Jesaja 8:23-9:1-7 (Ockert Meyer)

25 Desember 1999

Kersfees

 

Ander tekste: Psalm 97, Titus 3:4-7 en Lukas 2:1-14

Teks

Alhoewel die RCL die perikoop tussen verse 2 tot 7 afbaken, word hier gewerk met die indeling wat die by verreweg die meeste kommentatore kies, naamlik 8:23-9:6. Volgens Snijders (POT) hoort vers 23 "ongetwyfeld" by Hoofstuk 9. Ook is die woorde "donkerte" en die "donker land" belangrike begrippe om 'n konteks te skep waarbinne die heilsprofesie geplaas word.

Brueggemann wys daarop dat die profesie gekenmerk word deur drie belangrike momente. Verse 1 en 2 kondig die nuwe wending op die sosio-politieke horison van Juda aan. Dis 'n wending van donkerte (aan die hand van Assiri), van desperaatheid en onderdrukking na 'n situasie van lig. Nou verbind aan die verstaan van die lig, is ook die koms van Jahwe se heerlikheid, dit is die sigbare getuienis van sy majesteit, luister en soewereiniteit.

Tweedens word dit ook duidelik dat die wending die resultaat is van 'n militre ingreep. (vers 3 & 4). Hierdie ommekeer word vergelyk met die verrassende oorwinning van Gideon oor die Midianiete (Rig 6). Alhoewel Assiri net so onoorwinlik lyk as wat die Midianiete moes gewees het, word hier net so 'n wonderbaarlike soort oorwinning in die vooruitsig gestel.

Eers in die derde en die laaste gedeelte van die perikoop word die koninklike agent genoem. Tot nou toe is daar alleenlik van die oorwinning gepraat as die werk van Jahwe. Maar nou is die een wat vir die verandering verantwoordelik is, 'n kind! 'n Seun is die erfgenaam wat die troon gaan bestyg!

Op die nuus van die kind volg 'n aantal eretitels. Dit is nie nodig om aan elkeen van die titels aandag te gee nie, behalwe miskien die Magtige God('el gebbor). Dit is nie vreemd dat God die kragtige of die magtige genoem word nie, maar dit is wel iets uitsonderlik dat die titel die Messias te beurt val. Die Buber-Rosenzweig vertaling stel dit so: "Seinen Wundernamen ruft man: Ratsmann des heldischen Gottes..." (lett. Raadsman van die heldhaftige God...) Brueggemann wys daarop dat hierdie uitspraak nie verstaan moet word as 'n aanspraak op goddelikheid nie, maar as 'n aanduiding dat hierdie nuwe koning vervul sal wees met alle krag wat nodig is om die oorwinning te behaal.

Dalk net ook 'n opmerking oor die ewige Vader. Die vader is in die ooste die beskermfiguur by wie 'n mens kan skuil in tye van nood. As die nuwe koning dus die 'ewige vader' genoem word, beteken dit dat Hy (die Seun) nie die onbetrokke regent is nie, maar die Een wat op 'n besondere manier sorg dra vir sy volk.

Die laaste gedeelte van vers 6 het in die ou vertaling gelees "Die ywer van die Here van die lerskare sal dit doen." Hierdie "ywer" van die Here dui op die krag waarmee Jahwe as 'n krygsman ten behoewe van sy volk teen die vyand optrek. Die laaste gedeelte van vers 6 wil dus s dat die bevryding deur die Seun die wyse is waarop die Heilige regeer en oorwin. Opvallend genoeg val die Godswerk en die werk van die Kind hier feitlik saam.

Die volk wat in donkerte leef, is die stamme wat in die donker van gevangenisskap verkeer of wat in sekere toegewysde gebiede 'n armoedige slawebestaan voer, omdat hulle geknak is deur die geweldige belastinglas wat die Assiriese heersers hulle opgel het. Vir Juda wat tot wanhoop gedryf is, in uitsigloosheid en duisternis geleef het, het hierdie profesie 'n wonderlike nuwe kans in die wreld gebied.

Konteks

Die besondere belang wat hierdie teks vir die prediking op Kersdag het, l natuurlik grootliks opgesluit in die wyse waarop Matteus hierdie profesie in terme van die eerste optrede van Jesus interpreteer. (Matt 4: 15-17) Die wyse waarop die Evangelis die profesie uit Jesaja gebruik en op 'n brer vlak, die wyse waarop ons die Bybel lees, maak dit duidelik hoe die belofte as 't ware uit die bande van sy oorspronklike skriftelikheid bevry word om 'n nuwe situasie te benoem en daar 'n lig in die donker op te steek.

In Walter Brueggemann se kommentaar is daar 'n uitstekende paragraaf wat op 'n eenvoudige, maar uiters verhelderende wyse aantoon hoe die goeie nuus oor tyd en wrelde heen voortplant. Omdat dit sommer 'n goeie les in 'n behoorlike hermeutiek is, kan 'n mens vir jouself die ruim aanhaling veroorloof.

"The powerful, visionary poetry of this oracle permits more than one reading. It takes on a life of its own, claiming freedom from the Ahaz/Hezekiah matrix of the eight century. Such a freeing from the Ahaz context has already happened in the book of Isaiah, wherein the notion of "former/latter" moves in larger scope to exile and homecoming. And in the usage of Matthew, the interpretative freedom taken with this passage is immense (Matt 4:13-17). According to Matthew, Jesus relocates so that "what had been spoken through the prophet Isaiah might be fulfilled." This claim of course does not mean that the poet in Isaiah 9:1-7 had Jesus in mind or "predicted" Jesus. It means rather that the text, powerful and generative as it is, surges beyond its "original setting" to illuminate and redescribe new situations. The text is "reheard" in the Matthew community as a disclosure of Jesus' ministry. In this rehearing, the text speaks of the great reversal now be cause by Jesus. He is now the "great light" that will transform. We notice, moreover, that the action of Jesus, as given us in Matthew, takes place amidst the ominous arrest of John the Baptist, that is, in the face of oppressive, imperial power. And we note that Jesus, out of that Isaiah text, preaches "the kingdom of heaven," that is, proclaims a counterreality that challenges even the rule of Herod." (My kursivering - OM)

Anders gestel, op Kersdag 1999, waar in Christelike kerke die prediker die ontmoeting tussen God en sy volk fasiliteer binne die ruimte van Jesaja 9 word die woorde van donkerte, verwarring en uitsigloosheid nie alleen gehoor as die historiese verslag van die lotgevalle van 'n antieke volkie nie, maar word dit ook veelseggende en kragtige woorde wat die pyn en die vrees van baie mense op die vooraand van 'n nuwe millennium verwoord. En daarom, op 'n soortgelyke wyse sal die gemeente wat soek na die lig van Hoop te midde van 'n vredelose en donker tyd, die woorde vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee... nie alleen hoor as 'n aankondiging van Juda se redding nie, maar ook as die versekering dat God wel die hemele geskeur het, die blye versekering dat ons selfs op die vooraand van 'n nuwe millennium in die lig leef wat van die Kind in die krip uitgaan.

En nog eens, in die ore van die mense wat leef binne die kragveld van die Gees van die opgestane Christus is die woorde dat die Seun die wonderbare Raadsman, die magtige God en ewige Vader is, rewolusionre woorde, woorde wat uitdaag en bevestig dat die koms van 'n ewige koninkryk nie vanuit Nineve of New York of Moskou geloods word nie, maar vanuit die agterstrate van Bethlehem.

Dat die profetiese woorde, die beelde van lig/donker, die wonder van die Kind/Magtige God kragtige taal is wat die verbeelding aangryp en mense totaal nuwe perspektiewe op die harde daaglikse werklikhede kan gee, word miskien die beste gellustreer deur die wyse waarop die profetiese beelde deur verskeie kunstenaars opgeneem en verder gevoer is. In die interessante boek van John Sawyer, The fifth gospel. Isaiah in the history of Christianity is daar 'n hoofstuk getiteld Isaiah in Literature and Music, waarin gewys op letterlik honderde voorbeelde van hoe die Jesaja beelde hulle weg in die vroe en moderne kuns gevind het. (Dit is terloops nie 'n slegte gedagte om 'n Kerspreek oor die perikoop te laat uitloop op die baie mooi en sterk gedeelte uit Handel se Messias nie. Veral op Thomas Beecham se 1959 opname is For unto us a Child is born werklik iets besonders.)

Daar is 'n hele aantal Kerspreke oor die perikoop gemaak. Dit is uiteraard nie moontlik om 'n oorsig oor almal van hulle te gee nie. Dit is selfs ook nie moontlik goeie opsommings van hulle te gee nie. Wat ek sal poog om te doen, is om deur twee voorbeelde die trant of die rigting te probeer aandui wat predikers moontlik kan inslaan.

Vir Kersdag 1940 het Dietrich Bonhoeffer 'n preekmeditasie geskryf met die klem op Jesaja 9:4 en 5. Dit is getiteld Alle heerskappy op die skouers van die Kind. Hierin val die aksent op die feit dat God nie deur 'n geweldsdaad of deur die krag van sterk manne nie, maar deur 'n Kind die wending van die geskiedenis teweegbring. Op die swakke skouers van 'n pasgebore Kind l die heerskappy oor die wreld!

Wie is hierdie Kind? 'n Mens kan sy Naam alleen stamelend uitspreek. Ja, vreemde woordskeppings ontstaan waar 'n mens dit waag om sy Naam op jou lippe te neem: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. So stamel ons by die krip in Bethlehem; so probeer ons om te omskryf wat ons in die ontmoeting met die Kind beleef: Ten diepste mond hierdie spraaklose verleentheid daarin uit dat ons sy naam op ons lippe neem: Jesus. En hierdie Naam is niks anders nie as die woordlose stilte van aanbidding voor die Onuitspreeklike, voor die teenwoordigheid van God wat ons in die gestalte van 'n mensekind ontmoet.

Die wonder van hierdie Jesuskind l daarin dat Hy sy vredesryk nie deur geweld wil oprig nie, maar deur die vrywillige onderwerping van mense. Daarom is die geweld en die oorlog waarin die wreld op daardie oomblikke verkeer, nie die skuld van Jesus nie, maar die skuld van mense wat weier om hulself aan Hom te onderwerp. So bou Jesus sy vredesryk, so rig Hy sy troon op; daar waar Hy in Woord en sakrament teenwoordig is, waar Hy in die vrede van sy Woord heers en regeer, in die kerk, in die gemeente.

Otto Kaiser se Kerspreek van 1968 in Marburg probeer uitkom by die soort vredesryk wat Jesus stig en wat dit by ons tot gevolg het. Hy wys daarop dat die Ou-Testamentiese profete alles behalwe wreldvreemde dromers of romantiese fantaseerders was. Dit wat hulle verkondig het, was niks minder nie as God se plan met sy volk. Daarom weet die profeet wat in Jesaja 9 aan die woord is, dat in alle onskynlike noodlot God self aan die werk is. En waar God aan die werk is, wt ons dit baie goed. Want waar God verskyn, waar sy geweldige ligglans die donker wreld verlig, daar kom Hy om die verknegtes te bevry! Waar Hy teenwoordig is en waar die mense sy teenwoordigheid erken, daar stig Hy sy vrede.

Dit is die oortuiging wat die profete huldig en wat hulle verkondig. As ons nou mooi luister na wat die profeet s, kan ons drie dinge hier onderskei. Eerstens, God sal die onderdrukker verneder. Tweedens, waar God teenwoordig is, is daar vrede en derdens waar die mense in die naam van God optree, ontstaan 'n blywende vrede.

As 'n mens dit van God se teenwoordigheid s, ontstaan die vraag natuurlik veral op Kersdag hoe 'n mens vir Jesus Christus as hierdie openbaring van God kan sien, veral gesien in die lig van die feit dat die wreld lyk soos wat hy lyk. Die antwoord hierop verneem ons in van Jesus self as Hy volgens die Johannesevangelie vir Pilatus op sy vraag of Hy die koning van die Jode is, die volgende antwoord gee: My Ryk is nie van hierdie wreld nie. As my koninkryk van hierdie wreld was, sou my onderdane geveg sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.(Joh 18:36)

Waar ons besef wie ons voor Hom is, daar begin sy heerskappy ook oor ons. En waar ons besef wie ons in Hom is, ontdek ons ook dat dit ten diepste nie op die dinge van hierdie wreld aankom nie. Daar word ons bevry van ons verknegtheid aan besit, status en mag en kan ons in innerlike vryheid begin om werklik lief te h en te dien.

In die preekskets wat volg, kies ek om saam met Jesaja 9 ook 'n evangelieteks te lees (Luk 2:1-20) om daarmee eerstens die Kersverhaal aan die orde te stel. Die hermeneutiese winspunt wat hierdeur behaal word, is dat ons dan van die begin af terugskouend (soos wat ons dit in werklikheid altyd hanteer) met Jesaja werk en so die profetiese verkondiging op die Evangelieverkondiging laat inspeel.

Preekvoorstel (Luk 2:1-20/Jes 8:23-9:6)

Lukas 2, die verhaal van Jesus se geboorte, begin in terme van wat ons almal vandag daaronder sou verstaan, met 'n soort referendum. Dus met 'n heel onskuldige saak.

Die waarheid rondom hierdie sogenaamde referendum is egter totaal anders. Keiser Augustus was besig om sy mag oor die hele Romeinse ryk uit te brei en te vestig. In die gebied, Siri, waar Sirenius goewerneur was, het die Jode al vir geslagte lank hulle politieke en ekonomiese sake self gerel volgens 'n sisteem wat baie goed gewerk het.

Die volkstelling het egter nie soseer oor die aantal mense wat in die gebied gewoon het, gegaan nie, maar dit het veel eerder om belasting gegaan.

Vanuit min of meer dieselfde tyd kom daar 'n geskrif van 'n Romeinse skrywer, Lactantius, wat beskryf hoe sy landgenote so 'n vordering van belasting hanteer het. Hy beskryf dit soos volg:

"Die Romeinse belasting-amptenare het gesorg dat hulle oral inkom en het alles in rep en roer gebring. Die akkers is meter vir meter opgemeet, elke wynstok en vrugteboom is getel en die aantal mense noukeurig aangeteken. In die stede is die bevolking op 'n hoop gejaag; al die markte was oorvol met families wat in groepe aangetree is. Oral kon jy die krete van mense hoor wat onder foltering en voortdurende houe ondervra is. Die amptenare het inligting uit mense gekry deur seuns teenoor hulle vaders, mans teenoor hulle vrouens af te speel. Nadat dit alles gedoen is, is die mense gemartel totdat hulle hul goed verklaar het en dikwels goed wat hulle nie eers besit het nie. Hierdie metodes is op alle Jode toegepas, sonder in agneming van ouderdom, geslag of gesondheidstoestand."

S het die stille nag, heilige nag, die nag waarin die seun van Josef en Maria die eerste lewenslig aanskou het, gelyk.

As ons voorts na die betekenis van die donkerte en die nag van die profeet Jesaja gaan kyk, sal ons gou ontdek dat die Kersnag waarna die Bybel verwys en die sogenaamde stille nag, heilige nag soos ons dit meestal verstaan, as Kersliggies, op 'n tafel oorlaai met geskenke en kos, hemelsbreed van mekaar verskil.

Want in die Bybel, dui "nag" nie alleen horlosietyd aan nie, maar ook wreldtyd. Vir die profete is die nag gelyk aan afgodetyd, noodtoestand, wreldnag. Nag is die menslike nag, woede, wanhoop, ontreddering en vertwyfeling. Nag is in die woorde van Jesaja 8 en 9 die uitsigloosheid van benoudheid en donkerte, die volslae duisternis waarin 'n mens of 'n volk gedryf kan word.

Dit is die keersy van die skeppingsbedoeling as God s: Laat daar lig wees. (Gen 1:3)

Selde of ooit is die omvang, die duisternis en die verskrikking van die nag so aangrypend uitgebeeld as in die 1986 Nobelpryswenner, Elie Wiesel, se verslag van sy kinderjare in die konsentrasiekampe van Auschwitz en Buchenwald. Die boek is getiteld "Night" en hy beskryf sy eerste nag daar soos volg:

"Nooit sal ek daardie nag vergeet nie, die eerste nag in die kamp, die nag wat my hele lewe in een lang nag verander het. Nooit sal ek die rook vergeet nie. Nooit sal ek die gesiggies van kinders vergeet nie, van hulle wat in swart rookwolke in die stil blou lug opgegaan het nie. Nooit sal ek die vlamme vergeet wat my geloof vir ewig verteer het nie. Nooit sal ek die nagtelike stilte wat my vir ewig van die begeerte om te leef beroof het, vergeet nie. Nooit sal ek die oomblikke wat my God, my siel en my drome vermoor het, vergeet nie. Nooit sal ek hierdie dinge vergeet nie, al word ek veroordeel om so lank as God self te moet leef. Nit nie."

In hierdie nooit klink iets van die diepste wese van die nag; die radikale uitsigloosheid, die byna volstrekte eensaamheid, die byna totale gebrek aan die hoop of die verwagting van enige iets of iemand wat dit kan verander. Die wete dat ek op myself aangewese is; dat ek my arms rondom my uitsteek in die soeke na iemand, maar dat ek voortdurend in die lug tas.

Miskien is hierdie nag, of ten minste iets van die skemer, aan u bekend.

In 'n fliek wat in 1997 gedraai het, Johns, word iets van so 'n skemer-bestaan teen die agtergrond van Kerstyd uitgebeeld. Dit gaan oor die ervarings van twee jong mans, eintlik maar seuns, wat as prostitute 'n skemerbestaan voer in die neonwreld van Hollywood en Beverly Hills. Die Kerstyd word enersyds gebruik om die kontras tussen hulle en die wreld van aansien en rykdom, maar ook andersyds die ooreenkoms tussen hulle en die Seun waaroor Kerstyd gaan, maar wat nooit by die naam genoem word nie, aan te dui.

 

Veral word 'n mens intens bewus van iets anders. Iets wat waarskynlik by die karakters sowel as die regisseur leef: Dat in die wreld waarin die Bethlehemster verskiet het, in die wreld wat verdwaal het sonder die leiding van die wolk- of die vuurkolom, dat die Kersgebeure iets diep binne 'n mens roer. Dat dit op 'n manier van die "nooit" 'n "miskien" maak. Dat dit juis in die skemerwreld is, die wreld waarin die neonligte in plaas van die Bethlehemster die lig verskaf, wat die hoop op 'n ander soort lig leef. Dat dit skemer is, nie omdat die son ondergaan nie, of omdat die herders en die wyse manne kortkom nie, maar dat dit skemer is omdat die Goeie Herder en die wysheid van Bo kortkom. Ja, dat dit skemer is omdat daar geen Wonderbare Raadsman of Ewige Vader is nie.

En miskien is dit ook die rede waarom juis ook op Kersdag, en nie op Paassondag, die eintlike groot dag op die kerklike kalender, die kerke vol mense is. Omdat, dieper as wat ons dit dikwels self besef of erken, die leegte en die gemis juis dikwels deur die oppervlakkige feesviering en onskynlike vreugde ontbloot word.

Die eensaamheid en die leegte, nie omdat God afwesig is nie, maar ondanks God se aanwesigheid. Nie omdat ons nie glo in die lig nie, maar ondanks die feit dat glo.

Juis omdat ons Kersdag, Immanul God met ons vier, daarom is ons soveel meer bewus van die feit dat ons nie meer met God is nie, of dat God se nabyheid vir my so min troos inhou.

En daarin word op 'n manier, die wat glo en die wat nie meer glo nie, saamgebind in die hoop, al is dit miskien nie eers meer 'n hoop waarin ons self glo nie, dat daar iewers Iemand is, iemand wat anders is, nie drin anders is dat hy bo ons menswees uitstyg nie, maar juis daarin anders is dat sy menswees hoop vir ons menswees bied.

Die verhaaltjie wat begin by 'n volk wat 'n groot lig gesien het, die verhaal wat voortgesit is by 'n man, vrou en kind vir wie daar nie plek was nie, vertel van so iemand.

"Iemand wie se vlees swak is soos ons s'n (Matt 26:41), iemand wat uit angs bloed kon sweet (Luk 22:44), iemand wat kon honger ly en uitgelag word (Mark 5:39), wat weet hoe dit voel om verstoot te word en juis deur diegene wat jy werklik liefhet onnoembare pyn aangedoen te word, om deur vriende alleen gelaat te word, die toorn van God en die mense saam te ervaar en dan nogtans die moed het om op die Kainsvraag: Moet ek dan my broer oppas?, "Ja" te antwoord. Iemand wat dit waag om ondanks die tirannie en die oorlog aan die naasteliefde tot in sy laaste konsekwensies te bly glo..." (P Lapide).

Kan u verstaan waarom Jesaja s: Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n lig gesien, oor die wat in die donker land was, het 'n lig geskyn?

Miskien het die volk met wie Jesaja gepraat het, meer verwag....en miskien is en bly ons ook drin Joods, dat ons meer verwag as die gebeure wat Lukas skets. Immers, dit was net enkele skaapwagters wat iets buitengewoon gewaar het, net skaapwagters wat die engelekoor uit die hemel hoor sing het.

Die res van die volk, maar ook Maria en Josef, moes die dag na die geboorte voortgaan om onder die belastingaanslag van goewerneur Sirenius te buig. 'n Mens wil amper s; dit was aand en dit was mre, maar dit bly nag.

En dit is waar. Maar wat ook waar is, is dat tussen al die nagte van al die eeue het daar n besondere nag ingeskuif: Kersnag.

"En Kersnag beteken: Hy het gekom. Hy het die nag verlig. Hy het die nag van ons duisternis, die nag van ons onverstaan, die grou nag van ons angs en ons moedeloosheid tot 'n Kersnag, tot 'n heilige nag, gemaak" (K Rahner).

Juis die donker van die nag, die nood van die wreld, is die skag waarin God neergedaal het. Dit is die onbegryplike, onuitwisbare wonder van die Kersgebeure; dat ons hoegenaamd kan praat van Kers-nag, Christus-nag. Dat God Hom aan die nag verbind het. Dat God self 'n nagmens geword het.

Die Nederlandse digter-dominee Okke Jager, het na aanleiding van die groot vloedramp in 1953 'n gedig geskryf waarin hy vertel van al die verskrikkings en van mense wat tevergeefs spartel om hulle kinders te red. Hy sluit die gedig af met hierdie laaste strofe:

En God, Die kleine kindren liet verstijven

En liet verhongren, als de moeder bad,

Hij kon niet langer in de hemel blijven,

Hij werd een Kind, dat kou en honger had

Die gedig heet Rampnacht-Kersnacht.

Kersfees s nie: Alles is reg nie.

Kersfees s wel: Te midde van ons radeloosheid het daar 'n wonderbare Raadsman gekom. Kersfees s: te midde van onmag het daar 'n magtige God gekom. Kersfees s: te midde van weesheid het ons 'n ewige Vader gevind. Kersfees s: te midde van die geweld en die oorlog het daar 'n Vredevors gekom.

En Kersfees s: Iemand anders, God self het deel van hierdie verhaal geword. Meer nog, Hy het dit sy verhaal gemaak. Kersfees sluit nie 'n verhaal van swaarkry, bittere lyding en honger af nie. Hoeveel hoofstukke hierdie verhaal nog het, weet nie een van ons nie. En hoeveel pyn en vrees nog vir ons voorl, weet ons genadiglik ook nie.

Maar wat ons wel weet, is dit: die boek van die lewe, van die menselewe, ook my lewe, het God se boek geword. En rens in die verhaal is daar 'n woord gespreek, die vleesgeworde Woord, en dit is hierdie Woord wat tot ons kom in die nag, met ons praat in die nag, ons hand kom hou in die nag elke nag.

En al gaan die verhaal nog voort en al verstaan ons niks van die plot nie, ons het die slotwoord gesien: Immanul, God is met ons!

 

Bibliografie

Bonhoeffer, D: Predigten, Auslegungen, Meditationen, Brueggemann, W: Isaiah 1-39 (WBC), Kaiser, O ea: Der Gott der mitgeht, Kraus, H-J: Herr, tue meine Lippen auf 5, Snijders, LA: Jesaja deel 1 (POT).