanvaar. In vers 3 word hierdie aanbod omskryf as 地 ewige verbond van troue

liefde. Na die aard van die ou bedeling beklee aardse seëninge hierin 地 vername plek. Die profeet het tog allereers

die terugkeer na Kanaän op die oog (v 12). Hulle is nog nie by die plek van heil nie en daarom moet hulle kom.

Daarin lê vanself die terugkry van allerlei aardse seëninge opgesluit. Maar daarin is tog ook veel meer geleë: al

daardie aardse dinge kry eers waarde deurdat dit die openbaring is van die Here se ewige guns en liefde wat weer

aan Israel gegee word, waarin dan verder 地 volheid van geestelike seëninge opgesluit lê. Dit is ook die eintlike

inhoud van die "ewige verbond". Dit is 地 oproep tot 地 nuwe heilstoestand.

Vir sy besondere doel stel die profeet die heil van die terugkeer hier, soos ook elders, voor asof dit reeds daar was

en teken dit op die aanloklikste manier om mense te beweeg om daarvan te kom kry. Blykbaar veronderstel hy dat

die verleiding vir baie groot sal wees om in die heidenland te bly en Jerusalem te vergeet; soos dit in die werklikheid

ook later blyk gebeur het.

Die aanspreek van dié wat genooi word as "almal wat dors het" (v 1), dui die noodtoestand aan waarin hulle verkeer.

Dit is ook moontlik dat die "dors" kan dui op die begerige uitsien na die heil van die Here, afgesien van die vraag of

hulle dit besef het of nie. Die oproep kan ook die middel wees om hierdie besef by hulle te wek. Daar is tog iets voor

uit te maak dat die profeet met die aanspreek van "almal wat dors het" veral dié op die oog het wat die heil begeer.

Alhoewel die uitdrukking slegs hier in die Hebreeuse Bybel voorkom, gebruik Jesaja ook op ander plekke die beeld

van "dors" as 地 metafoor vir geestelike behoefte wat vir Jesaja 地 beeld was van fisieke pyn en nood (21:14; 29:8;

32:6) word opgeneem om die menslike probleem van geestelike dors as gevolg van die sonde van afgodery mee

te illustreer.

In die woorde "ook dié wat nie geld het nie" staan die nood van die aangesprokenes weer op die voorgrond. Die

arme, dié wat geen geld het vir die koop van koring om brood mee te bak nie, ly gebrek: só moet die aangesproke

dorstiges en hongeriges 地 kommervolle bestaan lei en hulle kort die middele om dit te verander. Hierteenoor kom

die rykdom van die Goddelike genade te staan, wat die heil verniet skenk en die natuurlike orde van dinge omkeer

om uitdrukking te gee aan die oordeel wat afgewend word. Dit is ook moontlik dat die profeet met "dié wat nie geld

het nie" tog spesiaal 地 deel van Israel op die oog gehad het. Dié wat in die vreemde land ryk geword het, het die

verlange om terug te keer na hulle land nie so sterk gevoel nie en was daarom nie so ontvanklik vir die heil van die

Here nie.

Om die dringendheid van die oproep te onderstreep word daar in vers 2 gewys op die armoede van iemand wat nie

die vrye gawe van heil wat die Here aanbied, wil aanvaar nie. Dit is 地 uitgee (dws betaal) van geld vir "iets wat nie

brood is nie" en 地 bestee van arbeid "vir iets wat nie kan versadig nie". Hulle moet insien dat hulle eie pogings om

dit te verkry tevergeefs is. Die uitdrukking "iets wat nie brood is nie" moet iets aandui wat vir brood aangebied word,

maar in waarheid nie brood is nie. In ooreenstemming met die vorige vers moet dit figuurlik verstaan word: Dit dui

dus die skynoplossing, skynbevrediging, skynuitkoms aan wat die teenstelling vorm van die ware heil wat die Here

bied. Hier moet in die eerste plek gedink word aan die lewe van die Jode in Babel. Dit sou dwaas wees om só te

lewe dat 地 keuse gemaak word teen die gehoorsaamheid aan die Goddelike roeping. Alles wat hulle daar sou

verdien deur geld en arbeid in teenstelling met die heil van die Here wat verniet geskenk word kan tog nie die

siel versadig nie. Al ons moeite en opoffering buite die beloftes van God om is leeg.

Teenoor so 地 lewe stel die profeet weer eens die ware heil. Die weg daartoe is om te luister na die Here se

roepstem, en daarom die nadruk: "Luister aandagtig na My." Dié oproep is baie prominent sodat die afleiding

gemaak kan word dat hulle na ander stemme geluister het as na die stem van die Here. Om aandagtig te luister

beteken om alle ander stemme uit te sluit en in gehoorsaamheid te luister. En dan volg: "sodat julle kan eet wat goed

is en versadig kan word met die beste wat daar is". Dit beteken: indien hulle na die Here luister, dan sal hulle die

goeie eet. Hulle kan dit soveel beter hê. Hulle moet net luister na die Here se roepstem. Letterlik staan daar dat

hulle hulle sal "verlustig in vettigheid": die "vet" is deur die oosterling as die grootste lekkerny beskou. Hierdie "goeie"

kos, "die beste wat daar is", staan in kontras met dít wat "nie brood" is nie en dit "wat nie kan versadig nie". Dié

beeld dui dus op die smaak van die heerlikste vreugde.

In vers 3 word die uitnodiging om na die Here te luister en tot Hom en dus ook tot die aangebode heilsgoedere (v

1) te kom in 地 effens ander beskrywing herhaal, met die belofte dat hulle lewe, hulle persoon dan "versadig" sal

word en hulle sal "lewe", die vreugde van geloofsgehoorsaamheid sal smaak. Hierdie lewe word verder beskryf as

"地 ewige verbond" wat Hy met hulle wil sluit (let op die inisiatief wat van God uitgaan). Meer spesifiek bestaan

hierdie verbond in die "troue liefde" wat Hy aan hulle betoon "soos aan Dawid". Die profesie gryp terug op die belofte

wat aan Dawid gemaak is (2 Sam 7:8-16) dat die Here vir hom 地 nakomeling sou verwek van wie sy guns nie sou

wyk nie en in wie Dawid se huis en koningskap "bestendig" sou wees en sou "vasstaan" vir altyd: 地 voorsegging

wat wel allereers op Salomo betrekking gehad het, maar alleen in Christus ten volle vervul is. Hierdie belofte word

nou weer deur die profesie opgeneem. Dit skyn wel dat die "bestendige" van die heil wat aan Dawid toegesê is deur

die ballingskap geloonstraf is; maar teenoor die skyn word nou die versekering gegee dat die Here nog steeds in

staat is om te doen wat Hy eens aan hulle toegesê het.

Wat die inhoud van hierdie heilsbelofte is, word in vers 4 nader ontvou: "Ek het hom 地 getuie gemaak vir die volke,

地 regeerder en gebieder van volke." Hier word duidelik van 地 toekomstige "Dawid" gepraat, wat die diepste sin van

die profesie, die Messias, is. Van Hom sê die profeet dus dat die Here Hom tot "地 regeerder en gebieder van volke"

sal stel. Dit teken die Messias dus as Koning. Behalwe Koning, word ook gesê dat Hy 地 "getuie vir die volke" sal

wees, wat niks anders kan beteken nie as dat Hy 地 getuie, 地 verkondiger van die deugde van die Here en van die

ware leer sal wees (vgl 42:1; 49:1 ev). Ons sien hier dus die profetiese en die koninklike amp saam verbonde.

Van die Profeet-Koning word die blik van die profesie, in vers 5, nou gewend na Israel, wat in Hom geseën word en

tot seën gestel word. "Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie." Met hierdie nasies word die heidene

bedoel. Na aanleiding van wat in vers 4 gesê word, is dit baie waarskynlik dat met hierdie "ontbied" 地 uitnodiging

bedoel word wat aan die heidene gerig word tot die gemeenskap van Israel. En Israel se roepstem sal nie vergeefs

wees nie: Daardie heidenvolke, tot dusver aan Israel onbekend, sal hardloop om te kom (aangetrek word om op te

gaan na Sion). Dit is nie as gevolg van Israel se eie voortreflikheid nie, maar "ter wille van die Here jou God, die

Heilige van Israel" wat Israel in hierdie "eer herstel" het.

Konteks

Wanneer 地 mens die geslagsregister van Jesus in die Evangelies volgens Matteus en Lukas lees en dit vergelyk

met die geskiedenisse van die betrokke mense in die Ou Testament, kry jy dikwels die indruk dat God juis krom lyne

gekies het. En so is ook Juda en sy nasate gekies as draers van die belofte (Gen 49:10).

Binne hierdie stam het die belofte voortgegaan tot in die dae van Samuel. Toe is die huis van Isai gekies as draer

van die koningskap, en nogal die seun van Isai wat die minste geag is (1 Sam 16:1, 11-13). Eers aan die einde van

Dawid se lewe is die belofte aan sy huis verbind. Daarom word die Messias in die geslagsregister van die Evangelie

volgens Matteus genoem Jesus Christus, die Seun van Dawid, en eers daarna volg sy wyer verbintenis, die Seun

van Abraham (Matt 1:1). In Samuel se tyd is dit dan ook op 地 besonderse manier geopenbaar dat die beloofde een

nie net gesalfde van God sal wees nie, maar dat hy ook koning sal wees. Juis daarom was die konings van Israel

almal draers van hierdie belofte.

Die boodskap van Jesaja 55:1-5 is verkondig met die ballingskaptoestande as agtergrond. Die Jode wat in

ballingskap weggevoer is, het in sekere opsig nie juis geweet waaraan hulle moet vashou nie. Dit was 地 tydperk in

Israel se geskiedenis toe hulle van die droewigste tye beleef het. Hulle was in ballingskap en alles wat vir hulle

kosbaar was en sekuriteit gebied het, is van hulle weggeneem: hulle land, eiendom, tempel, familie. Hooploosheid

was die algemene gevoel onder die volk. Vir baie van hulle was die Here se diens en sy vermoë om te verlos tot

die land Kanaän beperk. Daarom heers daar onsekerheid by hulle. Baie het daaraan begin dink om die Babiloniese

gode te aanbid en by húlle heil en verlossing te gaan soek (vgl Jes 40:27-31). Dit is immers tog die landsgode. Om

hierdie rede gaan dit in die tweede helfte van die boek Jesaja hoofsaaklik om die nietigheid van die afgode. Hulle

is magteloos en kan niks doen nie, want hulle is maar net stukke brandhout (Jes 44:6-19). God het nie sy volk

vergeet nie (Jes 44:21-23) en sal hulle wel verlos (Jes 45:17).

Wat sal hierdie ballinge nou op politieke gebied doen? Sal hulle hulle nou maar na die onvermydelike skik en sonder

enige hoop op terugkeer of 地 herstel van die vroeëre toestand die koning van Babel as koning aanvaar en hulle

toekoms in sy hande stel? Ook dit mag nie gebeur nie. Net soos van ouds is daar maar Een wat hulle koning is en

dit is nie 地 mens nie, maar die Here (Jes 43:15).

Babel en sy koning sal verbygaan (Jes 47). Die Here het 地 ander om in die plek van Babel te stel. Deur sy vrymag

het Hy vir Kores, die Persiese koning, gekies om op politieke gebied die plek van die Babiloniese koning in te neem

en die volk van die Here na Jerusalem toe te laat teruggaan (Jes 44:24-45:16).

Hier weerklink die boodskap van die nuwe verbond wat God met sy volk sal oprig. Die uitnodiging om na die Here

toe te kom, hang ten nouste saam met die sluit van die ewige verbond. Die inhoud van daardie verbond is

saamgevat in die woorde: Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid. Dit is miskien vaag gestel, maar

ons moet onthou dat hierdie woord van die Here bestem is vir die ballinge in 地 vreemde land. Dit sal ter

bemoediging van mekaar oorvertel moet word en wanneer dit die ore van die Babiloniërs of Perse bereik, sou dit

ligtelik as openlike opswepery teen die landsregering beskou kon word as daar te duidelik gepraat sou word van 地

heerser uit die huis van Dawid na wie se koms almal uitsien.

Wat word bedoel met die troue liefde soos aan Dawid? Die Hebreeus gebruik hier 地 meervoudsvorm om 地 sekere

intensiteit uit te druk. Dit wil sê dat die verbondsbelofte wat deur God aan Dawid gemaak is in al sy volheid 地

werklikheid sal word. Die koninkryk verbonde aan die huis van Dawid sal dus nie in ballingskap vir altyd verdwyn

nie. Dit sal voortgaan en aan hierdie anker van hoop kan die volk in die ballingskap vashou. Deur hierdie woord,

oënskynlik so vaag gestel, maar vir die volk wat die belofte van 2 Samuel 7 ken tog ook duidelik, gee God aan die

volk te kenne dat Hy nie sy toesegging aan Dawid vergeet het nie. Hy vernuwe as 奏 ware sy belofte en sy verbond

met hierdie volk in ballingskap.

So gesien is dit die volk in ballingskap wat in Jesaja 55:5 aangespreek word. Hulle sal weer in ere herstel word sodat

hulle 地 seën vir ander nasies kan wees. Soos Moab na Sion toe moes kom (Jes 16:1) om daar verlos te word, so

sal nasies wat die ballingvolk nie ken nie, eenmaal na hulle toe stroom ter wille van die Here omdat 地 koning uit

Dawid se huis, 地 nuwe Messias, by hulle sal wees (55:5).

Preekvoorstel

Die Israeliete het gesondig teen God en daarom is hulle in ballingskap as gevolg van hulle sonde. God kom na hulle

en deur die profeet Jesaja maak Hy 地 aanbod aan hulle van lewe en 地 verhouding met Hom. Jesaja 55:1-5 is bloot

地 tekening van hoe God steeds na sy mense wat Hom oor en oor vergeet het (en teen Hom gesondig het) roep

om na Hom terug te keer om in hulle eer herstel te word en die lewe saam met Hom te geniet.

Jesaja gebruik daarvoor heel moontlik die beeld van die waterverkoper in die Ou Nabye Ooste wat 地 kruik met

water op sy rug dra en die mense wat dors is, oproep om daarvan te kom koop. Die hele gedeelte dui op die

dringendheid van die oproep, want dit gaan om lewe.

Ons is nou wel nie verlore in die sin dat ons soos die destydse volk van God in Babilon sit nie, maar die

omstandighede waarin ons verkeer, maak die uitnodiging van destyds baie direk op ons van toepassing. Aan die

een kant, wanneer ons verneem van 地 soveelste aanranding, kaping, moord, wonder ons in watter vreemde land

ons woon. Wat het dinge so laat ontwikkel? Hoe het ons daartoe bygedra om sulke situasies te skep? Aan die ander

kant, het ons nie dalk so gewoond geraak daaraan en so gerieflik ingeburger geraak in hierdie "vreemde" land dat

ons vergeet het dat daar 地 ander moontlikheid bestaan nie?

Wat is ons diepste innerlike begeerte? Waarop hoop ons? Om by die beeld van Jesaja aan te sluit, waarna dors

ons? Is dit om baie sekuriteit te hê, goeie beleggings, 地 groot huis, 地 mooi, nuwe motor en 地 klomp dinge wat die

lewe soveel makliker maak? Is dit wat ons begeer? Om baie eerlik te wees dit is wat skynbaar baie van ons se

dors les. Ons sal dit dalk nie sommer wil erken nie.

Baie van hierdie dinge waarna ons verlang, is belangrik. Daar is egter net veel meer waaroor dit behoort te gaan.

Wanneer ons terugdink aan God se mense in ballingskap in Jesaja se dae, het hulle eintlik glad nie so sleg gevaar

in Babilon nie. Hulle was nie die spreekwoordelike slawe in Egipte soos hulle voorvaders nie. Baie het hulle eie

gerieflike plekkie gevind. Sommige het selfs heel voorspoedig geword. Hulle het nie 地 ondervoorsiening in "water",

"brood", "melk", "wyn" en "duur kos" ervaar nie. Selfs in tye van ekonomiese drukte en werkskaarste kan baie van

ons vandag heel moontlik dieselfde sê. Ons sal oorleef, miskien selfs heel voorspoedig wees.

Maar, ons is nog steeds dors. Ons dors en honger na iets, om eerlik te wees, wat geld nie kan koop nie en waarvoor

ons nie kan werk nie. Die vreemde land waarin ons ons vandag bevind, is 地 plek waar ons mae gevul mag wees,

maar ons "innerlike" is leeg. In sake betreffende "hart, siel en gedagte" is ons gebrekkig. In hierdie Babilon het ons

地 menigte van moontlikhede tot ons beskikking (deur net 地 knoppie op 地 afstandbeheer te druk, op die sleutelbord

van 地 rekenaar te tik, ens), maar ons is besig om van honger en dors om te kom wanneer dit kom by die dinge wat

regtig saak maak. Is dit vreemd dat daar soveel geweld en misdaad is?

"Luister aandagtig " het die profeet Jesaja eeue gelede gesê. Ons moet "aandag gee" en "luister" na sy woorde

ook vandag. "Kom koop sonder geld "

"Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?" Die eeue oue

profeet praat die taal van ons dag.

"Kom, kry wat God te ete en te drinke aanbied!" Jesaja het lank gelede, toe gesê, en hy gaan voort om dit ook

vandag te sê: Die fees van die verbondsverhouding is nie net vir die paar wat dit op 地 manier reggekry het om God

te vind nie, in watter ballingskap hulle ook al verkeer het. Hierdie uitnodiging tot die feesmaal om te "kan eet wat

goed is en versadig kan word met die beste wat daar is", is vir jou. God het jou nooit prysgegee nie. Feit is, jy was

nooit uit God se oog nie. God het jou gesoek en gevind van die begin af. En nou wil God jou in eer herstel. Nie die

mens wat jy dink daarvoor kan betaal of daarvoor kan werk nie, maar vir jóú. Waarom honger en dors wees as die

Here 地 feesmaal reg voor jou oë gereed gemaak het? Of wat jy begeer en waarna jy dors?

In watter vorm van ballingskap jy ook al mag verkeer, die Here belowe groot seën as jy terugkeer tot Hom. Hy sal

jou vergewe as jy kom en na Hom luister.

Wat wil die Here vir jou sê? In Jesaja 55:3b-5 sê die profeet dat die Here 地 verbond met die volk Israel wil sluit soos

Hy met Dawid 地 verbond gesluit het, en soos Dawid 地 "getuie" en "regeerder" en "gebieder" van die volke was, sal

Israel dit ook wees. Dit sal 地 "ewige verbond" wees en die "troue liefde" wat aan Dawid betoon is, sal ook aan Israel

betoon word. Israel sal nasies ontbied en hulle sal kom, want die Here het hulle in eer herstel.

Dis die aanbod wat die Here aan jou maak. Aanvaar dit. Dit sal jou dra deur donker tye van geweld, misdaad, moord,

werkloosheid wanneer dit sleg gaan met jou besigheid, jou huwelik, jou kinders, jou kerk ... Dis die belofte van

God.

"Kom, almal wat dors is "