Spreuke 22:1-23 (Kobus Smit)

10 September 2000

Twaalfde sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste:††††††††††† 1 Kronieke 28:1 Ė10, 20-21; Psalm 125; Markus 7:24-37.

Verstandige mense maak geen onderskeid tussen mense op grond van voorkoms, status of rykdom nie. Die tema van die week sou goedskiks die woorde van Spreuke kon wees: "Övoor die Here is ryk en arm gelyk" (Spr 22: 2).

Teks

Spreuke 22:1-23 (voorgeskrewe perikoop van Die Leesrooster) vorm deel van Spreuke 10:1-22:16, die sogenaamde Spreuke van Salomo en Spreuke 22:17-24:22, ook genoem: Die woorde van die wyse manne.Spreuke 10:1-22:16 bestaan uit 'n aantal kort spreuke wat weinig logiese samehang het.Eintlik is dit net 'n soort lys of aaneenryging van aforismes (spreuke) sonder enige konteks.Die enkel sinne kan wel rondom 'n bepaalde onderwerp saamgegroepeer word.Spreuke 22:17-24:22 bestaan uit 'n aantal algemene spreuke waarvan 'n deel verband hou met die Egiptiese leer van Amen-em-ope uit die periode tussen 600 en 1000 vCIn die lig van die genoemde teksverdelings, wat algemeen aanvaar word, word Spreuke 22:1-16 as perikoop vir die doel van die preekstudie aanvaar.

In die teks is presiese parallelismes skaars.Verse 3, 15 en 16 is voorbeelde van antitetiese parallelismes.In verse 2, 5, 7, 8 en 14 is sintetiese parallelismes gebruik.Verse 4, 11 en 13 bevat geen parallelismes nie.Verse 6 en 10, wat met 'n imperatief ingelui word, vorm 'n tipe instruksie.Vier spreuke verwys na Jahwe:verse 2 en 14 met verwysing na 'n vreemde vrou, en in verse 4 en 12 in 'n genitiefkonstruksie.Vers 11 verwys terloops na die koning.

Die onderwerp waarop die meeste gefokus word, is die verhouding tussen ryk en arm (vv 1, 2, 7, 9, 16).Verse 1 en 2 stel rykdom ondergeskik aan hoŽr beginsels.Volgens vers 1 is 'n goeie reputasie en geestelike kwaliteite meer werd as rykdom.Die sekuriteit wat rykdom bied, het dus beperkinge (vgl ook 11:4, 7). Voor die Here is daar nie klasseverskille nie: almal, alle skepsels van God, is gelyk (2).Tog is vers 2 'n veelkantige spreuk wat oop is vir baie interpretasies.Om die presiese betekenis daarvan te bepaal of 'n bepaalde dogma daarvan af te lei blyk onmoontlik te wees as Spreuke 15:15 en 13:8 met mekaar vergelyk word.Spreuke 15:15 en 13:8 dui die positiewe en die negatiewe aspekte van die vergelyking tussen ryk en arm in vers 2 aan.Volgens Spreuke 15:15 wil dit voorkom of die rykes se lewe uit een ononderbroke ketting van goeie dae bestaan.Spreuke 13:8, daarenteen, teken 'n baie donkerder prentjie:rykes kan ook die pynlike ervaring van afpersing belewe;iets wat die armes nooit oorkom nie.Vers 7 verwys na die harde werklikheid van die mag van geld, wat verband hou met die teenstelling tussen hardvogtige (8) en mededeelsame mense (9).†† Volgens vers 7 is die rykes die magtiges en invloedrykes.Die armes is die onmagtiges wat dikwels, vanweŽ skulde, deur ryk skuldeisers verslaaf word (vgl ook 18:23; Eks 21:2-7; 2 Kon 4:1; Am 2:6:Neh 5:5).So 'n slawerny was ten dele 'n uitkoms vir die armes.Andersyds het dit hulle gesins- en gemeenskapslewe verwoes.Die wat die armes help, word ryklik deur die Here geseŽn.Hiermee word die ooreenkoms tussen sosiale betrokkenheid en selfvervulling gepostuleer.Hierdie seŽn is slegs diegene se deel wat sy medemens se nood sy nood maak en wat betrokkenheid by sy medemens se welsyn as 'n barometer van sy eie menslikheid sien.Vers 16 is problematies om te verklaar, want inhoudelik het die twee vershelftes weinig verband.Dit kan as 'n dubbele veroordeling geÔnterpreteer word:die onsinnige verdrukking van armes ter wille van selfverryking en die vry na die guns van rykes vanweŽ domheid.Skynbaar vergelyk vers 16 armoede met piŽteit en rykdom met goddeloosheid.Spreuke 22:16 en 11:24, 25 wys op die intrinsieke waarde wat daarin lÍ om armes te help.Sodoende word die gevaarlike gaping tussen ryk en arm, wat 'n gevaar vir 'n hele gemeenskap inhou, verklein.Daarbenewens hou dit ook groot voordele vir die hele gemeenskap in.

Die vergeldingsgedagte kom in drie spreuke voor:die wat die Here dien, word ryklik beloon (4);die wat onreg saai, sal sekerlik gestraf word (8);die wyses behoed God, maar die dwases en misdadigers straf Hy (12).

Die wyses se siening van opvoeding is:Buig die boompie terwyl hy nog jonk is (6).In die kinderjare moet 'n bepaalde lewenstyl by die kinders vasgelÍ word.Om die doel te bereik, moet die roede nie gespaar word nie (v 15; vgl ook 19:25, 27; 13:24), want dit bewaar die kind van latere dwaasheid.Lyfstraf was in die Ou Nabye Ooste deel van die opvoeding.

Die orige spreuke bestaan uit enkel aforismes, wat uit onpersoonlike veralgemenings oor die lewe bestaan:vers 3 sÍ wyses vermy onheil;vers 5 sien 'n mens se lewe en gedrag as 'n pad;vers 10 bevat gedagtes oor rusies;vers 11 verwys na gedrag waarvan 'n koning hou;vers 13 handel oor luiheid en vers 14 waarsku teen die gevaar van 'n slegte vrou.

Konteks

Vir die prediking van die teks is dit belangrik dat ons eerstens vra na die dwaasheid van die ryke.†† Die dwaasheid van die ryke in ons teks lÍ daarin dat hy vanweŽ sy rykdom homself verhef tot 'n ander klas en statuur as die armes (1).Dit verdeel 'n gemeenskap (2).Die effek van hierdie soort dwaasheid kos die kerk in Suid-Afrika 'n baie duur prys wat sy boodskap en geloofwaardigheid betref (vglD.J. Smit:Woord teen die lig III/I, pp 229-236).

Die sekuriteit en gerief van rykdom het ook 'n pynlike kant: dit is baie kwesbaar en onstabiel, mot en roes verniel dit (Matt 6:20).Jy kan dit onder andere verloor deur: afpersing, swak rentekoerse, 'n dalende ekonomie en politieke omstandighede buite jou beheer.Dit veroorsaak groot kommer en onrus in harte, maar ook 'n gejaagdheid!

Die mag van geld maak nie net van jou 'n slaaf van Mammon nie, dit verander jou ook in 'n goddelose, hartelose skuldeiser en verdrukker wat nie die armste mens sal ontsien solank jy jouself ten koste van hom/haar kan verryk nie.Geld vernietig nie net jou eie medemenslikheid nie, dit vernietig ook ryk en arm gemeenskappe.Onbetaalde skuld, uitbuiting en verarming laat mense hulle vryheid en menswaardigheid verloor.Die smagting na geld dryf huisvrouens en jong dogters tot prostitusie met al die skadelike gevolge vir hulle persoonlike, huweliks- en gesinslewe.Verarming gee ook aanleiding tot wanpraktyke soosdiefstal, dwelmsmokkelary, bendegeweld en misdaad.Verarming vergroot nie net die gaping tussen ryk en arm nie, dit is ook 'n dodelik tydbom tussen ryk en arm gemeenskappe, want dit veroorsaak agterdog, spanning, begeerte, diefstal, geweld en selfs moord.

Die mag van geld kan ook 'n helende faktor in enige gemeenskap wees.Vir 'n ryk gemeenskap wat finansieel en persoonlik by 'n arm gemeenskap betrokke raak, kan dit ware lewensvervulling bied. Sulke betrokkenheid is van die magtigste bakens wat daar vir die kerk en koninkryk van God opgerig kan word.Vir 'n arm gemeenskap kan sulke betrokkenheid opheffing, beter geriewe, 'n beter lewenskwaliteit en die herstel van hulle menswaardigheid inhou.Daarmee word die tydbom van vervreemding tussen ryk en arm gekelder!

Vir die prediking is dit ook belangrik dat ons sal vra wat God se wysheid is wat teenoor die genoemde dwaashede van die rykes staan?Geld en besittings is genadegawes uit God se hand.God is Eienaar van alles wat ons besit.Die mens wat sy lewe en sekuriteit daarin soek, sal soos die ryk dwaas van Lukas 12 bedroŽ daarvan afkom, want ons is slegs rentmeesters (bestuurders) daarvan.God het dit aan ons toevertrou om aan sy koninkryk op aarde gestalte te gee.God maak nie onderskeid tussen mens en mens nie.God verdeel ook nie mense in verskillende klasse nie.As arm mense verdruk word, neem God hulle saak op hom.In Ou-Testamentiese tye was daar reeds wetgewing wat daarop gemik was om verarming teen te werk en 'n gelyke lewenstandaard te verseker.Elke sabbatsjaar moes die oes byvoorbeeld vir die behoeftiges gegee word (Eks 23:11) en alle skuld moes afgeskryf word (Deut 15:1).Die jubeljaar was 'n jaar van algemene amnestie waarin elke man die eiendom van sy voorvaders kon terugeis (Lev 25:10).In die Lukas-evangelie word die rykes in jubeljaartaal uitgedaag om 'n betekenisvolle deel van hulle rykdom prys te gee, om riskante lenings te verskaf (Luk 6:32-34) en sekere skulde af te skryf (Luk 6:37).Hulle word ook uitgedaag om medelydend en mededeelsaam te wees soos wat hulle Vader in die hemel is (Luk 6:36).Ambrosius het mos gesÍ: Jy het nie nodig om skure te bou nie, jy het skure: die harte van die behoeftiges, die huise van die weduwees, en die monde van die weeskinders en armes.

Ons kapitalistiese stelsel met sy ongelykhede noodsaak 'n herverdeling van rykdom, want dit skep groot maatskaplike spanning en is eties nie geregverdig nie.Die feit dat slegs individue en groepe individue eiendom versamel, terwyl ander mense daaronder ly, gee aanleiding tot diefstal, geweld, armoede en misdaad.

Preekskets

In die prediking kan twee sake gekontrasteer word.Enersyds is daar die mag van geld wat individue en gemeenskappe verdeel, vervreem, verslaaf, verdruk, in armoede en lyding dompel en vernietig.Andersyds is daar die mag van geld wat individue en gemeenskappe se nood verlig, hulle lewenspeil ophef, hulle bevry, hulle menswaardigheid herstel, gemeenskappe herstel, lewensvervulling gee en vrede en harmonie skep.

Die wysheid van Paulus is so in die kol in 1 Timoteus 6:10: Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad.Hierdie uitspraak spreek tot die diepe mag en besithonger van die mens.Geld is so 'n mag.Dit verslaaf en tiranniseer jou as jy die Eienaar buite rekening laat en nie erken nie.Dit maak van jou 'n gulsige hÍ-mens wat geld slaap, eet en droom.Geldgierigheid neem jou so op sleeptou dat jy nooit genoeg daarvan kry nie.So 'n lewensgulsigheid maak dat jy geen mens, hoe arm ookal, ontsien nie, en elke denkbare metode (diefstal, korrupsie, bedrog, ens.) gebruik om geld te maak.Mammon maak van jou 'n hartelose verdrukker, wat armes (Jak 5:4) vir 'n paar rand hof toe sleep en hulle uitbuit (Jak 2:6).Die soeke van jou eie koninkryk laat jou soos die ryk man liefdeloos by die Lasarusse in hulle armoede en vodde verbyry sonder om hulle nood raak te sienof daarby betrokke te raak.Die fisiese en geestelike nood waarin armoede en werkloosheid gemeenskappe dompel, raak jou nie.Hierdie ongevoeligheid en onsensitiwiteit is ook deels die gevolg van die feit dat geld en besittings mense in verskillende klasse (ryk/arm) verdeel.Die rykes, magtiges en invloedrykes word gewoonlik anders behandel, omdat hulle op die uiterlike beoordeel (Jak 2:1, 9) word.Hierdie soort onderskeid tussen mens en mens veroorsaak diep klowe tussen gemeenskappe en vervreem hulle van mekaar vanweŽ baie onreg.Die kerkgeskiedenis in Suid-Afrika vertel sy eie verhaal in diť verband.

God het nie besittings aan ons as sy rentmeesters toevertrou sodat dit ons lewens moet tiranniseer en van ons lewensgulsige, hartelose mense moet maak nie.God het nie in Sy wysheid ons met geld en besittings toevertrou, sodat ons mekaar daarmee moet vernietig en in armoede, lyding en vervreemding dompel nie.God oordeel ons nie op grond van die uiterlike en bevoordeel die rykes ten koste van die armes nie.Inteendeel, Hy is in 'n besondere sin die God van die armes en noodlydendes, wat hulle saak op Hom neem.Nee, God het aan ons eiendom gegee ter wille van ons daaglikse brood, maar ook die ander se brood en die uitbreiding van sy koninkryk.God het aan ons besittings gegee om mekaar daarmee te dien en te versorg, sodat almal 'n menswaardige lewe kan lei en tot sy eer kan lewe.God se gawes aan ons is nie net bedoel om van ons heel mense te maak wat 'n menswaardige bestaan voer nie.Hy het dit ook aan ons gegee, sodat ons ons naaste in nood so kan bedien en versorg dat hulle heel gemeenskappe tot die eer van sy Naam kan wees.†† Die loon vir sulke mededeelsaamheid is rus en vrede op aarde en 'n geseŽnde, vervulde lewe.Daartoe bevry die Gees van wysheid ons.Hy maak ons hande en harte vir mekaar oop.Hy verlos ons van die mag van geld.

 

Bibliografie

Loader, J.A. 1983:Aantekeninge oor Spreuke.In: Verklarende Bybel (1983-vertaling). Kaapstad:Lux Verbi. McKane, W. 1977:Proverbs:A new approach.London:SCM.