Jesaja 52:13-53:12 (Robert Vosloo / Ockert Meyer)

21 April 2000

Goeie Vrydag

 

Ander tekste: Psalm 22, Hebrers 10:16-25 en Johannes 18:1-19:42

 

Die gebrokene bring heling

Teks

Ons teksgedeelte is een van die sogenaamde Knegliedere in Jesaja (vgl ook 42:1-9; 49:1-7; 50:4-9). Oor min gedeeltes in die Ou Testament, n mens kan selfs s in die hele Bybel, is meer oor gedink, geskryf en ook oor verskil as hierdie gedeelte. By die lees van die gedeelte kom mens onder die indruk dat hierdie teks iets van die kern van die geloof verwoord. n Noukeurige lees bring n mens verder onder die indruk van die enigmatiese karakter van hierdie teksgedeelte. Soos Walter Brueggeman dit stel: It is one of the great oddities in Old Testament studies that the very text that is taken to be abundantly rich and theologically suggestive is at the same time undeniably inaccessible and without clear meaning (1998:141).

Die teks begin op n triomfantlike noot. Ons lees dat die kneg verhoog sal word. Hy sal hoog in aansien wees en eer ontvang (Jes 52:13). Teen die einde van die teksgedeelte lees ons weer van die verhoging van die kneg. Hy sal n ereplek onder die grotes h en saam die magtiges die oorwinning vier (Jes 53:12).

Die res van die teksgedeelte skets egter die onverwagse prentjie van een wat lyding en vernedering beleef.

Die teks maak dit duidelik dat die een wat verhoog sal word nie een is wie se voorkoms so n verhoging sou regverdig nie. Inteendeel, hy het n onaantreklike en vervormde voorkoms wat mense met veragting vul. Ons kan vra: Hoe kan hierdie figuur van die vernederde, lydende kneg die magtiges laat opspring van verbasing en n stille ontsag afdwing (52:14)? Wat maak dat hy die een is wat teen die logika in verhoog word? Met sodanige vrae raak ons aan die hart van die teksgedeelte. Dit lei ons in die rigting waarin ons verstaan dat die teks nie bloot oor vernedering en verhoging (ons kan ook s die verhoging van die nederige) gaan nie, maar oor die een wat verneder word en verhoog word as gevolg van die intensie van Jahwe (vgl Brueggemann, 142). Dit is die wil van Jahwe wat die transformasie en heling via lyding moontlik maak!

Met die lees van die teks beur die vraag na vore: Wie is hierdie kneg? Hieroor is al boeke vol geskryf, maar ons vir ons doeleindes volstaan deur te s dat binne die Jesaja-tradisie (die tipiese Joodse interpretasie) die lydende kneg op Israel van toepassing gemaak word. Die teks wys op die vernederde volk in ballingskap wat deur die kragtige toedoen van Jahwe tot die verhoogde Sionsvolk herstel word. Hier moet ook genoem word dat sommige eksegete so n kollektiewe interpretasie bevraagteken. Watts sien byvoorbeeld die kneg as n historiese persoon, waarskynlik Serubabel, terwyl Odendaal (Burger et al) in sy deeglike bespreking van hierdie teks meen dat die kneg van die knegliedere nie maar bloot n grootse personifikasie van Israel is nie, maar n werklike indiwidu, n Messiaanse figuur.

Voorts moet n mens ook s dat hoewel die teks in die eerste instansie waarskynlik nie Jesus voor o gehad het nie, die kerk van die vroegste tye af die teks gelees het op n manier waarop die vernedering van die kneg, op die lyding en kruisiging van Jesus dui, en die verhoging op Jesus se opstanding, hemelvaart en magsposisie by God dui (vgl ook die beweging van n teks soos Fil 2:5-11).

Dit is nodig om hier in lyn met Brueggemann se kommentaar iets te s oor die spanning wat deur die eeue tussen die verskillende maniere van omgang met die teks geleef het. Dit word dikwels as wedersyds uitsluitende lesings beskou, wat die kiem inhou van n Christelike triomfantalisme (die teks wys alleen na Jesus), asook van die vrees dat Christelike aansprake oor die gedeelte die Joodse aansprake daaroor belaster. Dit is egter wel moontlik om meer te maak van die gemeenskaplikhede en parallelle struktuur. Deur beide hierdie aansprake te eerbiedig wys op iets wat die Joodse en Christelike geloof in gemeen het, naamlik die vertroue in n gemeenskaplike God wat iets nuuts teweeg kan bring. In Brueggemann se woorde:

... (B)oth Jews and Christians have seen in their own history, in quite particular ways, the capacity and willingness to do something new through suffering. This claim ... speaks powerfully against worldly insistences that suffering is a dead end with no future and that there is no newness, only endless derivations (p 144).

Dit is verder belangrik om te onthou dat ons nie bloot die vraag na die identiteit van die kneg aan die teks moet stel nie. Westermann (p263) wys daarop dat ons ook die dieper vraag moet vra: Wat het die sprekers van Jes ja 53:1-11 daartoe gelei om hierdie uitsprake te maak? Hy wys daarop dat die sprekers die ontdekking gemaak het dat hulleself verander is. Hulle wat die lydende kneg verag het, het nou bely dat hierdie gebroke en onwaarskynlike heler juis hulle sonde en smart op hom geneem het en so vir hulle heling en vrede gebring het.

Jesaja 53:1 dui dan ook in die rigting dat die teks n proklamasie is wat n geloofsrespons verwag. Dit is n oproep tot vertroue tot n vertroue in die mag van die Here. In die teks hoor ons iets van hulle wat op God se vreemde genesende krag vertrou en te midde van hulle ongeborgenheid en ontnugtering n sekere dankbaarheid ken. Dit word moontlik gemaak deur die plaasbekledende rol van die kneg. Die kneg leef vir ander, neem ander se skuld, sonde en pyn op hom. Dit gaan teen ons gevoel vir mag en geregtigheid in. Tog is dit hierdie vreemde en onverwagse weerloosheid wat selfgenoegsaamheid en wanhoop beveg en heling en hoop moontlik maak. Hier sien ons die prentjie van die gewonde geneser wat nuutheid beliggaam. This servant, this nobody with no resources, breaks the cycles of death and hurt precisely by a life of vulnerability, goes into violence, and ends tyranny (Brueggemann, p147).

Konteks

Ons teksgedeelte daag baie van die aannames van ons indiwidualistiese Westerse kultuur uit. Een hiervan het te make met hoe ons meestal oor mag dink. Die sterk een is die een wat nie gebrokenheid en pyn wys nie. Hierteenoor praat ons teks van n mag wat bevestig word deur gebrokenheid. Voorts daag dit ook n individualistiese selfgerigtheid uit deur ons te fokus op die mens-vir-andere. Dit help ons om ons visie te fokus op n lewenstyl wat nie ons gebrokenheid ontken nie, maar ook nie ons gebrokenheid gebruik as verskoning tot ongesonde self-inbuiging nie. Natuurlik is dit so dat ons teks nie bloot n pleidooi lewer daarvoor om ons eie gebrokenheid te omhels of n lewe vir ander te leef nie. As Christene glo ons dat ons in die figuur van Jesaja 53 die Een herken wat by uitnemendheid gebrokenheid op Hom geneem het en daardeur plaasvervangend vir ander (soos ons) heling gebring het. Dit is di gebrokenheid wat maak dat ons nie gebreek word deur ons gebrokenheid nie, maar verstaan dat n konfrontasie met die pyndrempel die belofte van nuutheid inhou.

Wanneer ons beleef dat ons ontmoeting met die Gebrokene aan die kruis ons eie gebrokenheid in perspektief plaas en op n vreemde manier daarvoor heling bied, roep dit ons ook op om iets hiervan te beliggaam in die manier waarop ons met ander mense praat en saamleef, hoe ons kerk is en hoe ons die samelewing dien. Die daag die apatie uit wat so dikwels in ons skuil en roep ons op om in afhanklikheid van Christus ook gewonde genesers te wees. Juis deur nie weg te deins van gebrokenheid nie word die kerk se kragtigste getuienis gelewer . So dien ons as mede-vroedvroue vir God se nuwe skepping. Soos Prof Dawid Bosch dit gestel het: It is because of the scars of the church, that the world will believe. It is because of the scars of the church, not because of the crown of the church, not because of the power of the church, not because of the big church buildings, or because they can sing beautiful, it is because of the scars of the church ... (aangehaal deur Naude, p37).

Goeie Vrydag is by uitnemendheid die dag waarin ons in ootmoed en in n gees van belydenis stil moet word voor die misterie van die gekruisigde wie se wonde vir ons en deur ons heling bring. Die eet van die brood en die drink van die wyn help ons om dit te onthou.

Preekvoorstel

Die Duitse dominee, Walter Lthi, vertel dat nadat die tweede wreldoorlog verby was, die mense stadig begin terugkeer het na hulle vernietigde dorpies. Hy s dat in hulle dorp feitlik alles in puin gel het. Van die stadspoort het daar net een gebreekte pilaar bly staan. Die dood en die verwoesting was oral; in die geboue, in die duisende grafte en in hulle harte. En toe, een oggend toe hulle wakker word, het hulle gevind dat twee ooievaars op die oorblyfsel van die stadspoort begin nesmaak het. Hy s dit was vir hulle 'n teken, 'n teken dat uit die gebrokenheid daar iets nuut moet groei. Dat uit die dood die nuwe lewe begin.

In Jesaja 53 gaan dit oor die Kneg van die Here. Dit gaan oor 'n nuwe daad van God. Iets wat die profeet waarskynlik self nie naastenby kon begryp nie. Ten spyte van die profeet se waarskynlike onbegrip kan 'n mens steeds iets van 'n ingehoue opgewondenheid by hom bespeur. Hy vertel naamlik van die dienaar van die Here: Hy het nie skoonheid of prag gehad nie, nie die voorkoms waarvan 'n mens sou hou nie, Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man wat pyn en lyding geken het. En dan vra hy tereg: Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin raaksien?

Hierdie nuwe daad van God is iets waarop die mensdom oor al die eeue en vandag nog steeds onvoorbereid op is. God bring naamlik nie hoop deur oor die gebrokenheid en die vernietiging te spring nie, Hy bring nie aan die verslane volk hoop deur aan hulle 'n gesig van heerlikheid en mag voor te hou nie, maar deur 'n gesig van iemand net soos hulle; verstote, verag en sonder skoonheid of aansien is.

Dit is merkwaardig as 'n mens na hierdie gedeelte in Jesaja 53 gaan kyk, hoe sterk en gekleur die taal is waarin die plaasbekledende rol van die Kneg beskryf word. Daar word ges dat Hy ons lyding en siektes gedra het (4), dat Hy oor ons oortredings deurboor is, die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom (5), dat Hy gestraf is oor die sonde van die volk (8) en dat hy sy lewe as 'n skuldoffer gegee het (10).

As die volk in ballingskap deur hierdie gesig van die lydende Kneg vertroos geword het, hoeveel te meer nie ons as Nuwe-Testamentiese kerk wat op hierdie gebeure kan terugkyk en in die Kneg die gestalte van die Kind in die krip, die gestalte van die Gekruisigde kan herken nie. Deur die Kneg weet ons dat God nie alleen na ons toe kom nie. Hy kom na ons in die diepte van ons verlorenheid. God gaan in die skuld en nood van ons bestaan in, in die verlorenheid en die Godverlatenheid. God het dl geword van ons wreld van eensaamheid, wat niks minder nie beteken as dat Hy hierdie dinge aan eie lyf gevoel het.

Maar miskien is die grootste woorde wat aangaande die Kneg hier in Jesaja geskryf word, die wat in vers 3 en 4 staan:

Hy was iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het Hy ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra...deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Dis op hierdie punt waar Jesus ook ten diepste anders is as ander groot geeste, byvoorbeeld Moeder Teresa, wat in identifikasie geleef het met die lot van die armes, die eensames en die gebrokenes. As sy lewe van swaarkry op aarde niks anders was nie as net nog iemand wat teen verdrukking opgestaan het, was Hy ook maar net 'n barmhartige, maar miskende held.

Dit wat Jesaja hier van die Kneg s, is dit wat Jesus van ander groot en goeie mense onderskei. Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra. Ons weet dat 'n mens iemand anders se skuld dalk kan oorneem, dat jy iemand anders se rugsak kan dra tydens 'n staptog, maar dit is onmoontlik om iemand anders se lyding of iemand anders se siekte te dra. Dit is onmoontlik om iemand anders se sonde te dra in die sin dat jou dra daarvan dit ook uitwis.

Die katolieke teoloog, Henri Nouwen, het dit by geleentheid so verwoord: Die gestalte van Jesus leef beskadig en gewond onder die mense. Hy is die gewonde Geneser wat in die neerdalende beweging van die menswording op soek is na gebroke mense en wat meely onder die gebrokenheid van ons bestaan.

God is onder ons so verborge omdat Hy so volmaak by ons is, in ons Godverlatenheid..

Hier is egter een ding wat ons baie goed moet verstaan. God kom nie in die gebrokenheid van ons bestaan in sodat ons heel en ongeskonde kan bly nie. God kom nie in die gestalte van 'n weerlose kind sodat ons as weerbare manne en vroue hier kan leef nie.

Anders gestel, as God as 'n kneg en as 'n dienaar na ons toe kom, l ons redding en ons verlossing daarin dat ons soos kinders word, dat ons bevry sal word van ons selfgerigte begeerte om bedien te word, maar dat ons diensbare knegte word.

Die kerk van Jesus Christus is, soos die bekende Afrika sendeling-dokter, Albert Schweitzer, dit gestel het, "die heilige gemeenskap van hulle wat die merk van pyn dra". Dit is die gemeenskap van hulle wat in identifikasie leef met die Man wat pyn en lyding geken het.

As daar een ding is wat die kerk en gelowiges oor al die eeue heen gesukkel het om goed te verstaan, dan is dit hierdie waarheid. Vir 'n groot deel is dit natuurlik moeilik om te verstaan as 'n mens self in die grootste gemaksug en gerief lewe, as 'n mens dalk nog jou hele lewe in 'n posisie was waar pyn en lyding jou gespaar gebly het, as jy altyd nog die beheer van jou lewe ferm in jou eie hande kon vashou.

Die Franse filosoof, Simone Weil, van huis uit 'n ates, vertel dat sy op universiteit ook 'n oortuigde Marxis geword het. In 'n poging om haar oortuigings prakties uit te leef het sy besluit om vir 'n jaar as 'n gewone arbeider in 'n fabriek te gaan werk. Sy was teen die tyd dikwels siek en was maar broos van gestel. Die handearbeid in die fabriek het al haar kragte geput. Maar, s sy, die ergste was die manier hoe die werkers mekaar en ook vir haar behandel het. Die tyd in die fabriek was 'n geweldige ontnugtering. Sy het dit verlaat met 'n gebroke liggaam n 'n gebroke gees.

In 'n poging om haar van 'n dreigende selfmoord te red, het haar ouers haar vir 'n vakansie na 'n klein dorpie in Portugal gestuur. Sy beskryf 'n ervaring wat sy daar gehad het, soos volg:

"Dit was aand en volmaan. Die vrouens van die vissermanne het afgeloop na die skepe toe, elkeen met 'n kers in die hand terwyl hulle ou gesange wat vol van hartseer was, gesing het. Niks kan daarmee vergelyk word nie. Ek dink nie dat ek al ooit enige iets so pynlik mooi gehoor het nie. Dr het ek begryp dat die Christendom veral die godsdiens van die slawe is, dat slawe nie anders kan as om dit aan te gryp nie....en dat ek self 'n slaaf is." Vir hulle wat swaarkry, is die kruis nie ng iets wat hulle moet dra nie, maar word die kruis dit wat hulle dra.

Die betekenis van pyn en lyding l nie daarin dat van 'n mens 'n beter of gelukkiger persoon of selfs 'n beter Christen maak nie. Allermins. Die betekenis van swaarkry l daarin dat dit my stroop van al die waardelose dinge waarop ek my sekerheid en my hoop bou.

Met ander woorde, dit help my alleen om gouer in die lewe te besef dat die waarheid omtrent my lewe een van onmeetbare broosheid is. Dat daar niks is waarop ek kan aanspraak maak nie en dat ons almal aan die einde van die dag maar soos Martin Luther ges het; bedelaars, ja bedelaars is.

En in die ware lewe voor God, as ware kerk, as gemeenskap wat die merk van pyn dra, is daar geen manier hoe ons daarvan kan wegkom om nie by die punt te kom wat ons volkome gestroop van alles voor God gaan staan nie. Voordat ons kan groei en as krk na die wreld toe kan gaan, moet ons by die punt kom waar ons met die waarheid aangaande onsself voor God gaan staan: Hulpeloos, gebroke en afhanklik.

Voordat ons iets vir die samelewing kan beteken, sal ons moet sterf aan onsself. Sal ons onsself voor God, die God wat ons harte en ons dade ken, moet verootmoedig.

Dit is die een ding wat ons as kerk die meeste hoor en die minste doen. Individuele gelowiges buig soms so voor God, maar die kerk feitlik nooit. Dis soms so pynlik ironies: Die ledemate dra die letsels, maar die liggaam hou homself as vlekloos en ongeskonde voor.

Daarom is dit, dalk meer as enige iets anders, nodig dat ons as die kerk van die Here Jesus Christus by die oomblik kom waar ons die Here in die o kyk en vir Hom s: Ons is die wingerd. Ons is die wingerd wat suur druiwe dra. Ons is die wingerd waar dorings en distels groei (vgl Jes 5). Maar meer as dit Here, ons is op onsself ingebuig. Ons dink eerste aan onsself. Ons is gemaksugtig en ons vra meestal wat ander vir my kan beteken en nie wat ek vir ander kan beteken nie. Ons gee dikwels voor dat ons werklik u wil soek. Ons vra ook dikwels na u wil vir ons lewe asof ons dit regtig wil hoor en asof ons werklik van plan is om dit te gehoorsaam."

Dit is alleen 'n kerk wat in identifikasie met die Kneg leef wat so oor hulleself kan praat. Dis alleen 'n kerk wat verstaan dat Jesus Christus nie na die aarde toe gekom het om gedien te word nie, maar om te dien (Matt 20:28) wat dit kan waag om so eerlik oor hulself te wees. Maar meer as dit; dit is alleen so 'n kerk wat in identifikasie met die Kneg waarlik dienskneg kan wees.

Daar word tans baie oor die openbare rol van die kerk binne 'n gesekulariseerde samelewing gepraat. Dit is sekerlik so dat die kerk nie sy roeping om etiese leiding te gee, moet versaak nie. Dit is sekerlik so dat die kerk nie homself in 'n soort geestelike sfeer moet onttrek nie. Maar te midde van al hierdie belangrike dinge wat die kerk moet doen, bly die heel belangrikste taak van die kerk as die geskonde, maar geheiligde liggaam van Christus steeds die bediening van die versoening aan 'n verskeurde en 'n gebroke mensdom.

Die agting wat die kerk in die wreld verdien l nie in die eerste plek in sy insig en morele leiding ten opsigte van die waardes wat die samelewing weer selfrespek kan gee nie, maar dit l in die eerste plek in sy identifikasie met die veragte Kneg en die veragtes van die wreld.

Vir 'n kerk wat die afgelope paar dekades gewoond geraak het aan 'n soort gesagsposisie is dit natuurlik 'n pynvolle bekering wat in hierdie opsig wag. Binne die meeste Afrikaanse kerke was die kerk in sy beskerming van die burgerlike en fatsoenlike godsdiens waarskynlik aan hierdie roeping die meeste ontrou. Die Deense filosoof Sren Kierkegaard het op 'n stadium oor die gesag en die status van die Deense kerk in die 19de eeu die volgende geskryf: "In die pragtige kasteelkerk verskyn statig die hofprediker, die uitverkorene van die beskaafde publiek, voor 'n groep van belangrike en hooggeplaaste mense, terwyl hy roerend preek oor die woord van die apostel: God het die geringe en die veragtes uitverkies" En dan s Kierkegaard op sy snydende en skerpsinnige manier: "En daar is niemand wat lag nie."

By wyse van spreke kan 'n mens s dat die plek van die kerk nrens anders is nie as op sy knie voor God. 'n Kragtige kerk is 'n afhanklike kerk. En omdat hy op sy knie voor God is, daarom en alleen daarom kan hy die wreld in die o kyk.

Hierdie soort afhanklikheid is nie die soort ding wat vir ons maklik is nie. Ons is met reg en heel verstaanbaar bang daarvoor. Uiteindelik is dit dalk die een ding wat ons uit die gedeelte in Jesaja 53 kan leer. Ons kan dit maar waag om volkome weerloos en kwetsbaar voor mekaar en voor God te wees. Hoekom? Want God het dit met ons gewaag. God het dit gewaag om die wreld in die o te kyk as die veragte Kneg, as die man wat pyn en lyding geken het. En as Hy so voor die wreld kom staan het, hoekom sal ons dan die geerde heerser wil wees? As Hy die redding so bring, kan ons dan anders as om Hom langs hierdie weg te volg?

Ook, hierin l ons behoud. Hierin l die krag van die kerk. Soos Paulus sal ons dan pas ook hoor: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." (2 Kor 12:9)

Maar stel vir u die wonderlike oomblik voor, as ons soos Petrus en Johannes, vol van die Pinkstergees, aan 'n verlamde wreld kan s: "Geld het ek nie, maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus van Nasaret, staan op en loop!" (Hand 3:5)

 

Literatuur

Kommentare: Beuken, W A M (POT); Brueggemann, W (Westminster Bible Companion); Watts, D W (WBC); Westermann, C (OTL)

Aanvullend: Brueggeman et al 1993, Texts for Preaching: A Lectionary Commentary Based on the NRSV- Year B, 260-261; Burger, C W, Mller, B A en Smit, D J (reds), Woord teen die Lig 2: Riglyne vir lydensprediking, 64-72, Naude P, Brug na mre; Nouwen, H J M, The Wounded Healer; Von Rad, G, The Message of the Prophets, 218-228; Weil, S, Waiting on God.